id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
300
Veral aan die begin van die skool - waar skildery ook 'n gewilde tydverdryf is - is skoolbywoning iets baie spesiaal. Vol trots, basiese skool studente behoort nou aan die "groot" kinders en hulle sien uit na die volgende skooldag. Kontak ons ​​assebliefas jy op soek is na 'n baie spesiale kleur met 'n baie spesiale motief. Ons kan ook 'n kleur sjabloon by u spesifikasies van 'n foto skep. Hierdie webwerf gebruik koekies vir webwerf toegang / bemarking analise. Deur die gebruik van die webwerf te aanvaar, stem jy in tot hierdie gebruik. Inligting oor koekies en jou moontlikheid om beswaar te maak
301
Soewereine God • Sy Naam is Yehovah – Here • Die Wese van God en die laaste trompet wat gaan blaas Die Prototipes Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Melgisedek Hebreërs 7: 1 -3: “ 1 Melgisedek was koning van Salem en priester van God die Allerhoogste. Dit is Melgisedek wat vir Abraham tegemoet gegaan en hom geseën het toe Abraham op pad terug was nadat hy die konings verslaan het, 2 en dit is ook aan hom dat Abraham ‘n tiende van die oorlogsbuit gegee het. In die eerste plek, sy naam Melgisedek beteken: koning van vrede. 3 Niks bekend omtrent sy vader en moeder of sy afstamming of die begin en die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly priester vir altyd. ” Josef Verwerp deur sy eie mense. Tree as verlosser op vir sy volk. Moses Deuteronomium 18: 18 -19. “ 18 Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy (Moses) wees. Ek sal My woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel. 19 Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie. ” Josua Die naam Josua is ook ‘n Hebreeuse verwerking van dieselfde naam Jesus. Dit verwys na die Verlosser wat Sy volk in die verloste land inlei. Dawid Die koning van Israel. Jesus gebore uit die koningshuis van David as Koning van die heelal. Dienaars van die Here. Vir meer inligting: www. matthew 28. co. za Soewereine en Teïstiese God Die Engel van die Here – Die Aangesig van God (Vervolg) Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Wie verskyn aan Simson se ma in Rigters 13: 2 -5: “ 2 Daar was ‘n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos. 3 Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: ‘Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring. 4 Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie. 5 Trouens, jy is reeds swanger en jy sal ‘n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne. ’” (Engel van Here gee dieselfde boodskap aan Abraham en Sarai Genesis 17: 19). Matteus 1: 19 -20: “ 19 Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20 Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. ” Waar is die Engel van die Here, hoekom het die Messias nie Self die boodskap gebring soos in die ander gevalle nie? Matteus 1: 18: “…. . Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. ” Die aangesig van die Here op aarde: Jesaja 63: 9 (53 vertaling): “In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd. ” Paulus verduidelik in Kolossense 1: 15 -16: “ 15 Die Seun is die Beeld van God, van God wat nie self gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. ” Hoe gaan die Messias terugkeer na die aarde: Matteus 24: 30 -31: “ 30 Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. 31 Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om Sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af. ” Vir meer inligting: www. matthew 28. co. za
302
Gateway News, ʼn Christelike nuuswebwerf, berig die groep meen dis onvanpas dat so ‘n naam saam met Tafelberg en Seinheuwel en Leeukop oor Kaapstad wag hou. Shannon, duidelik het jy nog net gehoor van Oom Angus maar het nie ‘n idee wat hy doen nie. Ek het die voorreg gehad on verskeie van sy byeenkomste by te woon en watter voorreg was dit nie. Die opmerking van 300 huilende boepense is net so onsmaaklik en eintlik is jou opmerking totaal onvanpas. Indien die hele SA net effens luister wat Oom Angus sê, sal dit met ons baie beter gaan in SA. @Shannon – dit wat jy skryf is meestal die waarheid – en ek het nogals gelag vir die eerste deel van jou kommentaar. Ek is ook nou nie ‘n Angus fan nie, maar dalk was jy so bietjie kras met die “300 huilende boeppense”? Toemaaar ons vergewe jou wat! @Shannon – toemaar wat, ek stem eintlik met jou saam, maar ter wille van die vrede moet mens maar oppas vir kras wees – dis nou die laaste gedeelte van jou opmerkings. Nou sien ek jy het weer geantwoord en kan ek maar net lag, jy is eintlik baie snaaks maar ja, daar is seker maar manier om ‘n ding te sê… Henri van Breda het Woensdag op sy 23ste verjaarsdag met ‘n byl in die hand aan die hof gewys hoe sy broer glo deur ‘n onbekende aanvaller doodgekap is. Sal graag wil weet hoeveel geld hy nog het om die hof so te mislei??? Hy is van dag1 af skuldig, en kan die Regter nie sien hy is besig om die staat se tyd te mors nie. Sy stories maak lankal nie meer sin nie. Dis net baie verdag dat die aanvaller almal in die huis aanval en nie hom nie. In gister se berig se hy net voor hy sy bewusyn verloor het het hy sy ma en sussie op die trappe sien le. Maar in n vorige berig se hy dat sy ma in Rudi se kamer gekom het en die aanvaller het haar ook met die byl gekap. My vraag is hoekom sal die aanvaller hom nie ook doodmaak nie, maar net n harde hou gee en sy bewusyn verloor. Ek volg sy storie en in die uitsending toon hy nou berou. Hy het seker nou berou omdat hy homself sien hoe hy hulle 1ve1 doodgemaak het. Die staat kan nou regtig na n kant toe beweeg en bere hom vir dit wat hy aan sy familie gedoen het. Grootste lot nonsens, mens hoef net CSI op DSTV te kyk om te weet wanneer so ‘n aanval gebeur, g’n mens wat dit aanskou presies gaan onthou hoe die sg. aanvaller die byl vasgehou of geswaai het nie, jy gaan in panic mode om jou gesin se lewe te red en die aanval te stop
303
Nou ja, so is kies tandjie toe gestop en alles is weer hunky dory!! Mmmm…toe nou nie! Hier teen Donderdag is daar ‘n vreeslike geklop in my mond – amper so iets soos ‘n tande mannetjie wat agter die stopsel vasgekeer is en sy pad oop wil grawe met stomp naeltjies! Ek steur my toe nie veel nie want die geklop kom en gaan saam met ‘n koue koeldrank of ‘n slukkie water! Ek kou eerder aan die ander kant! Hier teen Saterdagoggend grawe daai mannetjie met alle mag sommer met sy stomp toonnaeltjies ook! My enigste hulp op daardie stadium was die houertjie Brufens, wat met intervalle die pyn kon verlig! Slaap was egter min! Klaasvakie is duidelik erg bang vir tande mannetjies!
304
Wanneer ou en bekende waardes en lewenstyle wat 'n mens aangehang het, broers en susters, so rondom 'n mens verbrokkel, laat dit 'n mens se geloofslewe ook nie onveranderd nie. Juis ook op godsdienstige gebied lees ons deesdae in die dagpers en in ons eie kerklike tydskrifte hoeveel van ons basiese geloofswaarhede bevraagteken word. In sulke omstandighede maal daar baie vrae in jou kop. En al wil ons hierdie vrae ontken of onderdruk, broers en susters, knaag hulle tog diep binne-in jou gemoed en maak dit jou angstig. Dit is egter gelukkig so, broers en susters, dat dit nie die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld is dat dramatiese veranderinge gelowiges in die gesig staar nie. Talle gedeeltes in die Bybel weerspieël gelowige mense se gestoei om sin te maak uit verbrokkelende sekerhede en waardes. Iets daarvan sien 'n mens as jy Spreuke 8 met Prediker 9 vergelyk. In Spreuke 8 lees ons van 'n tyd in Israel se geskiedenis toe alles voorspoedig en blink gegaan het, toe hulle 'n selfstandige volk was met 'n eie land en 'n eie regering. En, soos dit duidelik in Spreuke 8:12-21 na vore kom, is dit in sulke tye maklik om te glo en vaste waardes en lewensreëls te hê. Die voorspoedgodsdiens van Spreuke 8, broers en susters, is die godsdiens van 'n ongekompliseerde, probleemlose, kommervry lewe. Dit is 'n godsdiens wat antwoorde op al jou vrae het, 'n godsdiens waar 'n mens jouself op die skouer kan klop omdat God sogenaamd aan jou kant in die geskiedenis staan. Dit is 'n godsdiens van sekerhede. 'n Maklike godsdiens. 'n Godsdiens wat eintlik niks van jou vra nie, want jy ontvang net. Die lewe, broers en susters, het egter die manier om skielik te verander. Voorspoed kan die wyk neem, jy kan jou mag verloor en jou moed kan saam met jou besittings verdwyn en jou skure kan leeg raak (om die woorde van die teks te gebruik). Soos byvoorbeeld met Job gebeur het. Of soos dit met Israel die geval was toe eers die Babiloniërs, daarna die Perse en toe weer die Grieke oor hulle geloop het en hulle 'n klein en onbeduidende groepie onderdane van vreemdes geword het. Daar is egter ook 'n ander weg, 'n ander moontlikheid, broers en susters, om op veranderende omstandighede te reageer. Naamlik die weg van worstel om tot nuwe insig en tot 'n nuwe geloofsverbintenis met God te kom — soos wat die Prediker gedoen het toe alles rondom hom in duie gestort het en almal se voorspoedgeloof en sogenaamde sekerhede soos mis voor die son verdwyn het. Lees 'n mens Prediker aandagtig deur, terwyl jy in gedagte hou dat 'wysheid’ destyds beteken het om geloofsinsig in die lewe te hê (d w s, om reg te lewe en om alles te kon verklaar en in sy regte vakkie te kon plaas), val die verskille tussen Prediker en Spreuke baie duidelik op. As Spreuke 8:14 simplisties sê: `Wie wysheid het, behaal sukses ',sê Prediker 7:15 baie versigtiger: ‘Ek het gesien 'n regverdige mens gaan onder, al doen hy reg en 'n goddelose geniet 'n lang lewe, al doen hy verkeerd’, en Prediker 9:2: ‘Een en dieselfde lot tref almal; die regverdige en die goddelose’. As die Spreuke digter glo: Waar wysheid is, is geregtigheid, sê die Prediker in Prediker 3:16: ‘Ek het in hierdie wêreld gesien: waar daar reg moet wees, is daar onreg; waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding’, en ‘As jy sien armes word verdruk, en daar is geen reg of geregtigheid in die gebied nie, moet jy nie jou daaroor verbaas nie’ (Prediker 5:7). Belangriker egter is die vraag, broers en susters, wat die Prediker in hierdie omstandighede gemaak het. Dit is vir ons vanaand baie belangrik om dit raak te sien. Prediker het nie die baba met die badwater weggegooi nie. Hy het nie die geloof, die kerk en vir God afgeskryf toe alles rondom hom verander het nie. Nee. Hy het met God begin worstel, nuut oor sy geloof begin dink, nuut oor God begin dink. Wat hy dus agtergekom het, is dat die manier waarop God die wêreldbestuur, nie onder maklike verklarings van God en onder eenvoudige belydenisse tuisgebring kan word nie. Want, sê hy in Prediker7:24 en Prediker 11:5: ‘Die betekenis van alles wat gebeur, lê buite bereik, baie diep, wie kan dit vind?...Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan’. Maar, broers en susters, ten spyte van hierdie uiters negatiewe en siniese gevolgtrekking oor die lewe, het die Prediker nie die geloof, die kerk en God vaarwel geroep nie. Want van al die sekerhede van die geloof waarvan ons in Spreuke 8 lees, het hy net een ding oorgehou: dat 'n mens God met die lewe kan vertrou, al verstaan jy die lewe, en jou lewe, nie altyd nie. Dit lees ons pragtig in Prediker 2:24-25:‘Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as God dit nie moontlik maak nie?’ Of, broers en susters, kom ons sê dit totaal anders: Toe die Prediker se geloof arms afgebreek het, het hy baie ver getuimel, maar in die arms van God beland: Want, sê hy in Prediker 7:13-14: ‘Kyk na die werk van God: wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het? Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar 'n dag van teenspoed kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gemaak sonder dat die mens weet wat vir hom voorlê’. Met ander woorde, vir die Prediker bly die hele lewe 'n geskenk van God — of dit nou voorspoed of teenspoed is. Hierdie insig van die Prediker, broers en susters, is nie 'n negatiewe of morbiede uitkyk op die lewe nie. Nee. Dit is eerder 'n erkenning dat daar in die lewe geen sukses resep is, niks is wat jy kan doen om vir jouself voortdurende of blywende voorspoed te verseker nie. Al wat daar in die lewe is, is gawes uit die hand van God. En niks meer nie. Nie ons vroomheid, ons kerkgang, ons kerklike bydrae, ons sogenaamde konserwatiewe of liberale teologie, ons teorieë oor die politiek, ekonomie of wat ook al, kan ons verseker dat ons lewens voorspoedig sal verloop nie. Al wat oorbly, is: ons is in God se hand. Dit is al sekerheid in hierdie lewe. Die belangrikste insig waartoe die Prediker gekom het is dus dit: geloof in God is nie bedoel om jou paadjie gelyk te maak nie. Geloof in God is eerder bedoel om jou krag te gee om, wat ook al die omstandighede, vir die lewe te kies, en om die lewe self as Godsgeskenk te waardeer en te geniet. Daarom sê hy in Prediker 9:7-10: Predikers e geloof in God, broers en susters, was dus aan geen voorwaardes gekoppel nie. Sy geloof was dankbare aanvaarding van wat God gee, dit het die minimum gevra: 'n stukkie kos, 'n bietjie vreugde, 'n sprankie liefde, en oorgawe aan wat hy doen. Die vraag wat elkeen van ons dus vanaand vir onsself moet antwoord is die volgende: as ons al ons mag, besittings en gesondheid verloor, wat gaan ons doen? As al ons ou sekerhede van ons weggeneem word, ons in 'n al hoe vreemder en Godsvyandige wêreld moet lewe, as ons as Christene die minderheid word waar ons woon, as dit vir ons lyk of voorspoed plek maak vir teenspoed, wat gaan ons maak? Gaan ons rouklere aantrek, as op ons koppe strooi, belang in die lewe verloor en die geloof in God vaarwel roep. Of sal ons, soos van gelowiges verwag word — en soos die Prediker gemaak het — elke dag wit klere aantrek, ons hare versorg, liefhê, geniet, en alles wat ons doen met oorgawe doen omdat dit dié deel is wat God vir ons in die lewe gee? Wie so leef, het in 'n wêreld vol veranderinge en onsekerhede niks meer nodig nie. Want hy/sy weet: Voorspoed beteken om in God se hand te kan wees, en niks meer as dit nie. Want ons nog meer nodig het,sal God vir ons gee!
305
By Hoër Jongenskool word Bergfiets as ’n buitesport in beide die somer en winter aangebied. Die WP XC- reeks is jaarliks ’n hoogtepunt waardeur seuns provinsiale kleure vir bergfiets kan verwerf.
306
Besonderhede en Inligting is voorsien deur die betrokke Eienaars. Somewhere2rent.com is nie verantwoordelik vir die inhoud of akkuraatheid van inligting voorsien nie.
307
Hou jy die sokker? Dan moet jy beslis vir ons! Hier val die klem op die gehalte van prestasie straf. Hierdie fassinerende spel vir diegene wat daarvan hou om te speel met die bal. Die kern van die spel is om behoorlik te kyk instel van die sensors geleë aan die onderkant en kry die bal in die doel te bereik. Die meer doelwitte jy sal telling, hoe meer punte kry jy!
308
Hugo benodig ‘n borg. Die kinders se skoolfonds is groot probleem. Die eerste R350.00 van elke kind moet betaal word en is vir boekgelde. Die res word afgeskryf. Die ouers het bloot net nie die R350.00 nie. Daar is enkeles wat wel werk maar dit word gebruik vir oorlewing. Ek hoop regtig dat ons so ‘n klein bietjie die nood van verlig… ons sal dit nooit nooit heeltemal kan verander nie. Die kinders en oumense is die grootste prioriteit. Dankie vir jou tyd … ek waardeer dit opreg. Maar gepraat van waardeer – moet jy daardie gesigte sien as ons goedere soontoe neem. Die kinders het Saterdag elkeen ‘n groot pakkie smarties gekry, en dit was XMAS. Daar MOET iets wees wat ons kan doen…?! Is dit nie die eerste klein babatreetjie wat ons elkeen kan gee om Suid Afrika ‘n beter plek te maak vir ALMAL nie?? René, kan jy asseblief hierdie hele skrywe net so vir my e-pos, met kontakbesonderhede vir mense wat graag sal wil help. Ek het ‘n baie wye netwerk van vriende, vir wie ek dit graag wil aanstuur en wat ek weet graag arm blanke mense sal wil help. Ek bedoel kontakbesonderhede waar mense wat wil help die geld of goed kan heen stuur. Ek dink my taalgebruik is bietjie confusing hierbo. 🙂 Ek het 2 huise in SA en sal betaal vir iemand om altwee my tuine te onderhou. Dit is ‘n begin om iemand te help. Ek dink nie ek is die enigste nie. Waar was die mense wat so swaer kry. Hoekom was hulle nie daar nie. Ek sou hulle kos, meel en geld aangebied het vir ‘n dag se loon. Jy maak ‘n baie geldige punt Jassie! Ek vir een is juis daarvoor om eerder vir mense wat swaarkry ‘n visstok te gee as ‘n vis … ! Vir my gaan dit oor die onskuldige kinders wat daaronder ly en ons wat hul nood sien maar niks doen om daardie kinders te help nie!! Ek voel ‘n vy vir die ouers wat nie hul jisse kan lig om te gaan werk soek nie – maar my simpatie en empatie lê by die kinders! Gaan ons nogsteeds arms gevou sit en die ouers blameer – of gaan ons poog om ‘n verskil in EEN kind se lewe te maak?? My hart bloei wel vir die kinders want hulle het geen keuse in hulle lot nie, en agv die keuses van hulle ouers is die kanse dat hulle hulle pad uit daai mushoop gaan vind ongelukig baie skraal… MAAR, kom ons help die kinders. Hulle het nie gevra om daar te wees nie, en hulle kan nie help vir waar hulle is nie. Ons kan hulle egter help om bo hulle omstandighede uit te styg. Bydraes moenie stop by geld / klere / kos nie – gee leiding, raad en liefde – wees ‘n mentor vir ‘n kind / kinders (wat jy ookal kan behartig) – help hierdie kinders om ‘n toekoms vir hulle self te bou. Ek het fotos van hul omstandighede gesien – geen beddens, matrasse of kussings nie – slegs ‘n kombersie as hulle gelukkig was. Daardie kinders het nie geweet wat is ‘n tissue nie. Hulle het vir die eerste keer by ons pannekoek geeet. Ek moes albei leer om toiletpapier te gebruik – dit koop mens verseker nie as jy nie eers kosgeld het nie. Ons ander is baie bevoorreg en besef nie altyd die elendige situasies van ander nie, want ons leef nie na aan hulle nie. Die maatskaplike taak druk eintlik baie swaar op ons almal se skouers en dis tyd dat ons wakker word vir die probleme wat rondom ons aangaan. Met die ekonomiese klimaat soos dit nou is sal dit seker ook net erger word.
309
Ons is geneig om God se teenwoordigheid in ons lewe te meet aan die goeie dinge wat met ons gebeur. Hierdie episode in die lewe van Josef se broers wys ons dat God ook teenwoordig is in die slegte dinge wat met ons gebeur. Die hongersnood wat Jakob se seuns na Egipte dryf, die beskuldiging van Josef dat hulle spioene is, die drie dae in die tronk, die gevangeniskap van Simeon, die geld in hulle sakke wat hulle as diewe kan brandmerk, dit alles is dinge wat lei tot die groeiende besef by die broers dat hierdie dinge nie maar onbeplande ongelukke langs die pad is nie. In hulle radelose vrees kom hulle agter dat God daarin teenwoordig is: “Wat het God ons nou aangedoen?” Die slegte dinge wat in Egipte met hulle gebeur, word algaande vir hulle tekens van God se teenwoordigheid, hoewel hulle nie die volle boodskap daarvan nou al kan raakvat nie. Wat die leser egter begin agterkom, is nie net dat God agter die slegte dinge is wat met hulle gebeur nie, maar dat Hy met ‘n proses besig is om hulle tot selfinsig te bring oor die leed wat hulle Josef aangedoen het wat uiteindelik sal lei tot versoening. Die hongersnood in Kanaän is duidelik baie swaar sodat Jakob inisiatief neem en sy seuns na Egipte stuur. Hoe hy gehoor het dat daar koring in Egipte is, word ons nie vertel nie, maar hy is duidelik in sy opdrag dat hulle daar koring moet gaan koop. In Egipte buig die boers diep voor Josef wat self streng beheer oor die verkoop van die graan aan die mense uitgeoefen het. Josef het sy broers herken, maar hulle nie laat agterkom wie hy is nie, en hulle baie bruusk hanteer. Met sy navraag na hulle plek van oorsprong word weereens gesê dat hy hulle herken het, maar dié keer is dit duidelik dat hy ook aan sy drome van vroeër begin dink en sin probeer maak van wat hom te doene staan. Hy kies om hulle as spioene te brandmerk wat die land kwaad wil aandoen. Josef se reaksie is om hulle aan ‘n toets te onderwerp of hulle die waarheid praat. ‘n Mens dink onmiddelik aan die leuen wat hulle oor Josef vir Jakob vertel het dat hy deur diere opgevreet is. Josef weet natuurlik self wat die waarheid is, maar sy toets is gemik daarop dat daar selfinsig kom by die broers oor wat hulle aan hom gedoen het, die een wat nie meer leef nie. Josef laat hulle ook drie dae aanhou in die tronk, waarskynlik in presies dieselfde tronk waar hy vir dertien jaar onregverdiglik aangehou is. Dit sou hulle iets laat ervaar van sy wroeging in die onsekerheid van wat die toekoms regtig inhou. Op die derde dag gee Josef vir hulle ‘n baie verrassende stukkie inligting oor homself: “Ek dien God!” Hy versag ook sy voorwaardes en hou net vir Simeon agter en stuur hulle om hulle jongste broer te gaan haal, sodat Josef kan weet hulle is eerlike mense wat die waarheid praat. Waarskynlik doen hulle dit om Jakob te oorreed om vir Benjamin saam te stuur. Groot was hulle ontsteltenis egter toe hulle met die leegmaak van die graansakke agterkom dat elkeen se beursie met geld in die sakke geplaas is. Die uitdaging om terug te gaan, het skielik eksponensieel groter geword.
310
Met die salfolie word die tabernakel aan die Here gewy sowel as Aäron waarna hulle hulle plekke inneem om die diens van die priesterskap te begin uitvoer. Die verskillende offers wat hulle eie sonde versoen en heilig om hulle werk te kan doen, word gebring presies soos dit in die vorige paar hoofstukke uitgespel is – die sondeoffer, brandoffer, graanoffer, en maaltydoffer (vir die priesterwyding). Die enigste offer wat nie gebring is nie, was die skuldoffer wat net nodig sou word in die geval van restitusie of regstelling, wat uiteraard nie nou al hier nodig was nie. Let op hoe die gemeenskap wat Aäron en sy seuns voortaan met die Here sou geniet, gesimboliseer word deur die sewe dae lange feesmaal by die ingang van die tent van ontmoeting. Dit verseël die priesterlike funksie wat hulle voortaan deur die geslagte namens God en namens die volk sou verrig. Hulle status is hierdeur verander van gewone lede van die volk na afgesonderde en geheiligde amptenare in diens van God self. Hy is deur God gesalf vir sy bediening deur die Gees wat in die vorm van ‘n duif op Hom neergedaal het (Matt. 3:16-17). Hy het Homself as ‘n offer aan die kruis laat spyker om eens en vir altyd vir die sonde van sy mense versoening by God te doen (Hebr. 12:2; 1 Pet. 2:24).
311
Sy uitverkorenes moet die groot Verdrukking deurstaan, en Hy belowe dat Hy hulle sal beskerm in daardie tyd (Matt 24:22). Hy roep ons op om waaksaam te wees en altyddeur te bid dat ons die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn (Luk 21:36). Ek brei in my bydrae uit oor verskillende idees oor die wegraping. Ek kies vir ‘n wegraping wat met die wederkoms saamhang, want dit is na my mening wat in 1 Tessalonissense 4 staan. Paulus versoek hulle egter om nie so gou van stryk gebring te word deur misleidende interpretasies oor die wederkoms nie, maak nie saak of dit in ’n profetiese uitspraak gedoen word of deur ’n brief nie. Daarom bevestig Paulus heel moontlik in 2 Tess 3:17 die egtheid van hierdie brief, deur die groete met sy eie handskrif te skryf. As dit ’n despotiese leier sou wees, kan dit miskien dui op keiser Titus wat in 70 nC Jerusalem ingeneem het en die tempel ontheilig het. As dit ’n demoniese mag sou wees, verwys Paulus se uitsprake na die Antichris in die eindtyd net voor die wederkoms van die Here Jesus. Dit is ook moontlik om albei betekenisse te aanvaar, en ’n eerste vervulling met keiser Titus en ’n tweede vervulling aan die einde van die tyd hierin raak te sien (vgl 1 Joh 2:18 – daar is eintlik sprake van ’n hele paar antichriste). Hoe dit ook al sy, die Tessalonisense het die lering verstaan, want hy het dit blykbaar die vorige keer met hulle deurgepraat. Dit bly egter vir ons onseker presies wat hy bedoel, omdat die NT nie baie meer detail hieroor gee nie. Dit geld ook die betekenis van die “geheime krag wat hom teëhou”. Dit is bv. al met die Romeinse ryk, wat op plekke die evangelie goedgesind was, verbind; ook met die evangelie verkondiging, dws dat deur die verspreiding van geloof, die wettelose teruggedryf word; ook met engele of met die Heilige Gees of God self, hoewel dit nie sin maak dat die Gees eers “uit die weg (moet) wees” nie (vers 7). Wat wel seker is, is dat dit die Satan is wat agter die wettelose en die wetteloosheid sit. Let egter op dat hy dit net regkry om dié te mislei wat reeds nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie. Die veroordeling kom dus nadat hulle reeds hulle keuse teen God se boodskap in Jesus Christus gemaak en Hom verwerp het. As ek al die inligting hierbo so beskou, is dit maklik om benoud te raak. Hoe meer jy weet van wat in die wêreld aangaan, hoe meer weet jy van die mag van wetteloosheid. Dan is die woorde waarmee Paulus hierdie perikoop begin en eindig ook vir my bedoel: En ek moet waak teen wetteloosheid in my eie lewe – ek kan nie ’n norm vir myself word nie, dat wat ek dink goed en sleg is, my lewe bepaal nie. Dié voorreg behoort net aan die Here. Paulus sluit dié hoofstuk met ’n gebed dat God hulle waardig sal maak vir dié lewe waartoe Hy hulle geroep het, dat Hy hulle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome sal maak – woorde wat herinner aan die eerste brief (1:3; 5:8). Die boodskap bevredig my eie sin vir regverdigheid – lyding is nie maar toevallig of verniet nie – en gee my hoop – God sal my waardig maak vir die lewe waartoe Hy my geroep het. Ek kan op sy regverdigheid en betroubaarheid staatmaak, in my bediening en lewe.
312
Hou asseblief duimvas vir my! Ek gaan vir ‘n maand bietjie meer eie-tyd tot my beskikking he en ek belowe niks, maar dalk begin ek weer ernstig blog! Sjoe, man! Dis darem lekker om weer van jou te hoor en te sien daar’s nog lewe.Hopelik gaan jy darem nou effe meer gereeld ietsie skryf as die afgelope 6 maand? Ek’s bly oor die nuwe werk en sterkte met die operasie(tjie) en al die planne!
313
Die volgende instruksies wat die Here vir Moses op die berg gee, handel oor die kleinerige wierookaltaar in die Heilige deel van die Tabernakel reg voor die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste deel van die Tabernakel geskei het – Eks. 30:1-10. Daarby kom instruksies oor die versoeningsoffer tydens ‘n sensus, wat twee keer op die reis deur die woestyn nodig was – Eks. 30:11-16. Die instruksies vir die bronswaskom waarin Aäron en sy seuns hulleself gereinig het vir hulle diens – Eks. 30:17-21 – sowel as die gewyde salfolie wat vir hulle salwing gebruik en die presiese bestanddele vir die wierook wat gebruik moes word, word ook vir Moses gegee – Eks 30:22-38. Soos die Here daar verklaar: “Wie ’n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” (Lev. 10:3). Geen wonder dat die NT steeds praat van God as ‘n verterende vuur nie: “Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ’n verterende vuur.” (Hebr. 12:28-29). In die Openbaring van Johannes sien ‘n mens weer die wierook in spel wat daar met die gebede van die heiliges (gelowiges) verbind word wat die Lof van die Lam besing – Openbaring 5:8-10. ‘n Mens hoor nog twee keer in Openbaring van die gebede van die heiliges wat nie net vir God verheerlik nie, maar ’n bepaalde invloed het op die koers wat God met die wêreld inslaan. ‘n Mens sien in Openbaring. 6:9-11 dat die gebede van die martelare wentel daarom dat reg sal geskied op aarde, en in Openbaring. 8:3-5 dat die gebede van die heiliges onder andere die sewende seël se sewe trompette en hulle oordele inlui (Vgl. my bydraes hieroor: Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer; Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls; Openbaring 8 – God hoor die gebede van die heiliges en verskerp sy verlossende oordeel). Hierdie offer sou miskien vir Dawid jare later uit sy predikament gered het, toe hy die volk laat tel het, hoewel dit daar tog blyk dat die aanhitsing (toetsing) tot ‘n sensus ‘n bo-natuurlike oorsprong gehad het (2 Sam. 24; 1 Kron. 12 – die weergawe in Samuel wyt die insident aan die Here se toetsing, terwyl die weergawe in Kronieke die agent van die Here se toetsing as die Satan uitspel, amper soos dit vir ons in Job vertel word). Uit Dawid se eie woorde lyk dit egter asof Dawid se sonde lê in sy motivering dat hy: “wou weet hoeveel hulle is”, wat óf tot hoogmoed kon lei, óf tot ‘n vertroue op hulle eie mag, i.p.v. op die mag van God. Die bronswaskom was nodig vir die uiterlike reiniging van Aäron en sy seuns met hulle aanstelling sowel as daagliks in die uitvoering van hulle diens in die Tabernakel. Reiniging was net so belangrik as die rituele wat in die kultus nagekom is. Die uitvoering hiervan word in Eksodus 38:8 beskrywe.
314
'n engel, in die Hemel wil ek bly. (Wil ek bly.) Dit is ... as jou lippe oor my vee. Ek wens jy doen dit weer. Jy ... soen soos 'n engel. Ek wil graag oopkaarte met jou ek aan jou dink raak ek weg. My oë val toe en ek ... op vlerke van die wind. As ek met jou dans voel dit reg. ... my maak my lyf vanaand. Ek sal verewig net hier by jou vir my verduidelik dis waar ek vir jou sal wag Ek wil jou ... Dis meer as woorde wat ek vra soos jou hart met myne ... en dis 'n sielsgevoel Ek sal kaalvoet loop oor die
315
Versfeld was nog nooit so lekker soos nou nie. Net jy en ek ... die wagte by die hek ek moes nou wraggies elke liewe ... toutjie trek om hierdie aand te reël maar asem in my oor soos 'n Engelekoor. Die begin van voor. Ek ... nooit verduidelik. Dit wat ek in my voel oor jou. Dink van ... kan dit nooit verduidelik. Ek weet ek wil dit wys vir jou. R: Kyk hier nou, my bru, ek vat nie vir jou vir 'n poes ... nie man. Ons ken mos mekaar, is ons kla gepraat? N: ... Ja, okei, maar ek soek nie daai kak nie. Ek soek die
316
kan nie wen As jy my vra sal ek jou dra Deur bloed, deur ... het `n stem As jy my vra sal ek jou dra Deur bloed, deur ... sweet, hoor jy my kreet Soek jy na rede? Om in Afrika te in jou brand Jy vra kom ek saam na waar jy moet gaan ... Jy sê dis tyd om te trek Om jou hart te vat Jy sê ... dis nie om ons uitmekaar te spat Maar jou woorde
317
Oorgewig mense met slaapapnee het ’n drastiese verbetering in hul simptome ervaar en boonop nie erger gesondheidsprobleme ontwikkel nie ná ’n jaar lange program om ’n gesonder leefstyl te vestig. “Dit vat gewoonlik net ’n paar jaar vir slaapapnee om te vorder van ’n matige tot ’n baie ernstige siekte,” het dr. Henri Tuomilehto, hoof van slaapstudie by die Oivauni-slaapkliniek in Finland, gesê. “Dit gebeur gewoonlik weens gewigstoename. Die resultate wys dat jy die verergering van slaapapnee kan stuit deur jou leefstyl te verander.” Die slaapapnee van diegene in die groep wat vyf jaar later nog ’n baie gesonde leefstyl gevolg het, het nie vererger nie of dit het slegs minimaal vererger. “Vetsug is die risikofaktor wat die maklikste aangepak kan word as dit kom by slaapapnee,” het Tuomilehto gesê. “Gewigsverlies moet gesien word as ’n manier om slaapapnee te behandel.”
318
Bel jou maat bloot net om te sê hoe lief jy vir hom of haar is. Dit sal die vonk in haar hart verskaf om ʼn dag vol liefde vir julle te laat ontvlam. Dit sal haar asem wegslaan en dit klop die idee van ʼn teddiebeer enige tyd.
319
‘n Brief mag dalk outyds wees, maar dit stel jou in staat om presies te verduidelik hoe jy voel en wat die ander persoon vir jou beteken. Na afloop van al die stappe hierbo, sal jou maat weet jy bedoel elke woord en dat dit nie leë woorde is nie. Die lys van goed wat in rioolnetwerke gevind word, is lank en grusaam. Dit strek van luggevulde kondome wat ronddryf soos visse, tot menslike liggaamsdele[2]. Ons besing die lof van helde wat die berg Everest uitklim, maar ons behoort eerder die arme helde te vereer wat induik om die blokkasies in rioolnetwerke te verwyder. So, kom ons maak hulle werk ligter en spaar ons munisipaliteit baie geld deur niks wat nie in die toilet hoort nie, daarin af te spoel nie. Baie waardevolle inligting. Dit blyk egter SA is nie heeltemaal gerat om die nie-wegspoelbare “onnoembares” te hanteer nie. Moet die onnoembares dan saam met die gewone vullis uitgesit word of is daar ‘n diens (soos bv vir kantoorblokke) wat dit by onse huise kan afhaal? Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Sondag gesê hy is nou op soek na ʼn nuwe oplossing vir die groeiende verkeerskrisis in die Wynland-gebied in die Wes-Kaap nadat sy mees onlangse aansoek om verlof tot appèl in die Wynland-tolsage Vrydag deur die konstitusionele hof geweier is. SANRAL moet my bel, sal vir hulle graag persoonlik se waar hulle, hulle tolhek kan oprig. Voel nie hierdie is die regte platform om dit te noem nie. Die hele Wes Kaap is oorbevolk, daar is nie meer vir ‘n muis plek nie. Mens kan nerens heen beweeg nie, of jy beland in ‘n verkeersknoop. Geen plesier om op die paaie te ry nie, dit vat jou ure om by jou bestemming uit te kom. Dave ek hoor wat jy sê. Ek reageer liewer “impulsief” as om toe te kyk hoe hulle oor ons loop. Ek en jy is dalk op dieselfde frekwensie maar dit is nie publiseerbaar nie. ‘n Mosie van wantroue is maar net die begin en dit is nie waar dit moet ophou nie. Ek is ook nie naief nie om te dink dat die stembus ons redding gaan wees. Ons praat dieselfde taal George. En jy is reg wanneer jy sê dat die naam van die straat waar ons is nie publiseerbaar is. En soos jy sê, ‘n stembus is waardeloos vir ons. Ander skreeu ‘Bloedrivier’ sonder om te besef dat dit hierdie jeer ins is wat die assegaaie het en hulle wat sit met die sannas. Ook is daar geen sin in ‘n onafhanklike staat wat omring is met ‘n swart sirkel. ‘n Swart sirkel wat bloot net die hekke kan toemaak wanneer hulle wil. Wat bly oor? Emigrasie? Die wat dit kon bekostig het dit reeds gedoen. Dit is frustrasie wat my dinge laat kwytraak soos bo. Duidelik is jy net so gefrustreerd. Ons enigste hoop blyk te wees nòg ‘n Bytbrug soos wat ons destyds vir die Rhodesiërs oopgemaak het maar hierdie keer na elders. Sy tyd is verby..hy moes al lankal afgedank gewees het! Nou dat die klagtes teen teen sy Nkandla fiasko so ophoop nog meer bewys, hy moet summier die land uit verban word. Waar is die mosie van wantroue teen die stuk drek? Jinne ek dink niemand het tyd ding nie!!! Die rede hoekom daar niks gedoen word nie is ons het geen regte indie land nie. Om vir hulp by die usa of die uk te soek is soos om vir iemand hulp te vra wat self nie weet wat om met sy eie probleme te maak nie, sal niks help nie. As ons hulp soek moet iemand soos Roets dt by die Russe gaan soek ek belowe jou hulle sal ons help ek weet net nie hoe om hulle te vra nie. Mandela het tydens sy 5 jaar vir sy mense gevra; wie is dit wat snags die boere bekruip, in sy huis aanrand, vermoor en sy vrou verkrag. Beslis nie die blanke boer se blanke buurman nie. Nee, dis ons mense.! Los die boere uit, hulle werk hard om vir ons kos te produseer en hulle bedoel dit goed vir hierdie land want dit is ook hulle land. Nou vra ek; het enige van u al gehoor of enige ANC minister of amptenaar hierdie gedagte verbaal herhaal het.?
320
Ons weet almal dat ons nie lewe vir hierdie aarde nie. Ons leef om eendag in die Hiernamaals op die Nuwe Aarde voor die troon van God te gaan woon. Die Here het die hemel en die aarde in ses dae geskape. Op die sewende dag het Hy gerus. Hy het nie gerus omdat Hy moeg was nie - Hy het Hom verlustig in sy handewerk. Van daardie dag af het God beveel dat die dag as ‘n rusdag onderhou moes word. Ons moet dus besef dat hierdie besondere dag ‘n dag is wat sy eie verantwoordelikhede met hom saamdra. Gehoorsaamheid aan God beteken dat ons die manier waarop ons die dag benut, sal doen volgens die reëls wat God neergelê het. Soek God terwyl Hy Hom laat vind - so staan dit mos geskryf! Dit geld seker ook van die Sabbat. Daarom moet ons die dinge wat van die Sondag ‘n Sabbat maak, nakom: Ons moet God in ons aanbidding en in ons rus soek, terwyl Hy ons nog in die aardse tyd die geleentheid daarvoor skenk. Ons sal daar geen sonde doen nie. Romeine 6:11 maak dit tog duidelik dat ons liggame vir die sonde dood sal wees, maar lewend vir Christus.
321
Daarby het die ware gelowige ook die spanning rondom die oordeel van die Here oor ons sondes wat elke dag meer word!
322
Ons het die waarborg dat ons in hierdie Sabbatsrus sal ingaan deur die kruis van die Here Jesus. Hy het verklaar dat Hy weggaan om juis die plek waar ons hierdie ewige rustyd gaan deurbring, voor te berei!
323
Die polisie in die Oos-Kaap het die afgelope naweek drie mans in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ʼn […] Die Inkomstediens het erken dat hy min tyd het om sy I.T-stelsel op te gradeer nadat dit bekend gemaak is […]
324
“Liewe kinders, julle is almal my kinders, ek houvan julle. Maar, my liewe kinders, vergeet nie dat jy nie naby my kan wees as jy nie bid nie. Satan wil in hierdie tyd in jou hart en in jou gesin verwarring stig. Liewe kinders, laat nie toe dat hy julle en jou lewe in die verkeerde rigting stuur. Ek hou van julle en spreek by God vir julle ten beste. Liewe kinders, bid! Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag verheug ek my met julle en nodig ek jou uit jou vir my oop te stel om in my hande 'n instrument tot redding van die wêreld te word. Ek verlang, liewe kinders, dat julle almal die boodskappe wat ek jou gee, en waarvan julle die reuk van heiligheid het opgemerk, sal uitdra in die wêreld, die wat honger is na God en na God se liefde. Ek dank jz, dat jz met so baie mense volg en seën vir julle almal met my moederlike seën. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het. ” “Liewe kinders, vandag vra ek jou die besluit te neem met geduld tyd te spandeer aan die gebed. My liewe kinders, jy kan nie sê dat jy My behoort en deur my boodskappe bekeer is, as jy nie bereid is elke dag tyd vry te maak vir God. Ek is naby aan julle en seën vir julle almal. My liewe kinders, vergeet nie dat jy, as jy nie bid nie, nie naby My is, en ook nie by die Heilige Gees, wat jou lei op die pad na die heiligheid. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, ek is met julle en verheug my ook vandag oor die geskenk van die Allerhoogste dat ek by julle mag wees om jou te onderrig en op die weg van die volmaaktheid te lei. My liewe kinders, ek sou wil hê dat jy 'n pragtige ruiker blomme vorm, dat ek God op die fees van Saints kan aanbied. Ek roep jou op jou hart oop te maak en te lewe volgens die voorbeeld van die heiliges. Ons Moeder die heilige Kerk het hulle uitgekies om vir julle in die daaglikse lewe 'n aansporing te wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag verheug ek my met julle en bid vir vrede: vrede in jou hart, vrede in jou familie, vrede in jou begeertes, vrede in die hele wêreld. Mag die Koning van die Vrede julle vandag seën en vrede skenk. Ek seën julle en dra elkeen van julle in my Hart. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
325
Ek hoop die ouers van Delmas lees hierdie berig en dink 2 keer voordat hulle (met toestemming) hul motors vir kinders sonder bestuurslisensies gee om on die dorp rond te jaag! Dis vreeslik wat met die Munisipale werkers gebeur het, ek hoop die seun is bereid om vir die res van hul lewens tot hul versorging by te dra! My hart gaan uit na die werkers toe ….. ek hoop die kind kry sommer ‘n helse pak slae en ook ander straf….. dis onaanvaarbaar nou hoop ek hy gaan vir die res van sy lewe bydrae …. dit was nou so onnodig en nou moet die ouers met die gebakte pere en problem sit !!!! hy was veronderstel om in die skool te wees !!!! dalk nog skool ‘gebunck’ ook …. nog ‘n pakslae of straf boet!!!! Nou hoe weet die polisie selde wat aangaan? Maroela wag vir kommentaar. Hy moet arresteer word vir poging tot moord. Geen lisensie so hy moes die moontlikheid voorsien het dat hy iemand kan dood of ernstig beseer. Waar was sy ouers. Sy velle moet ook waai!! Winston jy span die wa voor die perde of het die kat aan sy stert beet! Behalwe wat jy oor polisie sê is eintlik dat ons nie op polisie meer kan staatmaak nie. Lisensie gee nie skielik verantwoordelikheid nie.
326
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige man is omstreeks 10:00 by sy huis in hegtenis geneem. Hy is Saterdag die eerste keer in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Maroela Media het vroeër berig dat ʼn polisiekaptein glo by die toneel opgedaag het terwyl ander polisiebeamptes besig was om die man in hegtenis te neem. Sy het die inhegtenisneming onderbreek en geëis dat die verdagte vrygelaat word. Toe die polisiebeamptes weier, het sy die verdagte losgeruk en vir hom gesê om weg te hardloop.
327
Jack, die charger wat jy nou op het kom van die bakkie af, kyk hoe spoggerig lyk hy nou met die turbo op.
328
Regtig mooi gedoen, hy het hom al vir my kom wys. As hy weer verby kom wil ek hom ry en voel hoe hy met die lexus vergelyk, ek dink dit gaan naby wees. Hoppy wrote: Regtig mooi gedoen, hy het hom al vir my kom wys. As hy weer verby kom wil ek hom ry en voel hoe hy met die lexus vergelyk, ek dink dit gaan naby wees.
329
Hallo ek is baie opgewonde oor die nuwe webtuiste en wat ons alles kan bereik. Die doel van die webtuiste is om die natuur te wys in al syprag en glorie en om bewusmaking aan te wakker oor kwesies wat ons as mensdom en die natuur raak.
330
Parallel Universe. As mens nie soek nie sal jy nie vind nie. die lewe is rof maar elke wolk het sy silwer randjie. ek is gemaklik en kan et almal oor die weg kom. hart van...
331
Die Laerskool La Hoff in Klerksdorp het gedurende sy erkenningsgeselligheid sy uitblinkerleerlinge aangewys.
332
Dit alles is gedoen met die doel van die verkryging van beheer oor Race, wat is vriende met Time. Na alles,, indien van die tyd sal hulle nooit wegdraai – Dit beteken 'n ras van God. Indringers baie in die versoeking deur die geleentheid om 'n weiveld mak gode in hul eie huishouding.
333
Deesdae, sosiale netwerk-webwerwe, is waarskynlik die plekke waar mense spandeer die meeste van hul tyd wanneer hulle vry. Terwyl dit waar is dat dikwels die tyd spandeer op sosiale media blyk nutteloos met al die ongegronde chitchats en skinder wees, by tye mense beland leer 'n baie opwindende en belangrike dinge uit hierdie webtuistes. Byvoorbeeld, daar is sosiale netwerk bladsye wat bied nuwe en innoverende resepte, bladsye wat mense opvoed oor die nuutste modeneigings, en so aan. Dan, daar is 'n paar lesse kan net leer deur 'n gereelde gebruiker van 'n sosiale netwerk; hieronder is 'n paar liefde lesse mikro-blog site Twitter leer. Die voormalige ster van TV-reeks Hanna Montana het bygevoeg dat die loslaat is 'n ander manier om die liefde. Dit is 'n groot liefde les vir almal, jonk of oud. As jy lief is vir iemand, Jy moet weet hoe om hom te laat / haar gaan. Indien 'n persoon nie wil voortgaan om jou lief te hê of sy met julle, jy moet nooit wil om te maak hom / haar te doen wat kragtig; Dit is omdat as jy lief is daardie persoon, jy sal sekerlik wil om hom te sien / haar gelukkig. Onlangs was daar 'n hash tag trending op Twitter dat mense gehelp kennis versamel oor dinge wat nie gesê word op 'n datum. Die hash tag gaan soos hierdie: #FiveWordsToRuinADate. Gebruikers gepos word 'n aantal voorstelle oor woorde wat kan 'n datum ruïneer. Sommige van dié voorstelle was regtig die moeite werd om te onthou. Byvoorbeeld, Matt Lieberman, wat is 'n gasheer vir AfterBuzz TV, geskryf dat volgens hom vyf woorde wat kan 'n datum ruïneer is “jy soen soos my niggie”. Wat Lieberman wou sê was dit 'n groot fout wees om te praat oor jou vorige verhoudings in die voorkant van jou nuutgevonde liefde. Nog 'n voorbeeld is die tweet deur Jeff Drake, 'n skrywer. Die vyf verbode woorde, volgens hom, is “my ma kan ons ry”. Hierdie stelling kan 'n groot pretbederwer wees as geuiter wanneer spandeer tyd saam met jou maat, veral as jy 'n man. Ja, jy sekerlik die reg om jou ma lief te hê, maar die meeste meisies haat om te sien die man in hul lewe te bring verwysing van hul ma of selfs praat te veel oor haar. Liefde is oor die klein dinge; ten minste besprekings op Twitter stel sodat. Byvoorbeeld, 'n tweet deur Patama Posts dui daarop dat meisies is lief vir die ervaring van omhels van agter. Die voorste aanlyn dating webwerf geskep uitsluitlik vir troeteldier liefhebbers. Of jy is op soek na 'n lewensmaat, 'n buddy vir jou troeteldier of net iemand om uit te hang met, hier jy sal in staat wees om presies te vind wat jy op soek is vir - troeteldier liefhebbers soos jouself.
334
“Die enigste ding om te vrees, is vrees” – die woorde op die omslag – is ’n goeie aanduiding van wat op die leser wag. Die sentrale karakter, die 16-jarige Ramón Fraser, is die seun van ’n sigeuner wat onwillig van plek tot plek verhuis, elke keer om oënskynlik van ’n onbekende bedreiging te vlug. Sy ma – oorspronklik Turks maar ook Afrikaanssprekend – vlug met hom vandat hy kan onthou. Hoewel sy hulle aan die lewe hou deur ander mense se toekoms te voorspel, weier sy om Ramón se toekoms te lees, tot op ’n verskriklike dag toe die “mantelman” sy opwagting maak. Ramón ontmoet en leer ken uiteindelik sy pa, Marnus, wat hy altyd as “oorlede” op skoolvorms aangedui het. Dis nie ’n maklike tyd vir die tienerseun nie en hy word geboelie en opgefoeter. Sielsmokkelaar is ’n komplekse verhaal waarin die uitdagings van grootword en die soeke na identiteit verweef word met donker, magiese elemente. Dit is verfrissende en nieresepmatige leesstof deur ’n ervare skrywershand.
335
Sy sê sy sukkel om die moord op ’n onskuldige kind, van wie sommige liggaamsdele steeds vermis word, te verstaan. “Ek wens ek het ’n antwoord gehad. Om dood te maak vir liggaamsdele is ’n ernstige kwessie, wat nie verdien om onder die mat ingevee te word nie. As die regering en mense in die algemeen aanhou ontspan en hul arms vou, gaan dié sindikaat versterk. Daarom moet almal van ons onmiddellik optree.” Sou die moordenaar ore hê, vra sy hulle om hulself aan die polisie oor te gee, het sy Dinsdagmiddag gepleit toe die NV ná sy twee maande lange reses hervat het.
336
Ek het eers onlangs kennis gemaak met die buurvrou direk langs my hut. Ons het saam gekerm oor ons twee weke van droogte in die kompleks – daar was nie water nie. Verder sê ons nie boe of ba vir mekaar nie. Ons groet mekaar met ’n glimlag soos volbloedige Sandton-tannies. Ek sien die twee dames altyd wanneer ek verby hulle stap. Ons is nie op oogkontakterme nie. Soms in japon en ander kere uitgevat. Wat wel vir my opmerklik was, is die besoekers. Miskien is dit my tekort aan besoek wat hik, maar hulle het ’n oorloop daarvan – soos hormone op ’n skoolkamp. Mans besoek hulle graag. Soms word hulle opgelaai. Ander kere word hulle afgelaai – dis op-af-op-af. Ek staan nie en koekeloer vir hulle nie. Dit gebeur so gereeld dat ek dit sien elke keer as ek toevallig by my kar is. Die mansvriende is ook van elke geur. Die vriendskappe wat die twee smee, is duidelik dié van ’n nuwe Suid-Afrika. Nou, my kop het dadelik begin oortyd werk, sonder betaling. Dadelik het ek gewonder hoekom is iemand so gewild. Miskien praat die twee oor sport met die mans. Of miskien bied hulle vir die mans ’n diens aan . . . Soos hemde maak met ’n naaimasjien . . . Ek weet nie. Ek wonder en spekuleer. Kan dit dalk ’n besigheid wees wat orige mans plesier? Ek het dit nie gesê nie. Ek vra maar net die vraag. Ek vra net al die moontlike vrae. Oordeel sonder geldige gronde is nie iets wat ’n mens in die hemel kry nie. Die oog kan dit net nie help as om te volg wanneer daar ’n oom in ’n karretjie daar stilhou en half verdag na die woonstel toe beweeg nie. Ek het toe later gesien dat daar ’n kind ook in daardie woonstel bly. Toe voel ek dadelik sleg dat ek vir ’n sekonde skuldig gevoel het oor my vraag of hulle dalk professionele manvermakers kan wees. My oorfikse kop het my in ’n ander rigting begin stuur. Mens hoor baie van mans met twee stelle gesinne. Pappa sê hy gaan weg vir besigheid, maar dan is dit eintlik familietyd. Ek sê maar net. ’n Deel van my sê ek moenie ’n vrou aan die aantal mans takseer nie, maar die buurvrou in my se gedagtes hardloop wedrenne.
337
Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse Popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing. Die musiekvideo is in ‘n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media. Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam met Corlea Botha wou werk. Wanneer sy nie sing nie, is sy lief daarvoor om op staptogte te gaan, berg te klim, fiets te ry en om tyd saam met vriende deur te bring. “Ek sien myself oor vyf jaar as ’n gevestigde sangeres, met ’n kind of twee, of drie of vier! Ek is baie opgewonde om my stem, klank, styl en stories tot die Afrikaanse Muskiekbedryf te voeg.”
338
Het ons volk ons hart wat aan God behoort van Hom gesteel? Seker daarom dat ons Hom nie meer ken nie - afgedwaal het. Die troos is egter dat Hy dit nie so aanvaar nie! In Jeremia 24:7 sê Hy wat Hy ook vandag vir die Boerevolk in Suid-Afrika sê: "En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart".
339
Ek kan sommer al hoor hoe rev die enjins en skreeu die bande in die middernagtelike ure hier, asook die klank van die simpel ondersteuners hiervan wat lekker sit en juig langs die pad, dop in die hand. En aangesien die verkeersafdeling van die munisipaliteit so hopeloos is, is dit seker net ’n kwessie van tyd voor diegene sommer by hierdie laatnag jaagtogte braaivure gaan laat brand en die partytjie is dan behoorlik aan die gang en oop vir almal.
340
Kellner is ook die enigste lid van Afrika wat deel is van die wetenskapbeleid‑dialoog‑komitee (SPI – Science-Policy Interface) wat wetenskaplike inligting ten opsigte van aspekte oor landdegradasie en verwoestyning aan die Konvensie verskaf en ’n tweerigtingdialoog tussen die wetenskap en beleidmakers in die wêreld bevorder. Die SPI bestaan uit slegs twintig lede en sluit uitgesoekte wetenskaplikes van oor die wêreld in. Hy sê die SPI-komitee moet ook verseker dat die regte inligting, kennis en advies, gebaseer op goeie wetenskaplike resultate, aan beleidmakers wat met landdegradasie, verwoestyning en droogte oor die wêreld te doen het, gekommunikeer word. Die SPI bestaan tot 2017, waarna die rol van die komitee weer hersien sal word. Hierdie bydrae van Kellner en samesprekings met wêreldleiers oor landdegradasie, verwoestyning, biodiversiteit en ekosisteemdienste, plaas die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika op die voorpunt in Afrika en oor die hele wêreld.
341
Die voorlopige ondersoek deur die Chinese Burgerlugvaart Administrasie, het getoon dat die mede-vlieënier probeer het om ’n waaier af te sit om te keer dat rook die passasierskajuit bereik, sonder om die kaptein in kennis te stel. Hy het toe per ongeluk die lugreëling afgesit en daarmee drukverlies in die kajuit veroorsaak. Deel van die noodmaatreël indien die kajuitdruk val is dat die suurstofmaskers vrygestel word en dat die vlieënier die vliegtuig so vinnig moontlik op ’n hoogte moet bring vir die veiligheid van passasiers en bemanning. Toe die bemanning besef dat die lugversorging afgeskakel is, het hulle dit weer aangeskakel en die vliegtuig weer op kruishoogte gebring. Die Chinese owerheid het ’n deeglike ondersoek gedoen deur beide die vlugdata-opnemer asook die kajuit-stemopnemer te ondersoek om die presiese oorsaak van die insident te bepaal.
342
24.04.08 11:41: Sviatosha » ми@шк@, дааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа аааааааа
343
Hierdie artikel neem as vertrekpunt die gedagte dat prediking 'n vorm van heroriëntasie van perspektief verteenwoordig. Daar word kennis geneem van Calvyn se wyse van verstaan van geloof as waarneming, asook Capps (1990) se sienings oor heroriëntasie. Dit word opgevolg deur 'n bondige blik op Paulus se herinterpretasie van die konsepte "dwaasheid" en "wysheid", asook 'n ekskursie in die wêreld van die kuns, in besonder die surrealisme, as 'n moontlike homiletiese kollaborateur. Enkele implikasies vir die prediking word uitgespel onder die opskrifte: die prediker, gemeente, Bybelteks en God as rolspelers in die proses van heroriëntasie.
344
Destyds in die Ou Nabye Ooste in die tyd van die groot “Empires” of “wêreldryke”, het baie konings die gebruik gehad om met hulle onderdane, of hulle “vasale” verdrae te sluit. ‘n Vasaal was ‘n laer koning wat deur die hoër koning oorwin is. Ons noem hierdie soort tekste vasaalverdrae en ons het baie van hulle gekry veral uit die tyd van die Neo-Assiriërs—dit was van die mense wat baie moeilikheid in die Ou-Testamentiese tyd gemaak het. Hulle het byvoorbeeld die Noordryk weggevoer in die jaar 722 v.C. en 20 jaar later amper ook die hele Juda ingeneem. 1) Die teks is vol landboubeelde. “Reën op sy regte tyd” sê vers 4 en vers 5 vertel hoe die oeste oorgenoeg kos gaan gee. In vers 10 hoor ons weer van die groot oeste. Israel het natuurlik ‘n Mediterreense klimaat soos in die Kaap. Reën moet nou (in hulle winter) val. Dit moet genoeg wees en op die regte tyd. Enigiemand wat iets weet van boerdery sal weet hoe akkuraat hierdie landboubeeld is. Maar vir hulle was dit nog akkuter as vir ons. In ons wêreld speel boere bankrot as die reën nie op die regte tyd kom nie en dit is erg genoeg, maar in hulle wêreld het jy eenvoudig doodgegaan van die honger as die reën nie op sy regte tyd kom nie. Dit is die eerste basiese behoefte wat deur hierdie teks aangespreek word, reën op die regte tyd, sodat mense kos in hulle maag kan hê. “Ek sal die belofte aan hulle voorouers wat Ek voor die oë van die nasies uit Egipte laat trek het, weer van krag maak, die belofte dat Ek hulle God sal wees. Ek is die Here.” (Die Hebreeus praat eintlik letterlik van onthou asof God vir ‘n tydjie vergeet het.)
345
Om by die lisensie kantoor 'n draai te gaan maak om 'n afspraak te maak is aaklig. Hulle ignoreer jo...............
346
Blus die vuur deur die leegmaak van 'n emmer van 'n helikopter, die uitsig vanaf Camp Street teen sononder in 'n Laer Garden Distrik. New Orleans, Louisiana, 12 Mei, 2006
347
Die 2018-weergawe van die Tydren van Marokko, die voorlaaste ronde van die FIA se wêreldbeker vir veldtydrenne, het ná die vyfde en laaste sneltrajek op 10 Oktober oor 198 km afgesluit met die Suid-Afrikaanse Toyota Gazoo Racing as algehele wenners. Die Toyota Gazoo...
348
Marthinus Nel Die grootte van 'n ou se motorfiets is regstreeks eweredig aan die grootte van sy bek: Mornay Botha Paul, ek is 'n soldaat vir 25 jaar. As jy dan geen respek vir ons het nie, wat soek jy hier op 'n Militêre blad. Waar het jy dan diens gedoen Mornay Botha So, jy het dan ook nie respek vir ons wat op die grens was en gebloei het vir politieke skurke nie Mornay Botha Marthinus, jy wil tog nou net elke liewe woordjie van my kom verdraai want jy het mos 'n issue met my. Jy weet goed ek was nooit gewond in Angola nie en jy weet net so goed ek praat van "ons" die makkers van ONS wat in Angola gebloei en gesterf het. Marthinus Nel Nee, Mornay Botha, in teenstelling met jou wat Sieg Minnie met 'n mes in die rug op 'n blad betrek waarvan hy nie lid is nie en hom self gevolglik nie kan verdedig nie, konfronteer ek jou telkens tromp-op... Mornay Botha Marthinus Nel, op hierdie link probeer ons hulde bring vir gesneuwelde soldate. Hoekom begin jy nie jou eie link en plaas die crap daar sodat die wat wil daaar saam met jou daaroor kan praat nie Mornay Botha Heeltemal reg, Chris. Dit gaan net oor respek vir gesneuwelde soldate, maar daar is mos altyd een of twee wat 'n posting soos die sal vat om hulle persoonlike politiese gebraak en bullshit op ander wil afdwing. Ek het makkers wat hier in die US in daai grafte lê, en ek kan net dankie sê vir daai mense wat jaar na jaar 'n kransie op hulle grafte gaan lê vir Kersfees, Salute!!!
349
In my voorbereiding vir die Bybelskool oor Eksodus word ek baie spesifiek bewus van God se kragtige teenwoordigheid wat soms heel spesifiek in die ellende wat ons ervaar, aan die werk kom.
350
Die boodskap daarvan vir vandag is dat as die moeilikhede van die lewe dreig om jou te oorweldig, as jy voel dat jou eie werk vir die Here Jesus Christus tevergeefs is, as jy bid en bid en nie antwoorde op jou gebede sien nie, het jy weer nodig om dié God raak te sien, dié God wat aan die beweeg kom wanneer daar moeilikhede is, wat nie net ons ellende raaksien nie, maar dit verstaan, en wat daarom kan en sal optree. Ds. Chris, weereens baie dankie vir die pragtige en volledige bybelstudie so vrylik beskikbaar vir elkeen. Eerstens baie dankie vir die verwysing waar om bybeldorpe in vandag se tyd te vind. Ook ek is besig met Paulus. Ek geniet dit baie,en leer elke dag iets,ipv net lees soos in die verlede.
351
En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. (Johannes 3:26 AFR53) Eers is daar die besnydenis. Die Here gee die opdrag dat dit bedien moet word op die agste dag. Dit word dus bedien aan kindertjies (seuntjies). Daarin is dit al klaar duidelik dat die doop die Nagmaal voorafgaan, want in die nuwe verbond gaan die besnydenis oor in die doop en die Pasga gaan oor in die Nagmaal. Kom ons besin vir ’n oomblik oor die erns waarmee die Here dit afgedwing het nadat Hy dit ingestel het: Hoeveel van ons sou vandag hier gewees het as ons hierdie wet nog so streng toegepas het, soos wat die Here dit in die ou verbond geëis het? Hoe baie lidmate sou nie gesterf het as ons byvoorbeeld in ons tyd nog die doodstraf oor ons lidmate moes voltrek wanneer hulle sonder rede nie hulle kinders doop nie, of van die Nagmaal af wegbly! ’n Profeet is byvoorbeeld gesalf op bevel van die Here. Dan is daar salf of olie wat lekker ruik oor sy kop en sy hare uitgegooi sodat dit afgeloop het tot op sy skouers. Verder was die salwing die teken dat hierdie persoon wat nou gesalf is, van God af die wysheid ontvang om sy amp te kan uitoefen, en die vrees van die Here te kan leer aan die na wie toe hy gestuur is. Dit is die vrug van die uitverkiesing. Met ander woorde jy word deur God gedoop omdat Hy daarmee sigbaar aan jou toon dat jy ’n uitverkorene is wat deel in die verlossing van die Here Jesus Christus. Later roep die Here Jesus vir Hom ’n groep dissipels en Hy leer hulle wat ’n mens moet glo om verlos te word. Hy leer hulle ook om die dinge te doen wat in die Nuwe-Testamentiese kerk gedoen behoort te word: Hulle doop mense. Volgens Matteus was dit die laaste woorde wat Jesus aan hulle gesê het voordat Hy in die hemel opgeneem is. Die koninkryk van God is heilig, en daarom ontvang elkeen wat daar ingaan die teken van heiligheid, en die seël van sy genade. Ons word geroep in ’n nuwe verbond, met die Gees van God as ons Leidsman in die uitvoering van hierdie verbond. Dit is nie genoeg as u kinders in die katkisasie onderrig word nie. Dit is maar ’n baie klein deel van u kind se geloofsopvoeding. Die antwoord is in soveel gevalle: NEE! Want ons hou nie altyd die belofte teenoor God om sy kinders in die raad van sy verlossing te onderrig nie! Geliefde ouers, God gaan ons hieroor eendag in die gerig bring. Die Heilige Gees wek julle op om te leer, en om te groei in julle geloof, want soos julle grootword, moet julle die verpligtinge van die kerk oorneem, en die koninkryk van God sal oor ’n paar jaar deur julle voortgebou moet word. Vraag 69: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede kom? . . . waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus (1 Petrus 3:21) Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. Hierdie Psalm is deur Dawid gedig toe Hy die eerste keer die troon as koning bestyg het. Let op na die kontraste: Net so is ons by die dood van ‘n geliefde bly dat hy deur die Here in die ewige heerlikheid opgeneem is, maar terselfdertyd hartseer omdat ons hom mis! By die Here is daar dus vir hom beskerming wanneer die grootste vyand van alle vyande op ons afstorm: die dood. Dan beskerm die HERE nog steeds ons lewe. Ons weet uit die Here se openbaring in die Nuwe Testament dat die HERE dit doen in Jesus Christus, omdat Hy vir ons die dood beheers (Hy het sy lewe afgelê) en oorwin het. Die ewige vesting waar Hy vir ons tyd saam met Hom voorsien, is sy ewige koninkryk waar ons op ‘n nuwe aarde woon. O, as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie… (vers 13). Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel (vers 4). Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. (vers 4)
352
Dit is ‘n weerspieëling van wat in die hemel gebeur wanneer die engele die Here loof en pryd en sy grootheid verheerlik. Ons is aangewys op onverdiende genade wat ons van God af ontvang! Daarom soek die digter die aangesig van God! Maar terselfdertyd lê daar in hierdie woorde die hoop en die werklikheid dat ons in die ewigheid ook die nabyheid en die vriendelikheid van die Here op ons sal sien neerkyk. So gesien word die troonsbestyging van die aardse koning ook die toetrede tot die ewige koninkryk van God. Dit het die pad geloop dat Hy die vorige nag gebid het dat die beker tog by Hom moet verbygaan as God dit wil - wat God nie wou nie. Lewe word meteens meer as net ons polsslag en asemhaal - dit word die ewige lewe. Dit word die lewe in die koninkryk van God. Ons wag op die Here: ons verwag die Here Jesus op die wolke. Aanstons is ons ook in die ewige koninkryk van God saam met hulle almal wat ons voorgegaan het.
353
Die Siriese Arabiese Republiek lê op die Noord-Westelike draai van die ou Vrugbare Halfmaan, en was nog altyd die Oos-Wes handelskorridor van die Midde-Ooste. Die besit van Sirië was essensieel vir enige wêreldmag wat die are van die geskiedenis wou beheer. Dit is ‘n land van kontraste, met ‘n mooi stukkie Mediterreense kus en die dorre Siriese woestyn na die Ooste; die Suid-vloeiende Eufraatrivier en die Noord-vloeiende Orontes, met die gepaste benaming “Ongehoorsame Rivier”, omdat dit die reisiger lelik kan disoriënteer. ‘n Land met twee van die oudste stede ter wêreld, Damaskus en Aleppo, wat nog dig bewoon word, en waar vroue geklee in swart abbeyas saam met modieuse stadsvroue op die sypaadjies skouers skuur. ‘n Onopgesmukte land sonder toeristeglans, met ’n eie karakter en ‘n ryk geskiedenis wat oor baie millennia strek. Soveel tydperke en beskawings is in Sirië vasgevang. ‘n Mens kan net hoop dat die skatte nie in die toekoms deur die toeristebedryf (of militêre ingryping) bederf sal word nie. Volgende keer, Libanon…
354
" Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, beweer soms dat dr. Verwoerd 'n soort diktator was wat sy wil op ander afgedwing het. Daar is 'n aansienlike verskil tussen 'n diktator en 'n man soos dr. Verwoerd. Hy was 'n sterk leier en hy het 'n oorredingsvermoë gehad wat ek nog nooit by enigiemand anders gesien het nie. 'n Man moes goed gewees het as jy met hom wou redeneer en jy het gewoonlik die argument verloor as jy nie baie seker van jou saak was nie; nie omdat hy die leier was nie maar omdat hy so logies en korrek was." Prof. G.B.A. Gerdener was die voorsitter en die ander lede was omtrent ook almal akademici; Barney van Eeden, Piet Coertze, Nic Olivier en Jan Sadie. Daar is destyds veral geredeneer oor die noodsaaklikheid van die versnelde ontwikkeling van die tuislande. SABRA het sy standpunt in fyn besonderhede uitgespel en 'n memorandum van so nege bladsye aan die Eerste Minister, dr. Malan, gestuur. Dr. Malan het dit na die betrokke minister verwys. Daar is toe 'n onderhoud met dr. Verwoerd gereël. In die Kaap aangekom, is ons na sy kantoor. Hy het agter die lessenaar opgestaan, almal met 'n glimlag verwelkom en gevra: "Wie van u neem die woord?" Nic het begin en dr. Verwoerd het so 'n rukkie sit en luister, toe sê hy: "Ek het die dokument gelees. Kom laat ek vir u sê wat u vir my wou sê maar wat u eintlik vir my moes gesê het, en dan sê ek vir u wat die antwoord is." Met sy logika het dr. Verwoerd die hele saakbreedvoerig verduidelik, beter as wat in die dokument gestaan het, en toe uitgewei oor wat die regering graag wil doen en kan doen en besig is om te doen. Toe hy klaar is, vra hy of daar nog iemand is wat iets wil byvoeg, maar dis tjoepstil. Hy sê toe hy is bly dat ons almal saamstem en bedank ons dat ons gekom het. Op pad terug in die motor was Nic billik ontstoke. Hy voel dr. Verwoerd het hom in die gesig gevat. Ek het egter gesit en lekkerkry en sê vir hom: "Wag 'n bietjie, hy het mos niks verkeerds gedoen nie? Hy het eintlik vir ons 'n fantastiese opsomming gegee." Later, veral na sy terugkeer uit die VSA, het Nic Olivier al meer na links geneig tot hy uiteindelik op die opposisiebanke in die parlement gesit het. Met die verkiesing van April 1958 het dr. Verwoerd sy plek in die Senaat ontruim om LV vir Heidelberg, Transvaal, te word, terwyl ek een van die 23 nuwelinge van die Nasionale Party in die Volksraad was. Ons het 'n klub onder die naam "Here 23" gestig, in navolging van Here 17, met dr. Verwoerd as erepresident. Dit het 'n soort band tussen ons teweeggebring. Kort daarna, op 2 Sep­tember 1958, is dr. Verwoerd tot partyleier en tot Eerste Minister verkies. Vir die volgende agt jaar het ek hom in die parlement en in die vertroulike vergaderings van die koukus sien optree. Van die grootste momente in die politieke geskiedenis van Suid-Afrika het ek onder sy leiding beleef. Ons het mekaar ook persoonlik leer ken. Sommer van die eerste dag af het ek die grootste bewondering vir hom gehad. Die eerste gedenkwaardige gebeurtenis was juis die aanwysing van 'n nuwe leier na die oorlye van adv. J.G. Strijdom. Dr. Verwoerd het niemand voor die tyd gevra om vir hom 'n werwingskomitee te stig of om sy kandidatuur te bevorder nie. Hy het gesê die senatore en Volksraadslede moet uit vrye wil besluit. Ek het egter my gewig agter hom ingegooi en ons, sy ondersteuners, het met senatore en Volksraadslede gepraat. Ons was naderhand oortuig dat dr. Verwoerd gaan wen; om die waarheid te sê, ons het op die man af geweet hoe die stemming gaan verloop. Toe die finale aankondiging kom, het die lede van die koukus outomaties opgestaan en hom lank, lank toegejuig. Toe doen hy 'n mooi ding. Hy reik die een hand na dr. Dönges en die ander na adv. Swart, en hy se: "Vrinde, ons gaan die pad vorentoe saam loop. Laat ek vir u sê, dis my vriende die, hulle gaan my steunpilare wees." Hierop het die koukus spontaan op die been gekom en dr. Verwoerd weer lank geesdriftig toegejuig. So het hy hulle saamgebind. Hy kon dit doen omdat hy absoluut korrek was deur hom uit die gekoukus oor kandidate te hou. Hulle twee het ook gereageer deur onmiddellik hulle volle steun aan hom toe te sê. Daar was geen gevoelens toe of in die jare daarna nie. Die tweede groot moment wat ek wil noem, is die aankondiging van 'n volkstemming oor republiekwording op 20 Januarie 1960. Dit was volkome onverwags. Dr. Verwoerd het beslis 'n aanvoeling vir die dramatiese gehad. Hy sou in die Volksraad antwoord op sir De Villiers Graaff se wantrouemosie in die regering en almal het verwag dat die debat sou gaan oor brandende vraagstukke van die dag. Sprekers aan regeringskant het hul voorberei om, soos gewoonlik, aspekte van die beleid van aparte ontwikkeling te verdedig. Oudergewoonte het die koukus in die oggend gesit en die Volksraad in die middag na twee. Die koukus het reëls. Een van die reëls is dat daar 'n streng tydbeperking is. As 'n saak na 'n sekere tyd nie deurgepraat is nie dan staan dit oor tot die volgende sitting; 'n Minister kry net sowat 20 minute om wetgewing voor te lê. Daardie dag staan dr. Verwoerd op en vra 'n beslissing dat die tydsbeperking tydelik opgeskort word, want hy wil graag die koukus vooraf inlig oor 'n belangrike saak wat hy in die wantrouedebat gaan opper en dit kan meebring dat die vergadering nie om twaalfuur sal kan verdaag nie. Natuurlik gee die koukus toe sy toestemming. Hy begin, en nadat hy oor allerlei sake gepraat het, sê hy ewe kalm dat hy dink die tyd het aangebreek dat die kiesers in 'n referendum moet besluit of Suid-Afrika 'n republiek moet word of nie. Og, jy kon sien die koukus snak na asem. Hy gaan toe voort, skets die agtergrond, gee 'n deeglike motivering en hou aan tot eenuur. Toe sê hy: "Vrinde," die aanspreekvorm wat hy altyd gebruik het, "vrinde, ek weet baie van u het afsprake vir ete, maar nou is u in die moeilikheid, want ek wil vir u vra om met niemand te praat oor wat ek nou gesê het nie, nie eers met u vrou nie, en om versigtig te wees wie naby u staan of u dophou om 'n afleiding te maak as u hier uitgaan. Kom ons werk saam, ek vertrou u, moenie hieroor praat voor die namiddag se parlementsitting nie." Hy wou verhoed dat die Engelse middagkoerante die storie in die hande kry en die hele ding uitblaker, en dit het geslaag. Die middag in die Volksraad het dr. Verwoerd eers punt vir punt op die opposisieleier se mosie geantwoord en toe hy nou dink daar het genoeg tyd verloop, het hy sy aankondiging van die oggend herhaal. Dit het 'n paar minute gevat om in te sink. Jy kon 'n speld hoor val. Die Verenigde Party-manne het gesit en frons. Hulle het nie geweet wat om te sê nie. Ek sal dit nooit vergeet nie. Graaff leun later gedurende die toespraak oor en vra: "Wat sal die meerderheid wees?" Dr. Verwoerd het 'n paar oomblikke stil gestaan, asof hy die belangrikheid van die moment besef het, asof hy wou hê almal moet luister, en toe steek hy een vinger in die lug. "Een," sê hy "'n meerderheid van een stem sal die deurslag gee." Mens moet natuurlik by sê, dit was 'n drastiese afwyking van vorige uitsprake deur partyleiers. Aanvanklik was daar sprake van 'n "genoegsame" meerderheid, soos adv. Strijdom dit uitgedruk het; sommige wou dit interpreteer as 'n 75% meerderheid en later het die meeste NP-lede gepraat van twee-derdes. Dr. Verwoerd was egter 'n leier wat nie geskroom het om af te wyk van rigiede standpunte as hy self oortuig was dat hy reg is nie. Hy het reeds 'n jaar tevore, in antwoord op Graaff se wantrouemosie, gesê dat hy ten gunste van 'n blote meerderheid is, maar daar was nog groot meningsverskil in die kabinet hieroor. Dit moes moed van sy kant gekos het om daardie besluit te neem. Hy het gevoel dat mens nie van 'n tweederdemeerderheid seker kan wees nie en as die poging misluk, is die ideaal vir altyd verby. Die debat het ook vir my 'n nadraai gehad. Oor so 'n belangrike aangeleentheid sou mens verwag dat lede van die kabinet en ander groot kanonne tot die debat sou toetree. Die sweep, Koos Potgieter, skarrel heen en weer tussen die voorbankers om sprekers te kry maar almal sê nee. Hy kom by Hans Abraham, Hans kyk vir Pottie, en skeur sy toespraak op. Niemand was voorberei om oor die republiek te praat nie. Vir 'n junior lid is dit nie so maklik om 'n spreekbeurt te kry nie. Toe kom Pottie na my kant toe. "Man, ek soek jou, waar was jy? Ek het vir jou 'n kans gemaak." Al wat ek nou kon doen, was om 'n Geloftedagtoespraak te probeer onthou. Toe gaan die opposisiespreker sit en die Speaker kondig aan: "Die lid vir Soutpansberg." Marais Steyn lag, dr. Dönges kyk skeef en minister Serfontein draai om asof hy foeitog wil sê. Maar dr. Verwoerd draai sy gesig na my asof hy wil luister. Ek onthou net dat ek gesê het ek praat namens Jong Suid-Afrika. So 'n ent weg het dieselfde mininster Serfontein gesê: "Hoor, Hoor!" Toe breek die ys. En dr. Verwoerd het een keer geglimlag. Hy wou my 'n billike kans gee. So gebeur die dinge in 'n mens se lewe. Jare later, toe ons mekaar al beter geken het, vra dr. Verwoerd my eendag hoe gaan dit daar bo in die Soutpansberg. Ek sê toe vir hom: "Doktor, ek het ook nou die dag 'n toespraak van twee en 'n half uur gehou, soos u." Hy sê: "Man, ek probeer dan altyd korter praat. As jy my voorbeeld volg, doen jy die verkeerde ding." Die derde epogmakende geleentheid wat ek saam met dr. Verwoerd beleef het, was die Britse Eerste Minister se besoek aan die parlement op 3 Februarie 1960, minder as twee weke na die aankondiging oor 'n republiek. Die feit dat mnr. Macmillan nie die hoflikheid gehad het om sy gasheer vooraf insae te gee in die "Winds of change"-toespraak waarop dr. Verwoerd moes antwoord nie, is algemeen bekend. Wat baie mense nie weet nie, is dat dr. Verwoerd geweier het om mnr. Macmillan toe te laat om albei huise van die parlement in die Raadsaal toe te spreek. In die Britse parlementêre tradisie is daar 'n reël dat niemand behalwe verkose verteenwoordigers "op die vloer van die huis" toegelaat word nie, met die uitsondering van bodes. Selfs die sekretaris van die Raad en sy amptenare sit in so 'n afskorting reg voor die Speaker, waarvan die vloer laer as die res van die Raadsaal is. Hierdie reël word nie meer streng toegepas nie, maar in 1960 was dr. Verwoerd daarop gesteld dat die gelyke status van die Britse en Suid-Afrikaanse parlemente in geen opsig aangetas mag word nie. Mnr. Macmillan was nie 'n lid van die Suid-Afrikaanse parlement nie en sou dus soos enige ander besoekende regeringshoof behandel word. Hy het wel al die lede toegespreek, maar dit was in die eetsaal wat tydelik ingerig is as 'n vergadersaal, soos dit was in die tyd van die ou Kaapse parlement. Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, beweer soms dat dr. Verwoerd 'n soort diktator was wat sy wil op ander afgedwing het. Daar is 'n aansienlike verskil tussen 'n diktator en 'n man soos dr. Verwoerd. Hy was 'n sterk leier en hy het 'n oorredingsvermoë gehad wat ek nog nooit by enigiemand anders gesien het nie. 'n Man moes goed gewees het as jy met hom wou redeneer en jy het gewoonlik die argument verloor as jy nie baie seker van jou saak was nie; nie omdat hy die leier was nie maar omdat hy so logies en korrek was. Maar hy was altyd bereid om na ander te luister en het sy eie standpunt altyd vriendelik gestel. Daar was 'n merkwaardige verhouding tussen hom en sy mense. Dr. Verwoerd het nooit in die koukus opgestaan om te praat nie, of daardie koukus het soos een man opgestaan en hom toegejuig. Ek weet nie hoe dit in dr. Malan se tyd was nie, maar so iets het ek nie sien gebeur toe adv. Strijdom, of mnr. Vorster of mnr. PW Botha Eerste Minister was nie. Ek wil verder beweer dat dr. Verwoerd as leier die grootste gehore in die geskiedenis van ons land getrek het, al was hy nie 'n demagoog en al het hy nie die stem van 'n orator gehad nie. Daar was natuurlik 'n kwartmiljoen Afrikaners byeen by Monumentkoppie in 1949, maar dit was iets anders; 'n volksaamtrek. Ek weet van geen ander geval waar 80 000 mense, soos by Meyerton op 26 Maart 1960 en 50 000 by Jan Smutslughawe op 20 Maart 1961, spontaan van alle kante toegestroom het om na 'n politieke leier te kom luister nie. Ek dink dit was omdat die mense geweet het hier is 'n man aan die woord wat geskiedenis maak. Hy kon sy gehoor besiel. Dit was ook die geval wanneer hy ander bevolkingsgroepe as die Afrikaners toegespreek het. Die Federated Chamber of Industries, die Engelse tak van die sakewêreld in Suid-Afrika, het hom by geleentheid genooi om 'n toespraak by hul jaarvergadering te hou. Ek was nie daar nie maar het agterna verneem dat daardie aand nie plek vir 'n muis was nie. Hy het Engels gepraat, sonder 'n nota in sy hand, en toe hy gaan sit, het daardie gehoor hom drie minute lank staande toegejuig. Dit was mense wat normaalweg teen hom gestem het. Ook hulle het die grootste agting vir hom gehad. So het hy onder andere gesê ons moet saamstaan in hierdie wêreld, want as jy die tier met die asgaai steek en jy steek die swart kol raak dan gaan hy dood, maar as jy die wit kol raaksteek gaan hy ook dood. 'n Ander eienskap van dr. Verwoerd as politieke leier was sy onfeilbare vermoë om afwykende opinies binne sy eie party te hanteer. Hy kon ferme partydissipline handhaaf maar tog die demokratiese reg om te verskil, erken. Dit word miskien die beste geïllustreer deur die geval van mnr. Japie Basson. Hy was 'n man wat geneig was om sy eie kop te volg en het verskeie kere van party verwissel, maar hy was 'n bekwame politikus. Gedurende die wantrouedebat in 1959 het dr. Verwoerd aangekondig dat wetgewing voorberei word om die naturelleverteenwoordiging in die parlement af te skaf met die oog daarop dat die tuislande volle selfbestuur sal ontvang. Mnr. Basson, die LV vir Namib, het in die koukus opgestaan en gesê dat hy gewetensbeswaar daarteen het. Dr. Verwoerd het hom nie probeer teregwys nie. Die manier waarop hy iemand met 'n ernstige beswaar gerespekteer het, al is hy 'n agterbanker, was vir my die toonbeeld van hoe 'n leier moet optree. Na 'n lang bespreking het die koukus besluit dat Basson vir die tweede en derde lesings moes stem maar dat hy in die komiteestadium oor die betrokke artikel buite stemming mag bly. Basson het hom nie daarby gehou nie en is 'n paar maande later uit die party geskors. Vroeg in 1960 het hy sy sogenaamde "Nasionale Unie", 'n buiteparlementere drukgroep, gestig. Dit was 'n geval wat nie uitgepraat kon raak met een sitting van die koukus nie. Dr. Verwoerd as Eerste Minister het die debat oor etlike weke gevolg. Hy het altyd regs van die voorsitter, die eerbiedwaardige oom Piet Luttig, gesit. Toe die voorsitter nou oordeel dat die debat uiteindelik verby is, gee hy die Minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling, oom Daan de Wet Nel, die geleentheid om te antwoord. Hy bedank toe al die sprekers in sy ou fyn stemmetjie en hy verduidelik die redes vir die wet en waarom dit nie gewysig kan word nie. Toe gaan oom Daan sit. Die tradisie was, as daar nie sterk reaksie is nadat die minister gepraat het nie, dat die saak as afgehandel beskou word. Die voorsitter was nogbesig om te sê: "Die volgende punt op die agenda ..." toe druk dr. Verwoerd op sy skouer en staan hier langs hom op. Dis toe dat dr. Verwoerd iets van homself geopenbaar het en woorde gebruik het wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het eers grappenderwys na oom Daan verwys, want hulle was goeie vriende, hom gekomplimenteer en gesê hy is 'n goeie leerling. "U sal onthou," sê dr. Verwoerd toe, "dat dit ek was wat hierdie wet by die Senaat ingedien het as Minister van Naturellesake. Ons wou onder die omstandighede wat toe geheers het, net die beste doen en om die volgende redes is die wet toe aangeneem." Op kenmerkende wyse tel hy die redes een vir een af op die vingers van sy oop linkerhand met 'n kort motivering vir elk. Dit was so logies dat niemand daarvan kon verskil nie. Hy doen dit toe beter as wat oom Daan dit kon doen! Toe sê hy: "Dit was die beleid tot gister." En hy bly 'n oomblik stil. Die volgende woorde van die staatsman Verwoerd hoor ek nog so helder soos op daardie môre: "Vrinde, ’n volk wat op pad na sy bestemming groot obstruksies teenkom en nie kan sien as hy verkeerde keuses gemaak het nie, en nie in staat is om daardie foute reg te stel nie, sal nooit sy einddoel bereik nie." Die Volksraadslede spits hulle ore. "Om die volgende redes sal ons die beleid moet verander." Weereens tel hy die redes af en gee 'n duidelike motivering daarby. Weereens so logies dat niemand daarvan kon verskil nie. Onder andere sê hy: "Hier is 'n geval waar ons opgetree het na die beste van ons vermoë, maar omstandighede het verander, ander faktore moet nou in berekening gebring word. Die drankverbod lei nou tot vyandigheid teenoor die polisie en dit begin 'n gevaarlike rassekonnotasie kry. Ons sal moet omdraai op die pad wat ons gekom het, ook al bly ons koers dieselfde." Kort daarna is die wet dan ook verander. Dit is vir my 'n pragtige voorbeeld van die oop gemoed waarmee dr. Verwoerd groot probleme benader het. Die tweede geval wat ek wil noem, was nie so opspraakwekkend nie, maar een waarby ek persoonlik betrokke was. In 1958 het die pad deur Wylliespoort naby Louis Trichardt weggespoel en is daar besluit om twee tonnels vir die pad na die noorde deur die Soutpansberg te bou. By voltooiing in 1961 is die tonnels na dr. Verwoerd vernoem. Hy is gevra om die opening waar te neem. Die Sekretaris van Vervoer, Danie Joubert, en sy departement sou die hele funksie vanuit Pretoria organiseer. Teen die tyd wat ek daarvan hoor, het hulle 'n lang lys uitnodigings aan hoogwaardigheidsbekleërs opgestel en gesê hulle maak reg vir 500 gaste. Dit sou beteken dat die publiek van Noord-Transvaal, insluitende my kiesafdeling, glad nie by die heuglike geleentheid betrek word nie. Ek gaan toe na dr. Verwoerd en sê vir hom daar moet nie 500 mense wees nie, maar duisende. Ek noem al my argumente en vra of die Noord-Transvalers nie die geleentheid kan kry om self die openingsfunksie te reël nie. Hy het so 'n rukkie geluister en gesê hy dink ek is reg. Hy roep toe vir Fred Barnard. "Kry vir my minister Ben Schoeman op die lyn." In my teenwoordigheid sê hy: "Fanie Botha, die LV is hier by my en hy het my oortuig dat ons nie die tonnels daar bo kan gaan open sonder om die breë massa mense te laat deelneem nie. Ek ondersteun hom en wil graag vra dat u 'n ontmoeting reël tussen hom en mnr. Joubert." Danie was natuurlik hoog die duiwel in dat ek my neus in sy sake kom steek. Nietemin, op 18 November was daar toe nie minder nie as 13 000 mense en 'n pragtige koor van by die 3000 kinders van al die skole in die noorde. Onder die geskenke wat dr. en mev. Verwoerd van die kinders ontvang het was twee huilboerboon-kandelare, en 'n simboliese staf van Lebombo-ysterhout wat ek spesiaal laat maak het uit een van die hoekpale uit die tyd van die Voortrekkers, op Ernest Fogwell se plaas. Dit bevat 'n aardbol met die klou van 'n visarend wat in Afrika vasslaan, net nie in Suid- Afrika nie. By dieselfde geleentheid het die plaaslike Indiërgemeenskap dr. en mev. Verwoerd met blommekranse behang en 'n silwerskinkbord geskenk. By afloop van die funksie by die tonnels het dr. en mev. Verwoerd by ons op Louis Trichardt oorgebly. Hy was geïnteresseerd in my vertelling oor die geskiedenis van die dorp se Geloftekerk en oor Magato se vervloë stat bo teen Hanglip. "Kan ons daar uitkom?" wou hy weet. Die enigste geskikte voertuig wat ons kon kry, was die polisie se vangwa. En ons ry by 'n paar huise verby, die mense herken hom en hy waai vir hulle. Toe ons terugkom, was daar heelwat meer wat wou sien hoe ry dr. Verwoerd in die vangwa. Hy was nie 'n man met fieterjasies nie. Die aand gesels ons en hy vertel van sy kinderdae in Bulawayo. Sy vader was destyds in 'n tydelike pos in die bediening. Sy gemeente het gestrek tot by Lusaka. Daar het hy 'n sekere Botha op sy plaas besoek en elke keer 'n slopie biltong huis toe gebring. Dit was so om en by 1915. "Maar Doktor," sê ek, "dit was my oupa. Hy het baie swaar gekry na die Anglo-Boereoorlog en was een van die eerste vyf boere wat daar ingetrek het in April 1909. My pa was 'n jong man en hy was die een wat gesorg het vir die biltong. Ek weet uit vertellings van die familie van die slope biltong wat besoekers uit die suide gekry het." My vrou en ek het dr. en mev. Verwoerd later op die kleinhoewe langs die Vaalrivier, Stokkiesdraai, besoek. 'n Episode wat ek goed onthou, was die jong polisieman se gesukkel om die buiteboordmotor van die boot aan die gang te kry. Ons wou oorkant toe, na die Vrystaatse kant. Dr. Verwoerd vra toe, wat is dan fout en wat moet mens doen in so 'n geval. Die outjie staan en peuter, maar die enjin sluk-sluk. Toe sê dr. Verwoerd vir hom: "Kyk, jy het nou net so en so gesê, maar dit doen jy mos nie nou nie." Met ander woorde, bly kalm en volg die logiese prosedure. Dit was tipies van hom. By 'n ander geleentheid, vertel die polisiemanne my, wou dr. Verwoerd ook oorkant toe met sy plaasklere aan, en hulle moes natuurlik saam om hom te beskerm. Daar gekom, het hy pik en graaf gaan haal en begin gat grawe om 'n wilgerstomp te plant. Toe hulle hulle kom kry toe staan hulle almal en gate maak en dr. Verwoerd gaan aan en maak ook gate. Doktor het 'n groot belangstelling in die landbou gehad, en 'n goeie begrip vir die probleme van die boer. Oom Jim Fouche het my self vertel wat gebeur het die dag toe dr. Verwoerd hom inroep en vra om Minister van Landbou te word. Hy was toe Minister van Verdediging, maar het eintlik gevoel hy is maar 'n boer. Daar het in daardie tyd 'n gruwelike droogte geheers, veral in Noord- Transvaal. Hy sê toe: "Maar Doktor, op my ouderdom?" Oom Jim was Minister van Landbou vir net 19 maande. Ek was self betrokke by 'n droogtekomitee en ons het vir oom Jim 'n boeresaamtrek op Tshipise gereël. Die hele wêreld was daar en oom Jim se gemoed het die aand vol geskiet want die toestand was ellendig. Sy boodskap was dat daar dinge is wat 'n regering nie kan doen nie, net die Vader in die hemel kan dit doen. "Maar vriende," sê hy, "daar is 'n man, sy naam is Hendrik Verwoerd, julle Eerste Minister, wie se hart bloei vir julle. Ek is hier in opdrag van hom om julle moed in te praat. Van sy kant af sal hy alles wat moontlik is, doen." Die blote gedagte dat die regering hom oor die boere ontferm, was vir baie van hulle genoeg. Oom Jim het meermale teenoor my van sy eerlike bewondering vir dr. Verwoerd getuig. Dr. Verwoerd het my dikwels uitgevra oor ander subtropiese vrugte soos avokado's en papajas. Ek het hom probeer oortuig dat die misgordel van die Laeveld geskik is vir die verbouing van allerlei eksotiese produkte wat ons moet invoer, soos tee, koffie, naeltjies, peper en pypkaneel. P K. le Roux was toe Minister van Landbou. Hy en ek het gesorg dat behoorlik ondersoek ingestel word en die resultaat was dat daar begin is met grootskaalse aanplanting van tee. Later is die Sapekoe-tee met 'n gesellige funksie by Groote Schuur bekend gestel en ek onthou dat dr. Verwoerd onderneem het dat die huishouding voortaan altyd ons eie Suid- Afrikaanse tee sal bedien. Dit help nie om te spekuleer oor wat kon gebeur het as dr. Ver­woerd nie op 6 September 1966 wreed vermoor is nie. Daarna het almal gewonder of hy nie van plan was om die dag 'n belangrike aankondiging te maak na aanleiding van sy pas afgelope samesprekings met Leabua Jonathan nie. Dit was die eerste direkte ontmoeting tussen 'n Suid-Afrikaanse regeringshoof en die hoof van 'n swart Afrika-staat op pad na onafhanklikheid. Tog is dit interessant om daarop te let dat dr. Verwoerd ook daarmee 'n deurbraak gemaak het wat, miskien onbewus, verreikende gevolge op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het. Daardie foto waarop dr. Verwoerd en Jonathan mekaar die hand gee, het gewys dat dit die korrekte ding is om te doen. Wie sal weet hoe groot die gesindheidsverandering is wat deur daardie eenvoudige daad by baie mense, wit en swart, teweeg gebring is. Die verslaenheid wat onder parlementslede en op straat geheers het toe dr. Verwoerd vermoor is, was onbeskryflik. Suid-Afrika was leierloos. 'n Gevoel van magteloosheid het die mense beetgepak. Hy het op almal 'n impak gehad en sy dood het 'n leemte gelaat wat skaars gevul kon word. As daar teenstanders van apartheid was wat wou juig, het hulle dit in stilte gedoen. Selfs diegene wat nie met hom wou saamstem nie, het in die skadu van sy krag en leierskap geleef.
355
Goeie dag, Die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) het sy poging voortgesit om die markte op ’n uiteindelike verhoging in korttermynrentekoerse voor te berei. Swakker ekonomiese data en ’n skerp styging in markonbestendigheid in die VSA het egter die moontlikheid van ’n aanpassing by volgende week se vergadering van die Fed-oopmarkkomitee […]
356
Suid-Afrika se sentrale bank het Donderdag, soos verwag, sy repokoers bestendig teen 7% behou met verwysing na kommer oor die inflasievooruitsigte, hoewel hy sy groeivooruitsigte gesny het. Die Bank het die BBP-groei vir sowel 2017 as 2018 met 0,2% tot onderskeidelik 1,0% en 1,5%. Die voorspelling vir 2019 is 0,3% laer op 1,7%. Dié nuus, wat die finansiële markte geskok het, het ontluikende markte wêreldwyd negatief beïnvloed, en die JSE was nie ʼn uitsondering nie. Dít, tesame met die versterking van die rand, het die mark seergemaak en die Alle Aandele-indeks het 0.80% laer gesluit vir die week. ʼn Sterker rand is gewoonlik slegte nuus vir die dubbelgenoteerde aandele, wat die meeste van hul inkomste in ander geldeenhede verdien.
357
Net soos die landskap, bied die mense ook 'n verskeidenheid. In die laagliggende gebiede het ons heelwat swartmense gesien, en in die berge geen. Ek vind toe later uit dat die swartmense in die omgewing is afstammelinge van Afrika slawe wat hierheen gebring is om in die suikerriet plantasies te werk. Interesant dat hulle nasate steeds in die warm lae gebiede bly. Ek het nie 'n verklaring hiervoor nie, was maar net 'n opmerking wat ons gemaak het. In die koloniale dorpies van Popayan en Posti het ons opgemerk dat die mense, en veral vroue, baie mode-bewus is. Die winkeltjies in die dorpe bestaan hoofsaaklik net uit mode verwante winkels en ander vel, nael en haar versorgings besighede. Die koloniale dorpies is soort van oulik, maar steek baie af teen soortgelyke dorpe in Mexico. In Posti het ons gesoek vir 'n bank om geld te ruil, en oorals waar ons stop drom die mense saam om die bike. Hulle vergaap hulle behoorlik aan ons en die motorfiets. Ek het nog nooit so ongemaklik gevoel nie, en wou net uit die dorp kom en so vinnig moontlik ook. Die eerste ding wat mense wil weet is hoeveel die bike kos. Ek is nou al redelik moeg vir daardie vraag, en elke keer gee ek 'n ander antwoord om hul reaksie te sien. $2,000 of $20,000 kry dieselfde reaksie, so ek is nie seker of hulle my in die eerste plek verstaan nie. Die joys van toer in vreemde lande. Kosgewys het ons Colombia baie geniet, die tradisionele midagete, wat die hoofmaaltyd is, bestaan omtrent altyd uit 'n smaaklike sop, rys en vleis van jou keuse. Ons het maar altyd die hoender gevat, aangesien hulle bees en varkleis kan verkoop aan die Bridgetone fabriek, so taai is dit. Die grenspos tussen Colombia en Ecuador was die vlotste wat ons teegekom het in 'n baie lang tyd. Binne 'n paar minute is ons deur albei poste en maar ek ry my 90-100km/h aaneen, 'n spoed wat ek omtrent nooit by uitgekom het in Colombia nie. Die dorpe, asook die voertuie hier is in baie beter toestand. Met ons grensoorgang het ons glad nie 'n idee gehad watter geld-eenheid Ecuador gebruik nie, en soos oudergewoonte stop ons by die eerste bank om geld te ruil. Na 'n lang gewag in die ry wil hulle wil nie my oorige Colombia Pesos he nie, en verstaan nie hoekom ek US$ wil ruil nie. Toe sal ek uitvind hulle gebruik US$! So leer mens maar. .
358
Om daarop aanspraak te maak dat jy die waarheid ken, kan ver verwyderd wees daarvan om die waarheid te leef. Dit word weerspieël in die respek wat ek vir Sy teenwoordigheid in my het.
359
Twee spesiale mensies in ons lewe! Cyril wat al jare saam met ons seuns strooi aangejaag het, op quadbikes die speelgoedkarretjies in die modder rondgetrek/gesleep het tot hul kapoet was en Tharsha wat van jonk al saam hul op die skoolbanke gesit het en al jare lank goeie pelle was .......en mekaar uiteindelik toe ontmoet het.......dit voel onwerklik om te dink dis julle wat daar voor die kansel gestaan het en huweliks beloftes aan mekaar gemaak het! Julle dag was so ongelooflik .........! Julle het oor 'n tydperk van amper 18 maande Alles tot in die fynste detail beplan en wat 'n sukses! Van Tharsha se bruidslafie hangers en T-shirts, die koerantjie in die kapel, die drinkgoedjies na die kerk tot Cyril se geskenkpakkies vir sy manne wat hom moes bystaan met 'n flessie oemf, biltong, verskeindenheid botteltjies drank en sigare........... Alles van die begin tot die einde was 'n belewenis! En glo my, dit was 'n party-en-'n-half!! Enigeen wat dit nie geniet het nie moet sy kop laat lees! Julle twee is 'n AMAZING couple en het diep in ons harte ingekruip. Julle is 'n great team! Ons vier oor 50 jaar jul goue bruilof! x
360
So sluit Martie Retief Meiring haar versugting af in ‘n paar opmerkings wat sy te maak gehad het op 7 Mei 2015. My belangstelling is geprikkel toe iemand die boek wat sy geskryf het oor F.W.de Klerk se Griek vir my gegee het om te lees. Dis waar dat aparte woonbuurte ’n irriterende en verdelende deel van die groter gemeenskap is, maar ons skole wys baie duidelik dat hulle toeganklik en oop is. Terwyl politieke, en sekerlik ook dikwels geldige, probleme rondom Afrikaans as oorheersende taal aan die plaaslike universiteit opslae veroorsaak, is pas ook ’n remediëring (of dan skuldvereffening) deur die rektor van die universiteit aangekondig: ’n beursfonds vir die nakomelinge van die uitgesette inwoners van Die Vlakte, ’n gebied naby die middedorp.
361
Mahindra Suid-Afrika het pas die nuwe weergawe van sy vlagskip, die XUV 500, bekendgestel en ‘n nuwe topmodel by die reeks gevoeg. Die ander nuwe toevoeging tot die reeks is die W6-outomaties, wat ‘n laer toegangspunt sal bied vir kopers wat op soek is na ‘n...
362
In 'n brief deur J van Graan van Bloemfontein aan premier Louis Botha kom enkele gedagtes na vore wat baie Afrikaners oor baie jare diep gekwel en ontstel het. Hy kla by Botha daaroor dat die indruk bestaan dat die regering slegs mense van die Opposisiepartye tevrede wil stel. Wat van die regeringsondersteuners word, kan die owerheid nie skeel nie. Wat in die Opposisiepers gevra word, word gewoonlik toegestaan. Hy vra dan ook of dit regverdig is teenoor die Afrikaner en sy gesin wat hier woon dat die Engelsman so die oorhand in alles moet hê. Dit het tyd geword om na die eie om te sien en die konsiliasiepolitiek te laat vaar want dit het nog niks goeds voortgebring nie en sal ook nooit iets goeds meebring nie.
363
Len het tien maande in Amerika spandeer en het gedurende daardie tyd baie na Suid-Afrika verlang. Daar het hy besef dat hy sy land eintlik baie lief het en het hy toe al aan die lied begin skryf.
364
Hier loop die diere vry rond en bied jou die geleentheid vir die unieke ervaring om tussen hulle te kamp en slaap. Dit is jou kans om die diere van naderby te bekyk in hul eie natuurlike omgewing. Behalwe vir die ongelooflike dierelewe in Botswana is daar natuurlik ook die panne waar jy sommer net kan stilraak en jou verlustig in die skepping.
365
Die NG Web gaan oor gratis webdienste aan gemeentes van die NG Kerk. Hierdie diens word nie aangebied of onderskryf deur die NG Kerk nie. Die diens wat ons graag aan u gemeente wil bied, omvat die hele spektrum. Ons bied aan u 'n gepasde domein naam en webruimte vir 'n webwerf en e-pos. U gemeente besit dalk reeds 'n domein naam ugemeente.co.za of ugemeente.org.za. Indien nie, kan ons help met 'n gepasde naam. Gemeentes kies ongelukkig dikwels verkeerdelik 'n .co.za domein naam. Dié naamspasie is eintlik bedoel vir kommersiële gebruik—dit is meer korrek om 'n .org.za naam te kies. Ons bied u graag soveel webspasie soos nodig en funksionaliteit soos moontlik vir 'n uitgebreide, lewendige webwerf. As 'n riglyn van wat beskikbaar is, verwys asseblief na die spesifikasies van ons kommersiële pakket, ANNO Premium. Meer besonderhede. Elke onderafdeling kan afsonderlik op datum gehou word deur verskillende webmeesters. Ons kan elkeen se toegang beperk tot sy eie ruimte om ongelukke te vermy. Dus 'n aantal "afsonderlike" webwerwe wat saam 'n eenheid vorm.
366
11) In die gebiede na aan die bestralingsgevaar vertrou mense nie die inligting wat deur die owerhede verskaf word nie. i) Die RCJ so wel as die ander kerke in die Noord-ooste van Japan is baie klein en swak en versprei oor ‘n groot gebied, met baie min kontak met mekaar as gevolg van die beperkte grootte van die wydverspreide gemeentes, die grootte van die gebied en die lang afstande.
367
Vandag wil ek iets sê oor ons lees van die Bybel in hierdie Bybelskool en jou daarna net herinner aan ‘n verskeidenheid ander maniere om die Bybel te lees. In die volgende paar weke kan jy enigeen van dié metodes gebruik (of afwissel) om die betekenis van die teks vir daardie dag te ontsluit. My passie is om die Woord só oop te sluit vir ons dat ons – in die woorde van Eugene Peterson – daarvan ‘n woonplek maak. My droom is dat die Bybel vir ons ‘n ruimte word waarbinne ons God sal ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op ons reis deur die wêreld raak. Daarom is dit so belangrik om 1) die Bybel self eers te lees … voordat jy my bydraes daaroor lees … EN 2) daaroor te reflekteer. Geestelike groei kom as ‘n mens albei doen, deeglik lees EN deeglik nadink daaroor. Eers daarna kan jy lees wat ek daaroor skrywe, en met my ook in gesprek tree daaroor, ook jou vrae vra, en met ons almal deel wat die Here vir jou in die gedeelte laat duidelik word het. Bestudeer die karakters – Maak ‘n lys van die persone of groep in die gedeelte en dink na oor wat van hulle gesê word en hoekom. Maak ‘n opsomming – Skryf ‘n kort opsomming van die inhoud met die klem op wat jou getref het. Dit help ook om ‘n opskrif vir die gedeelte te kies. Die idee met alle metodes is om beide die breë lyne van boek of hoofstuk van die Bybel asook die fyner detail daarvan raak te lees en die betekenis en die impak daarvan vir ons lewe te oorweeg. Elke week sal ons dus die groeptyd gebruik om daaroor te gesels. Dit is juis in die refleksie en nadenke oor die betekenis van die Bybel dat geestelike groei plaasvind. Jy kan enige sisteem gebruik om vir jou aantekeninge te maak, selfs kort aantekeninge in die kantlyn van die Bybel. Hier is ’n aantal metodes waaruit jy kan kies.
368
Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.
369
Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik. Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.
370
Pas goeie higiëne in die kombuis toe. Was jou hande gereeld en wees versigtig vir voedsel wat rou melk bevat.
371
Baie vriendelike mens en hou baie van die buite lewe en diere. Ek hou daarvan om elke dag voluit te lewe want jou lewe is net 'n geskenk so leef dit elke dag met geen spyt... Gesondheidsowerhede in New York sê met die maklike toegang tot die internet en beskikbaarheid van mobiele toestelle is die nie verrassend dat kinders meer tyd aan videospeletjies bestee nie.
372
Afrikaans: Metafore mag moontlik die implementering van inklusiewe onderwys vertraag. Metafore beskryf idees en vorm denke, en het implikasies vir die praktyk. Met verskeie teorieë oor die metafoor as basis analiseer die artikel die metafore wat in die dokument White Paper Six: special needs education sowel as in die diskoers oor inklusiewe onderwys aangetref word. Die fokus is inklusiwiteit as ’n doelwit, ’n gebou, ’n proses en gasvryheid, en wat hierdie metafore bied vir die vorming van ’n begrip van wat inklusiewe onderrig beteken. Hierdie metafore het konseptuele tekortkominge wat moontlik ’n invloed sou kon hê op die manier waarop inklusiewe onderwys in Suid-Afrika toegepas word. Metafore van insluiting word benodig as ’n dringende imperatief om te verseker dat alle Suid-Afrikaanse kinders toegang tot gehalte onderwys kry.
373
Soms, omdat jy vir jouself werk, gebruik jy die voordele en spring jy en jou ma 15h op ‘n Maandag in jou kar om foto’s by ‘n dam, na aan jou hart te gaan neem. Ek loer al letterlik van 1997 vir dié dam en sy takkies wat soos Niena se hare uit Fiela se Kind staan. Toe ek hoor die groot waters kom, besluit ek vandag is die dag wat daar foto’s geneem word.
374
Nelspruit is in 1895 gestig toe die Nel-familie die gebied begin gebruik het vir hulle beeste se winterweiding. Vandag is dit die hoofstad van Mpumalanga. Die munisipaliteit word Mbombela genoem. In 2009 is daar 'n poging aangewend om die dorp ook "Mbombela" te noem. Die inwoners het egter 'n hofsaak aanhangig gemaak. Die hof het nog nie 'n uitspraak gelewer nie en die dorp heet nog steeds"Nelspruit". Die Krokodilrivier vloei deur die pragtige botaniese tuin. Die foto toon 'n skouspelagtige kaskade in die tuin.
375
As ek so bietjie voorbarig mag wees, wil ek so bietjie positiewe kritiek verskaf as jy nie omgee nie so gaan sit bietjie en dink mooi oor die volgende.
376
gesit die afgelope tyd, juis om vir mense soos jy te help, dit makliker te maak, saam te werk, te ondersteun. Geloof sonder die daad is nutteloos en al lees iemand ook alles onder die son wat ek skryf, of al die boeke op aarde oor ‘Werk vir jouself”, maar volvoer nie sy geloof in daad nie, help dit nie. Die werklikheid en waarheid, is dat jy heelwat geld hierdeur kan verdien, of NIKS, want dit hang af van jou en niks en niemand anders nie. (Dieselfde geld vir feitlik enige ander geleentheid) Vir die wat wil, wat leer maar nog hulp en ondersteuning nodig het, vir sulkes sal ek altyd, altyd daar wees want dit is die storie van my lewe. Ek hoop van harte dat bogemelde in die goeie en positiewe gees gelees word waarin die geskryf is, want ek het ook al geleer mense is te geneig om net na die negatiewe op te let hehe. Het jy al 'n baba of klein kind gesien wat iets wat buite bereik is wil hê?. 'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is, jy op sy gesig Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop. 'n Skrille kontras Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.. Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons 'n webwerf kan aanbied teen R19 pm terwyl 'n Gratis webwerf en epos beteken twyfel en verlore kliente.. - Gratis epos word gewoonlik altyd deur scammers en skelms gebruik en word dikwels heeltemal op baie Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik ‘n “scam” as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
377
Die bosveld is heerlik hierdie tyd van die jaar waar die voël geluide besonder opvallend is. Die tarentale, fisante en kwêvoëls is so mak en rustig, veral wanneer jy `n bietjie kos uitsit. So `n wegbreek vakansetjie bring lafenis vir `n mens se siel en liggaam en jy waardeer die rustigheid asook die bosveld geluide. Wanneer die son sy kop wegtrek en dit word skemer hoor jy nog die visvangertjie wat aanhou met sy geroep. Die fisante skree ook vir mekaar tot dit al redelik donker is.
378
Online speletjies Naruto gevegte dui op die moontlikheid van 'n stryd teen 'n virtuele, en met een van jou vriende. Play Naruto veg speletjies aanlyn en jy kry 'n baie plesier. In 'n geveg naruto maksimum konsentrasie van behendigheid en vaardigheid, en die vermoë om te voorspel die optrede van die opponent en strike counter strike. Afrikaans العربية Беларуская мова български език català; valencià čeština Cymraeg dansk Deutsch Ελληνικά English español; castellano eesti keel فارسی suomi; suomen kieli français; langue française Gaeilge Galego हिन्दी hrvatski jezik Kreyòl ayisyen magyar Bahasa Indonesia íslenska italiano 日本語 (にほんご) 한국어 (韓國語); 조선말 (朝鮮語) lietuvių kalba latviešu valoda македонски јазик bahasa Melayu; بهاس ملايو Malti Nederlands norsk polski português română русский язык slovenčina slovenščina Shqip српски језик; srpski jezik svenska Kiswahili Wikang Tagalog Türkçe українська мова Tiếng Việt ייִדיש Chineeze Chineeze simpe ქართული ენა (kartuli ena)
379
Ek is mal oor jou Baby, jy is die lied in my hart. Dankie dat jy my ook lief het. Ek verlang na jou. Ekke vir altyd en ewig xxx
380
Vir die meeste geskrewe vorme van musiek (byvoorbeeld klassieke musiek) is die komponis van groot belang. By vorme van musiek wat op gehoor bespeel word (byvoorbeeld volksmusiek, of Indiese en Turkse musiek) is die bron dikwels onbekend of anoniem.
381
Die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM) het die land 'n guns bewys om hierdie boek wat reeds in 1996 en 2009 verskyn het, te laat vertaal en in Afrikaans bekend te stel. Lesers in Afrikaans het juis nou nodig om so 'n redelik omvattende werk oor die sake wat in die titel genoem word, te lees. Dit is noodsaaklik om sulke materiaal te publiseer vanwee die aktualiteit van byvoorbeeld stres en uitbranding in die Suid-Afrikaanse samelewing. Boonop is die werk sterk Skrifgefundeerd en nie soos 'n mens soms by vertaalde werke ervaar, maar eintlik sielkundige verduidelikings met 'n Christelike 'sousie' oor nie. Die boek het 'n besonder logiese aanpak: Dit begin by wat genoem word 'God se plan vir jou emosies'. Dit beweeg dan aan na begrip vir jouself en wie jy is in terme van wat Paulus in Romeine 8:1 geskryf het: 'Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie' (bl. 20). Vanuit 'n reformatoriese hoek is hierdie vertrekpunt te verwelkom omdat daar dikwels 'n meer humanistiese benadering gevolg word met die boodskap: Jy in jouself goed en aanvaarbaar. Daarna word 'n hele paar hoofstukke gewy aan die menslike emosie. Dit is ook te verwelkom, veral in die lig van die eensydige benadering vroeer in die modernistiese era wat tot die 'onderdrukking van emosie' en 'n fokus op die rasionele gelei het en die ander uiterste naamlik die 'uiting gee aan alle emosie' in die postmoderne tyd waarin ons leef. Op bladsy 52 gee die skrywer byvoorbeeld definisies van wat emosie is. Dis duidelik dat die skrywer, Harold Sala, baie ervaring en kundigheid het oor die mens se 'wonder oor wie jy regtig is en jou stand in die lewe'. Tog is sy benadering suiwer soos dit op bladsy 45 genoem word: Aanvaarding in 'n Bybelse perspektief. Op 'n tipies Amerikaanse manier beskryf hy dikwels puntsgewys die voor- en nadele van sekere sake asook die hoe-om-dinge-te doen (how-to) soos byvoorbeeld in bladsy 115 en verder met die opskrif: Leer om woede te hanteer (hoofstuk 6 handel volledig oor woede). Wat ek veral van die boek gehou het, is die balans tussen die beskrywing van ware gebeurtenisse, die stel van die 'teorie', Skriftuurlike fundering en praktiese riglyne vir die leser hoe om sekere sake te hanteer.
382
As ek dus begin dink aan voornemens vir 2017 is ek op soek na volhoubare ritmes en gewoontes waar my eintlike prioriteite so natuurlik soos asemhaling is en nie elke keer vou onder die druk van ʼn besige tyd nie! Doelwitte rig vir my die pad na die wat ek word, maar ritmes bepaal die wie ek word en verklap ook baie keer die wie ek reeds is!
383
Bora het Vrydag onvoorwaardelik om verskoning gevra die toertjie en die gevaar wat dit vir talle ander mense ingehou het. Volgens die verslag, wat pas in die Nature Geoscience gepubliseer is, kom die water op die oppervlak van die maan voor. Die “magmawater” kan nou deur afstandtegnologie bestudeer word en kom van diep onder die oppervlak van die maan af. Vyf jaar gelede het nuwe tegnieke aangedui dat die maan se binneste nie so droog is soos aanvanklik geneem is nie, en terselfdertyd het tuie wat om die maan wentel water op die oppervlak bemerk. Daar is aanvaar dat dit ‘n dun lagie was wat deur die sonwinde veroorsaak is.
384
Jy hoor baie die woorde die maan skep (Geen reën) of hy gooi (Moontlikheid vir reën goed). As hy gooi trek die swaartekrag van die aarde die water soos ‘n waterval van die maan af en die wolke is dan soos ‘n sif en siedaar dit reën. As hy skep is dit dan logies die water lê bo-op die maan en kan nie afrol. Leer ek nou daai weteskaplikes iets wat hulle nie geweet het nie en hulle dink hulle is slim. Sit jou slim kind, jy is verseker nie van die maan gepla nie. Die man in die maan,wat van kaas gemaak is, sien neer op die aardbewoners. Ek het jare gelede al my vraatjies op my hand ook na die maan geblaas en nog nooit weer vraatjies gekry nie. Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.
385
Die loggia kan deel van 'n gebou wees of selfs losstaande voorkom. 'n Moderne variant hiervan is 'n balkon wat binne die (skuins) dakvlak lê. Die loggia was hoog in die mode tydens die Renaissance. In die besonder in Florence, Italië is die loggia heelwat gebruik, dikwels op hoeke van huise of op die boonste verdieping, direk onder die dak. 'n Beroemde voorbeeld is die Loggia dei Lanzi.
386
Ultimate Army - dit is 'n groot wedstryd vir die ouens wat graag 'n verskeidenheid van strategieë te reël. In dit wat jy sal kom met 'n strategiese plan, waardeur jou karakter sal in staat wees om die oorlog met sy kwaai en geslepe vyand te wen. Gryp die land van julle vyande saam met jou Supernova tenks en werf 'n leër van die vyand met slim veg.
387
Die polisie soek na die rowers wat ’n hoenderboer Sondag verskeie kere geskiet het in ’n gewapende rooftog op sy plaas naby die Lanseria-lughawe in Johannesburg. Twee sekerheidswagte is Sondagaand koelbloedig doodgeskiet terwyl hulle ’n konstruksieterrein op die Sweet Home Farm in Philippi opgepas het. ’n Boot wat die naweek in Witsand in die Suid-Kaap gesteel is, is in Blackheath in Kaapstad gevind waar hy van sy onderdele gestroop en aan die brand gesteek is. Die beleggingsmaatskappy Brait het die groeiteiken vir sy bates wat hy aan beleggers beloof het, ver misgeloop, toon sy jongste resultate vir die halfjaar tot einde September. Hoewel, as dit ’n resensie was, sou ek vir jou gesê het Kanarie is een van die beste Afrikaanse flieks wat ek in ’n lang tyd gesien het. Hoewel wit én swart Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog opofferings gemaak het, het hul belonings verskil, skryf Martin Plaut. Vanjaar was ’n grote vir Hyundai-lewenstylers. Die splinternuwe Santa Fe buig eersdaags in Suid-Afrika, kort op die hakke van die oulike nuwe Kona, terwyl die Tucson en Creta ook onlangse vernuwings ondergaan het. Egmont Sippel het die gekuurde Creta-turbodiesel bestuur. Hulle het asem opgehou ná mediaberigte uit Nederland wat beweer het Thulani Serero het ’n enkelbesering opgedoen. Dié Bafana Bafana-ster het egter met sy aankoms in Suid-Afrika gesê hy het ’n sny met vyf steke, wat byna weer reg is.
388
Mense sien dit soms as ʼn oorlewingskursus of strafkamp, maar die teendeel is egter waar. Dit is ʼn avontuur en kosbare leerskool vir die lewe. Elke seun leer homself tot in sy diepste wese ken. Dis hier waar hy grense oorsteek en verskuif, van ʼn berg ʼn molshoop maak, vrese oorwin en nader aan sy Skepper leer leef.
389
Dié boodskap dat Paulus met God se gesag praat, is nie terloops nie. Paulus onderstreep dit doelbewus, want sy geloofwaardigheid is op die spel onder ‘n deel van die gemeente. Hy word om raad gevra vir die geestelike lewe, maar sommige twyfel aan sy gesag. Hulle wil weet oor die huwelik, oor die eet van afgodsoffers, oor die beoefening van geestelike gawes, oor die opstanding uit die dood, oor hofsake tussen gelowiges, oor die nagmaal. En hy gaan hulle antwoord. Deeglik antwoord. Maar, hy moet eers sy geloofwaardigheid bevestig, want hulle wil weet: “op wie se gesag sê jy wat jy sê?” Paulus sê dus reeds aan die begin dat die dinge wat hy gaan kwytraak oor die praktiese geestelike lewe is nie sommer maar net so nie. Dit is nie uit die lug uit gegryp nie. Hy sê dit op gesag van God self. Dit is God wat aan “sy gemeente” die praktiese riglyne van die geestelike lewe bring. Paulus is sy gestuurde, sy apostel, die een wat dit aan hulle moet bring. Maar sy gesag lê in God self, nie in homself nie. Dit is waarom Paulus se briewe ingesluit is in die NT kanon en as gesagvolle Woord van God hanteer is. Dit is waarom dit deel vorm van ons Bybel, want dit dra die stempel van God se goedkeuring, van God se gesag. Ons hoor God se Woord as ons hierdie brief van Paulus lees. En daarom het wat Paulus gaan sê oor die huwelik en oor die nagmaal en oor die lewe na die dood gesag in ons lewens. Dit kom van God af. Trouens, dit is ook die enigste gesag wat ek as prediker het, om so getrou as moontlik die woorde van Paulus uit te lê, sodat wat hy sê duidelik kan oorkom, nie wat ek sê nie. Ook my gesag lê dus in die ooreenstemming met Paulus se woorde, soos sy woorde in ooreenstemming is met die boodskap wat God aan die gemeente bring. Hierdie Woord wat ons dus gelees het vandag is gesagvol. Dit kom van God af. Jy kan daarop vertrou. Jy kan dit glo en jy kan dit leef. Dit is bedoel vir jou. Trouens, jy is ingesluit in die gehoor. Jy is deel van die “gemeente van God”. Op die verwagting wat daar in hulle is dat die Here Jesus Christus weer sal kom. Want, dit is omdat hulle na sy verskyning – sy “openbaring” – uitsien dat hulle die moed het om op Hom te vertrou om hulle enduit te laat vasstaan, sodat niemand ‘n vinger na hulle sal kan wys, dié dag dat die Here Jesus weer kom nie. Hulle is geroep om met Hom verenig te lewe en God is getrou om hulle standvastig te maak tot die einde toe. Op die verklaring van God self: “Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan.” Ons is nie aan onsself oorgelewer nie. Ons hoef nie op ons eie krag of vermoëns staat te maak nie. HY sal sorg dat daar geen aanklag teen ons sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. God is getrou. Hy het ons geroep om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. Dit is die drie gawes van God wat jy vir jouself kan toeëien vandag. Die een lê in die verlede en vorm jou identiteit vandag as kind van God. Die ander lê in die toekoms, in die openbaring van die Here Jesus, wat ons aan die einde van die tyd verwag wat jou gedrag vandag bepaal. En die laaste lê in die hede, in die verklaring van God dat Hy jou enduit sal laat vas staan. Ons geloof in Christus is gebaseer in die derde plek op die verklaring van God self: “Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan.” Ons is nie aan onsself oorgelewer nie. Ons hoef nie op ons eie krag of vermoëns staat te maak nie. Die belofte wat God ons gee is dat Hyself sal sorg dat daar geen aanklag teen ons sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. Dit is hierdie God wat getrou is. Dit is hierdie God wat ons geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. En Hy sal sorg dat ons dit enduit sal kan regkry, dat ons enduit sal vas staan. Hierdie eerste Adventsondag is eintlik die Christelike Nuwejaarsdag, die eerste dag van die nuwe kerklike jaar waarin ons die goedheid van die Here in die geskiedenis deur verskeie geestelike seisoene vier. Terwyl ons steeds gekonfronteer bly met ons eie sondigheid en ons gebrokenheid, leef die verlangende uitsien na die volmaakte herstel van alle dinge ook in ons harte. Ons is geseën met God se genade in die Here Jesus Christus. Ons het die verwagting dat die Here Jesus weer sal kom. En ons het die verklaring van God self. Hy sal sorg dat ons enduit vas sal staan.
390
Lekker om die kaggel,en n goeie glasie rooiwyn.Oor twee weke van nou gaan die kraaie gaap in die Kaap.My hart gaan egter uit aan die wat geen heenkome het nie. Ek dink dieretuine moet oor die algemeen beter lewensomstandighede aan diere bied wat nader aan hul natuurlike habitat is. “As ‘n taal twee woorde vir korrupsie het, dan weet jy daar is ‘n groot skroef los.” So skryf die Griekse ekonoom, Jason Manolopoulos. Sy boek, ‘Greece’s Odious Debt’ skets ‘n somber prentjie oor hoe moeilik dit nou sal wees om korrupsie in die land uit te roei. Nie alleen sukkel die staat om te vorder wat die keiser toekom nie, die keiser dok ook op waar hy nie moet nie. Salarisse van amptenare wat lank reeds dood is, word steeds betaal, en daar is vele meer voorbeelde van uitgawes wat daar nie moes wees nie. Terwyl verskeie misdaadtipes in Suid-Afrika volgens die polisiestatistiek minder word, neem handelsmisdaad steeds skerp toe. Op die jongste korrupsiepersepsie-indeks het Suid-Afrika in een jaar met tien plekke teruggesak, met verskeie Afrikalande wat as minder korrup as Suid-Afrika beskou word. Suid-Afrika beklee nou die 64ste plek teenoor Botswana in die 32ste en Namibië in die 57ste plek, met verskeie Afrikalande tussenin. Groter diversifikasie van handelsbande is noodsaaklik, maar nouer bande met Indië, 95ste op die indeks, China (75ste), Zimbabwe (154ste), Venezuela (172ste), Angola (168ste) en Viëtnam (112ste) kom teen ‘n prys. Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis. Geen iemant het die reg om n vrou/meisie teverkrag nie as jy as man waardes en selfrespek het sal jy weet dis nie reg om sex teen iemant se wil tevat so baie mense blameer altyd die slag offer maar regverdig wat die oortreder gedoen het ek se you did the crime you must do the time
391
Marlise het eers ongeveer tien jaar gelede, nadat sy Frankryk besoek het, ordentlik aan die kook gegaan en begin nalees oor kos. “Ek het voorheen van kook gehou, maar kon dit nooit regtig uitleef op universiteit nie omdat ’n mens maar op ʼn armmansbegroting leef. In my ma-hulle se huis wou my ma nie regtig hê ons moet in haar kombuis eksperimenteer nie – sy het gesê ons gaan net mors,” skerts sy. Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red
392
Waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Ek dink nie die pers het oorgereageer met die nuus oor die aankoop van die lokomotiewe nie. Daar is beslis ‘n ernstige probleem en die belastingbetalers gaan maar weer vir die oeps en die gepaardgaande goue handdrukke betaal. “… spreek sy waardering en bedanking uit vir die uitsonderlike leierskap en rigtingwysing” en dan work hy afgedank? Dit het nie dalk te doene met die treine wat onveilig bevind is oor hulle te hoog vir die spoorlyne is nie? Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas hul kortlys vir die gesogte beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gestel. Prof. Marné Pienaar, die sameroeper, het gesê in 2000 het die UJ twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans ingestel, naamlik die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans; en die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans. “Altesaam 59 inskrywings vir werke wat in 2012 verskyn het, is ontvang. Na afloop van die keurproses kan ons nou die kortlys bekend stel,” het Pienaar gesê. Die wenners sal op 1 Oktober aangekondig word en die oorhandiging van die pryse vind op 10 Oktober by die UJ plaas.
393
• Indien diere nie gejag word nie, moet jagter met skenker reël vir ‘n ander datum in die 2018 jagseisoen waar die jagter dan verantwoordelik sal wees vir die dagfooie, ens.
394
Ons het alles 'n groot werf moet aanlyn wees, kies jou beste opsie wat jy wil hê vir jou webwerf begin dit beskikbaar aan jou gehoor op die web. Ons het die ideale oplossing vir jou en jou maatskappy! Jy het nog nooit so naby aan wen nuwe kliënte deur middel van die internet was Beskikbaar vir alle hosting planne meer as 200 webwerf templates gereed om te wysig en gebruik op jou site as jy wil.
395
Flash spel aanlyn op qazgames.com. Op die webwerf wat jy kan speel gratis aanlyn-speletjies sonder registrasie en mini-games kan jy dit aflaai gratis
396
Al die opposisiepartye in die parlement, op die uitsondering van die Vryheidsfront Plus na, het onlangs in die Nasionale Vergadering ‘n wetswysiging ondersteun wat dit nog moeiliker vir minderhede gaan maak om werk te kry, of vir bevordering te kwalifiseer. Die artikel, Dit gons oor die DA se ja vir dié wet stel die kritiek van onder meer prof. Hermann Gilliomee aan die bod, terwyl die middelblad afgestaan word aan nog kritiek op die DA se besluit, én die DA se verweer. Buys se rubriek val met die deur in die huis: ‘Die “nuwe” Suid-Afrika het Donderdagmiddag 24 Oktober om 15:28 stilweg tot ’n einde gekom. Die geleentheid was die parlement se feitlik eenparige aanvaarding van drakoniese rassewetgewing met die toepaslik onvanpaste naam van die “Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming.” Ná hierdie wet is Suid-Afrika nie meer “nuut” nie, maar weer ’n rasgebaseerde land. Die rede vir die stille heengaan van die “nuwe” Suid-Afrika is dat die DA-leierskap die ras-tellende-aksie-wetswysiging amptelik ondersteun het. Ook het die media tydens die eenstemmige begrafnisdiens skynbaar ’n uiltjie geknip. Alles om die kiesers nie so kort voor die verkiesing te ontstel nie.’ Baie van dieselfde mense wat so maklik die vinger na “die swartes wys wat deur hul stemme vir die ANC hul onkunde toon” staan self agter die deur deur volstruispolitiek te speel en die gevaar te loop om deur hul stemme hul eie beginsels liederlik in die voet te skiet.
397
Met die EFF in die prentjie sal die ANC moontlik meer na links neig om kiesers tevrede te stel, net om weer op sy beur weer die DA op sleeptou te neem. Stem in die komende verkiesing VF+ en as die DA vir jou omgee sal hy sy beleid verander en kan jy weer volgende keer vir hom stem. As die DA nie nou ‘n les geleer word nie, gaan hulle ons net soos die NP gebruik en weerloos agterlaat wanneer dit hulle pas. Business Day het verlede week ‘n lang skrywe gepubliseer oor die VF en sy leier Pieter Mulder. Hierdie skrywe is ook wyd op die sosiale media versprei. Daarin beskuldig hulle die VF se verlies aan kiesers direk toe aan Mulder se deelname aan die ANC-regering. Hy moet per slot van sake sy meesters se opdragte uitvoer. Ekself stem nie ANC dmv die VF nie. As Mulder onttrek aan die ANC sal ek weer stem, en vir die VF stem. Hoe kan n stem vir die VF Plus n stem vir die ANC wees net omdat Pieter Mulder adjunkminister is? Dis al holrug gery en DA propaganda teen die VF Plus. Feit vd saak is die DA het vir die wet gestem en die VF Plus daarteen. Wie is nou saam die ANC? Daar is geen verskil meer tussen die DA en ANC nie en hulle wedywer nou om swart stemme te kry. Die DA het sy rug gedraai op minderhede en dis tyd dat minderhede hul rug nou draai op die DA. Die VF Plus is die enigste party wat opstaan en sterk staan vir minderheidsregte. My stem sal altyd gaan aan die VF Plus. “Interpol se uitleweringstaakspan het na die verdagte begin soek nadat ʼn versoek in Maart vanjaar van die Kanadese owerheid vir sy uitlewering ontvang is,” het Naidoo gesê. Die man sal na verwagting Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn waar daar ʼn aansoek vir sy uitlewering ingedien gaan word. Die verdagte, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy in die hof verskyn het nie, is die derde persoon wat dié taakspan die afgelope tyd vasgetrek het.
398
Die Eerste Wêreldoorlog was die eerste oorlog waarby lande van die hele wêreld betrokke was. Dit het van 1914 tot 1918 tussen die Geallieerdes en die Sentrale Moondhede[5] plaasgevind en het al die wêreld se groot moondhede betrek.[6][7] As gevolg van sy sterk teenwoordigheid in die kollektiewe herinneringe van Frankryk en die Engelstalige wêreld staan dit daar steeds bekend as die Groot Oorlog (Engels: The Great War, Frans: La Grande Guerre).[8] Die oorlog is hoofsaaklik veroorsaak deur die konflikte van die drie groot magte Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk en die Russiese Ryk op die Balkanskiereiland en die ontluikende nasionalisme van die plaaslike bevolking. Hierdie konflikte het uitgeloop op die sluipmoord op aartshertog Frans Ferdinand en sy vrou Sophie Chotek, wat oor die algemeen beskou word as die oorsaak van die oorlog. Langtermyn-oorsake, soos imperialistiese buitelandse beleid van die groot magte van Europa, soos die Duitse Keiserryk, Oostenryk-Hongarye, die Ottomaanse Ryk, die Russiese Ryk, die Britse Ryk, Frankryk en Italië het ook ’n belangrike rol gespeel. Verskeie alliansies wat oor die vorige dekades gevorm het, het mekaar gesteun en binne ’n paar weke ná die sluipmoord het die groot moondhede oorlog gevoer. Hulle het die konflik deur hul kolonies vinnig oor die hele wêreld versprei. Oostenryk-Hongarye het die Bosniese krisis van 1908–09 ontketen deur die amptelike anneksasie van die voormalige Ottomaanse grondgebied Bosnië en Herzegowina, wat sedert 1878 beset is. Dit het die Koninkryk van Serwië en sy beskermheer, die pan-Slawiese en Ortodokse Russiese Ryk, ontstig.[14]
399
Die Eerste Wêreldoorlog het ’n definitiewe wegbreek van die ou wêreldorde gebring en die absolute monargieë in Europa finaal beëindig. Na-oorlogse pogings om baie van die oorsake en gevolge van die oorlog doeltreffend te hanteer het gelei tot die ontstaan van fascisme in Italië, die nasionaalsosialisme in Duitsland en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog twee dekades later.[31] Die oorlog was ook die katalisator vir die Russiese Rewolusie, wat later kommunistiese en sosialistiese rewolusies in ander lande soos China en Kuba sou inspireer, en dit het die basis vir die Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en die Verenigde State gevorm. Die einde van die Ottomaanse Ryk in die ooste het ’n demokratiese opvolgstaat, Turkye, tot gevolg gehad. In Sentraal-Europa is die nuwe lande Tsjeggo-Slowakye en Joego-Slawië gestig, en Pole is herskep. Die oorlog was ook ’n oorsaak vir die Ierse opstand teen die Verenigde Koninkryk en die stigting van die Republiek van Ierland ná die Tweede Wêreldoorlog, wat reeds tussen 1917 en 1921 onafhanklik geword het. Die Britse kolonies soos Australië, Brits-Indië, Kanada, Newfoundland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het outonoome lande binne die Britse Ryk geword. Aktiwiteite van Frankryk en die Britse magte[n 3] in die ooste van die voormalige Ottomaanse Ryk het uiteindelik verskeie latere konflikte tot gevolg, insluitend die Israel-Palestynse konflik, die Grieks-Turkse konflik om eilande in die Egeïese See en Siprus, die Iran-Irak-konflik van die 1980's, en die gepoogde landbesettinge van die 1990's deur Irak in Koeweit. Die Grieks-Turkse konflik wat in 1924 geëindig het, was die laaste groot, direkte konflik van die oorlog. Ander konflikte met ’n oorsprong in die Eerste Wêreldoorlog is die Midde-Oosterse konflik, die konflikte in die Kaukasus-streek en op die Balkanskiereiland. Die Volkebond is as gevolg van die oorlog gestig in die hoop om ’n tweede wêreldoorlog te voorkom. Die groei van die Europese nasionalisme as gevolg van die oorlog, die ontbinding van ryke en die Verdrag van Versailles het gelei tot die begin van die Tweede Wêreldoorlog in 1939.[13]