id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
100
Motoriste word gewaarsku om hulle self voor te berei op nog ’n brandstofskok met ’n verhoging in brandstofpryse wat binne die volgende paar weke die mense se sakke verder gaan ruk.
101
'n Hospitaal word geassosieer met higiëne en orde- Dit, sê ’n ontstelde inwoner van Modimolle, is egter nie die geval by die F.H. Odendaal-hospitaal in Modimolle nie. Foto’s van haar onlangse besoek aan die hospitaal wys ’n stukkende kraan wat met ’n vuil verband “reggemaak” is, stowwerige vensterbanke, toiletpapier wat in die bad lê, vuil […]
102
Na wat voel soos ‘n ewigheid, kom die Super Rugby tot ‘n einde. Suid-Afrika se spanne het nie die beste ………….
103
Die nuwe en moderne hospitaal in De Aar is besig om in ’n wit olifant te ontaard, sê die DA, wat vandeesweek ’n oorsigbesoek daar gehad het. Isak Fritz, DA-woordvoerder van gesondheid, sê dit is hoog tyd dat Fufe Makatong, LUR van gesondheid, die hospitaal besoek. “Die hospitaal met sy moderne geriewe en tegnologie kan […]
104
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker 'n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone. Soos in hierdie boek se voorganger, 'n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur 'n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.
105
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie: Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’. Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as ‘rooiwyn rock’ beskou kan word, is deur die talentvolle sangeres self geskryf.
106
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien 'n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar 'n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in. In die eerste gedeelte van Tweespoor word 'n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede 'n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, 'n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop. “Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om 'n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd ('n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor. Helena Gunter het op 'n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank 'n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op 'n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “'n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.
107
Eish Swaer!! Jou " Size" klink heeltemal normaal vir my. Onthou net - baie mans kry ''n obsessie met " size" as hulle die ouens in die Adult Movies sien. Pornstars is abnormaal groot - dis hoekom hulle die Job kry!! Nog ''n belangrike ding - baie Vrouens hou nie van ''n Man wat te groot is nie - dit raak ongemaklik en kan ook soms seer wees vir die Vrou. Gebruik wat ky het - jou Tottie is ''n Spier en jy weet mos wat met ''n Spier gebeur as hy baie werk? Vra vir Schwarzenegger!! So gebruik hom gereeld - dis die veiligste " enlargement" wat daar is!!
108
Ek wil baie baie dankie sê vir die heerlike warm slaap en welkom laat voel by Kambro. Ons waardeer julle mooi huisie waarin ons kon oornag, die lekker plaasbrood en die hout wat jul verskaf het. Jul gasvryheid word baie waardeer. Die lekker warm beddegoed was vir my wonderlik!!! Dankie dat ons ons vakansie op ‘n hoogtepunt kon afsluit. Ons sal beslis weer ‘n oornag by julle maak. Ons verwagting is ver oortref in alle opsigte. Aangename en baie professionele mense in alle opsigte. Ons is baie goed ontvang en het 'n pragtige, skoon en goed toegeruste huisie gehad (Asbos). Kambro het ons die oggend al gebel om te hoor of hulle vir ons aandete moet regmaak. Ons het die lamskerrie opsie gekies en het dit baie geniet (afgelewer in ons huisie). Ons kon ons motor onderdak parkeer teenaan die huisie. Lekker stywe matrasse en genoeg nuwe beddegoed. Heerlik geslaap na die lang rit. Ons sal Kambro weer gebruik in die toekoms. Nogmaals baie dankie vir jul gasvryheid. Ek het die tydjie daar by julle baie geniet. Die kos was heerlik! Die rit na die Boesman tekeninge en artifakte was 'n hoogtepunt. Baie dankie daarvoor. Hoop om eendag weer daar by julle 'n draai te maak. Ek wil net dankie sê vir die lekker verblyf ervaring verlede week daar by julle. Ons het dit dit baie geniet en sal beslis mense aanbeveel om ook daar oor te bly. Die plaasbrood is 'n bonus.
109
Mnr. Oktober is 'n wewenaar-pa, 'n rugby-afrigter by die hoërskool en 'n passievolle Christen.Hy het egter 'n donker verlede wat hom net nie met rus wil laat nie. En die hardwerkende Nolwazi, 'n inspekteur by die Brooklyn-polisiekantoor, se ondersoek word deur 'n oorwerkte sisteem en korrupte kollegas ondermyn.
110
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om 'n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit 'n reeks is nie. Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hul gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens 'n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is 'n belofte van nog 'n moord oor drie en dertig dae. Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en 'n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van 'n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary. Lam ter slagting is die vierde boek waarin doktor Renata Malan die hoofkarakter is, 'n profileerder met 'n donker verlede en 'n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil, maak van haar 'n gedugte teenstander en 'n gehate vyand. Monstersaad, Bloedlyn en Moordhuis was die eerste drie boeke.
111
Die 21-jarige Wu Xiaojing sê sy kon nie meer uit haar regteroog sien nie nadat sy ’n dag op haar toestel deurgebring het. Die 21-jarige Wu Xiaojing het gesê sy kon nie meer uit haar regteroog sien ná ’n dag se speletjies op haar toestel nie. Sy is na ’n hospitaal gehaas waar dokters retinale arterie-afsluiting, ’n toestand wat af en toe deur moeë oë veroorsaak word, by haar gediagnoseer is.
112
Meng die meel, sout, suiker en gis saam. Smelt die botter in die warm water en roer die olyfolie by. Voeg die vloeistof bietjie vir bietjie by die droë bestanddele terwyl jy meng, tot ’n sagte deeg vorm. Knie die deeg goed op ’n meelbestrooide oppervlak tot dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande vassit nie. Sit die deeg in ’n mengbak wat met olie gesmeer is en bedek losweg. Sit die bak op ’n warm plek en laat rys die deeg tot verdubbel in volume. Terwyl die deeg rys, maak die vulsel. Braai die spek in ’n droë pan. Voeg die ui en knoffel by en braai saam met die spek tot die uie sag en gekaramelliseer is. Sprinkel die kaas oor die vulsel en druk die vulsel goed vas. Rol nou elke reghoek deeg van die lang kant af op in ’n stywe, lang rol. Gebruik ’n skerp sjefsmes om elke rol reg van bo af in die lengte middeldeur te sny. (Jy moet nou 4 lang stukke deeg hê, waarvan die vulsel sigbaar is.) Draai twee stukke deeg oormekaar om een lang, gedraaide stuk deeg te maak. Rol nou die gedraaide stuk deeg losweg in ’n spiraalvorm op, of soos ’n slak se dop. Herhaal die proses met die ander twee stukke deeg. Jy het nou twee ronde gevlegte brode op die werksoppervlak.
113
Laat my asseblief toe om deur u tydskrif my gratis, nugtere raad aan Suid-Afrika se wit boere te bied as ’n oplossing vir die kwessie van grondonteieining sonder vergoeding. Eerstens, ’n kort inleiding. Op 28 November 1991 het ek die voorreg gehad om ’n genooide spreker te wees op ’n prysuitdelingseremonie by Taurus Koöp. – ’n stoetplaas buite Bloemfontein in die eertydse Oranje-Vrystaat – om plaaswerkers wat as insemineerders opgelei is, te motiveer. Dankie aan Peter Hamilton, my gasheer, ’n boer wat na my mening insig gehad het en daardie tyd progressiewe en liberale denke omarm het. Ek het ’n nagraadse kwalifikasie in maatskaplike beleid en skryf ook vanuit die uitkykpunt van ’n swart man wat in my jeugjare op ’n plaas met ’n wit eienaar grootgeword het. Nou, die onomkeerbare werklikheid en die bitter pil. As ’n maatskaplike én verhewe universele konstruk is grondonteiening sonder vergoeding ’n harde werklikheid. Die kwessie kan nie onbepaald onder die mat ingevee word nie, hetsy vir eko- nomiese, politieke of persoonlike oorwegings. Ten spyte van die gebrek aan beplanning en toewyding om dit toe te pas, moes dit al gister plaasgevind het. Hoe dit ook al sy, die menigte grondloses het gepraat, en hul stem is ’n tsoenami wat nooit teruggerol kan word nie. Dit is ’n voortsnellende trein wat kan ontspoor, of op ’n lang, reguit en nou, maar egalige koers, kan bly – soos ’n Japannese supersneltrein.
114
Die alternatief is te aaklig om aan te dink – nie slegs vir die meeste boere en werkers nie, maar vir almal van ons as die Suid-Afrikaanse nasie wat drie maaltye per dag as vanselfsprekend aanvaar.
115
Die piesangbedryf as ook die plaaslike regering het planne gemaak om die verspreiding van die skadel...............
116
Sy moet net haar self wees sy moet eerlik wees teen oor my en haarself sy moet weet wat sy in die lewe wil he
117
Daar is 'n belangrike verband tussen produktiwiteit en ekonomiese groei, in die sin dat 'n verbetering in produktiwiteit altyd 'n voorvereiste vir ekonomiese groei is. Indien 'n gemeenskap se produksie van goedere en dienste vinniger uitbrei as die groei in die bevolking, sal reële per capita inkome styg. Dit beteken in die algemeen dat die ekonomiese welvaart van die bevolking sal toeneem, wat intensiewe ekonomiese groei reflekteer. Omgekeerd sal reële per capita inkome daal, indien die toename in die bevolking groter is as die groei in produksie. Ekonomiese agteruitgang, wat die teenoorgestelde van intensiewe groei is, sal gevolglik ontstaan.
118
Kom kuier saam by die beste Kersmark in die Overberg. Hierdie jaar word die 20ste bestaansjaar gevier en
119
As een man kom sy skare aan en baan 'n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.
120
vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.
121
In ons jaarkalender word daar voorsiening gemaak vir verskeie hoogtepunte gedurende die jaar. Kuier gerus saam met ons deur die aangehegte skakels te gebruik. ‘n Groep kampgangers het dan ook die geleentheid gebruik om so bietjie dieper in die geskiedenis van Baptisme te gaan ronddelf, deur die Plaas waar J.D Odendaal I begrawe is, te besoek. Op die plaas is daar die begraafplaas waar JD Odendaal en Sy 4 vroue begrawe is. En dan net vir die van u wat hierdie berig lees, wil ons net duidelik maak dat JD Odendaal nie tegelykertyd met al 4 vroue getroud was nie. Daar het ons ook die murasie van die ou plaas woning asook die oorblyfsel van ‘n ou ossewa besigtig. JD Odendaal is dan ook die eerste Suid Afrikaner wat deur H Gutsche, ‘n Baptis uit Duitsland gedoop is. Sien die volgende skakel om meer hieroor te lees.
122
August 19 2013: Amelia Brand wrote: Hi al my boere mensies: Ek kom vandag na julle met 'n baie hartseer hartjie ek weet nie waar na toe anders om te gaan nie. Bly iemand van julle dalk in die Witbank omgewing ek het een maatjie daar wat vanoggend met leë hande sit: sy moes vir haar kindertjies vanoggend sê "mamma het nie kossie om vir julle te gee nie". Ek het al so gehuil want ek is so ver van haar af sy vra nie geldjies nie.
123
Fotografie was ook van kleins af ‘n groot belangstelling en niks gee my meer plesier as om die natuurprag van ons area via my fotos met almal te kan deel nie. Diere speel ook 'n groot rol in my lewe en daar is altyd 'n 'viervoet' wat naby is. Die gemeenskap is ook vir my baie belangrik en behalwe werk vir die Rooikruis waar ek vir baie jare noodhulp gedoen het, het ek ook radiowerk gedoen om sodoende die gemeenskap beter te kan dien. Soos almal, geniet ek lekker musiek. Ek sien altyd die glas half vol, en geniet 'n nuwe uitdaging baie, en sit als in om dit te maak werk. Verder geniet ek tuinmaak, of dalk partykeer net die orders uitdeel oor waar die goed geplant moet word. Ek geniet ook goeie geselskap, en 'n goeie rooiwyn, veral langs die vuur terwyl die potjie loop en die boeremusiek speel. Verder geniet ek my fotografie stokperdjie.
124
дурааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа
125
Met die eerste publikasie van Sewe dae by die Silbersteins, in 1962, is dit beskou as revolusionêr – ’n deurbraak in die Suid-Afrikaanse letterkunde. ’n Satiriese, fantasmagoriese pantomime wat die konsepte van goed en kwaad herondersoek. Die roman speel af op die fiktiewe Welgevonden-wynlandgoed waarheen die hoofkarakter, Henry van Eeden, gestuur word om vir ’n week te bly sodat hy sy verloofde, Salome Silberstein, vir die eerste keer kan ontmoet. In die loop van die sewe dae eskaleer die roman in die duisterheid, soos Henry in die weë van die rykes opgevoed word. Elke aand woon hy ’n reeks buitensporige, bisarre partytjies by – ’n uitbundige fees van oorvloed wat grens aan makaber. Die roman eindig op die sewende dag wanneer Henry se bruid, wat hy nog nie deur die loop van die week kon ontmoet nie, hom op hul troudag by die kansel tegemoetkom. Hierdie baanbreker foto-essay is gekonseptualiseer deur Derick Muller, die skeppende hoof van The Suits, ’n advertensie-agentskap van Kaapstad. Hy was ook die hoof-fotograaf betrokke by die foto-essay. “Wat vir ons regtig ongelooflik was, was dat ons die foto’s kon neem op die landgoed wat as oorspronklike inspirasie vir Etienne Leroux se roman gedien het. Die huis het homself perfek verleen tot die gevoel wat ons gevisualiseer het vir die fotografie.” Die openingstoneel van elke ‘hoofstuk’ van die essay is afgeneem met ’n 1979 Hasselblad-kamera. “Die 120mm medium-formaat film wat ons in die Hasselblad gebruik was ideaal om die eklektiese nuanse van die storie en die ligging vas te vang,” sê Karin Muller, die kreatiewe vervaardiger by Ambassadeur. “Die reeks van Gucci het egter die koek gevat. Toe ons eers die modelle in die tonele plaas met die klere aan, het alles net gewerk!” Aan die media: Indien enige lede van die media graag ’n eksemplaar van Ambassadeur II in die hande wil kry vir ’n resensie, kan hulle Ambassadeur kontak by: kontak@ambassadeur.co.za Baie vrugte is dié tyd van die jaar in seisoen. Maak hierdie lekker vrugte-sosaties vir ’n vinnige nagereg wat... “Die ATKV-Boeke-oase is nie net ’n tuiste vir die nuutste boeke teen sakpaspryse nie, maar stel ook met daaglikse...
126
Klagtes van “inwoners” dat hul sedert 2004 wag vir laekoste behuising word aangevoer vir die besetting. Wetstoepassers hou slegs die situasie dop sonder om skynbaar iets aan die onwettige besetting te doen.
127
* ‘n Skelm is ‘n term wat deur myners gebruik word vir plofstof wat in ‘n rotswand geplaas is, maar nie ontsteek het nie. Daar bestaan die gevaar dat dit later in die boorpunt se pad kan beland en ontplof. Daar is sedertdien nuwe rotsbore op die mark wat nie vereis dat werkers dit hoef vas te hou nie.
128
AFRIKAANSE OPSOMMING: Deur data uit 'n video-stroom te ontrek, en die data te gebruik om die wêreld wat waargeneem word beter te verstaan, kan baie rekenaarstelsels take outomaties voltooi wat voorheen deur 'n mens sou gedoen moes word. Een so 'n probleem wat 'n wye toepassingsveld het, is om mense te vind en te volg in 'n video. Hierdie tesis kyk spesi ek daarna om die posisie van spelers op 'n sportveld te vind, gegee 'n klomp kameras wat na die veld kyk. Daar word na vorige stelsels wat hierdie probleem probeer oplos gekyk, waarna die probleem in drie dele opgedeel word: vind die spelers, volg die spelers in 2D en skat die posisie van die spelers in 3D. Moontlike oplossings vir elk van hierdie dele word bespreek en vergelyk met mekaar. Daar word gevind dat om beweging te identi seer 'n eenvoudige manier is om die spelers te vind. Hulle word dan gevolg in 2D beeldkoördinate deur gebruik te maak van 'n hiërargiese implementasie van die partikel- lter. Die hiërargiese implementering word gekies omdat dit die spoed van die partikel- lter verbeter, sonder om die akkuraatheid te verswak. Laastens word die 3D posisie gevind deur multi-sigpunt, voorwaartse projeksie triangulering. Die verskillende komponente word kombineer om 'n volledige stelsel te vorm wat spelers kan vind en plaas op 'n veld. Die volledige stelsel wat ontwikkel is, is in staat om spelers te vind, volg en hulle posisies te bepaal. Elk van die individuele komponente word getoets, en daar word gevind dat hulle goed op hulle eie werk. Deur die komponente te kombineer en terugvoer tussen verskillende komponente te bewerkstellig word die resultate van die individuele komponente, sowel as dié van die volledige stelsel nog verbeter.
129
Dink dit was 'n 60amp circuit breaker op 'n 45lb thrust motor. Sodra jy lang ente ry in 5th gear of in 'n stroom sit en hover omdat die stroom te sterk is, sny hy uit.....lol Ek weet hulle sê in die manual om een in te sit maar dit het nie vir my gewerk nie. Ek vat maar die kans...
130
en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.
131
Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het. Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan. en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word -- die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan. en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes, Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
132
Wow...ek staan in absolute verwondering. Dankie dat julle elke oomblik so perfek vasgevang het en al ons verwagtinge oortref het. Ek weet nou hoe spyt ek sou wees as ons nie so 'n video kon hê nie.
133
Lysters (Turdidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde van sangvoëls (Passeriformes) behoort. Dit is 'n groot familie van middelgrootte voëls wat besonders goed kan sing.[1]
134
Vandag betree ons weer met oorgawe nog n viering van wat sonder twyfel die grootste en belangrikste dag in ons demokratiese geskiedenis is. Vryheid, freedom of net soos ons dit sê het n heel ander betekenis vir ons as in die ware sin van die woord. Dit is die dag toe ons ons bestaansreg en ons menswees uiteindelik bekom het. Vanjaar se vieringe val saam met die 20ste herdenking van die ondertekening van ons geskiedkundige Grondwet. en die 60ste herdenking van die 1956 Vroue-optog na die Uniegebou . Hierdie Grondwet van ons het die grondslag gelê vir 'n demokratiese en vrye samelewing waarin die Regering gegrondves is op die wil van die mense.
135
Onder hierdie ANC-Regering is Suid Afrika vandag ‘n veel beter plek as wat dit in 1994 was. Met hierdie Vryheids maand vieringe word ons herinner aand die vordering wat ons gemaak het sedert 1994. Ons gee erkenning aan die feit dat Suid-Afrika 'n veel beter samelewing as wat dit was voor 1994. Die ekonomie wat ons van die apartheidsregering geërf het, was basies bankrot, die aanbreek van ons demokrasie het 'n verandering in voorspoed vir ons ekonomie beteken. Ons ekonomie is nou meer inklusief en toon steeds bestendige groei. Ons moet almal trots wees op die vordering wat ons in die afgelope 22 jaar gemaak het. Ons het uit die as van apartheid opgestaan ​​en staan vandag trots op die wêreld verhoog, ons stem en teenwoordigheid dra ook die nodige gesag by instellings soos die Verenigde Nasies en die Afrika Unie. Ons het nie toegelaat dat ons verdeelde verlede ons toekoms vorm nie. Saam het ons 'n nuwe samelewing gebou wat basseer is op die waardes van 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika gebou is. Ons oë bly gerig op ons mikpunt om 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te bou. Ons bou op die stewige fondamente wat ons sover gebou het en ons vernaamste uitdaging is om armoede uit te wis en ongelykheid te verminder. Ons moet ook meer doen om te seker te maak dat meer mense voordeel trek uit die vrugte van ons demokrasie sodat hulle lewens vir die beter. Hierdie Regering het ‘n plan en hierdie ANC Regering is die enigste een wat ‘n visie en ‘n oortuiging het om die lewens van ons mense te verbeter. Die Nasionale Ontwikkelingsplan ons lang termyn padkaart vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping sal dit moontlik maak vir ons om te strewe om 'n samelewing te bou soos die Grondwet en die Vryheidsmanifes voorskryf. Elkeen van ons het ‘n rol om te speel om seker te maak dat ons Vryheid en demokrasie bewaar word. Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om voort te bou 'n sterk welvarende nasie. Ter afsluiting wil ek ieder een net weer herhinder da ons het ‘n hoë prys vir ons vryheid en demokrasie betaal en daarom moet ons nooit die slagoffers en vryheidsvegters vergeet nie. Ons plig is om 'n nuwe nalatenskap gebaseer op die beginsels van gelykheid, demokrasie en menseregte te bou.
136
Ek soek iemand met doelwitte en mylpale in die lewe. Iemand met standarde! Nie-roker...sosiale drinker is aanvaarbaar. Romanties definitief, saggeaard en liefdevol! 'n Afrikaans sprekend blanke man wat sy verlede agter hom kan sit en saam oor wil begin...ons almal verdien 'n kans op geluk! 'n Fliek; 'n Piekniek in die park; Aandete by 'n restaurant; Ontmoet vir koffie; Ontmoet vir drankies
137
die van en in is 'n het Die wat te met vir op - as om nie word se of was dit sy deur aan | ook na dat by tot kan the ek hulle maar hy nie In oor :: ons my jou to Ek .
138
Was die fladderende kaartjie blote toeval? Ek weet nie, maar wat vas staan, is dat ek later die middag van 13 Julie 2014 'n radioberig gehoor het dat Nadine Gordimer vroeër die dag in haar slaap oorlede is. In 1988 in Athene het ons deelgeneem aan 'n konferensie waarin die Verenigde Nasies sy streng kultuurboikot-resolusies aangepas het. Die Griekse Kuituurministerie het ons onder meer vergas op 'n teateropvoering waarvoor ons op 'n uurlange busrit deur nou straatjies afgevoer is. In die koelerige September aandlug het ons met ons vlugfloulywe na 'n drie uur lange tragedie in klassieke Grieks gaan kyk. Nadine het vir ons almal gepraat toe sy te midde van dié kulturele marteling gesê het: "I like Sophocles but this is Greek to me". Haar persoonlike en skrywerslewe het die stempel gedra van 'n meelewende mens wat deur die loop van 'n lang lewe haar rug op haar sosiale plek en klas gedraai het en aansluiting by die uitgeslotenes gevind het. Teenoor haar vriende was sy lojaal.
139
Ek is Simonne Kruger, ek word in April 12 jaar oud. Ek het al die Kondensmelk reeks twee keer gelees en is mal daar oor. Ek sal dit altyd lees, en ek vra vir tannie of tannie nog so boek sal skryf, Groot asseblief. Ek het baie maatjies wat net so mal is oor tannie se Kondensmelk reeks.” – Simonne Kruger
140
Duisburg is 'n stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale met 'n bevolking van meer as 498 000. Die selfregerende stad aan die Nederryn en die westelike rand van die Ruhrgebied is die vyfde grootste in die deelstaat ná Keulen, Düsseldorf, Dortmund en Essen en die 15de grootste in Duitsland.
141
Lief vir die lewe, avontuurlustig en energiek. Ek is gaande oor musiek en onthaal met n passie vir tuis kook.
142
Die spanning tussen die private en die publieke met die ironie dat die mees private ervaring, te wete die dood, ook vir die kunstenaar die mees openbare word – in só mate dat hy ná nóg 50 jaar ook houvas op sy “intellektuele eiendom” verloor en opgeneem word in die sfeer waar taal nie meer bestaan nie, dat daar as’t ware ’n streep getrek word deur sy naam.
143
Op sosiale media het mense die afgelope paar weke vrae gevra oor ’n uittreksel uit ’n onbekende boek. Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, sê hulle het al ’n maand gelede navrae oor die kwessie ontvang en het ’n beroep op mense gedoen om na vore te kom met die omslag van die boek sodat hulle ondersoek kan instel, maar hulle het niks ontvang nie. Die departement het ook by sy uitgewers navraag gedoen, maar hulle het ook niks gevind nie. “Ons kon nie hierdie boek opspoor nie. Dit is nie in ons skole nie. Daar is gevalle waar ’n skool addisionele materiaal bekom, maar dit is beslis nie in ons katalogus nie.”
144
Sinethemba Joya (29), ’n pasiënt van Kaapstad wat in die hospitaal opgeneem is met twee gebreekte bene ná ’n taxi-ongeluk, het onlangs haar misnoeë oor dié reëling op sosiale media uitgespreek.
145
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandag gewaarsku dat Suid-Afrikaners bedag moet wees op ’n malaria-risiko, veral in die noordelike dele van die land wat nou die somerreënseisoen binnegaan. “Maak seker dat jy weet waar die geaffekteerde gebiede is en watter tipe voorsorgmaatreëls nodig is. Malaria word aangetref in die noordelike dele van Limpopo Amper 29 dae nadat Kobus Cronje (58) dood is, lê sy lyk nog in die staatslykhuis van die Tygerberg-hospitaal terwyl sy vrou, Nina, hom ’n waardige begrafnis wil gee. Maar die forensiese patologiediens van die Wes-Kaapse departement van gesondheid wag vir mediese verslae van die laaste hospitaal waar Cronje behandel is, sê Robert Daniels, ’n woordvoerder van die departement. Cronje, van Hermanus, was op 10 September in ’n ernstige motorfietsongeluk. Hy is aanvanklik in die MediClinic Vergelegen-hospitaal opgeneem, waar hy verskeie operasies ondergaan het. Hy is van daar af na die Busamed Paardevlei-hospitaal oorgeplaas, waar hy nog operasies moes ondergaan. Daniels sê Cronje se lyk is eers tien dae ná sy dood na die forensiese patologiediens verwys. Dié afdeling het ’n groot werklas, maar dit is volgens hom nie die enigste rede hoekom daar nog nie ’n lykskouing gehou is nie.
146
Volgens Louw is die tuberkulose-taakspanne se werksaamhede nie bestendig nie. Daar is ook nie ’n begroting vir ’n bewusmakingsveldtog nie. Dit is volgens Cobus Snyman, DA-raadslid in die Kgetlengrivier-munisipaliteit wat die gebied bedien, die toestande wat die party op ’n onlangse besoek aan die hospitaal aangetref het. Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement, erken die lykshuis se bergplek is heeltemal onvoldoende. Hy sê die aantal onopgeëiste lyke neem toe en dit is ’n tydrowende proses om te hanteer. Nog ’n eenheid word by die forensiese lykshuis gevestig, waar onopgeëiste lyke na verwagting van November gehou sal kan word. Die DA het glo vroeër versoek dat dr. Dion Thys, hoof van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, die oorsigbesoek meemaak, maar hy het nie opgedaag nie.
147
Ja Supra. Jy het nes die res van jou kaders die provinsie in die grond in gery en leeg getap. Nou tree jy af met n lekker vet pensioen en jy bly anc voorsitter. Pensioen PLUS al die gewone voordele wat kommuniste so baie van hou. Om nie eens te praat van die rassehaat wat hy aangeblaas het met Coligny debakel nie. Sy PR ‘stunt’ om vir die oorlede beweerde slagoffers se ouers ñ huis te skenk nie, het hom niks in die sak gebring nie.
148
Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, se nuutste vrystelling kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip wanneer jy dit hoor. Die liedjie is deur Vaughan Gardiner geskryf en gaan oor ’n persoon wat haar geliefde verloor het, maar die positiewe daaruit haal deur hulle tyd saam te koester en alle potensiële verhoudings te meet aan die liefde wat hulle gedeel het. Dit is die groep se eerste opname met Hansie as nuwe lid en hulle hoop dat hulle musiek vir luisteraars iets sal beteken, al is dit net om hulle te laat glimlag na ’n lang dag. Die enkelsnit is die eerste vrystelling vanaf hulle nuwe album, wat later vanjaar uitkom en daar word ook reeds aan ’n musiekvideo beplan. Nadat een van die oorspronklike groeplede, Henk Dercksen, in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan was die musiekpaar steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir ’n lewendige orkes te verruil wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie, wat op daardie stadium vir die orkes baskitaar gespeel het, het egter so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid dat daar besluit is om weer terug te keer na die groep se oorspronklike formaat. Jeanette Pretorius het van kleins af ’n passie vir musiek. Sy het op twaalfjarige ouderdom reeds haar debuutalbum by Boet Pretorius van Decibel Musiek opgeneem, waarna vyf ander (waarvan twee kinderalbums en een ’n country-album is) gevolg het. Alhoewel sy van ’n wye verskeidenheid musiek hou, lys sy Martina Mcbride, Carrie Underwood en Patsy Cline as haar grootste musiekinvloede. Dié talentvolle gesinsvrou, is nie net ’n goeie sanger nie, maar ook ’n kranige liedjieskrywer, jodelaar en aktrise, wat al verskeie gasverskynings op die kassie gemaak het. Hansie Roodt het in ’n musikale huis grootgeword. Sy pa was ’n meesterkitaarspeler, saam met wie sy ma soms gesing het en sy broers is ook gesoute musikante. Sy loopbaan het egter eers in 2010 afgeskop, maar sedertdien was daar al baie hoogtepunte en kon hy al saam met baie bekendes musiekmaak, waaronder Mel Botes. Hy geniet ’n breë spektrum musiekgenres, wat wissel van Jazz tot Heavy Metal, en het groot waardering vir John Petrucci en Mark Knopfler se werk. As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag ’n weermagvlieënier wou word: “Ek dink dat ’n mens daar in die wolke ongelooflike vryheid kan beleef… en dames hou dan so baie van ’n man in ’n uniform,” vertel hy met ’n vonkel in die oog. Die bedryf het hom geleer om altyd voorbereid te wees vir jou vertonings, omdat daar niks so sleg is as om saam met iemand te werk wat nie weet wat aangaan nie. Wanneer hy nie optree nie, is hy die musiekkoördineerder by sy kerk en gee hy kitaarlesse. “Die lekkerste ding van my beroep is om nuwe mense te ontmoet, deur die land te toer en om te sien hoe musiek mense raak,” sê hy.
149
Potchefstroom. – Krygkor wou nie eens ’n aansoekvorm vir ’n beurs aan ’n ingenieurstudent in dié stad stuur nie omdat hy wit is. Volgens sy ma, mev. Viola Olivier van Piet Retief in Mpumalanga, het sy Krygkor in Januarie gevra hoe om aansoek te doen om ’n beurs. “Ek het haar gebel en sy het gevra ek moet ’n e-pos aan haar stuur sodat sy vir my ’n aansoekvorm kan stuur.” AfriForum Jeug sal die saak volgens Roets met sy regspan opneem as hy nie bevredigende reaksie op sy skrywe van Krygkor ontvang nie. “Dis daarom vir ons ’n noodsaaklike prioriteit om hierdie groep te bemagtig. Ons het beleid en inisiatiewe om dit te doen. “Dit sluit onder meer ’n talentontwikkelingsprogram in, wat behels dat nuwe graduandi in die aangewese groepe ’n jaar of twee se werkervaring by Krygkor kan opdoen. Krygkor het ook ’n beursskema vir ingenieurs- en wetenskapstudente om die genoemde tekort op veral lang termyn die hoof te bied. “Krygkor is ’n staatsonderneming en moet daarom toesien dat alle Suid-Afrikaanse wette toegepas word, soos die Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging,” lui die verklaring.
150
9 Julie 2017 Heb 11:7 Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy […] Woman of Peace Hierdie kursus word nie tans aangebied nie. Hierdie verrykende kursus word aangebied vir alle vroue wat begeer dat hulle vrede nie meer sal afhang van hulle omstandighede […]
151
“Ons het altyd na hom verwys as die versorger in die familie. Hy was altyd besorg of die deure in die aand gesluit is en of almal geëet het. Hy was die mees lojale en opregte persoon,” het Susan de Bruyn, Deon se ma, aan Maroela Media gesê. Elmer was ook in die huis aangesien hy die naweek kom kuier het vir sy ma se verjaarsdag. Hy het die skote gehoor en op die aanvallers en sy ma en Deon afgekom. Hy het gehardloop om ʼn vuurwapen te gaan haal waarna die aanvallers op die vlug geslaan het. De Bruyn sê Deon het landbou studeer en was van 2010 af op die plaas. “Hy was ʼn familiemens. Hy het nie regtig gekuier nie en sy huismense was vir hom baie belangrik. Hy het ʼn passie gehad vir landbou en was mal oor visvang.” Sy het gesê Deon het nog onlangs tydens ʼn gesprek met sy broer, Dirk (24), en sy vriendin, Izel Potgieter, gesê mense moet positief bly oor die land. “Hy het gesê dis sy land en hy wil nêrens heen gaan nie.” Ag, my hart pyn vir sy geliefdes. Wat ‘n pragtige jong man. Hoe wreed is dit nie. Mag jy in vrede en vreugde wees waar jy nou is, Deon. Ek is so vreeslik hartseer vir Deon en sy familie, hy was n pragtige seun met n lieflike geaardheid het onmidelik van sy gesig gehou op die foto. Bhembe,hoekom spreek jy nie jou simpatie teenoor die familie uit nie.Hoekom is jy nie met skok of afgryse gevul oor die sinnelose moord nie of geniet jy dit dat nog ‘n blanke vermoor is Jou eerste kommentaar was dat sy hande agter sy rug vasgebind was toe skiet hulle hom. Ek sien nou niks daarvan nie. Kan jy asb meer se want dit help nie ons word opgesweepvmet vals informasie nie. Sterkte vir jou en jou familie.
152
'n Teoretiese ondersoek na die arbitrêre aard van teaterkonvensies vir die analise van die vertoningsteks 
153
Mbalula het die belangrikheid van betrokkenheid in die demokrasie benadruk. “Dit maak nie saak hóé hoog die spanning loop tydens gesprekke nie, dit moet altyd binne die raamwerk van die wet gebeur. Geen intimidasie of teistering kan gebruik word om diegene stil te maak van wie jy verskil nie.”
154
Die pos funksie sal die admin in staat stel om kennisgewings op menslike vertalings gemaak op die blad te kry, in die gratis weergawe wat jy sal 'n boodskap so gou as 'n nuwe vertaling is gepos kry. In die volledige weergawe het jy ook die opsie om voorsiening te maak die boodskappe te buffer (sodat jy sal 'n enkele boodskap kry nadat 'n gebruiker 'n paar snare op die terrein vertaal). Jy het ook die opsie om 'n daaglikse opsomming ontvang van nuwe vertalings gemaak in op die blad. Jy kan ook kies die adres die boodskappe sal gestuur word, net laat dit leeg vir e-pos die administrateur se. Nog 'n kenmerk wat verbeter op hierdie weergawe is die backend vertaling redakteur, terwyl hy nog nie sodat jy eintlik vertaal op die agterkant, jy kan nou die vertalings met gemak te bestuur deur die gebruik van die filter funksie wat bygevoeg is en die grootste deel aksies wat nou eintlik werk. 🙂 Hierdie weergawe voeg ondersteuning vir Geographic IP gebaseer opsporing wat 'n versoek funksie vir die laaste paar eeue was (Wanneer die dino's geheers). Hoe stel die ondersteuning vir hierdie opsporing? Dit berus op die uitstekende geoip Detection plugin deur yellowtree.de. Na die installering van en aktiveer wat plugin die opsie net onder die ACCEPT_LANGUAGES kop gebaseer opsporing sal verskyn in die instellings. Die verbeterde koppelvlak sal jou ook wys wat sal die gevolg vir jou eie opsporing te wees wanneer jy toegang tot die administrasie paneel. verder verduidelik, die aanvaarding van jou webwerf is in Engels geskryf en het ondersteuning vir Spaans. 'N gebruiker besoeke van Spanje, die taal sal herlei word na Spaans (Eerste verband van die sessie). As 'n gebruiker besoek uit Duitsland hoewel die taal bespeur as Duitse sedert die taal nie geaktiveer is die webwerf sal lei tot die standaard weergawe. As jy enige misredirection wanneer hierdie funksie is aangeskakel (Dit is tydelik hier in staat gestel om te toets) laat weet ons asseblief via die kontak vorm. PS. As jy met behulp van 'n vorige volledige weergawe en die werk na die nuutste volledige weergawe word nie vertoon (net werk om die gratis weergawe) moet asseblief nie huiwer – opgradeer na die gratis weergawe eerste, dan onmiddellik volg deur die opgradering na die volledige weergawe, geen verstellings moet verlore gaan. Eerste, die vermoë om widgets van jou oplaai dir laai (meer spesifiek te wees, wp-content/uploads/transposh/widgets), dit is vir almal wat sy eie widget geskep (miskien net die verandering van 'n vlag) en het probleme opdatering van die prop, want die huidige gids widget het geneutraliseer, hierdie funksie maak ook die moontlikheid om widgets met ander te deel. Die tweede kenmerk is die toevoeging van Google “rel = alternatiewe hreflang” metode, wat basies is die gebruik van ten volle gekwalifiseerde URL's vir elke sodanige verwysing in plaas van relatiewe URL's, dit verhoog die grootte van jou htmls deur 'n baie (na gelang van die aantal tale wat jy ondersteun, net vermeerder hierdie getal deur die grootte van adres van jou werf en jy kan vinnig optel 1k vir elke versoek vir niks). Ons huidige Aanbeveling is net om dit uit te skakel, maar as jy 'n beter ervaring in Google se webmaster nutsprogramme, gaan voort en om pret te hê. Ons hoop dat jy dit sal geniet hierdie weergawe, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak vir enige foute / funksie versoeke. Transposh het geleef vir die laaste 10 jaar of so. Ons het voortdurend gehou die prop opgedateer op ons webwerf hier, en probeer om seker te maak die wordpress.org weergawe werke maak. Dit is besig om te begin met vandag se vrylating van weergawe 1.0.0 op wordpress.org en die volledige weergawe 1.0.0.1, wat sal die nuwe standaard hier wees (volledige weergawe sal eindig met 'n bykomende .1) Die volledige weergawe het meer funksies, geen perke taal, widgets ondersteuning, en 'n backlink na ons werf (wat jy kan kies om te verwyder – lees die terme) Dit het so langer as wat nodig is, want ons moes die omgewing te skakel van die ou en betroubare svn by die nuwe en belowende git. Wat regtig opgemors met hierdie uitgawe. Hoop dat ons nuwe weergawes sal vrystel met 'n korter tyd raam.
155
In verlede kwartaal het ons ’n besoek afgelê in Villiers. Daar vertel die VCSV-juffrou vir ons van ’n elfjarige meisie, Lee, wat daardie afgelope vakansie vir haar ouers gesê het dat sy eendag ’n predikant wil wees. Sy is ook geïnspireer om ’n dagstukkie-boekie met 30 dagstukkies te skryf. Die juffrou het vir ons ’n kopie gegee en my mond het oopgehang om te lees wat in ’n elfjarige meisie se hart is. Ons is sooo opgewonde saam met Lee oor haar boekie wat een van die dae ook vir ons beskikbaar gaan wees om by ons skole uit te deel. Onthou jy kan dag of nag met Jesus praat. Waar jy ookal is, kan jy met die Here praat. Dit is so fantasties! As jy in die middel van die nag wakker word kan jy nog steeds met die Here Jesus Christus praat. Onthou die Here gee nie om wanneer of waar jy is nie. Die Here is bereid om te luister. “ Stan-Lee Gunter. Ek is elf jaar oud. Die Heilige Gees het vir my gesê om die dagstukkies vir julle te skryf.
156
Ons jaar het met ’n uitdaging begin. Ons het baie dinge nodig gehad vir die span se huis. Op ’n stadium kyk ons na ’n preek van Robert Morris van The Blessed Life toe hy sê: Verwag jy dat God jou gaan help of verwag jy dat iemand vir jou gaan geld gee? Ek het besef ek sit heeltyd en wag dat iemand vir my gaan geld gee. Wie is die regte persoon om mee te praat? Vir wie moet ek ’n voorlegging doen? Waarheen moet ek gaan? Ek besef toe dat ek verwag mense moet my help en ek sien nie regtig God as my Voorsiener nie! Ek probeer dit self uitsorteer! Dit was ongelooflik hoe vinnig dinge toe gebeur het. Ons het vir niemand gevra nie, maar ewe skielik net goed gekry. Mense het net nog en nog en nog gebring. Ons span se hele huis is gemeubileerd, nuwe beddegoed, nuwe stofsuier en ’n wasmajien wat ek gesê het is ’n luukse item, so ons hoef dit nie te hê nie. Ons het ’n veiligheidshek gekry, wat verniet kom opsit is ook. Iemand het ons sleepwa vir ons kom regmaak. Dit het eintlik net ’n nuwe prop nodig gehad maar die man het ’n klomp ander goed ook vir ons verniet reggemaak en dit ook mooi geverf. Mnr Gerhardt Viljoen het op 24 Januarie 2014 by ons op die terrein kom bly, aanvanklik net vir ‘n week, hy en sy klein hondjie van 6 weke oud.Sy woorde aan my was dat hy rus en vrede kom soek na ‘n familiekrisis. Deur die loop van sy verblyf het ons aan die gesels geraak en was hy baie geïntereseerd in die doel en late op die terrein asook waarvoor VCSV / UCSA staan.Na ‘n kerkdiens en doopplegtigheid op 26 Januarie 2014 in die Kapel gelei deur Ds Wikus Lambrechts van die NG Kerk op Lutzville, sy skrifgedeelte was Prediker 2 vanaf 17, wat Mnr Viljoen ook bygewoon het, het hy my deur die loop van die week kom besoek en ons het gesels oor my drome wat ek nog vir die terrein het. Op Donderdag 30 Januarie het Gerhard vir my brosjures gewys en gevra dat ek ‘n stoel moet kies asook die kleur. Dit het my onverwags betrap en ek kon nie my ore glo toe hy my meedeel dat hy 100 stoele aan die terrein sal skenk nie.
157
Die akteur Tom Cruise (56) het sy jongste kind, Suri (12), blykbaar jare laas gesien – al mag hy haar 10 dae per maand besoek. Leef en laat leef!. Die lewe is wat jy daarvan maak, al voel dit soms nie so nie. Rome is nie in 'n dag gebou nie, geduld is die wagwoord! Laat die potte prut Kom spog met jou potjievernuf! Stuur 'n e-pos aan via@mediaclubproductions.co.za om deel te neem.
158
Amerikaanse owerhede beskuldig hom daarvan dat hy miljoene rande van beleggers gesteel het wat hy na bewering met leuens en bedrog verlei het om in sy maatskappy te belê. Hy het glo selfs ’n kuberkraker gehuur om vals inligting vir sy platform te skep. Volgens sy LinkedIn-profiel het hy ’n BA-graad van die Universiteit van KwaZulu-Natal, maar volgens sy Facebook-profiel het hy regte aan Unisa gestudeer. Ná sy studies het hy in 2007 die onderneming Springleap begin. Dit was aanvanklik ’n onderneming wat T-hemp-ontwerp aangemoedig het: Grafiese ontwerpers kon hul idees op die webwerf voorlê en Springleap het dit dan gedruk. Dit het gou uitgebrei tot ’n webwerf vir skarewerwing wat maatskappye met grafiese ontwerpers en reklameberoepslui verbind het. Nokia, Samsung, Foschini en SAB het kliënte geword en die onderneming het ’n prys vir die innoverendste e-onderneming op die Verenigde Nasies se Wêreldberaad gewen. Springleap het na bewering geadverteer dat hy ’n gesogte bestuurspan het – insluitend tegnologiehoofde met indrukwekkende biografieë – terwyl die maatskappy in werklikheid nie ’n tegnologiehoof gehad het nie. Eyal het na bewering gespog dat die projek hom net $25 gekos het, sê die owerhede, wat toegang tot sy e-posse verkry het. Eyal het na bewering ook gelieg oor die feit dat Springleap in die tegnologietydskrif Fast Company se lys verskyn het as die sewende innoverendste maatskappy ter wêreld.
159
Ek lewe elke dag tot sy volste, die lewe is wat jy daarvan maak, en skuld jou niks jy skuld die lewe. Hou van buite lewe en visvang, ek haat leuns. Ek is mal oor dans en braai... ’n Amerikaanse ma van drie het twee vuisgroot gate in haar sitvlak nadat sy ’n operasie ondergaan het om die silikoon te verwyder wat sy jare gelede laat inspuit het. Sy was aanvanklik in haar skik met die resultaat, maar mettertyd het sy besef iets is nie reg nie. “My boude het net groter geword. Ek het gewigte begin optel om spiere te bou. Ek het begin wens ek het nooit die silikoon laat inspuit nie,” verduidelik Janelle. Met die hulp van die Amerikaanse televisieprogram, The Doctors, het sy eindelik in Januarie vanjaar die silikoon laat verwyder, maar toe het dinge behoorlik skeefgeloop. Tydens die prosedure het sy baie bloed verloor en binne 24 uur daarna het sy skielik verswak as gevolg van nekrose, ’n toestand waar liggaamselle doodgaan. “Ek moet nog operasies ondergaan om normaal te lyk. Ek lyk steeds nie normaal nie. Ek is heeltemal geskend,” het sy aan CBS46 gesê.
160
Aristoteles is 'n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi - hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag 'n hond vir haar verjaardag hê. Aristoteles is vasbeslote dat dit nie gaan gebeur terwyl hy die kat in die huis is nie! Al wat hy hoef te doen, is om Anna te laat besef hoeveel hy vir haar beteken - en hy gaan wegloop om sy punt te bewys.
161
Die samesteller, Wendy Maartens, sê sy is lankal pynlik bewus van die feit dat ons volksrympies en ouer verse vir die nuwe geslag verlore gaan. 'Ek het hierdie boek saamgestel vir elkeen wat met hierdie verse grootgeword het, sodat dit binne die bladsye van een bundel teen die hart gehou kan word. Nêrens, maar nêrens op ons winkelrakke is 'n boek met hierdie kosbaarhede nie. Dit hoort saam in een skatkis.' Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front 'n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir 'n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront. In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep - wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is - te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit 'n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen. Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer.
162
Is daar ‘n bekommernis wat aan jou knaag en maak dat jy jou naels kou? Lees hier wat die Bybel beveel. Is Melanchthon dalk vir jou onbekend? Jy kan hier lees oor die groot rol wat hy in die Reformasie gespeel het. God het reeds die goeie werke voorberei wat Hy wil hê jy hierdie jaar vir Hom moet doen. Is jy ontvanklik daarvoor? Wonder jy ooit wie jy nou eintlik is? Die ontdekking van jouself begin in Christus. Om te weet waar jou oorsprong is, is om te weet wie jy is. Jy is ‘n skepsel, en jy is deur die Skepper gemaak.
163
Ek is maar net wie ek is. Ek verander nie, hoef nooit my storoes te onthou. Want dit sal altyd dieselfde bly . Eerlikheid is aan die orde van die dag Ek is 'n besonderse vriendelike persoon. Ek is baie, easy going, ek is tevrede met 'n klein bietjie. As ek bid, vra, ek nie. Ek se dankie. Eks 'n "ou... Die Valke in die Wes-Kaap het dwelms ter waarde van amper R9 miljoen ten tyde van ’n klopjag in Somerset-Wes gekry.
164
Iemand wat lief is vir die lewe, rustig, wat my sal aanvaar soos ek is, wat my sal ondersteun, saam met my sal lag, elke avontuur saam my sal meemaak. 'n Fliek; 'n Piekniek in die park; 'n Sportbyeenkoms bywoon; Aandete by 'n restaurant; Teater toe gaan; Ontmoet vir koffie; Ontmoet vir drankies; Stap op die strand
165
Afr1953 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
166
Bertus stem hiermee saam. Hy sê in die Karoo maak boere ook baie meer gebruik van tenks. Hulle koop 5 000-liter tenks en plaas twee of drie daarvan in die ou sementdamme. Sy wenk is dat die windpomp of sonpomp die water in die eerste tenk moet gooi, en die ander tenks word so verbind dat hulle saam styg. Sou die tenks oorloop, word die laaste tenk aan ’n pyp gekoppel wat weer terugloop in die boorgat om enige vermorsing te voorkom.
167
Hy vertel dat die boere in sy omgewing ’n eenvoudige meganisme ontwikkel het wat die windpomp se rem beheer. “Hulle koppel ’n 20-liter kan aan die windpomp se rem wat met water uit die dam gevul word wanneer die dam vol is. Sodra die kan vol is, trek dit die rem af. Sodra die dam se vlak begin sak, loop die houer weer leeg, die rem gaan opwaarts en die windpomp gooi weer op volsterkte.” Sonpompe kan ook met ’n tydmeganisme beheer word. Vir Pierre is waterbesparing ’n aksie wat op die hele plaas toegepas moet word. “Bad-, stort- en wasmasjienwater kan alles gebruik word om droogtebestande plante om die huis nat te gooi. Spoeltoilette moet gestel word sodat nie onnodig baie water gebruik word nie. Die onlangse droogte in Suid-Afrika het ‘n groot uitwerking op baie rolspelers gehad, maar die mense wat die meeste... Dankbaarheid heers oor die goeie reënval in baie gebiede en daar is baie vrae oor realistiese vooruitsigte vir die... MegaBoere, ’n landbousakeprogram met ’n persoonlike aanslag, keer vanaf 11 Oktober terug na die kassie met ’n splinternuwe aanbieder,...
168
Eens op 'n tyd sou jy nog gereeld die stoomtrein sien stilhou op Hendriksdalstasie naby Sabie. Vandag is al bewyse hiervan toegegroeide treinspore en 'n kaartjiekantoor wat in 'n gastehuis omskep is.
169
Ek het my motor ingeneem vir 'n diens asook die verkoeler en verwarmer wat problem gee by Lichtenbur...............
170
Die skemer-kabelkarrit na Tafelberg se kruin was halfprys en ons het lank in die ry gestaan om ook `n beurt te kry. Met die afklim bo-op die berg het `n mis ons begroet wat al wat `n uitsig soos mis onder die son laat verdwyn het. Terwyl `n Hollander langs my nog neul dat die foto’s in die toer-operateur se tydskrif dan gejok het, het die son skielik sy verskyning gemaak oor Tafelbaai..
171
Ek het 'n klompie ou ooie wat te koop is. Daar is sowat 50 plus ooie waarvan bykans almal dragtig is en sommige het alreeds gelam. Kontak die eienaar by...
172
Ek het sowat 50 ou ooie om te verkoop, almal dragtig en party het alreeds gelam. Kontak die eienaar vir 'n prys by 0763321177 as u belangstel.
173
Antwoord: Die vraag of daar 'n onweerlegbare argument is vir God se bestaan word regdeur die geskiedenis gedebatteer, tesame met hoogs intelligente mense aan beide kante van die gesprek. In die huidige tye, het argumente teen die moontlikheid van God se bestaan 'n strydlustige gees aangeneem, wat enigeen wat waag om in God te glo, beskuldig van dwaling en irrasionalisme. Karl Marx het beweer dat enigeen wat in God glo 'n verstandelike afwyking het, wat onaanvaarbare denke veroorsaak. Die psigiater Sigmund Freud het geskryf dat iemand wat in 'n Skepper God geglo het, bedrieglik was en het daardie geloof gehad as gevolg van 'n "wensvervullingsfaktor", wat 'n onverdedigbare standpunt, soos Freud dit beskou het, opgelewer het. Die filosoof Frederick Nietzsche het onomwonde gesê dat geloof gelykmaak dit wat nie as waarheid geglo wil word nie. Die stemme van hierdie drie historiese figure (saam met andere) is eenvoudig tans nageboots deur 'n nuwe generasie van ateïste wat beweer dat geloof in God intellektueel ongegrond is. Is dit werklik so? Is geloof in God 'n rasionele onaanvaarbare standpunt om te huldig? Is daar 'n logiese en redelike argument vir God se bestaan? Sonder om na die Bybel te verwys, kan 'n saak vir die bestaan van God uitgemaak word, wat die standpunte van beide die ou en die nuwe ateïste weerlê en genoegsame grond verskaf om in 'n Skepper te glo? Die antwoord is ja, dit kan. Meer nog, deur die geldigheid van 'n argument vir God se bestaan uit te maak, word die saak vir ateïsme as intellektueel swak afgemaak. Om 'n argument vir God se bestaan uit te maak, moet ons begin deur die regte vrae te vra. Ons begin met die mees basiese metafisiese vraag: "Hoekom het ons iets, eerder as heeltemal niks nie?" Dit is die basiese vraag oor bestaan – hoekom is ons hier; hoekom is die aarde hier; hoekom is die heelal hier, eerder as niks? Een teoloog het op hierdie punt gereageer deur te sê, "'n Mens vra nie die vraag oor God nie, sy totale bestaan laat ontspring die vraag oor God." Dus, wat is die mees aanvaarbare oplossing? Kom ons begin met realiteit wat eenvoudig 'n illusie is, die denkwyse van 'n klomp Oosterse gelowe. Hierdie opsie is eeue gelede verwerp deur die filosoof Rene Descartes, wat vir die volgende stelling beroemd is, "Ek dink en daarom bestaan ek." Descartes, 'n wiskundige, het geargumenteer dat as hy dink, dan moet hy "wees". Met ander woorde, "Ek dink en daarom is ek nie 'n illusie nie." Illusies vereis iets van om die illusie te beleef en meer nog, jy kan nie bestaan sonder om jou bestaan te bewys nie; dit is 'n selfvernietigende argument. Dus, die moontlikheid dat realiteit 'n illusie is, is verwerp. Die volgende opsie van realiteit is dié van eie-skeppendheid. As ons filosofie bestudeer, leer ons van "analitiese valse" stellings vir die eenvoudige rede dat iets nie vooraf "ditself" kan wees nie. Indien jy jouself geskep het, dan moes jy vooraf bestaan het, om jouself te kon skep, maar dit kan eenvoudig nie plaasvind nie. In evolusie word daar soms na verwys as "spontane ontwikkeling" – iets kom vanaf niks – 'n standpunt wat min, indien enige redelike mense aan vashou, eenvoudig omdat jy nie iets van niks af kan kry nie. Selfs die ateïs David Hume het gesê, "Ek sal nooit so 'n absurde standpunt handhaaf dat enigiets kan ontstaan sonder 'n oorsaak nie." Aangesien iets nie van niks kan ontstaan nie, is die alternatief van realiteit wat self ontstaan, verwerp. Nou bly daar slegs twee keuses oor – 'n ewige realiteit of 'n realiteit wat ontstaan deur iets wat ewig is: 'n ewige heelal of 'n ewige Skepper. Die 18de-eeuse teoloog, Jonathan Edwards het hierdie kruispaaie as volg opgesom: Alle sleutel- wetenskaplike en filosofiese -getuienis wys weg van 'n ewige heelal en wys na 'n ewige Skepper. Vanaf 'n wetenskaplike standpunt, eerlike wetenskaplikes erken dat die heelal 'n begin gehad het en wat ookal 'n begin het, is nie ewig nie. Met ander woorde, wat ookal 'n begin het, het 'n oorsaak en indien die heelal 'n begin gehad het, het dit 'n oorsaak gehad. Die feit dat die heelal 'n begin gehad het, is onderstreep deur getuienis soos die tweede wet van termodinamika, die uitstralings- ego van die "big bang" wat in die vroeë 1900's ontdek is, die feit dat die heelal ontwikkel en uitbrei en na 'n enkelvoudige begin teruggeneem kan word, en Einstein se relatiwiteitsteorie. Alle is bewyse dat die heelal nie ewig is nie. Verder, die wette van die oorsaaklikheidsleer weerspreek die heelal se bestaan as die hoofoorsaak van alles wat ons weet as gevolg van hierdie eenvoudige feit: 'n effek moet die oorsaak gestand doen. Na aanleiding van hierdie waarheid, kan geen ateïs verklaar hoe 'n onpersoonlike, doellose, betekenislose en amorele heelal per ongeluk wesens (ons) geskep het, wat gevul is met persoonlikheid en behep is met doelwitte, betekenis en moraliteit. So 'n ding, gesien vanuit die oorsaaklikheidsleer se standpunt, weerspreek total die idee van 'n geboorte van alles wat bestaan uit 'n natuurlike heelal. Dus op die ou einde is die idee van 'n ewige heelal verwerp. Die filosoof, J.S. Mill (nie 'n Christen nie) het opgesom waartoe ons nou gekom het: "Die bewyse is daar dat net Verstand kan verstand skep." Die enigste rasionele en redelike gevolgtrekking is dat 'n ewige Skepper verantwoordelik is vir realiteit, soos ons dit ken. Of om dit logies te stel: Die laaste onderwerp om aan te spreek rakende God se bestaan, is hoe verantwoordbaar die ateïs se siening werklik is. Aangesien die ateïs beweer dat die gelowige se standpunt onjuis is, is dit slegs geregverdig om die vraag om te draai en dit na hom terug te gooi. Die eerste ding om te verstaan is dat die bewering wat die ateïs maak –"geen god", dit is wat "ateïs" beteken – 'n verwerplike siening is om te hê, vanuit 'n filosofiese standpunt. Mortimer Adler, 'n wetlike geleerde en filosoof sê, "'n Bevestigende eksistensiële stelling kan bewys word, maar 'n negatiewe eksistensiële stelling – een wat die bestaan van iets ontken – kan nie bewys word nie." Byvoorbeeld, iemand kan beweer dat 'n rooi arend bestaan en iemand anders mag beweer dat rooi arende nie bestaan nie. Die eersgenoemde het net nodig om 'n enkele rooi arend te vind om sy bewering te bewys, terwyl laasgenoemde die totale heelal moet fynkam en letterlik op elke plek gelyktydig wees, om te verseker dat hy nie 'n rooi arend iewers op 'n bepaalde plek en tyd gemis het nie. Dit is onmoontlik om te doen. Dit is waarom intellektuele, eerlike ateïste sal erken dat hulle nie kan bewys dat God nie bestaan nie. Vervolgens is dit belangrik om die gesprek rondom die ernstigheid van die ware stellings wat gemaak is, te verstaan en die hoeveelheid getuienis wat vereis word om sekere gevolgtrekkings te waarborg. Byvoorbeeld, iemand sit twee houers limonade voor jou neer en sê dat een dalk suurder kan wees as die ander: Die nadele om die suurder drank te vind,sou nie ernstig wees nie en jy sou nie 'n groot hoeveelheid bewyse benodig om jou keuse te maak nie. Sou die gas versoeter by die een glas voeg en rotgif by die ander, dan sou jy baie meer bewyse benodig, voordat jy jou keuse sou maak. Dus, het geloof in God intellektuele waarborg? Is daar 'n rasionele, logiese en redelike argument vir die bestaan van God? Absoluut. Ateïste soos Freud beweer dat diegene wat in God glo, het 'n wensvervullende gegeerte, maar dalk is dit eerder Freud en sy volgelinge wat eintlik werklik aan hierdie begeerte ly: die hoop en wens dat daar geen God is nie, geen toerekenbaarheid en dus geen straf nie. Die God van die Bybel weerspreek Freud egter. Hy bevestig Sy bestaan en die feit dat daar wel veroordeling aan die kom is, vir diegene wat wel binne-in hulsef die waarheid weet dat Hy bestaan, maar dit opponeer (Rom 1:20). Vir diegene wat positief reageer op die getuienis dat 'n Skepper wel bestaan, dat Hy die weg van verlossing bied, wat deur Sy Seun, Jesus Christus, daargestel is: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar God is hulle Vader" (Joh 1:12-13).
174
Die boek fokus op maklike en ongewone rame wat in en om die huis gebruik kan word, vir enigiets van miniatuurparfuumbottels tot ’n groot swartbord vir ’n kinderkamer. Dit bevat aanwysings vir baie basiese raamkonstruksie, asook hope inligting oor afwerkingstegnieke vir kaal rame en maniere om ou rame nuwe lewe te gee.
175
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
176
die stories agter die stories van haar nuwe boek Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee, en hoe die boek ontstaan het. Sukkel jy om jou lyf te aanvaar (of jy nou maer is of minder maer)? Lees dan llse se artikel oor ma’s en dogters en hul lywe in die Rooi Rose wat op die rakke is. Ilse deel die ware verhale van ‘n paar vroue, en was verstom.
177
Program Direkteur, vanaand behoort aan die briljante vroue wat dit gewaag het in 'n gebied wat vir baie jare, die eksklusiewe terrein van mans was. Hulle het vry gebreek van die kettings van klein skaalse, oorlewings- produksie en hul regmatige plek in die hoofstroom van landbou geneem. Belangriker nog; is die feit dat hulle 'n groot bydrae maak tot die pogings van hierdie ANC-Regering maak om by te dra tot voedselsekerheid in ons provinsie en in ons land in die algemeen. Hierdie vroumense dra definitief by tot die bou van 'n gesonde, sterk en welvarende nasie. Ons wil ons hoede afhaal vir hierdie uitmuntende vroue van ons provinsie en ons dra hierdie aand op aan hul uitstaande prestasies.
178
Dit is nie die fei­te nie. Ek het die ver­ga­de­ring by­ge­woon en dit was be­slis nie die al­ge­me­ne re­ak­sie nie. Men­se soos ek het net gaan luis­ter. Om­dat ons ge­swyg het, be­te­ken nie ons wil nie hê die be­heer­raad moet be­dank nie.
179
'n Fliek; 'n Musiekkonsert; 'n Piekniek in die park; 'n Sportbyeenkoms bywoon; Aandete by 'n restaurant; Uitgaan vir dans; Ontmoet vir koffie; Ontmoet vir drankies; Stap op die strand
180
Jy is wat jy dink – nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.
181
Hoe kyk jy vir jou eie posts in die reader? Het jy jou eie blog ge-follow of het jy ‘n tweede blog wat jy gebruik?
182
Botha is egter nie uit die prentjie nie. Met Stroomop, druk Botha volgens my sy stempel behoorlik af as regisseur, met Stroomop as sy eerste film in die regisseurstoel. Ons almal het lief geraak vir Wimpie Koekemoer, die rol wat Botha ‘n huishouidelike naam gemaak het in die Bakgat filmreeks. Met die verloop van jare, het ons vir Botha in verskillende rolle gesien groei, en al hierdie ervaring dra nou vrugte, deur ‘n nuwe filmmaker vir Afrikaans bekend te stel. Ek dink persoonlik, dat as Suid Afrika ooit eendag ‘n Hospitaal drama sou vervaardig, Botha die regte man sal wees vir sò ‘n aksiebelaaide produk, na sy vermoeëns bewys is in die spanningvolle hospitaaltonele in Stroomop.
183
Normaalweg word boekegeld eenmalig betaal. Afbetaling is onderhewig aan 'n 50% deposito van die boekgeldbedrag, rente, ‘n skriftelike aansoek om krediet en 'n onderneming vir die betaling van maandelikse paaiemente. ‘n Bankbewys van die aftrekorder vir betaling van paaiemente, word aan Moria gefaks. Die boeke word gelewer soos paaiemente betaal word. ** Herregistrasie is wanneer kinders die Moriaboeke van sy ouer broer of suster gebruik, of 'n vorige jaar herhaal. Die groot uitdaging is om so gou moontlik met die akademie te begin. Mens wil nie graag van die begin af met 'n agterstand werk nie. Hoe gouer mens begin, hoe beter is die kans vir goeie uitslae vir 2018. Sterkte!
184
Gespot in PE. Vrae moet gevra word oor hierdie kwessie. Soos bv: “Hoe lank het jy gery van Brakpan af hierheen?”
185
Hierdie artikel handel oor die Latynse letter, A. Vir ander betekenisse wat deur die letter voorgestel word, sien A (dubbelsinnig). Audi se Duitse leuse is Vorsprung durch Technik – dit word normaalweg nie vertaal nie. Dit beteken "projeksie deur tegnologie". Audi het die embleem van vier ringe oorgeneem van sy voorganger, Auto Union, destyds 'n konglomeraat van Audi, DKW, Horch en Wanderer.
186
Die publiek kan soos oudergewoonte kies wie in elke kategorie met ’n gesogte Tempo-beeldjie wegstap. Deur te stem staan jy ’n kans om groot pryse los te slaan, wat onder meer ’n spoggerige vakansie of twee insluit.
187
Jy is wat jy dink - nie wat jy dink jy is nie. Dit help soms om hardop te lag vir wat jy dink of dink jy is.
188
Vir dekades al word na hulle as die Donkies van Wellington verwys. Vir die sendingstudente was en is dit ’n erenaam. Die ontstaan van die naam Donkie vir ’n sendingstudent aan die destydse Wellingtonse Sendinginstituut kom uit die beginjare van die “Boeren Zending School”. Toe die Wellingtonse sendingstudente daarna aan ’n naam begin dink, het dr. Andrew Murray met die naam “Donkie” vorendag gekom na aanleiding van Jesus se intog in Jerusalem op die rug van ’n donkie. So sou die donkie die sendeling as draer van Jesus se naam en die evangelie voorstel. Naamdraers van Jesus vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar by die Sendinginstituut gestudeer het. Hulle het die naam van Christus en die evangelie oor grense heen met ongeëwenaarde ywer gedra. In die kerkgeskiedenis sal hulle altyd bekendstaan as die toegewyde naamdraers van Jesus. Hierdie is ‘n lekkerlees boek vol wetenswaardighede oor verskillende Christelike kerke in Suid-Afrika. Dit dwing ons om na te dink waaroor dit in ‘n kerk behoort te gaan. Hierdie boek is bedoel vir elkeen – veral ook vir lidmate – wat wonder oor die kerk.
189
Die insluiting van ’n Nieu-Seelands gebore senter wat ook kwalifiseer om vir Samoa te speel, en die weglating van die ervare vleuel Simon Zebo, is die vernaamste kenmerke van die Ierse rugbygroep wat vir die jaareindtoetse gekies is.
190
Loots sê die boek, Ek. Frankryk. 246 Dae., is saamgestel uit ʼn reeks dagboekstukkies wat sy oor haar agt maande lange oorbruggingsjaar geskryf het. “Ek het elke dag dagboek gehou, sketse gemaak, foto’s geneem,” verduidelik sy. “Die dagboekstukkies was oorspronklik net vir myself, maar ons het mettertyd besluit om dit as boek uit te gee oor die waardevolle inligting wat dit bevat.”
191
Na wat verneem word, is sy ongedeerd. Volgens die GPF het die verdagtes haar skoene en waardevolle besittings gesteel en haar naby die polisiestasie afgelaai. Volgens Mashable het dié afspraakwebwerf die ‘eksklusiewe’ afdeling, genaamd Select, geskep sodat die mooiste van die mooies, die rykstes onder die rykes en die beroemstes met mekaar kan gesels. Tinder het nie spesifieke besonderhede bekend gemaak oor hoe die gebruikers vir dié Select-afdeling gekies word nie, maar dit lyk asof die maatskappy die gebruikers met die hand uitsoek. Die webwerf het in die verlede ook soortgelyke verstellings gemaak sodat bekendes, wat dié app gebruik, vir die ware Jakob gesien kan word. Talle bekendes het vroeër gesê dit is moeilik om iemand op die webwerf te ontmoet omdat ander gebruikers dikwels glo dis vals profiele.
192
Die relevansie van die huwelik is vandag vanwee die tyd wat ons in leef onder groot bedreiging A5 152bl
193
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?
194
Boere is gatvol om as weerligafleier te dien vir die mislukte staat wat deur die ANC-regering self geskep is »
195
Adrio König ondersoek in Hoop – ons lewensanker die lyn van hoop deur die Bybel: die hoop wat deur die Ou Testament loop dat God sy volk sal onder­hou, dwarsdeur die Nuwe Testa­ment tot vandag.
196
Deur die dag was ek baie geirriteerd, asof iets my pla. Ek het dit maar geïgnoreer. Teen die middel van die dag het ek en ‘n vriendin gesels oor die Christen-geloof, ek het natuurlik vir haar vertel dat dit net ‘n storie was, maar sy het my verseker dat dit nie was nie. Ek het toe kwaad begin word en op haar geskree dat dit net ‘n storie was! Toe was ek eers geïrriteerd. Ek het besluit ek het nou genoeg gehad van die hele storie en ek wou self gan uitvind hoekom ek n ateïs was. Ek het vir Lulu gan soek, uiteindelik vind ek haar by die parkeerarea van die skool. Sy was amper oppad om te ry. Ek het haar gevra of sy nie dalk vining vyf minute gehad het nie. Sy het toe nog bietjie tyd gehad om te gesels. Ons twee sit toe op die skool se paviljoen en begin gesels. Ek het haar gevra hoekom ek is soos wat ek is. Wat maak my nie glo nie? Hoekom kan mense aan iets glo wat nie bestaan nie? Ek het haar so baie vrae gevra, sy het gesê dat sy nie vir my al die antwoorde gehad het nie, maar sy kan my wel n paar goedjies vertel. Sy het my begin vertel dat die duiwel my vasgehad het. Ek sê toe vir haar dat ek nie eers in die duiwel geglo het nie, hoe dan? Sy vertel dat dit nie saak maak dat ek in die duiwel glo of nie. Die duiwel wil net hê dat mense nie aan God moet glo nie, hy dryf mense weg van God af. Die duiwel gee nie om of ek in hom glo of nie. Hy wou net gehad het ek moes nie glo in God nie. Dis waarom ek so baie vrae gehad het, waarom so baie dinge nie vir my sin gemaak het nie, waarom ek so hardkoppig was so lank in my lewe! Die duiwel het my gedagtes beheer sonder dat ek daarvan weet. Toe ek dit besef het was ek amper in n koma van skok. Ek kon nie glo ek was so dom gewees nie. Lulu sê toe vir my dat dit my keuse was as ek die Here weer terug in my lewe wou he. Ek was so onseker. So bang, maar net daar besef ek toe ek moes die Almagtige weer terug aanvaar en my hart vir Hom gee. Ek kon nie meer my ou lewe hanteer nie. So baie negatiwiteit, onsekerheid en hel. Ek wou vry wees. Skoon van die duiwel se euwel. Ek vra toe vir Lulu dat sy my kon help. My weer op die regte pad moet kry. Sy begin toe vir my bid. Ek het vir die Here diep onverskoning gevra. Net daar en dan, het ek skoon gevoel. Weer soos n mens gevoel. Nie meer haat en negatiwiteit nie. Ek was weer Christen! Die volgende oggend het ons netbal wedstryd gespeel en ek het my vriendin gesien maar haar nie gegroet nie omdat sy my nooit terug groet nie. Sy het my egter gestop en ek voel net hoe die Here langs my staan en Hy sê vir my Hy werk elke dag deur my en ek moet net die regte paaie volg. Ons het vir mekaar ‘n drukkie gegee en ek het besef hoe mooi die Here werk en dat Hy vooruit trek en ons paaie vir ons gelykmaak en verhoudings herstel.”
197
Se nou jy het nie die ekstra gewig op nie en het wel langer shocks in. Kan jy dit insit. Rygerief en pad hou vermoe sal baie goed wees. Verskil tussen die spacer is dit word net bo op die tower van die strut vasgemaak en soedoende hetdit nie enige uitwerking op die shock se lengte nie. Maar die Ome coil is so +/-40mm langer as die std Toyota coil, dit gaan maak as die wiel af artikuleer dat dit op die gewig op die Toyota shock gaan hang en die shock gaan beskadig. Baie dankie vir al die info. Ek was nie seker oor die lengte van die coil nie. Alles maak sin wat jy sê. Ek gaan dan hulle nogsteeds koop en hou tot ek shocks kan koop.
198
Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van 'n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie. Die lewe is 'n lied ... totdat Kara onverwags voor 'n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat - of wie - gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis? Kruispad vir Kara is 'n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.
199
Volgens me Rita du Plessis, wat die ondersteunersgroepie lei, word depressieleiers deur ‘n geneesheer, wat ook die medikasie voorskryf, na ‘n terapeut of berader verwys om die traumatiese snellerervarings deur te werk en te verwerk. Die medikasie wat voorgeskryf word, herstel die fisiologiese wanbalans wat vir die depressie verantwoordelik kan wees. Hierdie medikasie is nie-gewoontevormend en ook nie sogenaamde “Mind altering drugs”, wat wel gewoontevormend is, nie.