id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
400
“Liewe kinders, ook vandag roep ek jou op tot gebed. Opnuut jou persoonlike gebed en bid spesiaal vir die Heilige Gees sodat Hy jou kan help met die hart te bid. Ek praat vir elkeen van julle ten beste, my liewe kinders, en roep julle almal tot bekering op. As jy jou bekeer, sal ook almal om jou heen vernuwe word en sal die gebed 'n vreugde vir hulle is. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag roep ek jou op, die gebed in jou lewe op die eerste plek te sit. Bid, my liewe kinders, en mag die gebed vir julle tot vreugde wees. Ek is met jou en spreek vir elkeen van julle ten beste. Liewe kinders, wees bly draers van my boodskappe. Mag jou lewe saam met my vir julle 'n vreugde wees. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, in hierdie barmhartigheid tyd Ek roep jou tot gebed op. Liewe kinders, jou werk baie, maar sonder God se seën. Soek die wysheid van die Heilige Gees, sodat Hy julle in hierdie tyd mag lei, sodat jy kan verstaan en in die genade van hierdie tyd kan lewe. Bekeer jou, liewe kinders, en kniel in die stilte van jou hart neer. Plek God in die sentrum van jou wese, sodat jy in blydskap kan getuig van die skoonheid wat God jou onophoudelik in jou lewe gee. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, jy soek die vrede en jy bid op verskillende maniere, maar jy het God jou hart nog nie gegee nie, sodat Hy dit kan vul met sy Liefde. Daarom is ek by elkeen van julle om jou te onderrig en om jou nader te bring by God se Liefde. As jy God bo alles liefhet, sal dit maklik wees om te bid en jou hart vir Hom oop te maak. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nodig ek jou uit jou deur gebed en offer voor te berei op die koms van die Heilige Gees. My liewe kinders, dit is 'n tyd van genade. Daarom roep ek jou weer op te kies vir God, julle Skepper. Staan Hom toe om jou om te vorm en jou te verander. Mag jou hart gereed is om alles te hoor en na te leef wat die Heilige Gees met elkeen van plan is. My liewe kinders, staan die Heilige Gees toe julle op die weg van die waarheid en die heil na die ewige lewe te lei. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om God te verheerlik; dat die Naam van God in jou hart en in jou lewe heilig mag wees. My liewe kinders, as jy bly in God se heiligheid, dan is God met julle en skenk Hy jou vrede en vreugde wat jy net van God verkry deur die gebed. Opnuut daarom, my liewe kinders, die gebed in julle gesinne. Dan sal julle hart die naam van God verheerlik en sal die hemel in jou hart wees. Ek is naby julle en spreek by God vir julle ten beste. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag wil ek jou bedank vir al die gebede en offers wat jy my in hierdie maand, wat aan my is toegewyd, het gebring. My liewe kinders, ek wil graag dat jy almal aktief word in hierdie tyd, wat deur my op besondere wyse met die hemel verbind is. Bid, om beter te kan verstaan, dat julle almal deur julle lewe en voorbeeld mee moet werk aan die werk van die Verlossing. My liewe kinders, ek wil graag dat die mense hulle bekeer en in julle my en my Seun herken. Ek sal vir elkeen van julle ten beste spreek en jou help self tot lig te word. As jy ander help, kom dat jou eie siel ook ten goede. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het. ”
401
Die wondertekens bevestig dat Hy die Here is, en niemand anders nie. Daarmee word ‘n boodskap nie net vir die Godsvolk van alle tye gestuur nie, maar ook aan alle nasies. Jahwe seën of straf dié wat Hom gehoorsaam of teenstaan, soos die plae in Egipte onomwonde illustreer. Moses en Aäron het toe die farao gaan aanspreek oor sy weiering om die volk te laat gaan. Indien hy sou volhard daarin sou die volgende plaag hom en sy land tref, ‘n sprinkaanplaag. Daarmee is hulle weg om te wag vir die plaag die volgende dag. Die plae wat tot dusver aan die orde gekom het, onderstreep eintlik al hoe helderder dat die Israeliete God se uitverkore volk was. Dit raak duidelik dat Hy nie sou rus voor die verlossing en seën wat Hy vir hulle beplan het, in die werklikheid van hulle gemeenskapslewe sou realiseer nie. Want, Hy is hulle God, soos hoofstuk 10 verder onderstreep. Hierdie wondertekens sou ‘n onuitwisbare indruk maak op die korporatiewe geheue van Israel vir die eeue wat sou kom. Die doel van hierdie herinnering is dat gelowiges herinner sou word dat hierdie God dieselfde sal doen vir enigiemand wat Hom ernstig neem en hulle op sy troue liefde verlaat. Die teendeel is natuurlik ook waar, want sy verlossing is inderdaad ‘n verlossende oordeel. Dié wat Hom gehoorsaam, deel in sy seën. Dié wat Hom teenstaan, deel in sy straf. Die boodskap van die plae in Egipte het dus ‘n blywende boodskap vir beide die Godsvolk en die ander nasies gehad het. Die wrede werklikheid is dat enige opstand teen God op die lange duur destruktief is. Daarteenoor is die wonderlike waarheid dat waar met God gewaag word, selfs in moeilike omstandighede, word jy ingetrek in ’n verhouding waarin Hy sy verbond met jou sluit om jou te verlos, versorg en te vestig. Daarop kan jy staatmaak. En as dié waarheid vir jou oopgaan, sal jy ook geen probleem hê om sy voorskrifte na te kom nie, soos dit later in Eksodus 20-24 en in die boek Levitikus uitgespel sal word.
402
“Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.” (:18).
403
"Hierdie boek is vir my uiters kosbaar! Ons kinders word deesdae selfs so vroeg soos kleuterskool al gedruk om te presteer. En iewers raak die druk en stres net te veel. Hierdie boekie gee vir jou as ouer begrip vir die swart hond van depressie. Dit het ook my man baie gehelp, want depressie is iets wat hy voorheen glad nie kon verstaan nie." - Posted on 10/31/13
404
Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het… naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en in die psalms oor My geskrywe is (Lukas 24:44)
405
Eeue later, maar ons doen steeds vandag soos wat Naäman gedoen het. Ons lees dat Naäman ‘n leërowerste was wat groot aansien gehad het. Hy het hierdie aansien nie verkry deur sy eie vernuf nie, maar deur die werking van God se Hand. Die feit dat hy egter aan melaatsheid gely het, het Naäman se lewenskwaliteit aansienlik ingeperk. Net soos wat dit God se Wil was om van Naäman ‘n aansienlike man te maak, so was dit Sy Wil om hom ook van sy melaatsheid te genees. Net soos wat God Naäman se aansien vir hom bewerk het, het Hy die pad van genesing vir hom gelê. Naäman het nie vir God gevra om die klein dogtertjie na hom te stuur wat hulle sou vertel van die genesing wat daar vir hom beskore is in Israel nie. Dit was deur God se onbegryplike wysheid dat hierdie plan van Naäman se lewe soos ‘n legkaart inmekaargepas het. Die omstandighede rondom ons kan ‘n mens baie maklik tot negatiwiteit stem. Die besef en die wete dat ons Koningskinders is kan ons net so maklik hoogmoedig en hofvaardig maak. Dit is dalk tyd vir my en u om ook te verseker dat ons met die regte ingesteldheid die lewe benader. Is dit nie dalk tyd dat ons die hofvaardige opmerkings laat staan om daadwerklik te begin om soos egte, edele, Koningskinders ywerig te begin werk om ‘n verskil teweeg te bring in die geweldige slegte toestand in ons Vaderland en volksgenote nie?
406
Die meeste personeellede wat deur die moontlike afleggings geraak word, is tans bestuurders of uitvoerende beamptes. Bekende kunstenaars soos Emo Adams, Sarah Theron en Kwesta gaan vanjaar die vermaak verskaf ten tyde van die aanskakeling van die Kersfeesliggies in Kaapstad.
407
Op ’n spesiale raadsvergadering Donderdag is bekendgemaak dat die huidige watertariewe aangepas sal word ingevolge ’n openbaredeelnameproses, waarna die raad ’n besluit sal neem oor aangepaste waterbeperkings, volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit se Facebook-blad. Dit kom nadat Oudtshoorn se stadsraad vroeër vandeesmaand die dorp as ’n rampgebied verklaar het weens ’n waterkrisis. ’n Waterkrisiskomitee, bestaande uit raadslede en senior bestuurslede van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is ook verlede week op ’n spesiale raadsvergadering gekies. Spesiale aandag sal gegee word aan die herstel van lekkasies in die groter Oudtshoorn. Tertius Simmers, die DA se kiesafdelingshoof vir Oudtshoorn, sê in ’n verklaring hoewel die gebied meer reënval gekry en die damvlak gestyg het, moet almal saamwerk om seker te maak dat die gebied se watervoorraad nie opraak nie. Volgens Simmers het hy aan Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, geskryf om te vra dat sy departement meganismes in plek stel en bystand verleen aan die Oudtshoorn-munisipaliteit om die droogte die hoof te bied. Volgens Simmers sal watertariewe aangepas word wat onderworpe is aan ’n een maand lange openbaredeelnameproses. Daarna sal die Oudtshoorn-stadsraad ’n besluit neem oor die aangepaste waterbeperkings. Hy sê die huidige waterkrisis moenie gesien word as ’n tydelike verskyning wat in ’n jaar of twee opgelos gaan word nie, omdat die veranderlikheid van die weer op die teendeel dui. Dit is ’n langtermyn-probleem wat substansiële ingryping van die regering sal verg om toe te sien dat die Groter Oudtshoorn se watervoorraad volhoubaar is. Volgens hom is die DA in die Wes-Kaap daartoe verbind om seker te maak dat die regte bronne in plek is om die mees kwesbare gemeenskappe teen die droogte te beskerm. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vandeesmaand bekend gemaak dat die oostelike gedeelte van die Wes-Kaap, en in besonder Oudtshoorn, bogemiddelde temperature en ondergemiddelde reënval vir die volgende ses maande kan verwag.
408
Die Afrikaanse sanger Adam Barnard is Dinsdag in ’n Pretoriase hospitaal opgeneem waar hy vir die volgende twee weke hemodialise-behandeling gaan ontvang. Tydens dié roetineprosedure verwyder ’n dialisetoestel gifstowwe uit sy liggaam sodat dit gesond genoeg kan wees voor hy ’n nieroorplanting kry. Die gewese Romanz-sanger ly aan ’n soort neuropatie wat ’n nieroorplanting noodsaaklik maak, maar dit kan eers gebeur sodra sy liggaam sterk genoeg is om ’n suksesvolle operasie te verseker, verduidelik sy agent en vriend, Henri Scott. “Onder die omstandighede gaan dit baie goed met Adam en hy en sy familie is vol vertroue dat hy ná die behandeling gereed sal wees vir die oorplanting.” Adam het in Oktober behandeling in die hospitaal ontvang sowel as ’n reeks behandelings by ’n kliniek, maar destyds was sy liggaam nog nie gereed vir die operasie wat vir verlede maand beplan is nie. Dis toe onbepaald uitgestel. Chroniese medikasie moes sy nierfunksie ondersteun, maar nadat hy verlede jaar ernstig siek geword het op ’n konserttoer, het sy dokter besluit dat hy so gou moontlik ’n nieroorplanting moet kry.
409
Hy het bygevoeg die regering wil die druk op mariene visbronne verlig deur ’n mariene en binnelandse akwakultuur aan te moedig. Hy het gesê perlemoenboerdery is ekologies en ekonomies lewensvatbaar in Namibië en dit is 'n winsgewende produk, waarvan die markvraag die wêreldwye aanbod ver oorskry.
410
Die plaas is ook geïdentifiseer as 'n groot geleentheid om in die ||Kharasstreek te belê deur werksgeleenthede vir die gemeenskappe te skep.
411
Aangesien dit ons laaste nuusbrief vir die jaar is, bedank ons jou hiermee vir die ondersteuning in die afgelope jaar en wens ons jou en jou gesin ’n voorspoedige feestyd toe. Vandeesweek kyk ons na die belangrikste ekonomiese gebeure van 2016: Dit was die afgelope naweek presies ’n jaar gelede […]
412
Die Amerikaanse Federale Opemarkkommitee (FOMC) het by sy November-sitting die rentekoerse bestendig gelaat, maar laat deurskemer daar is ’n sterk moontlikheid dat ’n verhoging in Desember kan volg indien die data so ’n besluit sou ondersteun. Tussen nou en die Desember-vergadering sal die FOMC tyd hê om die Oktober- en […]
413
Volgens die stigter, dr. Wilfred April, is die vereiste vir lede om lid van die klub te wees, dat elkeen vrywillige gemeenskapswerk in Namibië moet doen. "Vir al die lede was dit die eerste keer in hul lewens wat hulle 'n paspoort gekry het en buite die grense van Namibië gereis het," verduidelik April.
414
Ons moet daarteen waak om altyd vir die "regte oomblik" te wil wag voordat ons iets aanpak – meesal kom daardie oomblik nooit. Maar jy kan daardie "oomblik" skep deur te doen wat jy moet doen, of te sê wat jy moet sê, wanneer jy weet dit is die regte ding om te doen – so maak jy wel 'n verskil aan die wêreld. Ons land het baie donker geword. Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie. Die kerklike terrein is die hartseerste! Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is. Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink Môrester nie!
415
Ek is 'n oumens wat baie bekommernisse geken het, maar die meeste van hulle het nooit gerealiseer nie. Nou besef ek dat bekommernis 'n vyand van die lewe is, 'n vorm van ateïsme, want dit veronderstel ongeloof in die bestuur van God in my lewe. En nou laai ek my bekommernisse by God af en weier om dit môre weer op te laai.
416
In 2014 sing hulle die liedjie Sal oorlog vir jou maak in die plaaslike lokettreffer-fliek, Pad na jou hart, wat ‘n oornag-sukses vir hulle word. Dit boer nie net op die treffersparades nie, maar ontvang ook ‘n Huisgenoot Liedjie van die Jaar-nominasie asook ‘n Ghoema-toekenning vir Liedjie van die jaar.
417
’n Bekende stem op Thabazimbi se handsentrale wat die gemeenskap tot in die laat tagtiger-jare bedien het, is stil met die afsterwe van Martie Hamman verlede week. Sy is nie onmiddellik opgeneem nie, maar toe sy daarna ’n bloedklont in haar longe opgedoen het, was sy heeltyd gehospitaliseer en haar toestand het daarna baie vinnig verswak. Na skool het sy by die Thabazimbi sentrale gewerk en daarna vir Agricura wat landbougif aan die boere verkoop het. Mike het erg aan diabetes gely en is in 1997 oorlede. Hy was ook bekend vir sy eksotiese voëlboerdery wat hy op die plot bedryf het en die meeste kokketiele, budgies, papegaaie en ander eksotiese voëls in die omgewing het destyds uit sy hokke gekom.
418
Vir die elemente is die mass van 1 mol goed bekend en word gewoonlik weergegee in die periodieke tabel. Die massa van 'n atoom word vrywel geheel bepaal deur die aantal nukleone in die kern, omdat die elektrone baie min massa besit: Die molekulêre en die molêre massa vir Cl2 is dus nie heeltemaal dieselfde begrip nie. Die molekulêre massa kan 70, 72 of 74 wees afhankelik van die isotoopsamestelling van die molekuul. Die molêre massa is daar 'n gemiddelde oor. Indien die stoigiometrie van 'n stof bekend kan die molêre massa eenvoudig met die atomêre massas van die periodieke tabel uitgereken word. Byvoorbeeld vir CCl4 het ons 12 vir C en 4*35,5 vir Cl = 154 [g/mol]. Indien dit nie bekend is nie, is daar 'n aantal metodes om die molêre massa te bepaal, 'n Aantal daarvan is nou van louter histories belang of van beperkte toepassing. Hulle word die kolligatiewe eienskappe genoem.[2] Hulle het die voordeel nie van yking afhankelik te wees nie. Een daarvan, osmometrie, word vandag nog gebruik.[3] Ander kolligatiewe metodes werk net vir 'n taamlik klein molêre massa en dit is vandag nie meer interessant nie. Massaspektrometrie[4] kan egter vandag nie alleen die molêre nie, maar ook die molekulêre massa bepaal. Vir baie groot molêre massas soos van polimere bestaan daar chromaografiese metodes soos SEC, wat dit kan bepaal, maar dit is 'n metode wat yking met stowwe met 'n bekende molêre massa vereis.
419
In Wie sê julle is Ek? ondersoek vier Suid-Afrikaanse Nuwe-Testamentici, Jan van der Watt, Stephan Joubert, Francois Tolmie en Pieter de Villiers, wat deur die eeue heen oor Jesus gesê is. Hulle delf ver in die verlede in en luister onder andere wat die dissipels, Jesus se volgelinge, sy familie en die vroeë kerkvaders oor Hom gesê het. Maar hulle hou nie daar op nie, hulle gee ook vir lesers ‘n blik op dit wat sy teenstanders en selfs die inwoners van die geestelike wêreld van Hom gesê het. Die gedeeltes oor wat die engele en die duiwels oor Jesus sê, is insiggewend. Ook die opmerkings van die vroeë nie-Christelike skrywers en die sienings van ander godsdienste oor Jesus boei. As jy wil weet wat dit beteken om ‘n Christen te wees en hoe om ‘n oorwinnende lewe te lei, is Jy kan word wat jy is die boek om te lees.
420
24.02.09 23:33: tvix 7777 » Аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа ааааааааааааааааааааааааааааааааа:стена:
421
Toyota Gazoo Racing SA het drie spanne vir die 2018-Tydren van Marokko, die voorlaaste ronde van die 2018-Wêreldbeker vir veldtydrenne, ingeskryf. Die opwindende vyfdaagse byeenkoms dien nie net as geleentheid vir die span om die nuutste weergawe van sy renbeproefde Toyota Hilux ter voorbereiding vir die 2019-Dakar-veldtydren behoorlik op die proef te stel nie, maar sal ook die twee nuwe navigators in die span die kans gee om hul renjaers beter te leer ken. Al drie spanne sal bykans identiese weergawes van die Klas FIA-Toyota Hilux as dié van De Villiers en Lategan in die Suid-Afrikaanse veldtydrenreeks, waar die meeste toetswerk en ontwikkeling gedoen is, beman. Marokko dien ook as agtergrond vir die span se finale voorbereiding vir die 2019-Dakar-ren, met ’n omvattende toetssessie in die woestyn naby Erfoud. Hoewel die jongste weergawe van die Toyota Hilux reeds omvattende toetsafstande in die hande van Giniel de Villiers en Henk Lategan in die Suid-Afrikaanse veldtydrenreeks (SACCS) agter die blad het, was die Marokkaanse toets die eerste geleentheid vir Al Attiyah en Ten Brinke om die motor te beproef. Op daardie gebied is die span nie net in Marokko vir toetsdoeleindes nie – hulle het ook ’n moordende ren om in mee te ding, en vanjaar se tydren van Marokko is ’n heeltemal nuwe monster. Die tydren het ’n trotse geskiedenis, wat tot 1982 terugdateer toe die eerste Parys-Agadir-byeenkoms plaasgevind het. Hier veldtydren het die naam “Atlas-tydren” in 1983 gekry en van die grootste name in “rally raid” (veldtydrenne soos dit in Suid-Afrika genoem word) vir langer as ’n dekade gelok voordat dit aan die einde van die negentigs opgedroog het. Toe kom die “wedergeboorte” van die byeenkoms in 2000, met ’n nuwe naam – die “Tydren van Marokko”. Die elite van die veldtydrenwêreld het weer na Noord-Afrika teruggekeer en die maatskappy NPO, wat die ren aanbied, het die ren aan die gang gehou totdat dit in 2007 aan Emma en Stephane Clair verkoop is. Die byeenkoms het in 2017 weer van eienaar verwissel toe NPO die wedren aan ’n nuwe maatskappy, ODC, met die veldtydrenlegende David Castera aan die stuur van sake, verkoop het. Hoewel die ren steeds in Marokko plaasvind, het Castera en sy span ’n nuwe tydvak ingelui met wêreldklas-aanbieding en talle vernuwings in die roete en uitleg van die wedloop.
422
Khoaseb sê hulle is opnuut besig met 'n operasie om uitstaande boetes in te vorder en lasbriewe te beteken. Hy beklemtoon die stadspolisie het die verantwoordelikheid om as wetstoepasser die besluite­ van die howe in dié verband in werking te stel. Gisteroggend alleen is meer as 11 mense in die hoofstad aangekeer, terwyl ses die vorige aand agter tralies beland het, het Khoaseb gesê. Op 'n vraag oor die impak van uitstaande boetes op die afhaal van motorlisensies, het die woordvoerder gesê daardie stelsels is nog nie verbind nie.
423
Huigelary is 'n wêreldtendens. Dit is so dat byna al die Blankes wat in die VSA teen apartheid is, in Blanke woonbuurtes woon. Thomas Jefferson, 3e president van die VSA, het geskryf dat alle mense van hulle geboorte af gelyk is, maar hyself het sy hele lewe deur slawe aangehou... Dr Verwoerd het die bewaring van erfnis as uiters belangrik beskryf. In 'n toespraak op 8 April 1959 het hy gesê dit is die plig van die volk self om te sorg dat dit wat hy geërf het, behoue bly. Die Staat kan nie na die publiek gaan en hom probeer opvoed tot bydraes om sy erfenisse te bewaar nie. Alleen 'n liggaam gebore uit die publiek self kan hierdie taak verrig. Plaaslike owerhede het net so 'n direkte belang en behoort net so 'n direkte steun te gee as 'n volk se lede en besighede self. Daar bestaan ook onder die nie-blanke bestanddele van ons land die piëteit teenoor iets wat aan hulle behoort. Weer eens was dit onpartydige en wyse woorde van dr Verwoerd dat aan ander gegun moet word wat hulle toekom. Wat die werklike ouderdom betref, kan 20 000 jaar op sekere gronde betwis word, maar dit is nie hier ter sake nie. Die belangrikste is dat dit 'n erfnis is wat bewaar moet word, al is dit ook net 20 jaar oud. 'n Erfnis is 'n erfnis en moet met die nodige eerbied hanteer word. Hierdie rotstekeninge word beskou as deel van die geskiedenis van die San en dit word aan persone met name in die San se geskiedenis genoem, verbind. Die grotte is nie vir algemene toeristebesoek oopgestel nie, maar is wel toeganklik vir belangstellendes wat dit wil besoek. Na bewering is die tekeninge deur jong kinders in die omgewing wat veewagters is, beskadig. Daar word nie daarop gesinspeel dat 'n ander volksgroep rassehaat probeer toepas nie, en dit is goed om by die werklike saak te bly, naamlik beskadiging van die erfnis. Die beskadiging word toegeskryf aan onvoldoende opvoeding van die kinders om die waarde daarvan te besef. Vroeër jare was die tekeninge deur klein en groot as 'n heilige erfnis beskou. Dit moet steeds so wees. Die Zoeloe het sy Emakuzeni – 'n stuk gebied wat die geboorte van sy nasie voorstel, nie 'n gebou nie, maar 'n landstreek wat vir hom 'n heiligdom geword het, 'n landstreek wat die staat reeds deur middel van die Naturelletrust vir hom verseker het. Daar moet die besef ook bestaan dat nie die staat nie, maar die volk self moet bewaar wat syne is en wat uit die verlede kom. Net soos erkenning van ander volke se erfnis, vra Afrikaners ook respek vir hulle erfnis. Erfnis het geen tydbeperking nie. 'n Mens erf immers vandag van jou ouers as hulle te sterwe kom en nie eers na 1 000 jaar nie. Die kasteel wat Jan van Riebeeck laat bou het, die Vryburgers se opbou van die landbou, onbesette grondgebied wat in besit geneem is, grondgebiede wat wettig gekoop is, die Voortrekkermonument, verkryging van 'n republiek onafhanklik van Brittanje, en dit wat Afrikaners vermag het sonder enige benadeling van ander volke, is die Afrikanervolk se erfnis. Daarom moet dit gerespekteer word. Standbeelde van elke volk se leiers en helde en presteerders is ook deel van sy erfnis en moet deur almal, wit en swart, eerbiedig word waar dit werklike onvervalste geskiedenis weerspieël. Uiteraard in die hartlande van die betrokke volke, daar waar hulle erfnisgrond is. Dit sal byvoorbeeld onvanpas wees om 'n standbeeld van 'n Amerikaanse president of 'n Nigeriese man in Suid-Afrika op te rig. 'n Standbeeld van Tjsaka in Kaapstad is misplaas. Elkeen het immers sy eie plek waar hy tuis hoort. Wat hieruit voortvloei is dat beelde van Afrikanervolkshelde bewaar moet word. Om dit te vernietig of weg te steek, weerspieël rassehaat.
424
‘n Baie verrykende besoek van oom Neil Verwey by ons aan huis. Hy is al in sy tagtigerjare en die legendariese stigter van die onafhanklike organisasie Japan Sending. As jy graag ons nuutste gesinsfoto wil sien, loer gerus hier. Laat weet ook indien jy dit in ‘n beter resolusie wil ontvang, dan stuur ek dit so aan.
425
Deur Suid-Afrika se geskiedenis heen het buitelandse regerings gepoog om druk teen Suid-Afrika toe te pas omdat hulle sterk gekant was teen die beleid van gelykheid van volke in 'n eie selfstandige volkvrye staat vir elke volk afsonderlik. Dit is ten spyte daarvan dat hulle hulself in 'n eie volkstaat regeer. Hulle misgun ander volke wat hulle openlik vir hulself toe-eien. Ons volkleiers het egter nooit hierdie pogings van buitelandse druk as geregverdig beskou nie en dit deurgaans voordelig verwerp. Geestelike sterkte het ekonomiese en ander druk sterk weerstaan en voorspoed het gevolg. Die felste geestelike aanslae teen Suid-Afrika het in die tydperk 1961 tot 1966 misluk, die tyd waar die opbloei op sy sterkste was. Suid-Afrika se destydse regering was korrek met sy benadering dat pogings tot geestelike druk slegs 'n lafhartige aanslag op 'n afstand is wat geen gevaar inhou nie. In 1962 het die Verenigde Volke in 'n besluit aanbeveel dat ledestate diplomatieke betrekkinge met Suid-Afrika verbreek, hulle hawens vir Suid-Afrikaanse skepe sluit, en 'n verbod plaas op skepe om Suid-Afrikaanse hawens te besoek. 'n Boikot op die koop van Suid-Afrikaanse goedere en 'n verbod op die uitvoer van goedere, insluitend wapens en ammunisie na Suid-Afrika en 'n verbod op landingregte vir Suid-Afrikaanse vliegtuie, was hierby ingesluit. Juis in hierdie tydperk van kastige buitelandse druk wat minagtend verwerp is, het groot ontwikkeling en ekonomiese voortuitgang plaasgevind. Soos reeds gemeld, het almal, blankes en swartes, 'n groot voorspoed geniet. Die algemene lewenstandaard van al die volke in Suid-Afrika het ingrypend verbeter met 'n groeikoers van 7,9% in 1965 – die tweedehoogste in die wêreld. Buitelandse lenings was oorbodig, want Suid-Afrika het ekonomies sterk gestaan. Staan by jou volk, staan by jou eerbare denkende volkleiers. Dit versterk almal en maak van buitelandse druk 'n grap. Daar bestaan geen manier waarop 'n regverdige regering deur buitelandse druk beheer kan word nie.
426
Waar die destydse VVO onbesonne aanbevelings gemaak het, is dit omseil deur byvoorbeeld goedere van en na Frankryk via 'n ander land te kanaliseer. Almal het daarvan geweet, maar niemand het beswaar geopper nie.
427
En in Suid-Afrika? Die redakteur van The Star het na besoek aan die Transkei op 27 Julie 1964 geskryf:
428
Die vier spreiligte is darem nog hier op hul hoë pale – die ligte wat die aand afgegaan het toe die Springbokke hier teen Kanada in ’95 se Wêreldbeker-toernooi gespeel het. Nou staan hier ’n man in verslete klere hoog bo in die hoofpawiljoen en kap en breek vir hom een van die losies se vensterraam uit. Die Boet, wat meer as 100 jaar oud is, het ’n aasplek geword vir mense met desperate bouplanne. ’n Mens is skrikkerig om by die tonnel onder die pawiljoen in te stap. Dit voel asof alles op jou kan intuimel. Michael stap voor, die skemer in. Dan is ons in ’n vertrek wat die plaaslike span se kleedkamer moes gewees het. Dit is geverf in die ou OP-kleure: swart en maroen-rooi. Hier het die hitsige OP-flank Tobie Oosthuizen ook sy befaamde motiveringsdinge voor ’n wedstryd gedoen. Oosthuizen sou glo sommer 'n spanmaat met die kop slaan om hom aan te moedig. Eenkeer het hy glo voor ’n wedstryd die OP-wapen op sy trui so passievol vasgegryp en die trui gepluk – en die trui heeltemal geskeur. Hoog op die pawiljoen sukkel die man steeds om die vensterraam uitgebreek te kry. Die beeste wei vredig en lekker. Die pale het waarskynlik by ’n skroothandelaar beland.
429
Willie De Kock Die laaste keer wat ek by Boet Erasmus,was reeds die '74 wedstryd waar Johan de Bruin sy glasoog verloor het. Ek en my pa het van De Aar af daarheen gery die oggend vroeg en daarna weer terug. Piet du Preez So word die hele Suid Afrika geplunder. Nou-net van 'n leë huis af gekom wat hulle begin plunder het!!!! Douw Hurter Dis mos die ideale plek waar rugby klinieke gehou kan word. Waar is die transformeerders nou, Watsons ingesluit. Hoekom vurk hulle nie die nodige fondse uit vir die verwagte ontwikkeling nie. Arthur James Cullen Manne vra bietjie vir Peet fourie(Petrus Johannes Fourie op FB) hy het 'n reeks DVD's wat vir jou mooi vertel wat nou aan die gang is.Ek noem dit die Storie van die Bose Magte.Die naam kan ek nie onthou nie maar dit is 'n eye opener as jy daai DVD's kyk. Riaan Kruger Ek kan nie glo wat ek sien nie. Het gedink dit is n plaas dorpie se velde. Wel geskok is ek beslis. Ek het in 1988 Craven week gespeel vir SWD op die veld. Was vir my n ondervinding van my lewe.
430
Onderrig vir 'n transformatiewe betrokkenheid by ons konteks: Die belangrikheid van omgee in Christelike pedagogiese voorstelle vir hoër onderwys
431
Verantwoordelike wetenskap vereis dat studente betrokke is by hulle konteks sowel as hulle eie leer sodat hulle ons wêreld met wysheid kan verstaan en transformeer. Ponti (J.J.) Venter argumenteer dat so 'n idee sentraal is in die verstaan van 'n (Christelike) universiteit. In hierdie artikel, opgedra aan Professor Venter, argumenteer ek dat die pedagogiese implikasies van so 'n Christelike verstaan van wetenskap verder ontwikkel behoort te word in 'n hoër onderwyskonteks. Omgee lei tot 'n verdieping van wonder en onderhou aktiewe optrede deur ons verbeelding voortdurend op te roep om daardie verandering waarna gehunker word in beide 'n akademiese en breër sosiale konteks voor oë te stel. Ek bied vyf konkrete voorstelle om dosente te ondersteun in die begeleiding van studente se omgee vir die wêreld. Hierdie voorstelle wys op die belangrikheid van inventaris-werk, die kweek van empatie, inspirerende voorbeelde, emosionele betrokkenheid en 'n innerlike en eksterne dialoog oor die gepaste vorm vir hulle omgee. 'n Christelike pedagogie behoort in die tweede plek studente te ondersteun om hulle eie styl van beweging tussen teorie en ervaring te ontvou; derdens behoort dit studente in staat te stel om hulleself as vennote in akademiese besprekings en historiese formatiewe agente wat bydraes tot ons wêreld lewer, te beskou; vierdens sal dit fokus op 'n siening van die werklikheid waarin studente se tentakels na verandering voortvoel, vergesel van normatiewe sofistikasie. Vyfdens vereis die ontwikkeling van 'n gepaste pedagogie dat dosente op organiese wyse eweknie-groepe ontwikkel om te reflekteer op onderrigpraktyke wat studente se transformatiewe betrokkenheid by ons wêreld aanmoedig.
432
As u 'n nuwe bestuurslid wil nomineer, laai dan ook die nominasievorm af en vul dit baie volledig in voordat u dit by die kanoor inhandig. Is jy 'n trofeejagter? Is jy 'n kenner van die verskillende diersoorte en trofees? As jy is, en jy wil graag as 'n trofeemeter (S.A. Rekordboek) kwalifiseer, kan jy met die Hoof van Opleiding van die Uitvoerende Bestuur (Tinus Erasmus 082 739 0414 skakel om te hoor wanneer hulle weer so 'n kursus aanbied. Hierdie kursusse word nie gereeld aangebied nie, aangesien BJV net 'n beperkte aantal trofeemeters verkies, om kontiniuteit en konsekwentheid te verseker. Die kursus behels 'n teoretiese gedeelte en 'n praktiese gedeelte, en 'n ho� slaagpunt verseker goeie gehalte meters. Nadat die teoretiese en praktiese eksamens geslaag is, moet die aspirantmeter ook op die volgende twee jaarlikse Trofeemetingskompetisies onder toesig van 'n gekwalifiseerde meter meet, voordat hy of sy kan kwalifiseer as 'n S.A. Rekordboekmeter. Daar word van tyd tot tyd Spoorsnykursusse aangebied. Hierdie kursusse word slegs gehou wanneer daar 'n behoefte bestaan by lede vir so 'n kursus, en nie op gereelde grondslag nie. Skakel die Hoof Opleidingsbeampte van Uitvoerend, (Tinus Erasmus 082 739 0414) indien jy belangstel. CHASA het 'n nuwe skiettabel saamgestel wat geskiet sal word op intervereniging skietdae. Daar is ook 'n nuwe klassifikasiesisteem in plek gebring waar lede in sekere kategorieë sal meeding volgens elke lid se eie skietvermoë. Laai asseblief die onderstaande twee pdf leêrs af en druk dit uit. Aan die einde van Oktober elke jaar, is dit tyd om te kom spog met al die groot trofees wat jy deur die jaar ingepalm het. Die Uitvoerende Trofeemetingskompetisie is 'n geleentheid wat reeds sedert die ontstaan van BJV in 1969 elke jaar plaasvind en het reeds 'n tradisie geword wat min trofeejagters misloop. Daar is, benewens die eerste plekke wat vir elke spesie behaal word, ook 'n Grootkampioen en Binnelandse Kampioen wat jaarliks gekies word. Ook 'n Junior Jagter van die Jaar en daar word ook gekyk watter trofee die eerste plek behaal as "Naaste aan die wêreldrekord". Daar word ook jaarliks meegeding om die trofee vir die tak wat die beste in die kompetisie gevaar het. Onthou net dat, indien jy aan hierdie kompetisie wil deelneem, daar 'n stel reëls is wat noukeurig nagekom moet word. So moet jou papierwerk reg wees, dit wil sê permitte, toestemmings ens., en daar is ook 'n vereiste dat jou trofeë skoon en reukvry moet wees en nie gemonteer mag wees nie. Laai gerus die PDF leêr "Trofeemetingsreëls" af wat op hierdie webwerf aangegee word, en sorg dat jy al hierdie reëls bestudeer voordat jy inskryf. Wanneer enige van jou trofeë groter meet as die vereiste minimum vir die SA Rekordboek, kan jy aansoek doen dat jou trofee in die rekordboek opgeneem word - laai die PDF vorm onder aan hierdie bladsy af en druk dit uit sodat jy die vorm kan voltooi en inhandig. Jy kan ook onder Skakels / Links elders op hierdie webwerf op die SA Rekordboek se webbladsy ingaan om die rekordtrofees te besigtig. Enige navrae kan gerig word aan die Hoof Trofeemetingsbeampte, NW Ligthelm 083 233 7505 Die spoggeleentheid van BJV, waar jy vir Mammie kan trakteer en sy haarself 'n slag kan bederf met 'n nuwe uitrusting en weer 'n slag "gr�nd" kan aantrek! Dit is die afsluitingsfunksie van BJV en hier word ook verskeie bekers uitgedeel wat op die Trofeekompetisie gewen is. Daar word ook gereeld 'n gasspreker genooi en eregaste sluit in vorige wenners van die Musgrave trofee, die CHASA voorsitter en ander BBP's. Hierdie funksie vind gewoonlik die dag na die trofeemetingskompetisie plaas. Jy het nou die kans om jou CHASA bekwaamheid uit te brei. Jy kan met die volgende dissiplines ook addisnionele erkenning kry wat jy met n plakker op jou Chasa Bekwaamheidsertifikaat kan byvoeg: Handwapen Haelgeweer Boog Swartkruit Sien die meegaande dokument vir meer. NB: Plakkers kan deur die tak by CHASA bestel word vir die suksesvolle kandidate. Daar is tans nie balkies vir hiervoor nie en BJV sal besin oor die balkies en dit deurgee aan die takke wanneer daaroor besluit is.
433
Deur Daantjie Badenhorst. Hoewel die Volkswagen Beetle die gewildste motor was wat tot nog toe vervaardig is, het hy een gebrek gehad; hy was nie groot genoeg vir ‘n gesin nie. Die Volkswagen Kombi, wat in 1950 die eerste keer op die mark gekom het, het nie noodwendig...
434
Dit is heeltemal natuurlik vir ons om ‘n vrees te hê vir verdrink. Ek weet nie van jou nie, maar ek voel eenvoudig net veiliger met my voete op die grond eerder as in die water. Ek is immers ‘n soogdier wat op land lewe en dus is ons ongemaklike vrees vir verdrink natuurlik. Met dit gesê, scuba gear is ontwerp spesifiek om jou te keer van verdrink. Jou BC, regulator, die cylinder vol lug op jou rug en alles anders wat jy gebruik terwyl jy scuba duik is gemaak om jou toegang te gee tot ‘n wêreld wat jy nie normaalweg sal kan sien sonder om te verdrink nie. Vat dit stadig, en jy sal vinnig agterkom dat jou vrees van verdrink onnodig is as jy scuba gear aan het. Begin dalk soos ek het deur net jou gesig omder die water te sit en in te asem deur jou regulator vir die eerste keer. Van hier af gaan die stappe nie meer so vreesaanjaend wees nie en voor jy jouself kan kry gaan jy duik in die see, ‘n hele ander wêreld. Wanneer jy so paar meter onder die water is, is daar geweldige druk betrokke. Alhoewel meeste mense nie eers die druk regtig voel nie, kan dit veroorsaak dat party mense entevrees begin ervaar. As jy voel jy is vasgevang onder die water, vat ‘n oomblik om rond te kyk om jou en te besef in hoe groot oop spasie jy eintlik is. En met jou scuba gear kan jy daardie spasie verken soos wat jy nog nooit van te vore sou kon nie. Ek het self ‘n groot vrees vir haaie. Ek het vinnig uitgevind dat haaie nie enigsins belangstel in scubaduikers nie. As jy mooi daaroor dink is dit baie logies: ‘n Scubaduiker maak baie geraas (elke keer as jy inasem of uitasem), daar kom ‘n ongelooflike hoeveelheid borrels van jou af en jy het ook allerhande elektriese gereedskap ooral op jou lyf. Haaie verstaan nie wat ‘n scubaduiker is nie. Vir ‘n haai is ‘n scubaduiker ‘n vreemde ding en haaie vermy eerder iets vreemd deur weg te swem. Wanneer jy jou PADI Open Water kursus doen, is een van die eerste dinge wat jy leer om jou lugdruk dop te hou. Jou dive instructor en ook jou dive master gaan jou gereëld vra op hoeveel bar jy is met die handseine wat jy leer vir gebruik onder die water. Dit word vinnig vinnig tweede natuur om ‘n ogie te hou op hoeveel bar jy oor het en wanneer jy 50 bar tref is daar meer as genoeg tyd om weer terug na die water se oppervlak te beweeg sonder om jou lewe in gevaar te stel. Jy leer ook van die buddy system. Elke duiker het ‘n buddy of is ‘n buddy vir ‘n ander scubaduiker. Elke duiker (en dus buddy) het ‘n back-up regulator. As jy dus nie meer lug oor het nie, sal jou buddy jou kan lug gee met sy back-up regulator terwyl julle weer terugkeer na die oppervlak van die water. Jy sal ook vinnig jou duikgereedskap begin vertrou en besef dat jy nie hoef ‘n vrees te hê vir nie meer lug hê nie. Onthou scuba gear word ontwerp vir wat dit doen, en met die regte opleiding (soos wat jy by Geko Divers se instuctors kry) sal jy weet hoe om enige situasie te hanteer.
435
Die afwagting neem toe, maar die volgende positiewe ding wat met Josef gebeur, kom eers na ‘n lang tyd verloop het, ongeveer in die elfde jaar van sy tronkstraf (Gen. 41:1). Trouens Josef sou ongeveer dertien jaar in die tronk deurbring (Gen. 41:46). In die tydsberekening van die Here verloop daar soms jare voor die tyd ryp is vir wat Hy beplan. Die hoof van die skinkers se droom oor die wingerdstok met die drie lote waarvan hy die ryp druiwe in die farao se beker uitdruk, word deur Josef geïnterpreteer dat hy weer oor drie dae in sy amp herstel sal word. Die hoof van die bakkers se droom was opgewonde oor die gunstige uitleg vir die skinker, maar moes die grusame nuus aanhoor dat sy droom van die drie mandjies met brood op sy kop wat die voëls opgevreet het, beteken dat hy aan ’n paal opgehang sal word waar die voëls sy vleis van hom sal afvreet. Let op hoe dit net vir die skinker is wat Josef vra dat hy aan hom moet dink en ‘n guns aan Josef moet bewys deur sy saak aan die farao te stel. Dit is immers net hy wat moontlik ‘n effek op Josef se lot kan hê. Josef wil hê dat sy verhaal van ontvoering en verontregting die ore van die koning moet bereik. Hy het niks gedoen wat dié onreg verdien nie. Dit alles het gebeur soos Josef vir die twee hulle drome uitgelê het. Na drie dae is die twee weer na die koning met sy verjaarsdag ontbied en die skinker het inderdaad sy pos teruggekry en die bakker is opgehang. Die hoop dat Josef se verhaal by die koning sou uitkom, het egter beskaam. Die hoof van die skinkers het nie weer aan Josef gedink nie. “Hy het van Josef vergeet.” Soos dit waarskynlik die geval was met sy broers in Kanaän. Maar nie soos dit die geval was met die eintlike koning, die Here, nie, soos ons in die volgende hoofstuk sal agterkom. Twee jaar later sou Josef se kans kom. Die laaste twee drome bevestig dus uiteindelik die ware betekenis van die eerste twee drome, al neem dit ongeveer twintig jaar voor dit waar word. En dit is nie net sy ouers en broers wat hom daarvoor eer nie. Hy hou die hele wêreld se lot uiteindelik in sy hand met die wyse plan om koring gedurende die sewe vet jare op te gaar vir die sewe maer jare wat sou kom. God het hom inderdaad vir die hele wêreld geroep en sy sorg vir alle mense daardeur geïllustreer.
436
Dankie Thys, soos jy kan sien het ek die avatar (heel per ongeluk) reggekry, maar die signature... ai tog.... ek't hom laas geload gekry en die volgende dag toe's hy weg!!! Uiteindelik- gelukkig slaap my dogter al, anders sou ek nooit die einde van hierdie gesukkel gehoor het nie!!!! Ek kan net een ding sê... ek kan sien hoekom jy dit 'n "PROVILE" pic noem en nie 'm "PROFILE" pic nie. Laai die signature prenkies in Photobucket. (Jy moet dit doen). Dan copy jy die "IMG Code" link onder aan die prenkie op Photobucket. Hy moet so lyk met die [IMG] tags rondom hom. Nou daai URL loop paste jy in jou "Signature" blok op jou User Control Panel in.
437
2420 reisbeskrywings as bronne vir die kerkgeskiedskrywing van die nederduitse gereformeerde kerk in suidafrika tot 1853 DOC
438
Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
439
↑ Daar word gereeld na Ierland verwys as die Republiek van Ierland as die amptelike "beskrywing" van die staat on dit te kan onderskei van die eiland Ierland as 'n geheel.
440
Jy besef dalk op 'n dag dat daar goed is wat jy doen waaroor die Here nie opgewonde is nie. Jy begin jouself afvra, Hoekom is hierdie goed dan nou so verkeerd? Hoekom wil U nie hê dat ek hierdie goed moet doen nie, of betrokke daarby wees nie, of my gedagtes in hierdie rigting laat gaan nie? Hoe is dit moontlik dat iemand wat 'n kind van God is en wat gebore is met die Gees van God in hom, dat dit wat op die hart van die Koning is en dit wat op die hart van die Koningskind is, so ver verwyder van mekaar kan wees? Hoe is dit moontlik dat mense na 'n kind van die Here en sy lewenswyse, sy lewensingesteldheid en die manier wat hy homself gedra, kan kyk en die ooreenkoms tussen hierdie koninkrykskind se lewe en dit wat op die hart van die Koning is, soek? Hoe is dit moontlik dat daar soveel afstand kan wees tussen hierdie twee lewenskwaliteite en lewensingesteldhede? Wanneer jou hart in die agenda van die Vader verweef is, soos Jesus s'n was, is daar niks wat die Vader van jou wil weerhou nie. Daar is niks wat Hy nie vir jou wil gee nie. Wanneer jy egter die lig van die wêreld as jou verwysingsraamwerk gebruik, verval jy in 'n manier van lewe wat nie strook met God se hart nie. Jy begin soos 'n heiden leef, soos iemand wat uitgelewer voel, wat voel dat jy soveel as moontlik moet gryp, want op een of ander stadium gaan die gode hierdie goed van jou ontneem en gaan jy nie meer die genot daarvan hê nie. So 'n ingesteldheid is die ingesteldheid van iemand wat nie die hart van God die Vader ken nie, van iemand wat nie leef volgens die begeerte van die Vader om te seën, om te gee, om te onderneem, om te ondersteun en om jou lewe met elke goeie gawe te vul nie. Ondersoek jou verhouding met die Here en vra jouself af, Is my ingesteldheid in lyn met die ingesteldheid van die God wat vir die voëls van die hemel, vir die lelies en die gras van die veld voorsien? Is my ingesteldheid in lyn met sy hart? Voel ek uitgelewer? As jy uitgelewer voel, wie laat jou uitgelewer voel? Die een wat God ons Vader wil skilder as 'n moedswillige, moeilike, nukkerige, onbevredigde God, wat alles van jou wil ontneem en die lewe vir jou so moeilik as wat Hy kan, wil maak. Die vyand wil 'n wig tussen jou en God kom indryf, deur jou aan God se manier of God se vermoë om vir jou te voorsien, te laat twyfel. Kyk na wat Jesus in Matteus 6:33 (NLV) sê: Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as 'n bonus byvoeg. Vestig jou oog op sy hart en sy ingesteldheid. Verstaan sy gedagtes oor jou. Begin hierdie seisoen deur die hart van die Vader te begryp. Dink vanuit sy verwysingsraamwerk, nie soos heidene dink nie. Ken Hom vir wie Hy werklik is en lewe vanuit sy voorsiening, deur sy hart jou fokus in alles wat jy doen te maak.
441
Dit dek egter net die tafel vir die eintlike beweegrede vir sy trek terug na sy land toe. Die Engel van God het in ‘n droom aan hom verskyn en opdrag gegee om terug te trek. Dit is duidelik uit die inhoud van die gesprek met Jakob dat dit God self is wat met hom kommunikeer, dieselfde God wat by Bet-El aan hom verskyn het. Dit oortuig Ragel en Lea om in te val by sy voorneme: “Doen dus gerus maar alles wat God vir jou gesê het.” Dat Jakob hulle in dié geval gelyk hanteer, het waarskynlik ook ‘n rol gespeel in hulle gesamentlike aanvaarding van sy voorneme. Dit is ook ironies dat hulle daarmee “onrein” raak vanweë Ragel se menstruasie, selfs al het sy dit net voorgegee. Dit is eintlik ook skreeusnaaks dat Laban se soektog vir sy afgodsbeeldjies niks oplewer nie. Hy kan sy afgode nie opspoor nie, want hulle kan nie vir hulleself praat nie, laat staan nog enigiets effektiefs doen. Dit terwyl die lewende God in geen onseker terme die gang van sake bepaal van alle partye wat in hierdie konfliksituasie betrokke is. Laban gee die herinneringsklip ook ‘n ekstra naam, Mispa, wat beteken: “die Here hou ’n oog oor ons wanneer ons mekaar nie meer kan sien nie.” Daarmee maak hy aanspraak op die Here as getuie van die ooreenkoms tussen hulle. Hy verwag dat Jakob goed sal kyk na sy kinders en belowe om nie self teen Jakob op te trek in oorlog nie. Hy roep daarmee die God van Abraham – Jakob se oupa – en die God van Nahor – sy eie oupa – as getuie en regter op in die toekomstige kontak tussen hulle nasate. Jakob lê net ‘n eed af by die Naam van die Beskermer van Isak, sy pa. Dit verklaar hoekom die getuienis van die Israeliete die toets van die tyd deurstaan het. Uit dié geloofsgemeenskap is die Messias uiteindelik gebore wat tot ‘n seën van die wêreld sou wees. Die Arameërs se getuienis was altyd ‘n gemengde werklikheid wat die Godsbeeld in hulle geskiedenis verduister het. Hoewel hulle die pad saam met die Godsvolk begin het, het hulle liefde vir ander gode hulle van die pad af verlei. Daarmee kan die Here Homself nooit vereenselwig nie. Soos die wet later sou uitspel: “Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My.” (Eks. 20:3-5). Die wortels vir dié duidelike riglyn vir die geloofslewe lê onder andere in dié verhaal van Jakob en Laban en die God van Bet-El en die afgodsbeeldjies waarop Ragel kon sit … Dieselfde boodskap kan daarom aan ons gerig word. Ons durf ook nie enige ander lojaliteit hê benewens God self nie. Hy is ons Beskermer. Hy is ons Begeleier. Hy is die een wat Bystaan. Hy is die God van Bet-El wat Jakob eenmaal bygestaan het, en dit altyd ook vir ons sal doen. Dit is van Hom wat ons ons seën kan verwag, soos Jakob in die volgende hoofstuk van sal getuig in sy worsteling met God self.
442
Die polisie het aanvanklik net Linda se geboortename bekend gemaak. Ons het dit egter in die berig weer Linda gemaak.
443
Cameron het toe gesê hy sal bedank teen die tyd dat die Konserwatiewe Party se konferensie in Oktober gehou word. Sterkte me May die aarde het mense soos jy nodig en nie lamsakke soos in SA en VSA nie. Kyk na jou inwoners soos die ou presidente van die VSA
444
Sy volg haar 2de plek in die Cape Argus in 2011 op met 'n eerste plek in sowel die padwedloop en die 'time trial' by die African Continental Road Cycling Championships in Burkino Faso in 2012. Sy wen ook die Cape Argus 2012 in 'n tyd van 2:52:24. Sy skop 2013 briljant af deur die South African Time Trial Championships sowel as die South African Road Championships in te palm. Sy behaal ook 'n vyfde plek tydens die Flèche Wallonne Femmes byeenkoms in België - wat sy as die hoogtepunt van haar loopbaan sien.
445
Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe
446
Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom. Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.
447
“Liewe kinders, weer roep ek jou op oop te staan vir my boodskappe. My liewe kinders, ek wil jou almal nader aan my Seun, Jesus bring; bid en vas daarom. Ek roep jou veral op vir my bedoelings te bid, sodat ek julle aan my Seun kan aanbied. Hy sal jou hart verander en oop vir die liefde. Wanneer jy liefde in jou hart het, sal ook die vrede in jou woon. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, ook vandag roep ek jou tot gebed op. My liewe kinders, bid totdat die gebed jou tot vreugde word. Alleen so sal elkeen van julle die vrede in die hart ontdek en sal jy diep tevrede wees. Jy sal die behoefte sien, die liefde, wat jy in jou hart en in jou lewe gewaar word aan ander oor te bring. Ek is met julle en doen voorspraak by God vir julle almal. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag verheug ek my met jou beskermheilige en nodig julle uit, oop te staan vir die wil van God, sodat die geloof in julle mag groei en deur julle in die mense wat jy in jou daaglikse lewe ontmoet. My liewe kinders, bid so lank tot die gebed vir julle 'n vreugde word. Vra jou beskermheilige om hulp, sodat jy mag groei in jou liefde tot God. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, in hierdie tyd van genade Ek roep jou op nog nader aan God te kom deur jou persoonlik gebed. Benut die tyd van ontspanning en gee jou siel en jou oë rus in God. Vind vrede in die natuur, en jy sal God die Skepper ontdek. Dank Hom vir alle skepsels; dan sal jy in jou hart vreugde vind. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, in hierdie tyd van genade roep ek jou op, dat jy deur jou persoonlik gebed God nog meer nader kom. Gebruik hierdie tyd van ontspanning, en gee jou siel en jou oë rus in God. Vind vrede in die natuur en jy sal God die Skepper ontdek, wat jy vir alle skepsels sal kan dank; dan vind jy in jou hart vreugde. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, ook vandag verheug ek my met julle en roep julle almal op tot gebed met die hart. Ek roep jou op, kinders, saam met my God te dank vir die barmhartigheid wat Hy deur my aan julle gee. Ek wil hê dat jy verstaan wat ek hier tot stand wil bring, nie net 'n plek van gebed maar ook' n samekoms van harte. Ek wens dat jou hart 'n hart van liefde en vrede word. Daarom, kinders, bid en verbly jou oor alles wat God hier doen, ten spyte van die feit dat satan onenigheid en onrus veroorsaak. Ek is met elkeen van julle en lei julle op die weg van die liefde. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om in gebed saam met Jesus te wees, om deur die ervaring van die persoonlike gebed die skoonheid van God se skepsels te kan ontdek. Julle kan nie oor gebed praat, of daarvan getuig, as jy nie bid nie. Daarom, my liewe kinders, bly in die stilte van jou hart by Jesus, sodat Hy jou deur sy Liefde verander en herskep. My liewe kinders, dit is vir julle 'n tyd van genade. Benut hom vir jou persoonlike bekering. As jy God besit, besit jy alles. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nodig ek jou uit my oproep tot gebed te beantwoord. Liewe kinders, ek wil graag dat jy in hierdie tyd 'n hoekje vind vir persoonlike gebed. Ek wil jou bring tot bid met die hart. Alleen dan sal jy verstaan dat jou lewe sonder gebed leeg is. Die sin van die lewe sal jy ontdek, as jy God in die gebed vind. Daarom, my liewe kinders, open die deur van jou hart en jy sal verstaan dat bid vreugde beteken, waar julle nie meer buite kan. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om elke dag vir God te kies. My liewe kinders, jy praat baie oor God, maar deur jou manier van lewe getuig jy daarvan maar weinig. Besluit daarom, my liewe kinders, jou te bekeer, sodat jou lewe opreg is teenoor God. Dan getuig jy deur die opregtheid van jou leefwyse van die skoonheid wat God jou gegee het. My liewe kinders, ek nodig jou weer uit 'n besluit te neem om te bid, want deur die gebed kan jy jou bekering waarmaken. Almal sal in eenvoud gaan lyk op 'n kind, dat oop vir die liefde van die Vader. Dankie dat jy aan my oproep gevolg gegee het. ” “Liewe kinders, ook vandag nodig ek jou uit te bid, want slegs deur te bid sal jy my koms na hier kan verstaan. Die Heilige Gees sal jy tydens die gebed verlig, sodat jy verstaan dat jy jou moet bekeer. My liewe kinders, ek wil van julle 'n pragtige ruiker maak, gereed vir die ewigheid nie, maar jy neem die pad van bekering, die weg van die heil, wat ek julle deur hierdie verskynings aanbied, nie aan nie. My liewe kinders, bid, bekeer jou hart en kom nader aan My. Die goeie moet die kwaade oorwin. Ek hou van julle en seën julle. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
448
Troeteldier waansin is 'n baie oulike skakel speletjies, is regtig 'n goeie wedstryd, baie interessant…
449
Voordat jy dui op 'n kategorie te verseker dat dit nie reeds gedek is deur 'n ander kategorie reeds in ons gids. As dit dan nie asseblief raai dit!
450
Voel geen skaamte as jy masturbeer met ons porno nie. Die vroue is beeldskoon en die seks is uit die boonste rakke.
451
Die hele dag het so ‘n sagte gevoel aan gehad. Alriëtte het nie ophou smile (of straal) nie. Niaan kon nie wag om vir Alriëtte in die isle af te sien stap nie. Was self maar moeilik om hom te sien sonder ‘n smile. Sjoe!! Dis asemrowend mooi – nog altyd geweet dis ‘n fotogeniese niggie – maar jy bewys dit net weer eens!!! Pragtig, pragtig!!! Die wag was die moeite werd!!
452
ETDs 'n Nosioneel-funksionele grondslag vir die ontwerp van 'n Afrikaanskursus vir volwasse beginners
453
As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het. Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep/Duo. Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Jouba self geskryf en is ’n getuigskrif van die musiekpaar se liefde vir speelse ritmes, melodieë en mooi lirieke. “Saam met akoestiese kitaar- en klavierspel, kleur drie saksofone Vlugvoetig verder in. Gideon Botes dra onverbeterlik by tot hierdie lied met sy kitaarsolos en Shaun Johannes lê ’n stewige fondament, vir die voete om te begin jeuk, met sy kontrabas,” verklap hulle. Die storie speel af by ’n ‘Kaleidoskoop-dans’ in die vyftigerjare. Almal is aangetrek in daardie era se klere (deur Glare Modern Vintage) en Anique spog ook met ’n bypassende grimeer- en haarstyl, wat deur Jacqueline Tolken opgetower is. Dit skop af met ’n ‘mannekyn-uitdaging’ waar al die karakters in posisie moet vries om die illusie te skep dat die video op pause is. “Daar is ’n pragtige meisie met wie almal wil dans, maar tussen die gewilde manne, met al die regte danspassies, het sy net oë vir die skynbare bleeksiel wat glad nie kan dans nie. Soos die manne haar wil nooi om ’n draai op die dansvloer te maak, spring haar vriendinne tussenin om die manne vir hulle self toe te eien en wys sy ook verskeie versoeke van die hand. Wanneer die bleeksiel uiteindelik genoeg moed bymekaar skraap om sy danspassies ten toon te stel, is die meisie dadelik verlief en besluit sy om wel met hóm te dans,” vertel Anique.
454
Ek beplan om Josua in die eerste kwartaal 2018 hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Ek begin DV 17 Januarie 2018. Daarna beplan ek om Rigters deur te lees vanaf 21 Februarie 2018. Die boek Josua is die eerste een van die Vroeë Profete in die Ou Testament. Die ander is Rigters, 1-2 Samuel, en 1-2 Konings (wat jy by die skakels kan bereik en hoofstuk-vir-hoofstuk kan deurlees). Die boeke word profeties genoem omdat die doel van die beskrywing van dié verhale van Israel was om vanuit ‘n teologiese en Goddelike perspektief te beskrywe wat en hoe dinge gebeur het sodat dit as geestelike onderrig vir die volk kan dien. Interessant is dat ons met die boek Josua ‘n duidelike proses begin raaksien van die skrifstelling van die uiteindelike OT. Die skrifstelling van die Bybel is deur Moses begin (Eks 24:4) en het die hart van die wetboek gevorm wat deur die Leviete bewaar is in die Tabernakel (Deut 31:9). Die wetboek was bedoel om deur hulle en die ander leiers bestudeer te word as rigsnoer vir die lewe. Onthou ook dat die naam van die boek Deuteronomium die “tweede wet” beteken. ‘n Afskrif van die wetboek is aan die leiers gegee – veral later ook aan die koning – om gereeld te lees en in alles as rigsnoer te gebruik: “Wanneer hy as koning oor sy ryk regeer, moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie wet maak. Hiervoor moet hy die eksemplaar van die Levitiese priesters gebruik. Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.” (Deut 17:18-19). Hierdie wetboek raak dus die boek wat Josua sy eie maak (Jos 1:7). Hy kry ook die voorreg om later die wetboek aan te vul (Jos 24:26). Die sogenaamde Josua-woorde vul dus die Moses-woorde aan. In sy tyd was daar ook nog die Boek van die Opregte (Jos 10:13) wat die verhaal van die stilstand van die son en maan vertel (vgl. ook 2 Sam 1:18 wat vertel dat ‘n lied van Dawid daarin opgeteken is). Ons sien dus hier by Josua die begin van ‘n kern-kanon (kanon beteken “maatstaf“), die begin van die Bybel. Later sou Samuel ook regsvoorskrifte, veral ten opsigte van die koning se verantwoordelikhede, byvoeg (1 Sam 10:25) en dit saam met Moses en Josua se geskrifte in die heiligdom bewaar. Van tyd tot tyd is die verhale van Josua opgedateer (van die stede in Jos 15 het moontlik eers in die 8ste eeu v.C. tot stand gekom) om die relevansie daarvan vir die kultiese gebruik by hulle feeste te behou. Van Gilgal af het Josua ‘n groot veldslag teen ‘n suidelike koalisie van vyf van die konings in die Suide gevoer op aandrang van die Gibeoniete. Die geveg het suidwaarts van Gibeon af na die Ajalonlaagte verskuif. Dit was hier waar Josua die Here gevra het om die son en die maan te laat stilstaan sodat hulle die vyand kon verslaan. Na ‘n klomp van die suidelike stede ingeneem is, het Josua ook Hasor, ’n belangrike stad tussen die Hulemeer en die See van Galilea, ingeneem. Koning Jabin van Hasor het die leërs van omliggende stede gevra om hom te help, maar die Here het die Israeliete bygestaan om hierdie noordelike koalisie te verslaan. Dit het aan hulle toegang verleen tot die ander gebiede in die noorde van Israel. Die groot vraag wat egter na die inname en verdeling van die land ontstaan, is: “Sal die volk getrou bly aan die Here? En die hele verhaal van Israel wat hierna ontvou deur die boeke wat volg – in die Vroeë Profete en later die 15 Skrifprofete – word aan hulle getrouheid aan God al dan nie beoordeel. Baie dankie vir elke stuk wat ek ontvang. Dit beteken vir my baie. Ek leer so baie. Geseënde Kersfess en `n mooi 2018.
455
jaag jy hulle beslis weg. Die kameelperde benut die blare van bome wat te hoog is vir ander diere om te benut. Hulle kyk af op baie doring bome wat in die veld is. Hierdie dier word tot 30 jaar oud. Daar is spesiale kleppe in hul bloedvate wat keer dat daar nie teveel bloed na hul koppe vloei wanneer hulle water suip nie. Met daardie lang tong wat tot `n half meter uitgesteek kan word stroop hulle blare van bome. Met daardie lang tong trek hulle ook tot doringtakke nader om die blare in sy bek in te trek.
456
Rooibekneushoringvoel voor die nes waar binne twee kleintjies is. Gewoonlik pleister hulle die bek van die nes toe met slegs `n skrefie oop waardeur die mannetjie en wyfie die kleintjies voer. Die mannetjie voer die wyfie terwyl sy in die nes sit. Hy voer haar deur die gleufie wat hulle voor die gat gepleister het. sy broei op die eiers terwel sy sonder vere daar sit. Wanneer die eiers een na die ander oor n periode van `n paar dae uitgebroei het breek sy die gat groter sodat sy kan uitgaan en om saam met die mannetjie die kleintjies te voer. Die bek van die nes word weer toegepleister sodat daar net `n gleufie oop is om die kleintjies te kan voer.
457
Reisbeskrywings As Bronne Vir Die Kerkgeskiedskrywing Van Die Nederduitse Gereformeerde Kerk In Suidafrika Tot 1853
458
Ons gewone mense kom eintlik baie goed oor die weg, ongeag ras en geslag. Dis enkele politici wat baie van die haat- en rassistiese uitsprake maak.
459
Raviolideeg: Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en pols tot dit soos growwe, natterige broodkrummels lyk. Strooi die meel op ’n werkoppervlak, verwyder die deeg uit die voedselverwerker en knie sowat 10 min. tot die deeg glad en syerig is. Sny in vierkante deur met ’n deegsnyer om elke hopie te sny. Plaas vir sowat 10 min. in die yskas en laat rus terwyl die sous gemaak word. Sous: Gebruik ’n swaarboompot en soteer die ui, steranys en garnaaldoppe in die botter tot die ui deurskynend is. Voeg die knoffel en rissies na smaak by en braai ’n paar minute. Giet die brandewyn by en roerbraai 3 min. Voeg die aftreksel en lemmetjieblare by en kook tot die mengsel met twee derdes verminder het. Dreineer die mengsel deur ’n fyn sif en giet die vloeistof terug in die pot. Verlaag die hitte en voeg die suurroom of crème fraîche by. Roer goed deur en kook oor ’n lae hitte tot die sous effens verdik.
460
L. Frank Baum (1856–1919) was 'n Amerikaanse skrywer, digter, akteur en filmmaker. Hy is veral bekend vir sy kinderboeke, waarvan The Wonderful Wizard of Oz (1900) die bekendste is.[1] Lyman Frank Baum is op 15 Mei 1856 in Chittenango in New York gebore. Hy begin op 'n jong ouderdom te skryf. Sy pa het vir hulle 'n eenvoudige drukpers gekoop, wat hy en 'n jonger broer gebruik om 'n plaaslike koerantjie te druk. As 'n jong man begin Baum om toneelstukke te skryf en aan te bied. Hy skryf ook soms liedjies vir sy dramas en help self met die opvoering daarvan. Hy het talle beroepe probeer, en was vir 'n tyd selfs 'n reisende verkoopsman en algemene handelaar gewees. Later stig hy 'n koerant in 'n dorp in Suid-Dakota waar hy gewoon het. In 1882 trou hy en sy vrou, Maud Gage Baum. Vier seuns is uit die huwelike gebore. Baum het 'n baie goeie verbeelding gehad en het daarvan gehou om stories vir sy seuns en hul vriende te skep. Baum begin op 40 jarige ouderdom om kinderboeke te skryf. Hy baseer hierdie boeke dikwels op stories wat hy oor die jare vir sy kinders vertel het. Ná 'n paar suksesse in die 1890's, publiseer hy sy "Amerikaanse sprokie", The Wonderful Wizard of Oz in 1900. Die Amerikaanse kunstenaar W.W. Denslow het die foto's verskaf. Geen uitgewer in Chicago wou dit publiseer nie, en Baum moes self vir die eerste oplaag betaal. 'n Persoon het hom selfs vertel dat as mense sulke boeke wou lees, dit reeds geskryf sou gewees het. Die eerste Oz-boek was 'n reuse sukses. Baum kon sy besighede opgee en genoeg geld uit die skryf van kinderboeke verdien. Talle kinders wat sy boeke gelees het, het vir hom briewe gestuur om vir meer Oz-stories te vra. Hy raak naderhand moeg vir die reeks en probeer om dit te stop. Sy lesers het egter aangedring dat hy daarmee aanhou en hy het uiteindelik vir die res van sy lewe aan hierdie behoefte voorsien. Hy het in totaal 14 Oz-boeke geskryf, waarvan die laaste twee na sy dood in 1919 gepubliseer is. Naas die Oz-reeks het Baum ook talle ander boeke geskryf. Hy was veral trots op sy fantasieë vir kinders, maar het ander gewilde werke in verskeie genre gelewer, en ook verskeie skuilname gebruik. Baum het 'n goeie inkomste uit sy boeke verdien en kon saam met sy vrou oor die wêreld reis. Hulle vestig hulle in Hollywood, Kalifornië, waar Baum 'n paar rolprente van sy Oz-boeke maak. Hy omskep ook 'n paar stories in verhoogstukke. Sy ondernemings was egter nie altyd suksesvol nie en met verloop van tyd is hy bankrot verklaar. Hy was slim genoeg om sy huis op sy vrou se naam te sit, en het sodoende nie die huis verloor nie. Hy is op 6 Mei 1919 aan 'n beroerte oorlede.
461
“Ek het vir twee partye gestem, nasionaal en provinsiaal, maar nie vir die ANC of vir die DA nie,” het Kasrils gesê. Kasrils het aan die koerant gesê hy het twee kleiner partye ondersteun wat hy meen die verandering kan bied wat hy graag in die land wil sien.
462
Volgens Zwane het die meisie daarna herhaaldelik met haar ouers in verbinding getree en gesê sy hou nie van wat die man met haar doen nie. Haar ouers het egter gesê dit is nou haar nuwe huis en die man sal vir haar sorg. Saterdagaand het die meisie, wat glo in daardie stadium selfmoord oorweeg het, in die donker agter die huis gaan sit waar ʼn buurman haar gevind het. Hy het haar gehelp om die polisie in kennis te stel en die meisie is na ʼn plek van veiligheid geneem.
463
Ons onderwysmodel spesialiseer daarin om u kind selfgedrewe te maak en lewer resultate wat al oor dekades ouers en onderwysers verbaas.
464
“Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.” (:55). So ‘n dekade of wat gelede het die satan ‘n geweldige effektiewe strategie aangewend om mense van die ware evangelie afvallig te maak. Hy het met ‘n fyn uitgewerkte plan die knegte van God wat uit die slawerny van sonde (Egipte) uitgelei is, weer tot diensbaarheid van sonde gebring. Dit het hy reggekry deur ‘n halwe waarheid aan te wend om dwaalleer te verkondig. Hierdie dwaling was dat ‘n mens maar kan leef soos jy wil nadat jy ‘n “geloofsbelydenis” geuiter het omdat Jesus reeds vir jou sondes gesterf het. Nou weet ons wel dat Christus inderdaad gesterf het om die skuld vir ons sonde te betaal, maar dat dit nie ‘n vrybrief vir die sonde en ‘n lewe van ongeregtigheid is nie. Inteendeel, daardie prys wat Hy met Sy kosbare bloed betaal het, was juis om ons as gelowiges as eiendom te verkry! Hy het ons as Sy knegte gekoop.
465
hy is baie gemaklik teen 115 tot 120 km/h op die langpad. 140km/h is "moontlik", maar dan moet jy wakker wees agter die stuur. Teen 120 moet jy maar mooi beplan vir verbysteek .... Die Terios het 'n langer wielbasis dus behoort hy 'n beter rit gehalte te gee, maw sagter te ry. Ook is dit 'n 1500 masjien wat beter sal trek? Mens moet so bietjie "klim" om in die Jimny in te kom. My ma het nie van die Jimny gehou nie - sy was net te kort en dit was n bietjie inspanning vir haar. vir die trips Pretoria toe moet die bande op "pad druk" wees - teen die druk is die Jimny redelik los op grond paaie .... Weens die kort "wheel base" en die lae gewig van die Jimny is hy HIPER sensitief vir band druk !! Ek soek al lank na 'n diesel Rav so 2007 model maar die goed is blerrie skaars en iemand het my afgeraai omdat hul blykbaar probleme gee? Sonder grappies, jou enigste nadeel met die Jimny is die pak plek en ja jy gaan nou nie 140km/h ry nie, op 110 of selfs 120 ry hy baie gemaklik en is sy brandstof verbruik op peak..........Oor 25,810km het ek 'n gemiddeld van 12,66 km/L volgens my "Trip" program op iPhone die wat ek reken dis NIE die regte voertuig vir n ou dame nie - kan nie sien dat sy elke keer die bande gaan afblaas en dan weer oppomp nie .... so nou gaan hy of te styf wees vir die gravel, OF te pap vir die teer .....
466
“Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit tot die belewing van die vrede in jou hart en in jou gesin. My liewe kinders, daar is geen vrede waar mens nie bid nie en daar is geen liefde waar die geloof ontbreek. Daarom, my liewe kinders, nodig ek jou almal uit vandag weer die besluit te neem jou te bekeer. My liewe kinders, ek is met julle en nodig julle almal op my skoot uit jou te help. Maar jy wil nie en daarom verlei satan jou en verloor jy die geloof tot in die kleinste dinge. Om die rede, my liewe kinders, bid, want deur die gebed sal jy seën verkry en vrede hê. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nodig ek jou uit na die Liefde. My liewe kinders, sonder liefde kan jy nie met God nie met jou naaste lewe. Daarom nooi ek jou uit jou hart oop te maak vir die liefde van God, wat oneindig groot is en oop vir almal. Uit liefde vir die mense het God my na julle gestuur om jou die pad van die heil, die weg van die liefde te wys. As jy God nie op die eerste plek liefhet sal jy nie jou naaste, of diegene wat julle haat kan liefhê. Daarom, my liewe kinders, bid en deur te bid sal jy die liefde ontdek. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag is ek gelukkig julle in so 'n groot getale te sien en omdat julle gehoor gegee het en gekom het om my boodskappe in praktyk te bring. My liewe kinders, ek nodig jou uit in hierdie onrustige wêreld vreugdevolle draers van die vrede te wees. Bid vir vrede, sodat die era van vrede, waar my Hart met ongeduld op wag, so spoedig moontlik begin. Ek is julle naby, my liewe kinders, en spreek vir elkeen van julle ten beste by die Allerhoogste. Ek seën julle almal met my moederlike seën. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit verlief te word op Jesus in die allerheiligste Sacrament. Aanbid Hom, liewe kinders, in julle parochies, dan is jy verbind met die hele wêreld. Jesus word vir julle 'n vriend en jy sal nie meer oor Hom praat as oor iemand wat jy skaars ken. Die eenheid met Hom sal vir julle 'n vreugde wees en julle sal getuies word van die liefde wat Jesus vir elke skepsel het. My liewe kinders, as julle Jesus aanbid is julle ook naby My. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit die natuur in te gaan, want daar sal jy God, die Skepper, ontmoet. Liewe kinders, vandag nooi ek jou uit om God te dank vir alles wat Hy jou gee. Al dankend sal jy die Allerhoogste ontdek en al die gawes wat jy omring. Liewe kinders, God is groot en sy liefde vir elke skepsel is groot. Daarom bid, om God se liefde en goedheid te kan verstaan. Deur die goedheid en die liefde van God, van die Skepper, is ek ook as geskenk met julle. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ” “Liewe kinders, ook vandag verheug ek my met julle en ek bring julle die Kindjie Jesus, sodat Hy julle seën. Liewe kinders, ek nodig jou uit om jou lewe 'n saam met Jesus te maak. Jesus is die Koning van die Vrede en net Hy kan jou die vrede gee wat jy soek. Ek is met julle en bied julle baie besonder aan Jesus aan, veral nou in hierdie nuwe tyd, waarin hy sy keuse vir Hom moet bepaal. Hierdie tyd is 'n tyd van genade. Dankie dat jy aan my oproep gehoor gegee het. ”
467
ANC en DA dit eens: Handves moet waai Deur Elvira Wood 04 Oktober 2017 13:56 email Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: JABU KUMALO Die ANC en DA mag dalk oor baie dinge verskil, maar hulle stem saam dat die nuutste weergawe van die Mynbouhandves hersien moet word. Dr. Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, en Mmusi Maimane, leier van die DA, was Woensdag albei sprekers op die Joburg Indaba, ’n gespreksreeks oor die mynbousektor wat in Sandton, Johannesburg plaasvind. Die derde weergawe van dié beleidsdokument is in Junie deur Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, in die Staatskoerant gepubliseer. Die Kamer van Mynwese is só heftig teen die inhoud van die dokument gekant dat hy hom onmiddellik op die hof beroep het om ’n interdik teen die toepassing daarvan te bekom. Zwane het intussen onderneem om die nuwe handves nie in werking te stel voordat die hof besluit het oor die interpretasie van sekere elemente daarvan nie. Die saak daaroor word eers in Desember hervat. “Die beste manier om geskille oor die nuwe Mynbouhandves op te los, is om weer daaroor te onderhandel,” sê Mkhize. “Die ANC is bewus van die Kamer van Mynwese se klagte dat die nuwe handves elemente bevat waaroor daar glo nooit onderhandel is nie. “Hoewel ons besef dat daar tans ’n hofsaak oor die dokument aan die gang is, dink ons dit sal die beste wees om weer daaroor te onderhandel.” Maimane stel voor die dokument moet saam met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne (MPRDA) opgeskeur word en daar moet van voor af daarmee begin word. “Wanneer ons na dokumente soos die handves en die MPRDA kyk, kan ons sien dit is deur ’n minister wat in ’n private Gupta-vliegtuig rondvlieg, geskryf,” sê Maimane. “Zwane is ’n ambassadeur van Saxonwold. Hy verstaan nie die impak van die handves nie want hy doen met wat daar aan hom gesê word om te doen,” sê Maimane. Afgevaardigdes wat die indaba bywoon is ook ontevrede oor die handves en die leierskap wat die minister aan die sektor bied. Die afgevaardigdes is gevra om aan ’n informele peiling deel te neem voordat politici hul voordragte sou lewer. Op die vraag wat die een ding is wat hulle sou wou sien die ANC vir mynbou moet doen, was die uitslag as volg: * Gee ons ’n nuwe minister: 41,7% * Onderhandel weer oor die handves: 26,6% * Los ons uit: 24,3% * Keur die voorgestelde MPRDA goed: 4,1% * Laat die sektor vir sy geskiedenis betaal: 3,2% Meer oor: Da | Anc | Mmusi | Zweli Mkhize | Mynbou | Mynbouhandves | Mynbou-Indaba... View the entire article here https://www.netwerk24.com/Sake/Mynbou/anc-en-da-dit-eens-handves-moet-waai-20171004
468
Wat is Initiative Q? Inisiatief Q is 'n projek wat gerig is op die wêreld se beste betaling metode te skep. Die verskil tussen hierdie en cryptocurrency projekte is dat Initiative Q het 'n strategie van die fokus op vroeë aanvaarders. Dit het dit se veldtog begin met die launch van 'n uitnodiging enigste model, and has started giving away huge amounts of…
469
Hi eks n 21jarige wit meisie en nuut op die dorp.. ek hou van speel en stout wees.... eks hier vir jou plesier. Bel my asb vir n afspraak, jy sal nie spyt wees ...
470
Wanneer ’n produsent besluit om die skeerpatroon van sy wolskape te verander, kan dit ’n rits ekonomiese en ander implikasies inhou. Daarom moet die voor- en nadele deeglik opgeweeg word alvorens enige daadwerklike besluite geneem word. Buiten goeie voorafbeplanning soos die bestel van wolsakke, vroegtydige bespreking van ’n skeerspan en dies meer, moet ’n produsent ook die skeerfrekwensies, oftewel skeerintervalle, van sy skape bepaal. Die invloed van skeerintervalle op die winsgewendheid van sy diere se wol, hang van verskeie faktore af. Dit sluit in die tyd van die jaar, die lengte van ’n skaap se wol, klimaats- en voedingstoestande, asook dek- en lamseisoene. ’n Skeerdery kan byvoorbeeld nie in die lamseisoen of koudste wintermaande plaasvind nie, aangesien dit tot groot verliese kan lei. Volgens Jacobus le Roux van BKB is die keuse om te skeer ’n plooibare een. Wanneer droogtetoestande byvoorbeeld op pad is en breekwol begin kop uitsteek, kan ’n produsent vroeër skeer. Hy sê produsente kan die skeerpatroon op hul plase enige tyd verander na gelang van omstandighede. “Een groot voordeel van ’n wolskaap is sy aanpasbaarheid. In ’n droogte groei die wol gewoonlik stadiger en is die produksie per skaap minder. Maar die vesel groei ook fyner as gevolg van die droogte en die prys vergoed vir die laer produksie. Dié tipe wol staan ook soms bekend as ‘hongerwol’.”
471
Die produsent geniet ’n prysvoordeel, wat aan ’n hoër skoonopbrengs en groter aanvraag toegeskryf word. By skape met ’n redelike goeie woldigtheid en wolstaankrag behoort die tip van die wol wat op twaalf maande geskeer is, minder te wees as die gesamentlike tip in twee ses-maande skeersels – met laasgenoemde teen ’n laer prys as gevolg van laer skoonopbrengste. Seleksie vir woleienskappe, soos lywigheid, staankrag, stapelformasie, tip en olievloei, is nie so maklik waarneembaar op ses-maande groei nie. Pas ’n verandering in die skeerpatroon by die ritme van jou boerdery? Skeertyd moet dikwels tussen die ander bedrywighede van ’n gediversifiseerde boerdery ingepas word. ’n Hele wolgroeiseisoen se werk kan gemaak of gebreek word danksy ’n produsent se betrokkenheid of gebrek aan aandag. Groeitoestande deur die jaar bepaal hoeveel wol ’n skaap in die seisoen gegroei het. Dit kan beteken dat, tesame met klimaat, die skeertyd aangeskuif of bespoedig kan word, afhangende van hoe lank die wol al is en of daar dalk ’n breuk in die wol kan wees vanweë veranderde groeitoestande. Beter kuddegesondheid, en daarmee saam vrugbaarheid, maak ’n verskil. Om ’n wolvag rond te dra, verg energie en ’n skaap wat vir korter tye van die jaar swaar aan wol dra, het meer energie vir lammers en wolgroei.
472
"So, wat beplan julle vir Kersfees?" Die sin rol bryerig van haar tong af. Ek kan nie glo die vraag vang my so onkant nie. Toe die paar oë my stomheid sekondes...
473
Ek het tydens 'n gesprek met iemand verlede week seker die eenvoudigste verduideliking vir ons land se ekonomiese verval gehoor. Dit is maklik. Dit is as...
474
Wat gaan deur ’n bees- of skaapboer se gedagtes as hy sien sy weiding is besig om af te brand, as hy in tye van droogte die diere hoor bulk en weet daar is nie genoeg kos vir hulle nie, of selfs in swaar reën wat vir dae aanhou en hy sien hoe sy diere in die water staan en honger ly? Deon Saayman van die Hidroponiese Groenvoer-groep is een van talle boere wat al sulke moeilike tye moes oorleef en planne moes beraam om weer daaruit te kom. Hy het saam met ander boere in die land ’n groep gevorm wat ’n hidroponiese stelsel volgens ’n selfdoen-beginsel ontwikkel het. Sy eerste woorde was: “Elke kilogram saad kan vir ’n mens 6kg groenvoer met uitstekende voedingswaarde produseer. Die proses stel ’n mens in staat om die groenvoer in sy voordeligste stadium aan die diere te voer en wat meer is, jy kan self bepaal wanneer jy die groenvoer nodig het.” Hy sê die groeiproses is slegs vyf dae in die stelsel en ’n mens oes op dag ses, wanneer al die voordelige chemiese veranderinge plaasgevind het. Die garssaad word in ’n klimaatbeheerde groeikamer ontkiem en gespruit, terwyl al die belangrike faktore soos isolasie, temperatuur, humiditeit, lugvloei en koolstofdioksied beheer kan word. Produsente is dikwels skrikkerig vir die insetkoste van ’n hidroponiese stelsel, maar volgens Jan se berekeninge betaal hierdie stelsel homself binne ’n jaar af. Water is ’n skaars en kosbare item in die landbou. Hoewel die woord “hidroponies” verwys na water, is die watergebruik in dié stelsels baie minder as die hoeveelhede wat met aangeplante weiding benodig word. Jan verduidelik dat ’n hidroponiese stelsel sowat 1 000 liter water oor ’n tydperk van 24 uur gebruik, teenoor die 1,2 miljoen liter water by ’n spilpunt. Die hidroponiese eenhede is nie watergehalte-sensitief nie, aangesien die proses nie ’n groeimedium het nie en net genoeg water vir groei en ontwikkeling ontvang.
475
Petrus is daarvan oortuig dat aangeplante weiding die goedkoper manier is om ekstra voeding vir die diere aan te bied. Hy voel daar is plek vir hidroponiese groenvoer op ’n klein skaal waar die produsent nie die grond of plek het om groenvoer te produseer nie. Sommige groot produksie-eenhede kan groot volumes voer produseer. Hy sê hidroponiese groenvoer is veral ’n goeie voermiddel om diere wat byvoorbeeld lakterend is, vir ’n kort tyd te voer en om die aanteel sterker te laat word voordat die diere op die veld gaan, soos by lammerooie. “ ’n Ander opsie is om diere te voer wat moet aanpas as hulle van een gebied na ’n ander geskuif is.”
476
Om as kind van die HERE jou selfbeeld in perspektief te kry moet jy van jouself wegkyk en jou liefde vir jou naaste gee. Dit bring bevryding van jouself en jy word só 'n spieëlbeeld van Christus – geen beter beeld kan jy vra nie!
477
Die Afrikaner-intellektueel in krisis: 'n dialektiese ondersoek na 'n faset van Karel Schoeman se Na die Geliefde Land en die Hemeltuin
478
Sjoe, nig, dis asemrowend. Ek love dit hoe jy met die son speel. Kan ek jou solank ‘book’ vir … baie lank van nou af? ;) Lizelle, ek het nou vir die duisende keer net gou weer na werk na my fotos kom kyk. Ek kan letterlik nie meer wag vir die ander nie. Ek het op hierdie oomblik so ‘n dankbare hart vir die wonderlike mens wat jy is en vir die pragtige fots van my en Rudolph!! Sjoe, God bless!!
479
Piet Uys Willem jy is duidelik n ou wat dink oor dit wat om ons gebeur. Jy het dit alles goed saam gevat.
480
Indien jy dié stelsel bedryf, moet die HELE samelewing hom self voltyds & permanent beskerm soos wat ons inderdaad in die ORSA gedoen het deur middel van, onder andere, diensplig... Trevor Perry Hoop van harte dit kan gebeur, soos wat ek die jonges bekyk lyk die vondasie maar bedenklik en die oues kan nie oor n vertrekpunt besluit nie, baie ,,,thought provoking,,,, link wat jy vir ons gegee het om te lees Danie En Riekie Schabort Willem jy het die spyker hier mooi op die kop geslaan. Maar ongelukkig is daar so baie van ons mense wat nie van die goed weet nie, jy kan dit nie op TV in 'n sepie leer nie. Verder het soveel sogenaamde Afrikaners al die liberale denke wat oral uitgebasuin word omarm en glo daar is niks wat ons teen die magtige houtkoppe kan doen nie. Om die waarheid te se hulle weet nie meer wat is 'n houtkop nie. Daantjie
481
Terwyl lande soos Brittanje nog steeds wag vir die voorreg, is die vierde geslag Suzuki Jimny sopas in Suid-Afrika geloods. Die nuwe Suzuki Jimny is maar net die vierde geslag, en vervang ‘n model wat baie gewild geword het, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Die eerste geslag, bekend as die LJ, was van 1970 tot 1981 op die mark, gevolg deur die SJ, wat tot 1998 beskikbaar was. Hierdie model was die eerste een wat in Suid-Afrika beskikbaar was; in 1983 het General Motors die SJ 410 met die keuse van ‘n harde- of seildak hier bekendgestel; later is die enjinkapasiteit na 1,3 liter vergroot met die koms van die SJ 413 en daarna het hy die Samurai-benaming gekry. Met Suzuki se terugkeer na Suid-Afrika is die Jimny vir die eerste keer hier bekendgestel.
482
Die stilis Kim Bougaardt antwoord Die baie opsies wat kleur, patroon en tekstuur betref kan ’n mens gou oorweldig wanneer jy op ’n skema vir jou badkamer moet besluit. Omdat ’n swart-en-wit palet tydloos is, kan jy nou jou badkamer oorteël en net af en toe veranderinge aanbring met nuwe bykomstighede. Oorweeg die volgende wenke: Bring spatsels kleur in (dink aan ’n kas, tafel, muur of stoel in ’n helder skakering) om te keer dat die vertrek koud lyk, of gee dit ’n aardsheid met ’n natuurlike materiaal soos hout, en bykomstighede soos matte en handdoeke van natuurlike stowwe. Vra by jou plaaslike kwekery watter plante goed sal werk in ’n klam omgewing – ’n bietjie groenigheid verrrig wondere!
483
Sy het genoem dat Brittanje grondhervorming steun in soverre dat dit wettig, deursigtig en deur ’n demokratiese proses plaasvind. Sy het verder genoem dat sy reeds hierdie onderwerp met president Cyril Ramaphosa vroeër vanjaar tydens sy besoek aan Engeland bespreek het. Indien Brittanje hierin sou faal, het sy gesê, sal die negatiewe ekonomiese en omgewingsimpak elke uiteinde van die wêreld bereik.
484
Die taal word deur baie mense as 'n dialek van Portugees beskou. Wat taal betref is die onderskeid maar klein, maar die ortografie (spelling) is verskillend.
485
Hierdie artikel oor 'n taal, taalgroep of taalfamilie is slegs 'n saadjie. Jy kan help deur dit uit te brei.
486
Die dagboek is sedert die eerste Nederlandse uitgawe in 1947 in meer as 60 tale vertaal. Vanweë die verskillende vertalings en verwerkings van die dagboek word die vraag gevra wie die régte Anne Frank is, aangesien die outentisiteit van die dagboek dikwels ingeboet is en die stem en styl van die dagboekskrywer nie altyd getrou weergegee is nie.
487
O ja, ek wil nie soos die meeste mense vir niks geleef het nie. Ek wil nuttig wees of vreugde gee vir die mense wat om my leef en my tog nie ken nie, ek wil voortlewe, ook ná my dood! (Frank 2008:263) Die verskillende vertalings en verwerkings van die dagboek het egter daartoe gelei dat die vraag gevra word wie die régte Anne Frank is, aangesien die outentisiteit van die dagboek dikwels ingeboet word en die stem en styl van die dagboekskrywer nie altyd getrou weergegee word nie. In sy artikel On the construction of different Anne Franks merk Lefevere (1992:59) op dat deur byvoorbeeld die 1947- en 1986-weergawes van die Nederlandse dagboek te vergelyk, 'n mens insig kry in die "konstruksie" van 'n beeld van Anne Frank - deur haar en deur ander. Dit is aangesien die Nederlandse weergawe ook 'n hele paar keer verwerk is - en in die besonder ideologies gemanipuleer is. Daar het as't ware wêreldwyd 'n hele kultus rondom Anne en haar dagboek ontwikkel, wat as die sogenaamde "Anne Frank-industrie" bekend staan. Dit behels die kommersialisering van die naam en identiteit van "Anne Frank" en veral die veramerikaansing van haar en haar dagboek (Barnouw 1998:85). Deur veral die verskillende Amerikaanse weergawes van Anne se dagboek het die beeld van Anne Frank verwronge geraak en word sy deur die wêreld as 'n oppervlakkige tienermeisie beskou (veral na aanleiding van baie toneelstukke wat op grond van die dagboek geskep is), of geïdealiseer tot iemand wat sy nooit werklik was nie. [...] die Anne Frank-kultus wat ontstaan het deur veral die toneelstuk en die fi lm waardeur sy [Anne] die mees geïdealiseerde en gefalsifiseerde ikoon geword het uit 'n periode van verskrikking wat behoort tot die ergste in die geskiedenis van die wêreld (Spies 2007:10). Spies (2008b) sê dat daar aan die wêreld 'n positiewe, opgewekte Anne voorgehou word, wat sy inderdaad nie altyd was nie. Anne word wêreldwyd opgehemel tot 'n toonbeeld van 'n positiewe ingesteldheid te midde van haglike omstandighede. Tog was Anne glad nie altyd hierdie opgewekte kind wat aan die wêreld voorgehou word nie, maar ook 'n peinsende, nadenkende, dikwels baie depressiewe (sy het medikasie vir depressie geneem) en eintlik maar doodnormale meisie, wat soms baie opsetlik en selfsugtig kon wees. Soos genoem, het Anne tydens die skryf van die dagboek dele van die dagboek herskryf. Die rede hiervoor is tweevoudig. Die eerste rede is persoonlik: Anne het haar bedink oor sekere uitsprake wat sy in die dagboek gemaak het, byvoorbeeld waarin sy haar ma sleggesê het. Die tweede rede is literêr: sy het tydens haar onderduiking in die Agterhuis besluit dat sy die dagboek na die oorlog sou wou publiseer en daarom het sy sekere passasies verbeter en meer kreatief oorgeskryf (Lefevere 1992:60). Vanweë die verskillende weergawes is dit egter moeilik om een teks in sy geheel as die bronteks vir 'n vertaling van die dagboek te beskou. Die Frank Pressler-weergawe (Frank 2008b), saamgestel deur Mirjam Pressler en uitgegee deur Bert Bakker, ook bekend as die "leesuitgave" word gestipuleer as die enigste weergawe wat as bronteks vir die vertaling van die dagboek mag dien. Hierdie bronteks wat vir die Afrikaanse vertaling gebruik is, is gebaseer op die wetenskaplike uitgawe, wat bekend staan as die "Kritiese Edisie", getiteld De Dagboeken van Anne Frank, uitgegee deur die Rijksinstituut voor Oorlogsdocumentatie (1986). Spies volg in die Afrikaanse vertaling hoofsaaklik hierdie weergawe as bronteks, maar maak ook soms gebruik van die wetenskaplike uitgawe as bronteks. Hierdie afwykings word altyd deur middel van 'n voetnoot aangedui (Spies 2011). Nadat die dagboek die eerste keer in 1947 gepubliseer is, is dit al in meer as 60 tale wêreldwyd vertaal (Brand 2008b:12). In 2008 - meer as 60 jaar nadat die eerste uitgawe daarvan in Nederlands verskyn het - word dit vir die eerste keer in Afrikaans as Die Agterhuis vertaal en hierdeur word hierdie bekende dagboek ook toeganklik vir die Afrikaanssprekende leserspubliek. Dit is ideologies van belang dat hierdie verhaal oor onderdrukking nou ook in Afrikaans, wat as gevolg van die apartheidsgeskiedenis in Suid-Afrika as die "taal van die onderdrukker" beskou word, beskikbaar is. Annie Brisset (1990:369) voer aan dat indien 'n "klassieke werk" in 'n sekere taal, veral in 'n minderheidstaal vertaal word, dit 'n status aan daardie taal kan verleen deur die taal te legitimiseer. Spies sê sy hoop dat hierdie Afrikaanse vertaling van Anne Frank se dagboek sal help dat Afrikaans nie in so 'n negatiewe lig beskou sal word nie (in Schneider 2008:3) en noem dat die vertaling van hierdie gekanoniseerde werk 'n soort status aan Afrikaans sal kan gee (Brand 2008b:12). Die Afrikaanse vertaling van hierdie dagboek kan ook as 'n verset dien teen die imperialistiese idee wat vir baie jare geseëvier het, naamlik dat literêre werke nie in Afrikaans hoef vertaal te word nie "aangesien almal mos Engels kan verstaan". Die Agterhuis word positief deur die Suid-Afrikaanse, hoofsaaklik Afrikaanssprekende doeltekslesers ontvang en Spies ontvang in 2011 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Akademieprys vir die Afrikaanse vertaling van die dagboek van Anne Frank (De Vries 2011). Anne Frank en haar familie was Duitse Jode wat tydens die Tweede Wêreldoorlog vir die Nazi's moes wegkruip. Die plek waar hulle geskuil het, was in die agterkamers (die sogenaamde Agterhuis) van Opekta (Otto Frank se maatskappy) se kantore. Dit is hier waar Anne haar dagboek geskryf het; teen die agtergrond van die Holocaust. Die dagboek is dus binne die konteks van ideologiese en politiese konflik geskryf, en daarom is die dagboek 'n sterk ideologies en kultureel verwikkelde teks. Die teks maak ook 'n groot ideologiese impak op sy lesers. As gevolg hiervan speel ideologie dus 'n belangrike rol by die vertaling van die dagboek. In hierdie artikel sal daar spesifi ek gekyk word na hoe ideologiese oorwegings 'n impak gemaak het op Spies se besluitneming tydens en haar oorkoepelende benadering tot die vertaling van Het Achterhuis, asook hoe sy ideologiese verwysings in die vertaling van die dagboek hanteer het. Die hipotese wat hieruit na vore kom, is soos volg: Spies bly in die Afrikaanse vertaling baie getrou aan die bronteks, Het Achterhuis en maak hoofsaaklik van die vervreemdingstrategie gebruik ter behoud van die stem en styl van die dagboekskrywer, Anne Frank. Hierdeur slaag sy daarin om die atmosfeer wat in die bronteks voorkom, in die doelteks weer te gee, asook om die outentisiteit van die dagboek te behou.
488
Omdat die vertaler se ideologie 'n belangrike rol speel in die oorwegings, keuses en besluite wat met 'n vertaling gepaardgaan, word die vertaler as 'n belangrike magsagent in die vertaalproses beskou. Venuti (1995) redeneer dat die vertaler vanweë hierdie prominente posisie meer sigbaar in 'n vertaling moet wees. In Die Agterhuis kom die stem van die vertaler sterk na vore deur middel van die parateks in die vertaling, byvoorbeeld voetnote, asook die uitgebreide inleiding tot die vertaling waarin sy 'n agtergrond van die bronteks verskaf en haar vertaalbesluite motiveer (Spies 2011). Domestikering is 'n strategie wat behels dat 'n deursigtige, vloeiende styl in die doelteks gebruik word om die vreemdheid of andersheid van die vreemde teks vir die doelteksleser te minimaliseer. Dit maak die doelteks vir die doelteksleser aanvaarbaar en toeganklik, aangesien die doelteksleser hom/haar met die teks kan vereenselwig en dit kan verstaan (Venuti 1995). Venuti (2000:468) beskryf domestikering as "investing the foreign-language text with domestic signifi cance". Volgens Venuti (2000:468) vind nie slegs oordrag uit die vreemde teks plaas nie, maar word die gedomestikeerde intellek en belange wat saamhang met die bronteks, as't ware in die doelteks geïnskribeer (inscribed). Die bronteks word tot so 'n mate herskryf, of gemanipuleer, dat dit op byvoorbeeld kultuurvlak heeltemal wegbeweeg van die oorspronklike. Die doelteks bevat dus nie meer, of hoofsaaklik nie meer vreemde elemente nie. Dit raak as't ware 'n "nuwe" teks, onafhanklik van die bronteks, en lees nie soos 'n vertaling nie (Venuti 2000:468-471), maar soos 'n "oorspronklik geskrewe teks". 'n Voorbeeld van domestikering is die Franse opera Carmen (Bizet 1875) wat vertaal is in isiXhosa, U-Carmen e-Khayelitsha - 'n filmopera. Die oorspronklike teks speel af in Sevilla, Spanje, rondom 1820 en handel oor die hoofkarakter Carmen, 'n sigeunervrou, se fl ankering en liefdesverhouding met die soldaat Don José. Die isiXhosa-doelteks speel af in die Kaapstadse "township", Khayelitsha en handel oor die liefdesverhouding tussen Carmen, 'n sigaretfabriekswerker se flankering en liefdesverhouding met Jongikhaya, 'n polisiesersant. 'n Kombinasie van Bizet se oorspronklike musiek en Afrikamusiek word in hierdie fl imopera gebruik. Domestikering is 'n strategie wat gebruik word om 'n teks te herontdek of te herskep om nuwe betekenis daaraan te gee. Venuti (2000:470) voer aan dat aspekte van die bronteks soos die styl, tyd waarin dit afspeel, genre, historiese en geografiese merkers, sowel as name, behou moet word in die doelteks. Spies deel hierdie siening ten opsigte van die vertaling en dit is volgens haar belangrik dat die doelteksleser bewus daarvan moet wees dat dit 'n teks is wat in Nederlands geskryf is deur 'n jong meisie, Anne Frank, tydens die Tweede Wêreldoorlog in Nederland (Spies 2009). Venuti (2000:470) noem ook dat die outeur van die bronteks se intensie en die manier waarop hy/sy dit in woorde omskakel in 'n vertaling, behoue moet bly.4 Venuti is dus van mening dat die vreemde elemente asook die stem van die outeur in 'n vertaling behoue moet bly. Tytler (1978, in Venuti 1995:58) beskryf 'n "goeie vertaling" as een:
489
Volgens Venuti (1995:1) behoort die doelteksleser daarvan bewus te wees dat hy/sy 'n vertaling lees deur die vreemde elemente wat in die doelteks waarneembaar is en die stem van die outeur wat in die doelteks behoue bly. Venuti (1995:264) is byvoorbeeld gekant teen die "geweld" (soos hy dit bestempel) teenoor vertalings deur middel van te drastiese domestikering, veral deur herskrywing/manipulasie. Die konteks waarin Het Achterhuis geplaas word, is onlosmaaklik verbonde aan die teks en vorm as't ware 'n integrale déél van hierdie werk, aangesien dit as 'n tipe oorlogsdokument beskou kan word wat as belangrike dokumentasie van die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust dien. Die konteks waarin die dagboek geskryf is, die tyd, milieu, kultuur en politiese klimaat waarin die bronteks afspeel, word in die doelteks behou en daar word veral ten opsigte van pragmatiese en kontekstuele verwysings ([inter]kulturele, godsdienstige, ideologiese, historiese en politiese verwysings) vervreem. Al beteken dit dat van die verwysings nie noodwendig vir die moderne Suid-Afrikaner bekend sal wees nie, word kulturele faktore deurgaans deur middel van die vervreemdingstrategie in die doelteks oorgedra. Die vertaler wil juis hierdeur die doeltekslesers 'n blik gee van hoe die omstandighede destyds was en dat hy/sy hom/haar nie hiermee móét vereenselwig nie, aangesien 'n Suid-Afrikaner in vandag se konteks nooit kan, of moet kan, verstaan hoe dit was om 'n Jood tydens die Holocaust te wees nie (Spies 2009). Hierdie vereenselwiging is onmoontlik, aangesien die konteks waarin die dagboek geskryf is té radikaal verskil van dit wat binne 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner, hier die tipiese doelteksleser, se verwysingsraamwerk val. Die vertaler vervreem die doelteksleser dus bewus van die teks om die outentisiteit daarvan te behou en die werklike betekenis en boodskap daarvan aan die doelteksleser te kan oordra. Aangesien Anne Frank se dagboek 'n egodokument is (Jacques Presser se term vir 'n teks waarin die outeur oor sy/haar eie handelinge, denke en gevoelens skryf (Dekker 2002:7)), is 'n vervreemdende strategie ook meer wenslik. Hierdie dagboekbriewe word uit 'n eerstepersoonsvertellerperspektief geskryf en is van 'n sterk persoonlike aard. Anne se diepste gevoelens kom in hierdie dagboekbriewe na vore: haar drome, gedagtes, emosies en vrese. Met ander woorde meestal dié dinge waarvan niemand weet nie en net sy self kon voel. Dit is belangrik by tekste soos oorlogsdokumente en egodokumente om dit nie ideologies te manipuleer nie sodat die doelteks besonder lojaal aan die bronteks bly. Die vertaling moet die eerlikheid behou waarmee die feite, menings en gedagtes in die dagboek weergegee word, sodat die outentisiteit van die teks juis as dokumentering van die geskiedkundige agtergrond daarvan kan dien, asook die bes moontlike "ware" beeld van die skrywer (Anne Frank) kan oordra. Aangesien die doelteks hoofsaaklik vervreemdend is, is dit wel belangrik dat dit vir die doelteksleser toeganklik gemaak word. Die parateks in die doelteks is baie doeltekslesergerig en die inleiding tot die dagboekbriewe, die epiloog (albei deur die vertaler) en die nawoord (vertaal uit die bronteks) dra daartoe by om die agtergrond van die dagboek en die outeur te verskaf. Voetnote wat deurgaans in die doelteks voorkom, help weer om verwysings, woorde en uitdrukkings te verduidelik, of te vertaal, sodat dit vir die doelteksleser toeganklik is. Die parateks en dagboekbriewe werk dus in interaksie saam om die doelteks terselfdertyd te vervreem van, maar ook toeganklik te maak vir die doelteksleser (Spies 2011). 'n Struikelblok vir vertalers is dikwels om die stem van 'n kind, wat uiteraard sentraal in hierdie teks staan, weer te gee. Wat veral die vertaler aanvanklik gepootjie het, is dat dit vir haar moeilik was om haar te vereenselwig met die alledaagse lewe van 'n 13-jarige, byvoorbeeld haar verliefdheid, haar waarneming van haar klasmaats en dinge soos haar verjaarsdagpartytjie (Brand 2008a:3). Spies sê dit was vir haar moeilik om die eerste paar inskrywings van die dagboek nie styf en ongemaklik (asook onnatuurlik) te laat voorkom nie (Brand 2008a:3). Anne is egter uit haar kinder-/skoolmeisiebestaan geruk en het eintlik 'n versnelde volwassewording ondergaan. Spies (in Brand 2008b:12) merk hieroor op: Aangesien Anne in keurige, formele, deftige Nederlands geskryf het, maak die vertaler in die doelteks ook gebruik van 'n deftige, formeler en soms outydse, plek-plek selfs Nederlandistiese Afrikaans. Omdat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het, kan Spies Anne se skryfstyl en stem goed naboots deur van 'n ouer Afrikaans gebruik te maak om by die tyd waarin die dagboek geskryf is, aan te sluit. Sou sy die dagboek in moderne Afrikaans vertaal het, sou sy van die dagboek se outentisiteit ingeboet het. Spies volg die benadering wat Spivak (1992:405) beskryf as om haarself aan die linguistiese retoriek van die oorspronklike teks te onderwerp. Hierdeur stel die vertaler haar ondergeskik aan die outeur se gesag en respekteer die bronteks deur so getrou moontlik aan Anne se skryfstyl en manier van uitdrukking te bly.
490
DT: Was dit 'n wonder dat almal graag saam met my skool toe en terug fi etsgery het of attensies aan my bewys het? (bl. 225) Hierdie uitdrukking in die Afrikaanse teks is 'n baie outydse, Nederlandistiese uitrdrukking. 'n Meer idiomatiese uitdrukking sou wees "aandag aan my gegee het". Deur van die ouer Afrikaanse uitdrukking gebruik te maak, word die atmosfeer van die bronteks egter in die doelteks oorgedra.
491
Soos genoem, is daar dikwels deur middel van vertalings 'n wanbeeld van Anne Frank geskep. 'n Wanbeeld is ook van die Holocaust geskep deur veral die erg aangepaste Amerikaanse weergawe van Anne se dagboek, getiteld The Diary of Anne Frank. Dit is omdat daar in van die verwerkings van die dagboek sekere ideologiese aspekte uitgelaat is, of ideologies geneutraliseer of gemanipuleer is deur byvoorbeeld 'n versagte uitbeelding van die Holocaust. DT: Die een vraag wat my steeds meer besig hou en nie met rus laat nie, is waarom die vrou vroeër en ook nou nog dikwels 'n mindere plek inneem as die man. Almal kan sê dat dit onregverdig is, maar daarmee is ek nie tevrede nie; ek wil die rede weet vir dié groot onreg. [...] Dit was dom genoeg van al die vrouens dat hulle dit so lank sommer so stilweg aanvaar het, [...]. In baie lande het vroue gelyke regte gekry; baie mense, veral vroue, maar ook mans, sien nou in hoe verkeerd hierdie bedeling in die wêreld vir so 'n lang tyd was en moderne vroue wil die reg op volle onafhanklikheid hê! (bl. 324,325)
492
Alhoewel ideologiese verwysings in ander, veral Duitse, vertalings van Het Achterhuis uitgelaat of geneutraliseer is, word alle ideologiese verwysings in Die Agterhuis behou en nie geneutraliseer nie. Spies (2009) beklemtoon dat sy juis al die ideologiese verwysings in die doelteks so getrou moontlik weergee om lojaal te bly aan die bronteksouteur, die bronteks en die ideologiese boodskap wat hierdie bronteks oordra. Dit is omdat ideologie 'n integrale deel van die dagboek vorm. Aangesien die dagboek teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog en die Holocaust afspeel, word terme soos Führer, Wehrmacht en Gestapo in Duits behou. Dit word nie in Afrikaans vertaal, of omskryf (byvoorbeeld "Duitse Polisiemag", vir Gestapo) nie. Hierdeur word die konteks van die Tweede Wêreldoorlog duideliker weergegee en die ideologiese konnotasies wat met hierdie woorde verband hou, word in die Afrikaanse vertaling oorgedra.
493
Mof is 'n Nederlandse skelwoord vir 'n Duitser (Sanders 2009). In Afrikaans is hierdie woord (en spesifiek met 'n hoofletter geskryf om dit van ander betekenisse van die woord "mof" in Afrikaans te onderskei) ook 'n "spot-of skimpnaam vir 'n Duitser, vroeër ook vir 'n Engelsman" (Odendal & Gouws 2009:728). Aangesien hierdie uitdrukking nie vandag meer algemeen bekend is nie, behoort die vertaler hier 'n voetnoot by te voeg om die term te verklaar sodat die doeltekslesers weet wat dit beteken. Dit is egter goed dat Spies hierdie woord nie neutraliseer na byvoorbeeld "Duitser" nie, sodat die ideologiese strekking agter die woord "Mof" ook in die doelteks behoue bly. In die bostaande vertaling kan 'n mens sien hoe die vertaler die doelteks duideliker maak vir die doelteksleser deur die deel wat Anne bygevoeg het (asof dit kakkerlakke is) tussen hakies, maar buite die aanhalingstekens te plaas om dit van die aangehaalde radiostem te onderskei.
494
DT: Ons het daaroor gepraat dat dit na die oorlog seker van ons vereis sal word om 'n bediende 'n "huishulp" te noem. (bl. 70) 'n Belangrike ideologiese element tydens die Tweede Wêreldoorlog, was die radio. Anne gee dikwels in die dagboek weer wat sy oor die radio hoor. Hierdie verwysings na radio-uitsendings is ideologies van belang, aangesien die radio die enigste verbinding was wat die onderduikers met die buitewêreld gehad het (afgesien van die kontak met die mense wat vir hulle gesorg het, soos Miep) en waardeur hulle nuus oor die oorlog kon ontvang. Dit was in hierdie tyd onwettig vir Jode om radio's te besit en as gevolg van propagandistiese oorwegings mag Nederlanders nie na byvoorbeeld die Britse radiostasie (BBC) geluister het nie. Die onderduikers het saans na ses veral na die Nederlandse radiostasie (die Oranje-sender) en die BBC geluister om op hoogte van die nuus oor die oorlog te bly. Aangesien die Duitse uitsendings Nazi-propaganda uitgesaai het, het hulle nie daarna geluister nie:
495
In die Afrikaanse vertaling van die dagboek van Anne Frank, Het Achterhuis, bly die vertaler baie naby aan die bronteks deur oorwegend van die vervreemdingstrategie gebruik te maak en alle ideologiese verwysings in die dagboek so getrou moontlik in die Afrikaanse doelteks weer te gee. Alhoewel daar baie getrou aan die bronteks gebly word, gebruik die vertaler keurige Afrikaans en maak deur middel van die doeltekstaal asook die funksionele gebruik van die parateks6 die doelteks toeganklik vir die doelteksleser. Sodoende slaag Lina Spies daarin om die stem en styl van Anne Frank in Afrikaans weer te gee, getrou aan die inhoud en nuanses van die bronteks te bly en daarmee die outentisiteit van die bronteks, Het Achterhuis, in die Afrikaanse doelteks, Die Agterhuis, te behou.
496
2 Lina Spies se opinies oor die vertaling en motivering vir vertaalbesluite word dikwels in hierdie artikel aangehaal. Dit is omdat hierdie artikel spesifiek handel oor die ideologiese oorwegings (wat subjektief is tot die vertaler as magsagent in die vertaalproses), die besluitneming deur die vertaler en benaderings wat deur die vertaler in die vertaling gevolg is. 3 Domestikering word dikwels beskryf as 'n strategie waar die bronteks nader aan die doelteksleser beweeg word en vervreemding as 'n strategie waar die doelteksleser nader aan die bronteks beweeg word. Die oorwegings wat hier 'n rol speel word as "verskuiwings" (shifts) wat tydens die vertaalproses in die vertaler se gedagtes plaasvind, beskryf. 4 Hy deel hier die siening van Abbé Prévost, 'n Franse skrywer uit die agtiende eeu se siening oor vertaling (Sien Venuti 1995:306).
497
Wat ek oor die jare egter al baie gesien en ervaar het, is dat dit in 'n groot mate NIE omstandighede, ander mense en dinge, scams en geleenthede en en en is wat die grootste probleem is nie, maar die mense self, hulle eie koppe, mind, houding en gesindheid.
498
Oor die baie jare het EK myself geleer, met trial en error, finansiele onkoste en verliese en soms tot 18 ure per dag se werk en werk maar as ek dan alles op 'n skinkbord aan 'n normale horende mens bied, kom hy/sy met negatiewe twak soos "Ek weet nie hoe nie. Hoe doen 'n mens dit. Ek het nie tyd of geld of of of nie of my omstandighede is moeilik"
499
Hoeveel normale HORENDES, gegradueerd of watookal, kan daarop aanspraak maak dat hulle alleen al verskeie kere teen 'n hele takbestuurspan gestaan het, en elke keer reg bewys is? Dat hulle vir R1 m gedagvaar is deur een van SA se grootste assuransie maatskappye omdat hy bereid was om teen 'n verwaande regsafdeling te staan en gewen het?