id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
130,600
Plante wat algemeenin Marlothparkvoorkomenverwydermoet word, is die Demoinabossie, Paraffienbos, Lantana, Nagblom, Gansvoete, Garingboom, Donkie Ore, Duiwel se ruggraat , Kandelaarplant, AmerikaanseGaringboom, Aartappelrankeren dieBegraafplaasblom.
130,601
Bêre altyd jou medisyne op ’n veilige plek in die huis en ook in hul oorspronklike verpakking sodat jy dit kan weggooi as dit verval het en ook seker is van die dosis wat die dokter voorgeskryf het. Kry alternatiewe oefeninge wat jy binne die warmte van jou eie huis kan doen. As jy wel siek word, staak alle vorms van oefening tot jy gesond is. Dit is moeilik om in die winter gesond te eet, maar as jy reg eet sal dit sorg vir ’n gesonde vel en ’n sterk immuunstelsel. Eet genoeg groente en vrugte om seker te maak jy kry al die nodige vitamines wat jou lyf nodig het. Moet ook nie vergeet om genoeg water te drink nie.
130,602
Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/97592
130,603
Die sogenaamde nasionale uitsaaier, die SAUK – of dan die SABC, soos die nuwe regering dit graag genoem wil hê – het weer op Afrikaans toegeslaan, en dit lyk vir my niemand het dit agtergekom nie. Altans, nie waarvan ek bewus is nie.
130,604
'n Groot soektog is van stapel laat loop na die moordenaars van 'n hoewe-eienaar gisteraand buite Tzaneen. Sy huishulp is verkrag. Sy het 'n geraas gehoor en uitgegaan om te kyk wat aangaan toe sy ook oorval is. Twee van die booswigte het haar in die huis ingesleep en haar daar verkrag.
130,605
Orbanskool is 'n dubbelmedium privaat skool in die hart van Johannesburg. Ons is tans besig om hierdie webwerf te herbou. Kontak ons ​​gerus vir enige inligting wat nog nie hier gelaai is nie. Ons Graad R-kindertjies word as die leiers van die kleuterskool beskou en nie as die laerskool se babatjies nie... Ons raad bestaan ​​uit huidige ouers van die skool wat bereid is en belangstel om verantwoordelikheid vir die skool se bestuur te aanvaar.
130,606
Ek is n stil , partymaal maar skaam mens . Maar hou van geselskap. Hou van rustig verkeer met n Movie of dalk n interesante boek. Hou van my online games. Is n familie mens . Hou van sosiaal verkeer , braai en gesellig wees. Wil ook he mense moet weet. Ek is werkloos. Sukkel om n werk te kry, so ek kyk maar na my ouma daagliks , sy is nie gesond nie en is vir my belangrik dat ek daar kan wees vir haar. So dit wat jy hier sien , is wat jy kry. Ek is wie ek is en sal my vir niks en niemand verander nie. Moet iemand wees , wat nie vol strooi is nie , en my sal aanvaar vir wat en wie ek is.. Iemand wat sy alles met sy beste vriend sal wil deel en nie leuens vertel nie. Iemand wat net daar sal wees vir jou deur duk en dun. Iemand wat bereid sal wees om my te aanvaar vir wie en wat ek is. So dit moet iemand wees wat my sal kan aanvaar net soos ek is en nog steeds die mooi van die lewe kan ervaar saam met my.
130,607
Idma Kapel is geleë op ’n druiwe- en groente-plaas buite Klawer onderweg na Vredendal in die hart van die Olifantsriviervallei. Januarie is stokperdjie-maand en ons almal het ’n stokperdjie of drie waarvan ons baie hou. Of jy nou daarvan... Vandag word Wêreldtraumadag regoor die wêreld herdenk. Die dag fokus op die kritieke rol van doeltreffende hospitaal-traumasorg tydens die...
130,608
Ons Graad R-kindertjies word as die leiers van die kleuterskool beskou en nie as die laerskool se babatjies nie. Hoewel baie van hulle leer steeds deur middel van spel plaasvind, begin dit meer struktuur aanneem en word dit bietjie meer formeel aangebied. Ons hoofdoel is om vertroue en 'n gevoel van prestasie in elke individu as basis vir toekomstige leer te vestig. Die fokus is dus nie om hulle te leer lees en skryf in hierdie vroeë stadium van die grondslagfase nie, maar om die selfvertroue te leer om te besef dat die wêreld hul oester is. Alles is moontlik.
130,609
Het jy enige foto's van die Borstlap Familie - Jou Pa, Oupa, Oupagrootjie of enige iets, 'n huis waarin iemand gebly het , 'n motor, perd, ens. ja enige foto wat 'n storie vertel van die voorgeslagte van die Borstlap familie - Wel as jy het en jy wil dit graag met die res van die familie deel sal ons 'n afskrif daarvan wil maak - so kliek op kontak skakel hier onder en laat my weet van jou foto's en ek sal met jou reël om 'n afdruk te laat kry.
130,610
As 'n bestuurder wat jy wil hê jou besigheid te laat groei en sukses te behaal. In hierdie spel van Barbie, jy is die bestuurder van 'n blomme winkel. Jou doel is om te verkoop soveel blomme as wat jy kan so vinnig as moontlik en die geld het deur Barbie samel. Elke meisie, sal 'n kombinasie van verskillende blomme en 'n kaartjie vir die meisies vra skryf 'n boodskap. Jy moet sit in die pot al die blomme aangedui. Klik op die versoek om blomme vaas, voeg al 3 blomme in dit, kies die kaart kleur, die verkoop van die blomme en versamel die geld te bevorder na 'n ander vlak. Baie geluk!
130,611
Dis nice om te sien dat die brand manager van Stella Artois se spelling net so kak soos sy smaak in fotos is #Soreloser
130,612
Neels Ons het baie jare terug op Bloemspruit saam gewerk. Ek was die fotograaf daar. Julle het 'n pragtige blad. Hello Ek wil weet of daar enige Botes lede is wat sal belangstel om my boek aan te skaf wat ek besig om te skryf rakende die Botes familie stamregister. Ek is reeds die afgelope 20 jaar hiermee besig en is in die finale fase om dit in boek vorm te sit. Indien julle belangstel sal ek dit waardeer indien jy julle info vir my kan stuur sodat die boek meer persoonlik kan maak. Stuur vir my 'n boodskap dan verwys ek jou na my webblad aangesien ek nie die link hier geplaas kry nie. Groetnis en hoor graag van jou Willie PS Marihen Bortslap en Petrus Botes is my oom en tante Neels, Ek was baie verras toe ek jou web blad by Mirranda gekry het. Ek sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek is ongelukkig net 'n kort tydjie in Suid Afrika en vertrek eersdaags India toe met die genade van die liewe Heer en sal vreeslik graag met jou wil kontak maak. Ek werk al 15 jaar vir Lurgi in Duitsland en reis maar baie rond om die wereld met my gesin. My moeder en my suster bly tans in Paternoster en ons gaan gereeld Kaap se kant toe. Ek is tans in Sasolburg en my nommer is 0169761968 of 0769710038 Groete, Wimpie Mouton Hanlie julle het n baie oulike website. regtig iets besonders. ek sien op FB van jou seun se siekte, en my hart is baie seer vir julle. mag Jesus jul almal die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan, en deur hierdie tyd bring. liefde Amanda ns. my pa was saam met jou man in ICU, ek werk vir drs Haasbroek Hey Johanei Ek is mal oor die webtuiste ek kan sien jou pa het baie moeite daar in gesit en ek hou van die foto's jy het baie oulik gelyk toe jy klein was. Annika Hi daar Borstlap-familie. Dit was baie interessant gewees en ek moet se die stamboom uitleg ens. het my baie deurmekaar gemaak, ek wil nie eers weet hoe baie moeite dit was om dit uit te werk nie.Maar baie geluk met julle stunning website. Julle is 'n baie oulike, hegte gesin. Ek kan maar net hoop om ook eendag so 'n gesinnetjie van my eie te he. Groete Ellen Bortslap gesin, Ek is ook 'n afstammeling van die Groblers. My ouma is met Hendrik Frederik getroud en sy pa was die eerste landdrost in Potchefstroom 1841 asook agerende President volgens my ouma se geskrifte. Ongelukkig loop alle besonderhede by hom dood behalwe wat my ouma geskryf het. Ek het nou eers onlangs begin navorsing doen. My ouma se ma was weer 'n Erasmus gewees familie lid van die Spookhuis in Pretoria. Ek het dit geniet om deur jul geslag register deur te blaai, veral die baie besonderhede van die Voorvader en Moeder. Groete van Bettie Hayes. Dit was voorwaar 'n plesier om na julle webblad te kyk. Neels ek onthou nog julle gesinsfoto wat jy by jou naam het soos gister. Die idee om 'n webblad met al julle fotos te maak is 'n briljante idee. Ek het so in vervoering geraak toe ek hierdeur gegaan het. Die tyd het sommer gevlieg. Baie geluk met julle begaafde kinders. Voorwaar 'n trots. Groete Rutna Hallo almal Ek sit vandag hier en besluit om weer 'n bietjie te surf op julle webtuiste. Dis sooo lekker om al die fotos van almal te sien. Al die fotos laat my terugdink aan my kinderdae op Vaalharts,dit was wonderlike tye. Elke naweek het ons gekuier, gebraai. Ou Chris was mal oor braai en mamma Bessie is glad nie lief vir braaivleis..... So het elkeen se pad sy eie rigting gegaan en dink ek hierdie webtuiste is 'n wonderlike geskenk van julle af. As iemand fotos van ou Chris Verwey het moet julle dit asseblief bietjie op die web laat sit, ons het nie baie fotos van daardie kuiertjies nie. En dit was baie Special. Met my en Christo gaan dit goed, ons is in die Strand en geniet elke oomblik van die see. As CJ en Liane op die strand is, lyk ons soos Transvalers, hulle kom net nie oor die see ding nie. - Dit is somer lekker om van jou te hoor en van die lekker vakansie - Jy moet bietjie gaan sit en iets skryf oor jou pa (Chris) en sommer sy lewensverhaal kortliks beskryf - vra vir ma Bessie om 'n paar van julle foto's saam julle pa (Chris) aan te stuur dan maak ons vir hom 'n memory bladsy op die webblad.. Ek wag vir jou stukkie. Hi julle almal. Wat 'n wonderlike voorreg om mense soos julle te ken. Ek het vanoggend weer na 'n lang tyd julle website besoek en heerlik saamgekuier, gelag en gehuil. Hanlie, my hart is saam met jou seer oor Oupa Kraai en Ouma Marie. Hulle was vir so lang tyd deel van ons lewe ook. Ek het die nuus van Mari se verlowing met baie gemengde gevoelens ontvang. Ek is baie bly vir haar, maar het iewers diep in my binneste altyd gehoop sy en JL kan afhaak. Ek weet sy sal die wonderlikse dogter wees wat enige iemand kan bykry. Nogtans is ek saam met julle bly. Dit gaan goed met almal. Die kinders word groot, en ons word oud. JL doen baie goed in sy werk. Oorweeg nou 'n verplasing na 'n groter tak, Kathu, met 'n groter salaris. Ek huil al klaar oor sy weggaan, maar groot word moet hulle groot word. Ek sal hom nie vir ewig onder my vlerke kan hou nie. Mamma het Douglas toe getrek. Wonderlik om haar so naby te he. St. Lucia was vrek ver. Baie dankie vir die inpirasie wat julle vir my is. Ek is baie lief vir julle. - Ag jy is 'n Darling en ons hou baie baie van jou Groete xxxxxx Ai my liewe kind - dis so wonderlik om so mooi briefie van jou te kry - jy laat die water uit my oë loop. Jy is baie spesiaal vir ons en ons LIEF jou ook baie! Ek is opsoek na die Grobler voorgeslagte toe ek op hierdie pragtige webtuiste kom. Baie geluk hiermee. Anna Baie dankie vir die kompliment. Ons leer maar nog elke dag oor webblaaie. Ek is ook besig om my Borstlap familie se voorgeslagte op te soek. My moeder was 'n nooi Grobbelaar en daarom het ek redelik inligting oor die Grobbelaars ook. Stuur vir my u e-pos adres dan kan ons bietjie inligting uitruil. neels@borstlap.co.za. Groete, Neels Borstlap Hey mami en papi ek love nog steeds die website maar oh ek will net se upgrade 'n bietjie daai fotos en deel van my met meer of nuwe fotos asb. Verder briljant man ek love dit so so so so so so so so baie en sal altyd en ag man ek is te veel lief vir julle dit maak my skoon duislig as ek dink aan die groot getal wat is glo my dis 'n groot groot groot getal lief julle baie
130,613
Hallo Tineke, jammer jy moes so soebat om nuus uit ons te kry. Lohan was besig, maar het blykbaar tog vir jou gemail. Hoop jy kon dit gebruik. Skryf gerus weer vir ons. Groete, Neels en Hanlie Hi, weer ekke. Wil net vir Neels sê dat die fotografie-gogga my ook gebyt het. Ek het begin met 'n Canon 400D en geniet myself gate uit. Ek het nog ongelooflik baie om te leer, laat nie 'n geleentheid verby gaan nie, en maak ook my naam vreeslik gat! Het tydens Johann se prysuitdeling met groot bravade reg voor gaan sit en die een foto na die ander geneem. Daar was kort-kort 'n ander kind by my om te sê "Tannie, Mamma vra jy moet vir so-en-so ook afneem." So moes ek omtrent 12 verskillende kinders afneem, wat ek ook toe met smaak gedoen het, net om uit te vind my kamera het nie 'n memory kaart in nie!!!!! Ek sal jou nog baie lastig val vir tips en hulp. Ek e-mail vir jou een van my nuutstes - Vrydagaand by 'n gala. Dis Carina. Sy het haar bril afgeduik!!! Liefde Nadya Hallo Nadya, ja nee, fotografie-goggas is gevaarlik. As een jou gebyt het kom jy nie weer los nie. Ek is bly jy geniet dit so. Goeie kamera wat jy het. Ek dink alle fotograwe, hoe professioneel ookal het altyd iets om te leer. Mens leer elke dag iets anders. Ek het lekker gelag oor die memory kaart verleentheid. Jy is welkom om met my te gesels oor foto's neem. Ek leer ook maar nog. Groete, Neels Hallo julle Gaan dit nog goed? Hier by ons gaan dit baie goed. Kinders is druk besig met eksamen - wat 'n stryd - maar Vrydag is als verby en dan kan ons lekker rus. My ma kom die naweek vir 'n troue Kimberley toe, en gaan dan 'n bietjie by ons kuier. Ek en die kinders tel letterlik al die slapies. Ek dink ek het haar meer as 'n jaar laas gesien! JL trek begin Desember 2007 in ons een woonstel in - ai maar dis lekker om huis op te sit. Dis wonderlik hoe mens kan raap en skraap vir geldjies om jou eie mikrogolf te koop! Ons is voorwaar bevoorreg om om hom uit die huis uit, maar tog by die huis, te hê. Ons sien vreeslik baie uit na Maart 2008. Glo dit gaan vir Johann 'n belewenis wees. Hoop ons sal julle dan sien - sal nader aan die tyd meer definitiewe planne maak. Gaan nou eers bye sê - het nou-net 'n kliënt ingestap. Baie liefde en groete Nadya
130,614
Hallo Tineke. Jy sal nooit lastig wees nie. Bly jy en Lohan kon al met mekaar gesels. Ek sal vir hom sê om 'n mail vir jou te stuur . Ons verstaan goed wat jy in Nederlands tik. Dit is regtig nie nodig om dit in Engels te vertaal nie. Sterkte met jou skoolwerk. Hanlie
130,615
Hallo Tineke. Dankie vir jou inskrywing. Ek het vir Lohan jou besonderhede gegee. Hy sal graag met jou kontak maak. Lekker om van jou te hoor. Groete, Hanlie Hallo julle, ek het so pas na julle website gekyk, en dis stunning! Ek kan net nie glo dat ons julle hele 2007 ondervindings misgeloop het nie! Voel baie sleg daaroor. Ek sal beslis meer op julle website gaan, dis 'n ondervinding! Liefde Esther Dis weer ek, net om te sê ek het julle webwerf vreeslik geniet en 'n stille wens gewens om ook eendag 'n webwerf van my gesin te hê. Julle kinders is pragtig en julle as ouers behoort niks minder as trots op hulle te wees nie. As deel van 'n vurige WP-ondersteuners gesin, was dit lekker om ander ondersteunders as Blou Bulle te sien. Sterkte vir die Semi-Finaal! Groetnis tot 'n volgende keer! Corlene Ek het soos 'n vorige gas, rondgekrap opsoek na die dvd of video - 101 Doellynverhale en op julle webwerf afgekom. Sal dus 'n boodskap los en dan julle webwerf besoek... Groete, Corlene (corlened@african-life.co.za) Baie dankie vir die positiewe opmerking Beyers. Hoop jy het reggekom met jou 101 Doellynverhale. Groete, Neels en Hanlie Hallo liewe Buurvrou, dankie dat jy kom inloer het! Die Cheetah-bloed vloei dik jong. Dankie vir jou pragtige boodskappie hier op ons blad. Jy is 'n dierbare vriendin. Liefde Neels en Hanlie Hallo liewe Lanie, julle babatjie is tog te pragtig. Ek het op jou webblad gaan kyk. Baie geluk ook met die mooie dingetjie. Dankie dat jy op ons webblad geloer het en 'n boodskappie geskryf het. Kyk mooi na jouself. Liefde, Tannie Hanlie
130,616
Goeiedag Roos. Ons Borstlap-familie is tans in Suid-Afrika woonagtig en dus praat ons Afrikaans. Die Nederlands lyk so bietjie bekend. Ongelukkig verstaan ons nie alles wat jy vra nie. Ons weet wel van Michiel Borstlap - hy is 'n bekende jazz-klavierspeler en sing ook as ek dit reg het. Wat bedoel jy met leer beter typen. Ek verstaan dit nie so goed nie. En ook zijn julie even beniewd als is? Kan jy dit vir ons probeer verduidelik. Nogtans, dankie dat jy op ons webblad 'n inskrywing gemaak het. Vriendelike Borstlap-groete, Neels en Hanlie Hallo Neels, Dit was so lekker om op jou webblad af te kom!! Jy sal nie onthou nie, maar ons het ontmoet by die Grobbelaarfees in Magogong, ek dink dit was in die vroeë negentigs! Ek was so kannetjie van 10/11 jaar oud! O ja, ek is Hendrik Grobbelaar, seun van Nico en Marthie Grobbelaar (uit Oupa Nakkie se geledere!). Ek woon en werk al die afgelope vyf jaar in London, UK. Ek't hier my meisie ontmoet, 'n nooi Grobler, en soos jy net kan dink, is dit altyd 'n gestry of dit nou Grobler of Grobbelaar is!! Jou inleidingsparagraaf het sommer baie gehelp!! Nou ja, kan nie glo ek't familie so op die internet opgespoor nie, en jy't boonop 'n fototjie van Oupa Nakkie ook op!! Groete liefde, Hendrik Ag dit is wonderlik om 'n Grobbelaar se terugvoer te kry. Hendrik laat weet my hoe jy hier uitgekom het.
130,617
Hartlike Borstlap-groete! Laat ek begin deur julle geluk te wens met so 'n fantastiese webblad! Ek dreig nou al lank om iets in die gasteboek te skryf. My naam is Rehuel Borstlap (CWRZ), seun van Leon. Ek sien julle het al kontak met my pa gemaak. Dit was ook BAIE interessant om my standerd-5 taak op julle "site" te lees! Ek sien my pa het my "vital statistics" al deurgegee, maar ek kan dalk net byvoeg dat ek en my pa ook jul passie vir fotografie deel. Ek is 'n ernstige amateur en as my spoedrooster dit toelaat 'n troue hier en daar. Weereens geluk met die "site" en julle is 'n pragtige gesin. Groete Rehuel ( rehuelborstlap@yahoo.com ) Reheul - ek sou dink dit was vir jou 'n verrassing want jy het seker al daarvan vergeet. Lekker om van jou te hoor maar wil jy nie vir my kyk of jou data op die webblad reg is nie en indien daar iets kort of nie reg is nie stuur dit tog vir my asb. Groete Neels
130,618
HO, Dirk is aan my bekend maar ek kan nie vir jou sy besonderhede verskaf nie - ek sal vir Dirk 'n boodskap stuur wat sê dat jy hom soek en hy kan jou dan self kontak. Ek is jammer om dit so te doen maar die inligting van mense wat ek het, is vertroulik - Hoop julle kry mekaar spoedig - Groete Neels Marisa ek kan sommer met die lees van jou inskrywing jou opgewondeheid oor die neem van foto's aanvoel. Dit is vir ons net so lekker. Dankie vir jou komplimente vir die "site". Ons webblad gee vir ons die geleentheid om ons foto's en gedagtes met ander te deel. Wat dink jy daarvan as jy vir ons van jou foto's stuur waarvan jy die meeste hou, dan maak ons vir jou 'n Marisa plekkie op die blad en plaas dit daar. Liefde en groete vir jou Neels en Hanlie Naas ons is bly jy het die nuus oor die familie en vriende geniet. Jy moet bietjie van jou doen en late vir ons laat weet sodat ons dit ook hier kan plaas. Ek verneem jy is nou in die Baai en jy moet laat weet wat jy daar doen, waar jy bly en werk ens. Loer gerus elke week in om die jongste nuus van die familie en vriende onder die LASLAPPIES gedeelte te lees. Man dit was sommer lekker om so julle gesin te ontmoet. Neels ek self het 'n passie vir fotografie en het hierdie jaar die eerste keer kans gekry om die super 14 te gaan afneem. As ek jou belangstellings en rugby agtergrond sien het ek so 'n idee dat ons sommer lekker sal saam kuier. Ek hoop julle gesin beleef die Here se seen op 'n besondere wyse hierdie jaar. Groete Paul Barnard paul@nghelder.co.za Paul dankie vir die seën wense en so ook jou besoek an ons blad. Met ons foto's probeer ons die srotie van onsself te vertel eerder as met 'n klmp woorde. Dit maak die neem daarvan baie lekker . Rugby, nou ja, ons vrek daaroor en maak gewoonlik 'n fees voor die tv van groot wedstryde. Hallo julle almal Gaan dit goed? Hier by ons is nie klagtes nie. Net vrek koud. Reën dit by julle ook so baie soos wat dit op die TV sê? Ek is by die werk om gou 'n kliënt te sien - wat laat is. Gelukkig gee y laatkom my kans om gou te hoor hoe dit met julle gaan? Liefde vir almal Nadya Frederick - lekker om te sien jy het so bietjie na die stamboom inligting gekyk. Jammer oor die verkeerde spelling maar dit was nie my bedoeling nie maar net oorhaastigheid en omdat ek nie 'n bron gehad het nie. Ek sal vir jou 'n epos stuur dan stuur jy vir my al julle stamboom inligting. - Neels Hi daar Nico, dankie vir die inskrywing. Enigste manier hoe mens leer is om elke dag bietjie te sit en speel op die rekenaar. Hoe lus maak jy my nou vir 'n lekker stukkie biltong. Groete vir jou mense ook. Liefde, Hanlie Hallo Hanlie Jy sal my nie ken nie, maar Nicolene het gese ek moet tot 'n foto van Fanie se "Pampoen" druk net om dit vir Marilie te gee. Ek is Hentia Nicolene se suster in Gauteng - so ek steel 'n foto van Anjelle Groete Henita Hallo Hentia. Ek weet presies wie jy is. Ek was mos darem op Nicolene se troue en julle het 'n paar keer in die Skema kom kuier terwyl ek nog 'n ongetroude dame was. Ek is bly as jy die foto van pragtige klein Anjelle kon gebruik. Ek kan dit vir jou mail ook as jy dalk 'n beter kwaliteit foto soek. Groete aan jou Ma en ander sussies. Hanlie Kan jy nou meer! Retha! Ek is SO BLY om van jou te hoor. Dit is nou regtig so special. Dankie vir jou inskrywing. Ek gaan beslis met jou per e-pos kommunikeer. Sterkte in New Zeeland. Dankie vir die kompliment, Groete Hanlie Hallo Anneleen, ek het nou my uiterste bes probeer om te onthou maar ek is jammer ek kannie onthou hoe jy lyk nie. Ek weet wel dat Annetjie al baie van jou gepraat het. Is Martin, Willa se broer? Dan kan ek hom onthou. Ek is bly jy het ons Laslappies gelees. Ek sal jou enige tyd by die adreslys byvoeg. Lekker lees hoor en sterkte daar in die vreemde. Groete, Hanlie Hallo Humphrey, dit was nou regtig 'n groot lekker om jou inskrywing te lees. Die webblad bring omtrent mense van oor die hele wêreld weer met ons in verbinding. Sterkte vir jou en Madeleine in New Zeeland. Hoop dit gaan goed met julle. Bly gerus in kontak en stuur julle nuwe e-pos-adres vir ons dan kan ons in verbinding bly. Liefdegroete, Hanlie Hi. Nee, ek dink nie jy weet iets wat jy nie weet nie, maar mens kan maar bly hoop, of hoe. Liefde vir almal. Nadya Hi Ronel, ek kon nie onthou nie, maar het my ma-hulle gebel en nou weet ek presies wie jy is. Dit gaan goed met hulle. Herman bly mos in Bloemfontein en hy sorg so goed vir hulle. Groete en dankie vir die inskrywing. Hanlie Hallo Neels, Hanlie en al die kinders Ek probeer wanneer ek so af kansie het, gou loer waarmee julle besig is. Dis altyd 'n belewenis, en werklik 'n seën om in julle midde te wees. Baie dankie vir al die effort wat daarin gaan - wens ek het tyd gehad om so iets aan te pak. Dit gaan baie goed met almal - dis mos skoolvakansie! JL werk baie hard, maar kla darem nie te veel nie. Dis nie eintlik sy lyn nie, maar is 'n werk, en ons bly dankbaar. Veral omdat hy weer terug is by die huis! Laurence is vreeslik baie op die pad, maar is op die kortlys vir bevordering - Direkteur nogal. Hou maar styf duim vas - dan sal hy minder ry. Hy ry nogal ver - Spingbok, Port Nolloth, Calvinia, ens. Sommer gou-gou Springbok toe en terug vir 'n vergadering!!! Baie liefde en groete vir almal. Ons sien vreeslik uit na julle kuiertjie. Baie liefde Nadya Hallo Nadya, dankie vir die inskrywing en die nuus! Ons verlang so na julle en JL. Sterkte vir Laurence! Ons dink aan en bid vir hom. Kuiertjie? Weet jy iets wat ek nie weet nie? Baie liefde, Hanlie Hi Marlene, Dankie vir jou inskrywing. Ja nee kyk, ek het die oë en monde net so geniet. Het vir 'n hele dag lank gesit en soek en speel daarmee. Ons het die antwoorde in LASLAPPIE nr 21 gesit. So as jy dit in die hande kan kry sal jy dit daarin kry. Lekker kyk. Liefdegroete, Tannie Hanlie Groete uit New South Wales, Australia. Dit was 'n naweek van gemenge gevoelens. Die Bulle het verloor teen die Cruisaders, 'n wonderwerk - die Stormers het die Waratahs met 'n weg-wedstryd geklop (ons bly in Waratah country) en Gibs & Boucher het geskiedenis gemaak. Volgende naweek speel Suid Afrika teen Australia in die krieket wereld beker - Moeilik om kante te kies - my hart en my kop is in konflik. So, Neels, ek stir nou, want ek vermoed wat jy gaan antwoord, maar ek wonder net wat dink jy is ons Bokke en afrigter White se kans hierdie jaar? Stil swye sal ook 'n antwoord wees. Petrus Botes - vir my is dit nie moeilik om kan te kies nie, ek kies altyd die Proteas se kant, wen of verloor, en sal nie eers in my drome die aussies kies nie - as dit nou gaan oor die wen of die verloor kies, kies ek weer vir die Proteas. Vir Jake White en sy slim stories die afgelope twee jaar het ek nie veel tyd nie - so sy kanse is 10%, MAAR die spelers in Suid Afrika oor die algemeen lyk hierdie jaar net daai ietsie skerper en ek dink hulle gaan ver kom met of sonder White. Nag ou Grote - ver al teen die Aussies. (Vul asb. jou detial in die genealogie vorm in) Hallo Willie en Magda, baie dankie vir inskrywing daar uit die mooie Witrivier. Ons neem die asemrowendste fotos van die sonsondergange hier vanaf ons balkon. Neels het selfs ook al 'n paar pragtige foto's van die maan geneem. Jy moet jou e-pos adres vir hom gee sodat hy vir jou 'n paar van sy foto's kan e-pos. Fotografie is 'n ongelooflike stokperdjie. Ek (dis nou Hanlie) hou daarvan om wolke af te neem. Daar is vir my min goed so mooi soos massiewe Cumulus wolke nie. Hoop om weer van julle te hoor. Groete Hanlie
130,619
Hallo Nadia, dit was vir my verskriklik lekker om by jou te kuier. My ma sê sy het gladnie lank gewag nie. Sy was skaars 3 minute daar toe maak jy die deur oop. Sy sê die dagboek is met baie liefde omdat jy so 'n oulike dogtertjie is! Sien jou more by die skool. Johanei Dankie vir die inskrywing Japie. Jammer jy het nie 'n e-pos adres gegee nie, dan kon ons adresse uitruil vir as ons dalk in die Oos-Kaap 'n draai maak. Ons is bly as jy ons webblad geniet het. Dis vir ons net so 'n groot vreugde. Voorspoed vir jou ook. Liewe Chrizelle, baie dankie vir die heerlike inskrywing. Dis lekker om nuwe familie te ontdek. Ons wag met groot opgewondenheid vir al die lekker fotos en meer nuus oor julle familie. Kom kuier groot asseblief as julle in die Kaap kom. Neels, Ek is hoogs beindruk met jou webblad! Ek wil liewer nie weet hoeveel man ure in die werkstuk in gegaan het nie! Ek en my vrou, Isabel, bly in Otjiwarongo. Ek werk egter in Windhoek. Ek is 'n finansiële konsultant vir FNB se korporatiewe en besigheid kliënte. Ons het twee seuns, Dirk en Rehuel. Beide het op Grey skool gegaan en op die Bult geswot. Dirk behaal 'n MSc. Dierevoeding en Rehuel is 'n mediese dokter. Ek stuur later die inligting van my deur. Groete Leon Borstlap Dit was nou baie lekker om jou boodskap te lees en ek hoop om sommer gou jou inligting te ontvang. Leon jy sal nie glo nie maar ek het iets baie kosbaar van jou seun Rehuel opgespoor. Hy het 'n werkstuk in st.5 gemaak waarin hy sy Borstlap familie so bietjie beskryf. Dit is deur een van die Borstlap familie lede wat gladnie van jou oupa afstam nie bewaar en sy het 'n afskrif aan my gestuur nadat sy verneem het ek is besig met die navorsing. Ek het die dokumente in 'n Adobe pdf file geplaas en jy kan dit hier gaan lees. Nou toe laat kom daardie genealogie inligting en stuur tog ook 'n tel. no. en e-pos adres.. Ai ou Vissie dit klink vir my asof jou hart vol verlange is daar in die vreemde land. Hoop jy hou kop bo water en kan jou planne daar deur voer. Vasbyt man - 'n boer is mos 'n sterk ding!!!! Goeiedag, Ek is Gerhard Borstlap(Die 5de Geslag ene...) en ek is ongelooflik bly dat ek op hierdie webtuiste afgekom het-ek stel nog altyd belang in die geskiedenis en wou veral iets soortgelyks doen, maar het nie geweet waar om te begin nie. Ek was in PTA, maar het onlangs na die Strand getrek om te begin vlieg. As 'n deeltydse werk het ek by Exclusive Books begin werk, en het die cliche oorgekom-Almal het vir my gevra of ek 'n ander Borstlap se sussie is wat ook daar gewerk het-Is dit dalk een van julle? Ek sal graag wil help om inligting te verskaf om te help om die webtuiste meer volledig te kan maak. Baie dankie dat julle die webtuiste begin het, dit is ongelooflik lekker om so na mens se voorsate te kan kyk...My e-posadres is gborstlap@gmail.com. Groete, Gerhard Gerhard dit klink my jy is net so opgewonde oor die familie soos ek. Die Borstlap wat daar gewerk het is my dogter Mari en jy kan van haar lees op die webblad. Jy moet asb. vir my help om inligting in te samel want dit vat maar baie tyd. Gaan lees 'n bietjie die "Laslappie" deel op die webbald en besluit of jy nie wil deel word van die nuusbrief nie. Ons praat weer. Dit is wonderlik om deel te word van jul blad. Ek wil jul hele gesin 'n wonderlike 007 jaar toewens en hoop dat die goeie vermenigvuldig en die slegte verdamp in die liefde wat julle vir mekaar en jul medemens het. Baie groete en liefde! Christa Baie dankie liewe nig vir die inskrywing. Dankie ook vir die mooi wense. Ons wens jou en jou gesin ook net die mooiste toe. Ons MOET regtig hierdie jaar 'n kuier of 10 beplan en DOEN. Ons sien mekaar heeltemal te min. Lief vir jou! Hanlie
130,620
Dear Joe and Kay, thanks so much for the message. Sjoe al die groot Ingelse woorde. Julle is sulke dierbare mense. Dis vir ons 'n groot eer dat julle na ons webblad gekyk het en 'n inskrywing gemaak het. Ons moet 'n koffie of teetjie drink as julle in die Kaap kom. Bel ons asseblief. Die Here se seën julle toegebid. Hallo Ek het nog altyd gedink die Borstlappe is 'n besondere spesie! En so word my vermoede toe bevestig met die Laslappie-idee. Doet so voort! En moet nou nie vergeet dat ek op 21 Jan verjaar nie. Marie mgreylin@cut.ac.za Dankie Marie vir die inskrywing. Ons het onthou van jou verjaardag! Mag dit 'n wonderlike dag wees. Sal jou bel hoor! Liefde! Baie dankie Liewe Neitjie dat jy so gereeld na die webblad kyk. Ons is lief vir jou! Pappa en Mamma x x x Dankie liewe Riana vir die inloer op ons blaadjie. Dis net soos jy sê mens se familie is BAIE BELANGRIK maar so ook ons VRIENDE en ons is so opreg dankbaar vir vriende soos jy en Ben. Liefde x x x Ek is 'n aangetroude Borstlap en was vanuit die staanspoor baie nuuskierig oor waar die 'oorsprong' was van hierdie familie. Ek is baie bly dat julle die moeite doen om die stamboom na te vors. Wortels en geskiedenis is vir my familie (Vorster) baie belangrik en ek moet erken my kinders veral my seun is trots Gerhardus Petrus Borstlap. Baie sterkte en groete aan al die ander Borstlappe oor Suid-Afrika. En ja, dit is waar - ek word gereeld gevra of ek dié en daai Borstlap ken. Nou sal ek weet waar om te kom soek. Groete, Liza Borstlap (Pretoria) Liza - Baie dankie vir jou hulpvaardigheid aan my om inligting te bekom. Dit het voorwaar sake vir my makliker gemaak. Jy kan gerus op www.vorster.net/ gaan inloer. Daar word die Vorster familie volledig uit eengesit en ek is seker jy sal jou self ook daar vind. Kom maak gerus weer 'n ook draai. Mooi bly daar in Pretoria! Naand Neels en familie. Dankie vir die Skype kontak. Ek het my pa na die webblad toe verwys en hy sal baie geintereseerd wees om met jou te gesels oor die hele Borstlap familie naam en sy oorsprong. Sy suster weet nog meer van die Borstlappe en hy sal vir jou haar kontak details kan gee. Ek het terug geskryf op die skype boodskappe wat jy aan my gestuur het en my pa se e-mail adres is daar op. Alles van die beste met jou navorsing. Deon "bors" Borstlap Deon - Baie dankie vir jou vinnige reaksie op die Skype kontak. Ek het sommer dieselfde aand nog met jou Pa ook gepraat. Besoek gerus die webblad gereeld om te sien hoe die Stamboom navorsing vorder. Hopelik kan ons gou 'n Borstlap-fees reël. Baie dankie Johan vir die reaksie. Dankie ook vir die oproep. Ons het heerlik gesels. Hou gerus die webblad dop vir die stamboom se vordering. Kom maak asb. 'n draai by my as jy in die Kaap kom kuier. Haai Neels, Hannelie & kinders Ek weet nie eintlik wat om te sê nie, julle webblad is regtig indrukwekkend net soos julle. Dankie dat julle nog altyd dieselfde is. Sterkte en liefde vir 2007, my en Chris se grootouerskap staar ons soos 'n groot onwerklikheid aan, glad nie voorbereid nie. Gelukkig weet ons Ons Hemelse Vader sal ons daardeur ook help. Sommer liefde vir almal wat die boodskappie lees. Chrisjan, Rentia en die Roodtjies. Haai daar al die Borstlappies, familie en vriende. Die Borstlappe van Evander is terug by die huis, die helfte in elk geval. Die hitte in Ballito het ons hierdie jaar onder gekry. Het nog nooit so warm daar gekry nie. Natuurlik is die verlange na die honde 'n ander rede. Ons het heerlik vakansie gehou, maar dis lekker om terug te wees. Ons wens julle almal 'n voorspoedige nuwe jaar toe. En o ja, baie geluk Heila, ons kort lankal weer 'n baba in die familie. Groete uit Evander. Johannes en Santie. Ons is baie bly julle is terug van vakansie - ons stem saam dat die beste plek is by jou huis - so bietjie afleiding so af en toe is egter ook lekker. Dankie vir julle inskrywing en skryf gerus weer ☼ Hi Neels, Dit was met 'n gevoel van nostalgie en met hoedervleis wat ek van die foto's gesien het - uit die ou dae - veral die een waarop oupa Pieter en ouma ook is - selfs ek self. Ek dink die idee van 'n webblad is 'n blink een. Miskien moet ons dalk weer die familie bymekaar kry - my skoonseun werk byna elke dag in Secunda en dit is nie so baie ver van ons af nie. Pieter verjaar mos die 1ste Januarie. Kan jy my sy telefoon nommer laat kry? Wil graag met hom praat - sommer die ander neefs se nommers ook. By ons gaan dit goed. Ek en Kobie het nie meer kinders in die huis nie. Ons is dus so bietjie meer los. Met my Pa gaan dit redelik - die ouderdom vang hom net - het darem nog krag vir 'n "meisie" Groete daar by jou huis. Ons praat weer. Frederick en Kobie Meiring Tel 034 315 4034 Cel 083 658 8897 freddie.meiring@mediclinic.co.za My neef dit is nou baie lekker om jou briefie te lees. Ek kan sommer sien jy verlang na die familie. Ek stuur vir jou die nommers. Ons sal ook sorg dat jy en Kobie die Laslappie kry sodat julle kan sien wat aan gaan. Laat weet baie groete en liefde vir jou pa - ek dink baie aan hom! - Julle kom mos in die Kaap so een keer in 'n jaar en moet dan vir 'n oomblik oë kom wys. Neels & Hanlie Ai ou John-Louis ek kan sien dat jy so graag 'n bietjie wil kom kuier. Maar dit is nou maar so dat Desember maand is vir mense wat kinders in die skool het om in vakansie te hou. Jong manne soos jy sal maar agter die "graaf en pik" moet staan in die tyd. Jy is altyd welkom hier - so as jy weer hier verby kom wag ons vir jou. Dankie vir jou lekker brief. BAIE GELUK! Dis 'n groot lekkerte om te weet daar gaan weer 'n ou babatjie wees om te bederf. Nou moet julle maar eers die 4-wheel motorfietse stoor tot die kleinding veilig die wêreld ingebring is. Julle moet kom kuier!! Baie dankie vir die inskrywing. x x x Dankie liewe Neitjie dat jy so gereeld na die webblad kyk en ook die inskrywings in die gasteboek doen. Ons waardeer dit baie. Jy is 'n liefling-kind. x x x Hi julle almal! Neitjie, skuus ek het vergeet om jou te bel met jou verjaardag! Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad en dat die jaar wat voorlê propvol liefde en geluk sal wees. Ons ry die 22ste Kaap toe, en lyk my ons sal julle mis - wanneer ry julle Vaalharts en Bloemfontein toe? En wanneer is julle weer terug in die Kaap? Julle ry darem seker deur Kimberley? Miskien kan ons gou 'n koffietjie drink? Nogmaals dankie vir die wonderlik voorreg om so deel van julle lewe te kan wees. As ons dit nie regkry om mekaar te sien nie, wens ons julle 'n baie geseënde Kersfees toe, ry veilig en sê baie liefde vir Oupa Kraai en Ouma Marie. Baie lief vir julle. Laurence, Nadya & kie. Dankie vir die gereelde besoeke aan ons webblad Liewe Nadya en gesin. Ons was net vir 2 dae in Vaalharts en toe na Bloemfontein vir Kersfees. Jammer ons het mekaar gemis. Ons is lief vir julle. Julle is dierbare vriende. x x x Sjoe maar die Auntie kan vir jou skryf as sy die dag lus het. Dankie Tannie Maya. Dis hoe ons jou mos ken. Jy doen 'n ding ORDENTLIK! Groete en Liefde vir al jou mense! Julle is spesiale, dierbare vriende. x x x Liewe Bokka, ek wil ook in ons gasteboekie skryf. BAIE, baie dankie dat jy soveel ure in hierdie webblad ingesit het en steeds doen. Dis so lekker om dit saam met jou te kan doen. Dis nog lekkerder as ek en jy in die oggende na die rekenaar storm en ons vriende en familie het vir ons ietsie geskryf daar. Lief vir jou Hanlie Kan Mari nie 'n stuk skryf wat gepas is vir laerskoolakteurs nie? Weet sy nie van mense in hierdie omgewing wat kan help met Summies se drama-afrigting nie?Ons moet solank planne maak vir 2007! Maretha Maretha, Mari het heelwat later hierdie inskrywing eers gesien en was BOOS omdat ons nie erns met haar skryfkuns en drama-beroep doen nie. Kontak haar asseblief oor die skryf van 'n stuk en veral die hulp met die drama van die skool. Sy sal dit graag doen en baie geniet. Haar kontakbesonderhede sal ek per sms vir jou stuur. Sien jou by die skool. Dis 'n wonderlike voorreg om so diep in die harte van jul gesin in te kyk - dit verg ook baie moed om almal so bloot te stel, maar WELL DONE! Dis pragtig! Dankie vir wat julle al vir ons gesin en veral vir Naomi beteken het. Johanei is voorwaar 'n vriendin duisend. Mag die Here julle seen met sommer nog baie liefde en omgee. Die Hattinghs Dankie vir die mooi inskrywing. Julle is vir ons baie na aan die hart. Naomi en Johanei se vriendskap is so vas en seker, soos dit ook hoort by kinders van Jesus. Sterkte vir 2007! Hi daar! Ek wil nou nie soos almal sê dis 'n great idee nie maar ek moet maar. Dis vat nogal baie om vir almal jou lewens verhaal te vertel maar dit gee mens 'n goeie idee van iemand. Dankie Neitjie vir jou vriendskap met Kate, sy waardeer dit!! Verder wil ek net vir die familie sê hou so aan en Hanlie ek sien uit na nog nuus. Baie Liefde Elke Dankie vir die inskrywing Elke. Dankie vir Katherine. Sy is 'n dierbare dogtertjie. Ons moet mekaar beter leer ken in 2007! Liewe Borstlappies! Het nou sommer sjnotters en trane gehuil! Dit was voorwaar 'n voorreg om so 'n sneak preview te kon he in 'n stunning familie! Die foto's vertel 'n duisend stories! Veral die dramafoto's! My hart verlang met so 'n lang punt na die goeie, ou dramadae! Gee 'n vet soen en druk vir al jou pragtige kinders. Ek mis julle baie! Liefde Lani Liefste, liefste Lani. Ons MIS MIS MIS JOU!!!! Jou vriendelike spontane lag. Daai blink ogies. Die verdomde Arabiere moet jou net waardeer. Moet jy net die worry nie suster. Ons gaan 'n drama-klub hier bou wat skrik vir niks sodat jy as jy oor 2 jaar terugkom net kan instap en voortbou!. Kyk mooi na jouself. Ons is LIEF VIR JOU!!! Dit is nou sowaar 'n regte Borstlap poging. Niks is oorgesien nie. Die Webers was nou gou vir 'n paar dae in London, maar vakansie op die kamp manier bly tog maar die beste. Geluk met julle web, dit is goeie werk. Praat weer. Ron en Tonja Dankie Liewe Webertjies. LONDON!!!! Wow! Neels willie meer so ver vlieg nie. Hy ry eerder 4000km in Namibië oor 17 dae met 'n gehuurde bakkie!!! Ons is bly julle hou van ons blad. Loer weer in sodat julle al die nuus kan sien. Liefde Liewe Jaco, Ina-Marie en Seuns, ons is so bly julle het ons webblad gesien. Kom kuier weer hier. Pos vir ons 'n foto-tjie of twee en gesels bietjie langer man. Ons verlang baie. Die Here se seën vir julle in oorvloed toegebid. Julle is baie spesiale vriende. Liefde in Christus. Jy is so 'n dierbare mens liewe Nadya. Dankie dat jy ons vriendin is. Kom kuier asb. gereeld by ons webblad.
130,621
Hallo Neels se Lappies!! Wat 'n "rein" gedagte (soos boetie Bouts) sou sê - 'n Borstlap - webblad! Ek is beindruk - julle is soos die Amerikaners - moet alles GROOOOTER doen! Wel julle is 'n GROOOOOT gesin en het beslis die hele internet nodig om julle doen en later af te "show". Dit was 'n groot plesier en het my ten minste 'n uur besig gehou en in die volgende week, gaan ek weer en weer en weer kyk. Dis so mooi het sommer trane in my oë gekyk. Julle ouens weet waaroor die lewe gaan en hoe om hom te leef, verseker 'n inspirasie vir ons almal. Die 2 Francisse is hard besig om gereed te maak (die ma in elk geval) vir die groot uittog oos na Australie. Die naweek Afrikaanse leesstof en musiek opge"stock" om vir die verarmdes daar saam te neem. Celeste sê haar ma sê sy praat nie meer ordentlike afrikaans - dis net 'n ma en skooljuffrou wat dit sal kwytraak. Vincent het 'n baie mooi rapport vir die meeste vakke het hy in die hoë 60's en 70's - sy punte is in elk geval baie beter as wat sy ma s'n was toe sy in St 4 was! Nou lê Gr 7 voor en dan hoërskool en as ek my oë uit vee, vlieg en bou my kind dalk vliegtuie! Terwyl ek weg is moet julle tog asseblief so af en toe vir Moeder Marihen bel dat sy nie te alleen is nie - ek gaan haar baie mis as ek daar by my boetie kuier, want ek weet hom verlang sy na hulle. Aan die hele Borstlap familie en aangetroudes en vriende van familie; mag julle 'n vreugdevolle fees seisoen beleef. Geniet die vakansies by die see of in die berge of by die huis, ry veilig en rus baie!! Baie liefde, Elschen Liewe mamma en pappa Ek dink julle het 'n asemrowende website gemaak . Alhoewel dit nog nie so heeltemal klaar is nie is dit Pragtig. Ek sal uure en ure op hierdie website kan sit en werk of selfs net lees Liefde Johanei
130,622
Wanneer mens sonskerm aan jou gesig smeer is jy geneig om jou ore mis te smeer. Jou ore is deel van jou gesig en as jy vergeet om hulle te beskerm soos die res van jou gesig kan hulle lelik deurloop onder die son se ongenadige strale. Wanneer jou ore vir te lank in son was kan hulle sekerlik sonbrand opdoen. Die vel op jou oor kan droog word en vervel. Jy kan ’n koel, klam lap op jou ore plaas of behandel met ’n verkoelende aalwynroom om sonbrand te verlig. Dra gerus volgende keer ’n groot sonhoed om sonbrand te vermy. ’n Verandering in temperatuur kan bydra tot jou rooi ore. Wanneer jy in erge koue is probeer jou liggaam om sy temperatuur te reguleer. Jou wange, ore en neus is die eerste liggaamsdele wat gevolglik aandui dat hulle koud kry. Dra maar ’n serp of ’n mus om jou liggaam te help met die regulasie van temperatuur. Wanneer jy of jou kind pyn ervaar wanneer jou ore rooi word, kan dit dalk dui op ’n oorinfeksie. Oorinfeksies hou gewoonlik nie lank nie en die simptome verdwyn gewoonlik na ’n paar dae. Die simptome wat gewoonlik daarmee gepaard gaan, is irritasie, swak eetlus, slapeloosheid, koors en soms skei jou ore ’n vloeistof af. Jy kan dus by die apteek vir die nodige medikasie vra om die infeksie te beveg. As jy vermoed jy ly aan ’n rooi-oor-siekte, is jy dalk reg. Daar bestaan ’n toestand genaamd rooi-oor-sindroom. Simptome is ’n brand- of pynlike sensasie by jou oorskulp en beweeg soms tot in jou wange en kake. Die sensasie duur vir ’n halfuur tot ’n uur en mense wat aan die sindroom ly, ervaar die sensasie soms tot twintig keer per dag, aan-en-af, regdeur die jaar. Met die toestand kry jy gewoonlik ook erge hoofpyn. Die toestand is in 1994 vir die eerste keer gediagnoseer en mediese kenners poog om die dit permanent hok te slaan. Rooi-oor-sindroom word soms met anti-inflammatoriese medikasie behandel of jy kan bloot net jou ore koel hou met ’n klam lappie en ys. Jy kan ook ly aan ’n siekte wat jou bloedvate verstop. Die toestand kan aangebring word deur verskeie faktore – oefening, warm temperatuur, selfs lemoene. Besoek jou huisdokter sodat hy/sy jou kan ondersoek en die regte medikasie aan jou voorskryf. Indien jy swelling, probleme met jou balans of erge pyn ervaar moet jy onmiddellik ’n dokter gaan sien. Maak seker van jou toestand sodat jy beter kan hoor en nie verder ly aan ’n vuurwarm blosende gelaat nie. Tensy jy verlief is. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sê die handhawing van ’n gebalanseerde leefstyl kan help om die risiko vir kanker...
130,623
Om die regte haarstyl vir haar spesifieke gesigvorm te kry, is vir menige vroue ’n kopseer. ’n Vrou se...
130,624
’n Onlangse besoek aan Steilhoogte Primêr het die plaaslike VLV gaande gehad oor die opbouende inisiatiewe wat geneem word... Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie. Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers...
130,625
JAN is 'n fynproewer-restaurant in die ontluikende boheemse area van Nice Port, met spasie vir 24 gaste. Dis hier waar Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen met onmiskenbare Suid-Afrikaanse gasvryheid eerlike hartskos bedien wat geinspireer word deur plaaslike produkte wat hy raakloop op varsgoederemarkte in die Suide van Frankryk. Jan Hendrik is oorspronklik van Middelburg, 'n dorp in die Mpumalanga-provinsie van Suid-Afrika, en het kookkuns en toegepaste ontwerp studeer in Stellenbosch. Daarna het hy gewerk vir verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale kostydskrifte. Dis gedurende hierdie tyd dat hy besef het sy droom is om Suid-Afrikaanse gunstelinge soos melktert en biltong op te dollie en bekend te stel aan die kieskeurige lekkerbekke in Europa.
130,626
Bespreek bg. stelling (Sy sê die lewe gaan nie oor prestasies nie. Gaan nie eers oor regte huweliksmaat nie – gaan oor voorbereiding vir ewige lewe.) 1. Evangelie-gedrewe ma sien die liefde van God wat vir haar gewys word in die Evangelie en reageer op hierdie liefde deur haar kinders groot te maak in God se liefde en tot Sy eer. Toepassing: Sy is liewer vir God as haar kinders. Sy wil hulle grootmaak tot sy eer. Ons sal enige iets aanbid wat ons dink vir ons geluk bring. Wie aanbid jy? Moenie God probeer vervang nie. Dit is positief vir jou kind. Het jou kind lief met hoogste vorm van liefde. 2 Kor3:15. “Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” As Christus jou fokus is, sal jy Sy Beeld reflekteer. John Piper: “We will see glory and become glorious” Kinders moet voor kruis draai. Moet weet God het hulle so lief dat Hy Sy seun gestuur het. Joh_3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Leer kinders van gesag. God is Heilig. Eenkeer se ongehoorssaamheid het Christus se lewe gekos. Gen 3:11: “En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?” Gen 3:15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.” God gee sommige van sy gesag aan mense – ouers. Hy laat ons Sy gesag bedien. Leer kinders om met respek teenoor volwassenes op te tree. Nie grootmense in rede val nie. Met respek praat met ouers en ander volwassenes. Exodus 20:12 “Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.” Sy vier en respekteer haar man se leierskap in die huis. Onderwerp aan man omdat sy prag van Christus se onderwerping sien. Hy onderwerp aan Sy Vader en kom sterf in ons plek. Markus 14:35: “En toe Hy ‘n bietjie verder gegaan het, val Hy op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur by Hom sou verbygaan. Mark 14:36: En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.” (Christus vra of daar nie ander uitweg is). 2. Weet jy moet bid met ewigheidsperspektief. Heb 13:14: “Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.”Ons gaan in hemel of hel vir altyd lewe. 2 Kor 4:17: “Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. God gebruik alles in die lewe ten goede. God skryf jou kind se storie (Paul Miller). 4. Weet dat gebed ‘n langtermyn belegging is. Daar is nie ‘n kitsoplossing nie. God se tyd is nie ons tyd nie. Hy het hele leeftyd om met kinders te werk. Moenie moed opgee. Bid vir jou kinders! God doen groot goed in kinders se lewens – en Hy benodig nie baie om mee te werk nie. 1. Hulle sien hoe jy met hulle pa werk. Bybel vol opdragte om ouers te eer. As jy wil hê kinders moet hulle pa eer, moet jy hulle leer om dit te doen. Watter prentjie het jy van hom in hulle koppe gesit? Wat sien hulle in jou gedrag teenoor hulle pa? Jy is die visuele toepassing van opdrag 2. Hulle wil sien wie jou God is. Wys jy vir hulle wie God is? Wys jy dat slegs God jou tevrede kan stel? Sien hulle dat jy jou identiteit in Chrsitus vind of kom hulle agter dat jy jou idintiteit in hulle en hulle prestasies vind? Materialisme? Hardloop jy agter wêreld aan vir bevrediging? As jy wil hê jou kinders moet jou God liefhê, moet hulle sien hoe jy Hom liefhet. Laat hulle sien hoe jy na Hom gaan vir vergifnis as jy gesondig het.
130,627
Hy het in die onderhoud gesê Van der Westhuisen se hantering van die siekte dien vir hom (Weir) as inspirasie, veral die wyse waarop Joost die waarde van positiewe denke beklemtoon het. Die rateltaaie langeraad was eweneens ʼn lid van die Skotse span wat in die kwarteindronde van 1995 se Wêreldbekertoernooi op Loftus Versfeld deur die All Blacks uitgeskakel is. Hy het sy land insgelyks in die RWB-toernooie van 1991 en 1999 verteenwoordig.
130,628
Juan het egter alle verwagtinge oortref. Hy het onlangs aan sy eerste rugbywedstryd deelgeneem en by ʼn hoofstroomskool aangesluit. “Daar is baie dinge wat hulle vir ons gesê het Juan nooit sal kan doen nie, maar elke dag staan ons in verwondering oor sy wilskrag om aan te hou en deur te druk,” het Kelly gesê.
130,629
“Ons verstaan dikwels nie sy vreemde reaksie op medisyne nie, en dit is baie moeilik om sy aanvalle te behandel. Ek is desperaat om met ʼn ander lyer van die siekte te gesels oor alles – die toekoms, praktiese wenke en wat ons as familie kan doen om dit te verbeter. Ek het baie vrae wat dokters nie kan beantwoord nie. Ek wil die vrae wat Juan my vra, kan beantwoord – en tot dusver kon ek nie.”
130,630
Om in balans tussen inkomste en die vereiste uitgawes vir ekonomiese groei te bly gaan meer lenings aangegaan word. Dit word in gewone Afrikaans met staatskuld vertaal, en dit is basies wat die VSA sy Trippel-A-gradering gekos het, en die Grieke in die sop laat beland het. Die sleutel is dat die lenings binne perke moet wees, en gebruik moet word om die ekonomie te laat groei sodat die ekonomie dividende kan lewer om die lenings te diens. Dit laat nie ruimte vir vermorsing en korrupsie nie. Fanie De Villiers het gister gesê dat dit vir hom lyk of die blad vir Sri Lanka voorberei is, om sodoende hulle ‘n kans gun om te wen. Die rede is eenvoudig, as dit so was, as SA gewen het is die reeks gewen en dan is die 3de wedstryd op Nuweland “nutteloos” en baie geld kan verlore gaan. Ek hoop dit is nie so nie, maar die wedstryd het baie verdag voorgekom.
130,631
Só sê Rynie Kearns, die voorsitter van die klub, wat sy bevordering verdien het deur verlede jaar die bond se Eerste Liga te wen. Kearns sê die klub het ook die nodige ondersteuning en `n bestuur wat deeglik daarvan bewus is dat die Premierliga geweldig hard is, en dit baie van die spelers en die klub gaan vereis. Devon Muller is verlede jaar as die klub se speler van die jaar sowel as die o.21-speler van die jaar bekroon.
130,632
Eerlike,opregte man met 'n verantwoordelikheid sin. Kommunikasie is baie belangrik en daarmee samelopend betroubaarheid. Aktiwiteite is onderhandelbaar. Kwalifiserende faktor vir verhoudings is eerlikheid dus sal oneerlike gedrag lei tot die beeïndiging van 'n potensiële verhouding.
130,633
Elizabeth kyk vlugtig op na die enigste ander passasier, die lang, blonde man regs agter teen die spieëlrug van die hyser, toe sy op die 27ste verdieping deur die dubbeldeure instap.
130,634
Sy begin ekstra aantekeninge maak oor die onderhoud wat sy pas gehad het met die grootbaas van ’n nuutgestigte ouditeursfirma – persoonlike indrukke wat ’n berig altyd ’n bietjie ekstra kleur gee. Hy is donker, van gemiddelde lengte, gespierd, en sy baard skyn blou aan sy wange. Elizabeth vermy oogkontak en staan weg van die middel af eenkant toe sodat die nuwe passasier sy persoonlike ruimte het. “Een en twintig,” wys die liggie. Voor die hyser sit ’n vrou in ’n rolstoel en ’n man staan gereed agter haar met sy hande op die handvatsels. Elizabeth hyggil toe sy hand te voorskyn kom met ’n pistool daarin, en in ’n nanosekonde weet sy wat haar gepla het: die bult onder sy baadjie. Elizabeth voel die man se harde lyf teen haar en besef tensy ’n wonderwerk gebeur, is sy en die blonde man uitgelewer aan ’n gespierde bees sonder goeie bedoelings met ’n moordwapen in die hand. “Jy gaan vir ons die pad oopmaak onder in die bank. Jy’s mos een van die grootkoppe. My boys wag daar.” "Ek hou jou al twee weke dop. Als is uitgewerk. Die girl het soos ’n unexpected bonus gekom – ekstra leverage.” Masjiengewere in die hande van omtrent ’n dosyn polisiemanne in koeëlvaste baadjies met al die lope gerig op die drie mense in die blink bespieëlde kajuit. Elizabeth voel Bloubaard se greep verslap en sy gooi haar soos ’n sak aartappels op die vloer. Sy draai haar gesig met haar wang teen die koue metaalvloer van die hyser en kom agter haar hele lyf is soos ’n staalveer gespan. Al wat sy nou kan sien, is mans in uniform wat vinnig beweeg teen ’n ligte agtergrond van glas en chroom. Asof van ver af hoor sy opdragte en voetstappe, selfs ’n hond wat blaf.
130,635
Sy word op haar voete neergesit, met ’n man se warm borskas teen haar gesig en lyf, en arms wat haar gerusstellend in ’n omhelsing toevou. Hy ruik lekker – vars, met ’n vae geur van warm naeltjies. Haar hande en arms kruip vanself om sy lyf. Elizabeth voel hoe sy bloos terwyl sy haar arms om sy lyf losmaak. Haar “Goed dankie” is ’n fluister. “Hier, juffrou,” sê ’n hulpvaardige polisieman. Asof dit die natuurlikste gebaar op aarde is, vat mnr. Schlebusch Elizabeth se hand toe hulle agter die polisieman aanstap. Elizabeth glimlag. “Dankie, maar dis onnodig. Jy moet weet, ek is ’n joernalis in Johannesburg, en ’n ruk gelede moes ek ses maande lank help met misdaadverslaggewing. Die ding is net . . . Ek was nog nooit so lyflik betrokke by ’n aanval nie.” Op die ingewing van die oomblik gaan staan sy. “Dalk is dit die aangewese tyd om my aan jou voor te stel,” sy giggel effens, “al ken jy my herkoms reeds uit ’n polisieverklaring: Elizabeth Conradie, ondersoekende joernalis by Die Stem.” “Kom eet asseblief vanaand saam met my, Elizabeth. Ek wil van voor af kennis maak, onder minder stresvolle omstandighede. Ek het ’n gevoel jy is die ontwykende fee na wie ek al te lank soek.”
130,636
“Beamptes op die toneel het die situasie in bedwang probeer hou terwyl ander beamptes die verdagte na die polisiestasie geneem het,” het Swart gesê. Die onregverdigheid van die polisie soos met die onlangse kfc en adjunkminister gewys het is hierdie optrede nie vergesog nie dit is die enigste optrede wat die regering dwing om aandag te gee dialoog werk nie wat bly oor?
130,637
“Julle moet niks verkeerd doen op die Sabbatdag nie... Die Sabbatdag moet vir julle ’n feesdag wees, julle moet die gewyde dag van die Here respekteer...julle moenie doen en praat wat julle wil nie. Dan sal dit vir julle ’n fees wees om die Here te dien. Hy sal julle oor die hoogste plekke laat ry. Hy sal julle laat eet van die koring en die vrugte van die land van julle voorvader Jakob.” Jes. 58:13-14 Ons het almal 52 weke in ‘n jaar, sewe dae in ‘n week, en 24 uur in ‘n dag. Die vraag is: wat maak jy met die tyd wat God jou gegee het? Gebruik jy dit soos Hy wil hê jy moet? Enigiemand wat die Vierde Gebod oortree, verbeur die oorvloedige seën en verkwikking in die Here. Wanneer ons die Here se dag inrig as ‘n besondere dag vir die gesin om te rus en God te aanbid, verkondig ons daarmee aan die wêreld dat Jesus uit die dood opgestaan het en dat Hy die Here van ons lewens is. Om elke sewende dag te rus, is gesond – geestelik, fisiek en ekonomies. Dis goed vir besigheid, families, en die hele land.. God het hierdie gebod tot ons voordeel vir ons gegee, nes al Sy ander Gebooie – nie net vir Christene nie, maar vir die ganse samelewing. Voltaire, die Franse rewolusionis, het gesê: “As jy die Christendom tot niet wil maak, skaf die Sondag af.” Die sewe-dag week is ‘n Ou-Testamentiese instelling, wat deur Christelike invloed uitgebrei het. Dit is ‘n kragtige getuienis van die feit dat God die wêreld in ses skeppingsdae geskep, en op die sewende dag gerus het. Volgens sommige onderhou ons nie die ware Sabbatdag, tensy ons dit op ‘n Saterdag doen nie. Hulle is meer begaan oor die “wanneer” as oor die “hoekom”. Die Apostel Paulus het die Christene aangesê om hulle offergawes op die eerste dag van die week opsy te sit. (1 Kor. 16:2). Die Apostel Johannes het die Openbaring van Christus op die eerste dag van die week ontvang – waarna hy verwys as “die dag van die Here”. Openb. 1:10. Die Dag van die Here is vir ons ‘n geleentheid om tot stilstand te kom, van wêreldse dinge weg te draai, en ons geestelike perspektief te herwin deur op God, Sy Woord en Sy wil te fokus. Wanneer ons op ‘n Sondag opstaan, aantrek en die erediens gaan bywoon, word ons deel van honderde miljoene mense oor die wêreld heen, wat getuig oor die feit dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. Niks is ‘n beter getuienis van die oorgang van die Joodse Sabbat na die Christelike Dag van die Here op die eerste dag van die week nie. Niks ánders as die oorwinnende Opstanding van Jesus Christus uit die dode, kan die unieke instelling van die Sondag as Rusdag beter verstaanbaar maak nie.
130,638
Dié titel word toegeken aan die dorp wat die meeste SMS-stemme gekry het in die laaste stemweek van die kompetisie. Karen sê dié kompetisie is ’n ongelooflike uitstalvenster vir Suid-Afrika en Namibië se pragtige dorpe. As deel van die wennersprys, gaan Kwêla se produksiespan ook ’n advertensie van 30 sekondes vir dié dorp skiet. Dit sal boonop gebruik word in die R1 000 000-lugtyd wat Hentiesbaai kry om die dorp te bemark. Na dese kan die inwoners van Hentiesbaai ook uitsien na ’n jolige wenmakietie om die titel te vier. Ek voel Hentiesbaaie verdien die prys 100%. Pragtig skoon en mooi. Glad nie jaloers nie. En mens kan Namibie darem net met VSA ens vergelyk nie. Ek is ‘n Suid Afrikaner en het vir Henties gestem. Hentiesbaai is ‘n mooi skoon rustige kusdorpie. Soos Mnr Krause gesê het as jy op jou tone staan is jy in die hemel! Jy kry nog mens mense hier. 80% is vakansie huise, baie mooi, ‘n goeie wegbreek vir elke Suid-Afrikaner en Namibier. Dankie Kwela ons is sommer trots op ons vakansie dorpie & huisie! Die versoeningsboodskap hoef nie altyd met woorde gebring te word nie. Dikwels is gebare en dade – soos in Newbigin se verhaal – baie meer effektief. Wat sê dit vir jou ten opsigte van jou eggenoot, jou naaste familie en kollegas by die werk?
130,639
Die gebruik van humor om kreatiewe skryf in die onderrig van Afrikaans te stimuleer: 'n gevallestudie