id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
200
Die anderdag toe ek sommige van die wonderlike stories vertel het oor die verhoring van gebed - stories wat ek deur die jare versamel het - het 'n bejaarde dame my gevra of sy my ook 'n storie kan vertel. Daar sou evangeliedienste gehou word in die Staat Washington, aan die ooskus van Amerika, en gelowiges van die plase en dorpies het reëlings getref om daarheen te gaan. Sommige sou 'n hele paar honderd myl oor die slegste paaie moet ry om by die vergadering te kom. By geleentheid van sulke dienste het baie mense etlike weke nodig gehad vir die reis, en as hulle byvoorbeeld teenspoed onderweg kry, deurdat die wa breek, of 'n perd kreupel word, kon hulle nie betyds vir die dienste kom nie. Hulle het die pontbaas gesoebat om hulle oor te neem, en hom selfs ekstra betaling aangebied. "Ek sal dit nie vir 'n miljoen dollars doen nie," het hy gesê. "Dit sou beter wees om die dienste te mis as om te verdrink," was die enigste antwoord wat hulle gekry het. Maar hulle wou by die dienste wees, want hulle het gevoel dat die Here wou hê dat hulle daar moet wees. Hulle het toe na hulle tentwa gegaan, en daar het hulle, op hulle knieë, die hele saak aan God voorgelê. Natuurlik het dit vir hulle dwaas gelyk om die Here te vra om die water te laat sak, maar toe het hulle aan die ervaring van die kinders van Israel by die Rooi See en by die Jordaan gedink; en hulle het geglo dat God hulle kon help om oor die rivier te kom. Hulle het weer oor die saak gebid, en toe maar gaan slaap, want hulle het geglo dat die Here vir hulle 'n wonder sou verrig. En die Here het. Wat eintlik gebeur het, het hulle nooit uitgevind nie; maar wat hulle wel geweet het, was dat hulle gebed verhoor is. Toe hulle die volgende oggend opstaan, het hulle gesien dat die water 'n hele paar voet gesak het, daar was geen gevaar meer nie, en die verbaasde pontman het hulle veilig oorgeneem sonder verdere besware.
201
In dié uitgawe besoek ons onder meer 'n gesin van Knysna, wie se huis net-net die verwoestende brande in die Suid-Kaap vrygespring het.
202
Hierdie boek, geskryf deur niemand anders nie as die beroemde (of is dit berugte?) Nare Ou Wolf, is 'n fantastiese gids propvol wen-wenke vir enige iemand wat van plan is om 'n haas te vang. Ja, lek gerus solank jou lippe af vir 'n sappige hasie! Maar maak seker jy hou jou oë oop vir bere, bonsende vere met 'n bietjie te veel veerkrag, en natuurlik jou eie strikke …
203
Verwys na die redes vir buitelandse handel hieronder en gee (in elke geval) voorbeelde wat op die Suid-Afrikaanse situasie betrekking het. Teken op elke Woensdag (vir ten minste agt weke) aan wat die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse Rand en die volgende geldeenhede is: (Verdeel die klas in vier groepe vir die doel.) Elke groep moet aan die einde van die agt weke hul bevindinge op 'n grafiek aandui en daarna aan die klas verduidelik watter tendens oor die agt weke gegeld het.
204
Hiermee bedank ek die admin vir die inligting op hulle FB blad oor tye en nommers van die verskillen...............
205
дааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа
206
Ons is besig om te ontdek wat die verskil is tussen die profete (profetiese beelde) en die werklikheid van die Nuwe Testament waar God met ons praat deur die Seun!
207
Die perdeby verdedig sy nes deur mens of dier wat torring aan hul neste by te dam met daardie skerp groot angel en die steek brand soos vuur. Die perdebye los nie hul angel in jou soos `n heuningby nie en hulle steek jou soms meer as eenkeer. Hier in die bosveld by Leeupoort geniet die perdebye beslis die wurms wat in die bos is. Die perdeby dra wurms aan na die neste en hou dit daar vir kos. Daar is 35 verskillende soorte spesies in ons land.
208
In die afwesigheid van ‘n samebindende godsdiens/geloof kan daar egter met moeite na ‘n sinvolle lewe verwys word soos in die ou dae…
209
Ek het nou net gekoop 'n kaart te herbou kit rk-117hl vir die hl-173A tillotson carb vir $4.49 wat bevat ... Hi Ek het 'n 1984 SST andtrying om locatea handleiding of ten minste 'n stel van die drade op die rug van t ... KTM Duke-gebaseerde Super Moto verken! Hierdie beeld van 'n SUPERMOTARD duidelik gebaseer op die KTM Duke platform verskyn op 'n Europese KTM forum. KTM CEO Stefan ...
210
"AllesMotors" is die eerste webwerf in Afrikaans. Dit is in die goeie jaar 2000 deur veteraan motorjoernalis Ben van Rensburg begin. Met sy aftrede in 2006 is dit deur Gerrie Smit, ook 'n motorjoernalis sedert 1982, oorgeneem.
211
Alle kaartjies is vooraf te koop teen R30.00 en R50.00 by die deur. Ons het reeds vir alle ouers ‘n briefie gestuur met ‘n afskeur strokie aan wat u moet voltooi met die aantal kaartjies wat u vir die geleentheid wil bestel.
212
Ek hoor julle is bekommerd oor my. Dankie dat julle gedurigdeur aan my dink en vir my bid. Dit maak die wêreld se verskil aan my. Ja, om aan mense die goeie nuus van Jesus te vertel, is nie altyd so maklik nie. Hier sit ek juis in die tronk vir daardie presiese rede. Maar julle moenie moedeloos word nie. Al sit ek hier in die tronk, is daar net een wens wat ek wens. My wens is dat dieselfde gesindheid in julle moet wees wat daar ook in Jesus was. Al was Hy God self, het Hy nie selfsugtig vasgeklou aan al sy hemelse skatte nie. Nee, om die waarheid te sê, Hy het sy almag soos ‘n jas uitgetrek en ‘n gewone bloeibare mens geword. Hy het gekies om Homself geheel en al te gee vir ander mense. Hy wou nie kyk hoeveel mag of geld Hy vir Homself kan bymekaarmaak nie. Hy wou eerder kyk hoeveel van Homself Hy vir ons kan uitgiet, selfs as Hy opgehang moet word in die proses. Daarom het God Hom vertrou met die grootste mag denkbaar. Waarvoor God omgee, liewe lidmaat, is of jy bereid is om jouself te gee vir God en ander mense! Het jy jou vrou lief en dra jy haar op jou hande? Lewe jy as ‘n dienaar vir jou medemens, al is hy hoe aangetrek? Watter soort ouer of baas is jy? Het jy dieselfde gesindheid as Jesus in al hierdie aspekte van jou lewe? As jy hierdie pad wil stap, sal jy agterkom dat jy dan nie jouself verloor nie, maar eerder jouself vind. Jy het ‘n afspraak vir 10:30 by die dokter. Vyf-en-twintig oor 10 is jy al daar, want jy is iemand wat betyds is vir jou afsprake. Die ontvangsdame wys jou met ‘n oop palm na die bank waar jy solank kan “wag vir Dokter”. En jy sit. En sit. En sit en blaai deur ‘n hengel-tydskrif (dis al wat daar is). En wanneer jy moeg gesit is, sit jy nog ‘n rukkie. Dit voel vir jou soos ure wat verbygaan… totdat Dokter jou kwart voor 11 in sy spreekkamer inroep. En hierdie keer was jy gelukkig. Kom ons leer weer die opwindende kant van wag. As ons deur die Bybel blaai, kom ons gou agter dat die Here nie gewoonlik kits-antwoorde gee nie; Hy sê veel eerder: Israel moes honderde jare wag voordat die groot Messias gebore word. En ons wag nou al eeue vir die Messias om weer te kom soos Hy na die hemel opgevaar het. As ons hierdie seisoen vir kersfees wag, laat ons onthou dat ons eintlik wag en uitsien op die Here se koms. Want as God tussen ons is, kan niks dieselfde wees nie. Ek vervies my soms vir myself as ek so krities na alles kyk. ‘n Vreemdeling sal moeiliker ‘n wonderwerk aan my verkoop as wat hy ‘n nuwe stofsuier aan my kan afsmeer. In ons tyd van cons en skelms kan ons dit nie bekostig om alles vir soetkoek op te eet nie. En die grootste skelms maak juis ons harte sag deurdat hulle vertel hoe lief hulle die Here het. Dis seker nie snaaks dat my siniese antenna dan ook uitspring as ek ‘n wonderwerk in die Bybel raaklees nie. Dan wonder ek of God regtig iets daarmee te doen gehad het dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See getrek het. Ek wil jou nooi om saam met my op ‘n reis te gaan. ‘n Reis waar ons weer ontdek dat God ‘n werklikheid is in ons lewe. ‘n Reis waar ons sy wonders in die wêreld sal raaksien (6) Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (7) Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. (8) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (9) Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. In die eerste plek het Jesus vir ons kom wys dat daar ‘n ander werklikheid is buite die aardse een. Nie net het hy soontoe gegaan nie, dit is ook nou vir ons moontlik om na God se wêreld te gaan. Christus berei ons plek vir ons daar voor, daar in die ander dimensie. In die tweede plek was Jesus se hemelvaart nie eenrigtingverkeer nie. Veertig dae later stuur Hy vir sy dissipels ‘n geskenk: die Heilige Gees om hulle by te staan. Hierdie Gees van Jesus maak dit vir ons moontlik om te sien dat daar meer is in ons lewens as dit wat ons kan sien. Hierdie Gees maak dit vir ons moontlik om as verteenwoordigers van God se koninkryk te lewe. Het jy al ooit gedink wat dit aan jou kan doen as jy die rol van Jesus in ‘n passiespel moet speel? Want jy sien, as jy die rol van Jesus moet speel, moet jy mos in die karakter inklim, soos die drama-mense sê. Dan moet jy in ‘n sekere sin Jesus word. Sjoe, dit klink amper godslasterlik as mens dit so sê. Hoe sou dit wees om Jesus te wees? So ‘n vraag laat mens ongemaklik. Ek beskou myself nie as ‘n toneelspeler nie. Ek ken nie drama-tegnieke nie. Ek weet nie eers waar om te begin nie. Maar gelukkig, liewe Christen, het Jesus vir ons ‘n afrigter gestuur wat sy storie ken. Die Heilige Gees is die Gees van Jesus. Hy fluister die woorde vir ons. Hy rig ons af. Soos Jesus in versoeking kom, kom ons in versoeking. Soos Jesus huil oor sy vriend, huil ons ook. Soos Jesus verraai word, word ons verraai. Ons word ook kwaad in die tempel. Ons word gekruisig. Deur die krag van God staan ons op. En die Heilige Gees, ons afrigter, wys ons wat om te doen. Sodat die wêreld se oë kan rek wanneer hulle sien dat Jesus nog steeds hier op aarde rondloop. Hierdie keer vertel ek net ‘n storie. Ek krap so met my vingerpunte aan wat die storie beteken. Daar lê iets in die gebeure, maar ek weet wraggies nie wat nie. Dalk kan jy vir my sê. Of miskien is dit soos ‘n “van-der-merwe-loop-in-die-kroeg-in”-grappie; as jy die punchline moet verduidelik is die joke ‘n flop. So is die lewe mos ook: onverduidelikbaar. Dit ís net. Mense spin van alle kante hulle drade deur die bosse van hulle lewens en êrens in die harwar kruis die drade op die vreemdste maniere. Dan hoor jy skielik vreemdelinge se stemme en jy ontdek dat hulle al die tyd bekend is. Of so iets. Een middag ‘n maand of wat terug het sy en my spesiale vriendin by my aangekom om hulle kar vir die middag by my te parkeer. En Lieze, totaal teen haar aard, is so stil soos ‘n muis. Sy wandel soos die twaalf verspieders tussen die leiklippe en hondemis deur in die rigting van my voorhekkie. En wandel nog dieper in haar gedagtes al die pad terug tot in my Fordjie. Die aand sê sy vir my geliefde: “Bel Naudé en vra hom waar sy ‘Onse Vader’ skilderyis.” So jaar of wat gelede kyk ek die fliek “Surrogate”. So tipiese Sci-Fi movie wat in die toekoms afspeel. Teen daai tyd het die mense al agtergekom hoe onveilig die regte wêreld is. (Ons in Gauteng weet dit mos al lankal met ons hi-jacks, rowe, en die occasional oor jou voete val .) Daarom, met die hulp van tegnologie hoef die aardbewoners nie meer di ebuitewêreld aan te durf nie. 95% van die wereld mense lê in ‘n spesiale stoel en hulle breine en alles word aan ‘n masjien gekoppel. En buite laat die masjien hulle life-like “surrogates” rondloop. Én praat en natuurlik alles doen wat jy graag wil doen maar nie die moed voor het nie. Hoe sal jou surrogate lyk as jy een kan kies? Dalk soos jy? Miskiieeen.... Seker net so bietjie beter, bietjie jonger. Aan die ander kant, terwyl ons nou besig is, kom ons maak hom sommer net soos ons wil. En so word die ghrieserige Amerikaanse (manlike) chipsvreter wonderbaarlik verander (met die klap van ‘n tegnologiese towerstaf) in ‘n babe wat Marilyn Monroe laat groen word van jaloesie. (En enige jongman laat rooi word van fantasie.) Scary. Die verskil tussen facebook en “surrogates”? Niks. Net ‘n bietjie meer tegnologie. Bou vir jou jou eie identiteit. Lewe agter ‘n veilige masjien waar jy geen risiko’s hoef te neem nie. Leef jou drome op ‘n plek waar niemand sal weet wie jy eintlik is nie. Ek wil ‘n alternatief voorstel. Ek weet dit gaan nogals radikaal klink. Maar here goes: Leef jou drome in jou regte lyf. Bou vir jou ‘n identiteit in jou regte vleis. Miskien is dít die rede vir ons identiteits-jag op die sosiale media: ons besef nie mooi wie ons is nie. Wie is jy? En hier’s ‘n uitdaging vir ‘n Christen: Jou en Jesus se identiteite is so in mekaar gevleg soos... Google en Gmail . God het nie ‘n surrogate geword nie; Hy het geweet al ding wat kan werk is die real McCoy. Daar’s net een lewe wat saak maak, die een wat is waar jou lyf is Gal 2:19-20 Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
213
Ter voorbereiding van die winter sportseisoen wat voor die deur lê, het die skool ook ’n rugby bekendstellingsaand onlangs in die Reüniesaal gehou met die doel om veral die nuwe seuns en -ouers in te lig waaroor Grey-rugby gaan asook watter verwagtinge die skool gedurende die seisoen aan alle betrokkenes gaan stel. Grey Kollege spog nie net met ’n ryke tradisie van uitnemendheid in rugby wat 45 Springbokke insluit, asook die meeste S.A. Skole rugbyspelers van alle skole in Suid-Afrika nie (meer spelers as die Leeus-, Bulle- en Haaie-rugbyunies gesamentlik) maar het ook ’n spesiale rugby kultuur wat onveranderd oor baie jare gebly het. Sommige van hierdie gebruike, wat deel van hierdie spesiale kultuur vorm, sluit byvoorbeeld in dat Grey-seuns nie op mekaar spring en mekaar omhels wanneer hul drieë druk nie, maar mekaar slegs die Grey-handdruk gee, asook dat ouers nie toegelaat word om langs die veld te skree en ’n spektakel van hulself, en indirek die skool, te maak nie. Slegs die eerste rugbyspan en ’Cherries’ speel ook met nommers op hul truie terwyl alle seuns aangemoedig word om alle ander wedstryde wat plaasvind te ondersteun - of ’n seun vir die eerste- of tiendespan speel, is dus ewe belangrik by Grey Kollege. Seuns reis ook byvoorbeeld in spanverband saam na weg-wedstryde ten einde gees te bou en ouers word aangemoedig om die seleksieproses aan die afrigters oor te laat.
214
Gedurende die afgelope twee Vrydae se saalperiodes het Fred Barbakow, oud-Grey wat in 1959 gematrikuleer het, asook Anri Smith the seuns en personeel toegespreek. Fred Barbakow het veral bekendheid in endodontologie bereik en was ’n stigterslid in beide Switserland asook Duitsland is sy gekose professionele verenigings. Hy het egter ’n studie van die planeet Mars gemaak en het die seuns meer vertel van die wedloop om die eerste mens op Mars te plaas en watter uitdagings dit bied. Anri Smith het op haar beurt die afgelope Vrydag die seuns meer ingelig oor die gevare wat sosiale media inhou en hoe noukeurig die seuns aan hul sosiale media profiele moet bou aangesien baie werkgewers deesdae hierdie profiele as ’n vertrekpunt vir die bied van werksgeleenthede gebruik. Sy het voorts daarop gewys dat ’n mens se sosiale media profiel die kultuur van ’n gegewe maatskappy moet weerspieël ten einde deur die maatskappy aangestel te word en dat die Grey-seuns se profiele dus ook die kultuur en waardes van Grey Kollege moet weerspieël.
215
Die afgelope Dinsdag was die skool in rep-en-roer met die gebruiklike opwinding wat net deur die viering van Valentynsdag by die skool gepaard kan gaan.
216
Met die boulwerk-peutery van Sri Lanka gaan die leërskare in gaan in ‘n wolk van kontroversie in die reeks. Die kaptein, Dinesh Chandimal, sal waarskynlik nie ‘n rol speel in die reeks nadat hy erken het dat die ICC se gedragskode tydens die getekende toets wel plaas gevind het teen die Wes-Indiese Eilande verlede maand. Die kaptein, Faf du Plessis, kan egter minder op sy vinnige mans en meer op sy spinners gebruik maak, aangesien die omstandighede in Galle net die stadiger mans pas.
217
Die 21ste eeu, die eeu waarin ons ons tans bevind, het in die jaar 2001 in aanvang geneem en sal teen die einde van die jaar 2100 ten einde kom. Die begin van die 21ste eeu is gekenmerk deur die 2001-09-11 terroriste-aanvalle in die VSA, en die oorloë as gevolg daarvan.
218
Ietwat later is die gietvorm-tegniek gebruik waar gesmelte glas in ’n gietvorm ingeforseer of glasstukkies die vorm gegooi en dan saamgemelt is. ’n Gegote houer is daarna getemper (stadig afgekoel in ’n spesiale kompartement van die glasoond) en dikwels geslyp en gepoleer om die ruwe rande glad te maak.
219
Dit is moeilik om te glo dat die eerste maand van 2017 reeds agter die rug lê. Soos gewoonlik is Februarie ’n maand van politieke en finansiële veranderinge in Suid-Afrika. Eerskomende Donderdag, 9 Februarie, lewer President Jacob Zuma die jaarlikse Staatsrede in die parlement. Suid-Afrikaners sal tot 22 Februarie se […]
220
Die opdrag in die URL is ongeldig. U het moontlik 'n tikfout gemaak of 'n ongeldige skakel gevolg. Dit kan ook dui op 'n fout in die sagteware van translatewiki.net.
221
Ons tydjie is nou min in die VSA, maar ons sien geweldig baie uit na Mexico en die ander Sentraal Amerikaanse lande. Die bike loop nou vir die eerste keer in 'n lang tyd 100%! Prys die Here vir dit. Die nuwe 'Throttle Bodies' maak 'n groot verskil en die bike is weer 'smooth' met die wegtrek en stadige verkeer-ry. Die buste op die as wat die 'butterfly' werk was uitgewerk, en laat dan onegalige lug deur, wat veroorsaak dat die bike 'ruk en pluk' onder 3000 RPM. Het gestir die olie afgetap van die dif, en na 9000km is die olie 100% skoon, met niks metaal in nie. Die vorige bearings het metaal skaafsels in gehad op dieselfde afstand. Ek reken dit sal nog so 8,000 - 10,000 km wees tot in Panama, waar ek weer die bike sal diens en nuwe buitebande opsit. Dan seker nog so 20,000km vanaf Colombia na Ushuaia (Argentinie).
222
Die Everglades was nog altyd op my lysie van plekke om te besoek in die VSA, en die park het ons nie teleur gestel nie. Die enigste nadeel van die park is die muskiete wat sonder ophou lastig is, maar nou ja, dis nou maar deel van die paket. Die Everglades is 'n geweldige groot Park in die Suid Weste van Florida, en mens moet eintlik een van daardie wind-propeller plat-bodem bote he om 'n groot deel van die park te verken. Maar ongelukkig is hierdie boot-ritte 'n groot aantreking vir toeriste en die pryse nie in ons begroting nie. Ons het wel baie gesien van die pad se kant af. 'n Groot deel van die park bestaan uit grasland wat in stadig-lopende water groei. Daar is 'n paar 'eilande' in die moeras-agtige terein wat bekend staan as 'Hamock's, met regte oerwoud agtige plante wat daar groei. Die Everglades is ook die enigste area in die wereld waar die Krokedil en 'Aligator' tesame voorkom. Die Aligator lyk baie soos die krokedil, maar sy bek is meer plat en dit wil voorkom of hulle nie so agresief is soos ons krokidille in Suid Afrika nie, want mens kan nogals naby hulle kom. Aan die Noordekant van die park loop 'n pad wat heet "Aligator Alley", en eg aan sy naam het ons honderde 'aligators' in die kanaal langs die pad gesien. Meeste was aan die klein kant (1-2m), maar daar was paar menere van 4m en langer ook. Dis een ding wat ons geleer het van die CMA hier in die VSA, die mense se harte is van goud en hul gesindheid baie nederig. Ons in Suid Afrika kan baie leer van hulle. . . . . . .Van Baton Rouge (Louisiana) af het ons maar op die groot Interstate gery, want die weer was net te koud om te 'explore', en daar was erge storms op pad na daardie area. Nog 'n ding wat ons geleer het hier in die VSA, is dat hulle storms van 'n ander klas is as wat ons ken. Hulle storms verniel alles wat in die pad kom, en die reen is harder as wat ek al ooit in my lewe ervaar het, dit laat die Kaapse winterreen na 'n 'drizzle' lyk. So 4 dae na ons weg is uit Louisiana, was daar Tornados deur die gebied wat ons gery het wat geboue vernietig het, 'n ander lewe die.
223
die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition short description about die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition Not available | die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition is pdf file PDF file die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition short description about die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition Not available | die seun wat sy lewe verander het medies afrikaans edition is doc file DOC file
224
Minnie het volgens ’n polisiebron Maandagoggend na ’n vriend se kleinhoewe gegaan en gesê hy wil wegkom van almal en alles. Die vriend is later weg en met sy terugkeer was Minnie nie in sy kamer nie. Hy het hom gaan soek en op die kleinhoewe dood aangetref. Daar was ‘n vuurwapen langs hom.
225
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar's 'n uitgebrande chirurg, 'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, 'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is 'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf - of hy, en hulle, oorleef dalk nie. 'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag 9 Augustus landwyd draai.
226
Dankie Koos, het dit afgelaai en gedruk. Dis baie handig. Hoop hulle gradeer dit op na die petrolenjins toe ook.
227
Die aard van borgverrigtinge met spesifieke verwysing na die toepassing van die reels van die bewysreg op sodanige verrigtinge 
228
Ons is nie noodwendig teen dagga nie. Blykbaar kan dit vir pyn aangewend word en in plaas daarvan om te huil, lag mens die hele tyd vir cartoons op televisie en drink baie water. Wat wel bietjie onder die kraag krap is optrede van die gereelde daggaroker. Persoonlik is ek bly dat ek nie mofgerook moes wees voor ek dit agtergekom het nie. En dat ek nie met sulke halfmas oë en ‘n moerse paplip-glimlag by paarties sit terwyl die wêreld verbydraf nie.
229
In die eerste plek, wanneer die maak van keuses, Zui is altyd vergelyk verskillende soorte toestelle. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat jy dié toestelle wat aan jou behoeftes voldoen, wat meer delikate in struktuur is en vereis minder ruimte vir dieselfde funksie moet kies. Maar selfs indien die toepaslike toerusting gekies, is daar dalk 'n paar probleme in die werklike toepassing. Op die oomblik, ons nodig het om te oorweeg of die instelling van die spuit droër enige probleme, soos of die voeding spoed, temperatuur instelling is redelik, en die eienskappe van die materiaal self, ens, en dan weer aan te pas dit
230
Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm. Dit is hier, in die gewelddadige omgewing van die tronk, dat AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik om die geharde misdadigers te vermaak en sy status te verhoog, terwyl sy vriend, Gimba, ’n ander pad inslaan om sy veiligheid te waarborg. Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, gaan hy voort met die verhouding met sy vriendin, Jenny (Tarryn Wyngaard) en probeer gevolglik fokus op skryf om haar te beïndruk, maar sy bendevriende oortuig hom om ’n laaste keer weer by hulle aan te sluit, ’n besluit wat skokkende gevolge vir hulle almal het. Noem My Skollie is ’n grootskerm-rolprentervaring wat kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Vlaktes wat nog nooit op so ’n outentieke manier uitgebeeld is nie. Die rolprent is pragtig verfilm met fyn aandag tot detail, die gemoed van die 1960’s en bied oortuigende vertolkings deur ’n n groep vereerde Suid-Afrikaanse akteurs en verfrissende nuwe talent. Noem My Skollie dra die temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde oor. Die titel van die film sinspeel op die ou gesegde dat ’n mens niemand op hulle voorkoms moet oordeel nie en bevorder die opvatting dat elkeen ’n talent het, selfs al is dit somtyds moeilik om te vind en is daar moontlik ‘n prys daaraan gekoppel. John W. Fredericks het sy skoolloopbaan in sy tienerjare vaarwel geroep en het baie jare van sy jeug in die tronk deurgebring. Maar, hy het in sy sestigs daarin geslaag om ’n uitstekende draaiboek van wêreldgehalte te skryf. Noem My Skollie sal aanklank vind by alle Suid-Afrikaanse gehore maar veral by diegene wat die gewelddadige werklikheid van die wêreld van die storie kan konfronteer en bereid is om die oorwinning van die menslike gees te vier.
231
9 Oktober 2016 Dit voel soms asof almal sê hulle glo, maar hulle lewe wys niks van dit nie. Jakobus verduidelik vir ons wat is regte geloof en hoe lyk […]
232
Die “klein”-skoen is geskik vir kinders van kleuterskool tot Graad 4 en die “groot”-skoen is geskik vir kinders van Graad 5 tot Graad 9. As ek dink aan kosbare oomblikke saam met my pa terwyl ek in die huis was, dink ek aan die blik kondensmelk wat hy soms in sy bakkie weggesteek het. Dan het hy met sy sleutel twee gate daarin gesteek en ons het dit tussen die skool en die huis leeggesuig sonder dat my ma van sout of water weet. Ek onthou hoe lief hy vir sy honde was, en hoe hy hulle geleer het om stil te sit met ‘n vleisbeentjie op die neus tot hulle monde water. Ek onthou dat hy altyd praktiese planne kon maak, dat hy nooit te haastig was vir ‘n laaste grappie nie en dat hy altyd tyd gemaak het om my skoolopstelle te lees. Voor elke musiekeksamen het hy my Wimpy toe gevat vir ‘n pienk melkskommel. Hy het al die boemelaars in die dorp se name geken en hom dikwels langs een van hulle op ‘n sypaadjie tuisgemaak om oor ditjies en datjies te gesels. Toe ek universiteit toe is, ‘n regte Sodom en Gomorra vir my plattelandse ouers, het my pa met die groetslag voor die koshuis ‘n brief in my hande gedruk. “Maak nie saak wat met jou gebeur nie,” het hy geskryf, “jy sal altyd my dogter bly, en jy sal altyd welkom wees in ons huis.” Vandag is dié einste pa die een wat planne maak as sy kleindogter op die nippertjie onthou van die musiekinstrument wat sy uit herwinde items moes gemaak het en wat môre moet klaar wees. Susan, so ‘n mooi en kosbare storie en ek is so bly jy en jou kinders het hom nog by julle. My dierbare pa is op 72 huis toe en ek is nou 72. Toe ek dit nou die dag besef, het ek ‘n hartstorie oor hom geskryf en kort-kort moes ek vreugdetrane afvee want hy het my nooit rede gegee om hartseertrane af te vee nie. Hy was die man oor wie ek nooit getwyfel het nie want hy het nie ‘n prys gehad nie en sy ja was ja en sy nee was nee. Toe ek ‘n seuntjie was het ek op sy rug aan die slaapgeraak toe hy my op sy rug gedra het toe my beentjies moeg geraak het. Die oorsaak is waarskynlik baie eenvoudig – die minibus-taxi was vanaf die Kaap op pad na die Transkei – dus ‘n heelwat langer afstand as tussen Cradock en Graaff-Reinet. Dis is verder hoogs waarskynlik dat die minibus-taxi reeds die vorige aand uit die Kaap moes vertrek om die oggend, waartydens die ongeluk plaasgevind het, op weg was op die plek waar die ongeluk plaasgevind het. Dit is dus logies dat die taxi-bestuurder reeds moeg moes wees van die afstand deur die nag afgelê en heelwaarskynlik ook baie vaak. Die ongeluk is dus nie ‘n verrassing nie. Ek kan myself nie indink hoe die ouers wie se kinders oorlede is en Wimpie se familie moet voel nie. Dit help nie ons wil kla oor die taxi”s nie die regering is nie gepla nie, dis nie n prioriteit nie vir hulle is dit nie belangrik genoeg dat daar lewens verloor word nie, tot iemand naby aan hulle sterf sal hulle nie plan maak nie. Hy moet dalk by die ANC aansluit na sy verrottingstermyn in die tronk! Weet hoe om te dodge en dive…en hy betaal ook seker nie vir sy regshulp nie… Ek verstaan nie, hoekom sal Van Breda vra vir n uitstel om die beslissing van die hof te hoor ?? Dis vir my n berig wat eintlik niks se’ nie. As n mens in ag neem dat Mareli verskeie houe met n byl teen haar skedel gekry het, verbaas dit my geensins dat sy aan geheueverlies ly nie. Soms lees n mens iemand het van n perd afgeval en beserings opgedoen, en kan na die tyd niks onthou nie, wat nog as jy oop wonde op jou skedel gehad het. Ek hoop net vir Mareli alles van die beste toe, sy het n verskriklike verlies gelei deur haar familie se dood. Presies rollie sy word met rede nie in die hofsaak betrek nie. Met n boedel van 225m is baie dinge moontlik.. Hy het gesê die hospitaal het ʼn oornagfasiliteit waar die ouers verniet in die hospitaal kan oornag. “Ons het gevoel dit is noodsaaklik dat hulle naby die babas bly terwyl hulle hier is. Die ouers het die hele tyd hier gebly. Dis fantasties om te weet dat die babas huis toe gaan, en nie na ʼn primêresorg-hospitaal nie.” Jordaan het gesê Uwenzile en Uyihlelile het ʼn spesiale plek in die harte van die personeel ingeneem, veral die dokters wat vir hul sorg verantwoordelik was. m. As jy die berig gelees het sou jy gesien het dit kos ons belastingbetalers nie een enkele sent nie. Baie vroue dokters betrokke…..baie trots op julle. En net geluk en liefde vir die ouers met hulle baba dogtertjies. God het ons almal geskape na sy beeld. Twaalf Springbokke is tans op die krukkelys en dus nie vir hul Bokpligte beskikbaar nie. Dit is baie meer as die All Blacks en Wallabies se verliese voordat hulle na Suid-Afrika reis vir die oorblywende Rugbykampioenskaptoetse. Ondanks Marcell Coetzee se hoë werkywer en doeltreffendheid, is Willem Alberts se afwesigheid in die nr. 7-trui steeds ’n groot leemte. Hy is een van die mees bedrewe baldraers in wêreldrugby en die vervanging van sy vermoë om die bal met sy krag oor die voordeellyn te kry is stellig vir Heyneke Meyer ’n kopseer. Daarom kan dit Meyer dalk loon om Teboho “Oupa” Mohoje beperkte tyd op die veld te gee. Hy is ’n sterk verdediger en is ’n natuurlike baldraer soos Alberts. Schalk Burger het hom juis tydens die Junie-toetse onder sy vlerk geneem en Burger vervang nou ’n ander sleutellosvoorspeler Francois Louw, wat teen die All Blacks seergekry het. Meyer kan hierdie twee spelers afwissel in die nr. 6-trui of selfs vir Mohoje in Coetzee se plek as ’n impakspeler opstuur. Dan moet daar nie van Warren Whiteley vergeet word nie. Hy bring spoed en ’n meer beweeglikheid na die lostrio en dit kan Saterdag ’n goeie balans teen die minder fisieke Australië skep. Meyer se ander beseringspenarie is op skrumskakel. Fourie du Preez is vir die res van die jaar uit. Ruan Pienaar sal ook vir vier tot ses weke buite aksie wees.
233
Vir dae al is jy al op die wandelpad en terwyl jy besig was om te loop, kruip, spring en klouter het jy nie juis behoorlik
234
John Clare (* 13 Julie 1793, † 20 Mei 1864) was 'n Engelse digter en seun van 'n plaaswerker wat bekendheid verwerf het met sy lofdigte aan die natuur van die Engelse platteland en die versteuring wat daaraan gedurende die nywerheidsomwenteling gedoen is. Sy digkuns is in die laat 20ste eeu herwaardeer sodat Clare tans dikwels as een van die belangrikste 19de eeuse digters beskou word - en as een van min Engelse digters wat op die landelike lewe gefokus het. Clare het ná sy skooltyd in Glinton en 'n kort loopbaan as plaaswerker werk as kroegbediende in die Blue Bell-drinkplek gevind waar hy op 'n jong dame, Mary Joyce, verlief geraak het. Haar pa, 'n welgestelde boer, het hulle verhouding egter verbied. Clare was vervolgens vanaf 1807 as tuinier by die Burghley House-herewoning werksaam, het in 1812 by die Nottinghamshire-burgermag aangesluit, 'n tyd lank in 'n Roma-kamp gebly en in 1817 in Great Casterton en Pickworth in Rutland as kalkbrander gewerk. Hier het hy kennis gemaak met sy latere vrou, Martha "Patty" Turner. Maar in die volgende jaar was hy op die armesorg van sy parogie aangewese. Reeds in die ouderdom van elf het John Clare met digkuns in aanraking gekom nadat sy oom vir hom 'n uitgawe van Pomfret se gedigte geskenk het. Danksy dié werk, wat deur sy pa voorgelees is, het hy 'n liefde vir poësie ontwikkel. Later het Clare 'n uitgawe van die Skotse digter James Thomson (1700-1748) se gedigbundel The Seasons gelees en uiteindelik gekoop. Die bundel het Clare gemotiveer om sy eie gedigte en sonnette te skryf, en so het in 1806 The Morning Walk ontstaan. In 1823 het Clare weer in finansiële moeilikhede beland. Werke soos The Shepherd's Calendar, wat in 1827 gepubliseer en deur die digter self bemark is, het minder aandag by die leserspubliek ontvang. Clare het weer as plaaswerker begin werk, maar kort daarna ernstig siek geword. Graaf FitzWilliam het 'n nuwe plaashuis en 'n stuk grond aan die gesin geskenk wat Clare vanweë sy swak gesondheidstoestand egter nie kon bewerk nie. Clare het al lank in 'n spanningsveld tussen twee wêrelde verkeer - literêre Londen en sy dikwels ongeletterde bure, sy kreatiewe drang om gedigte te skryf en die noodsaaklikheid van 'n gereelde inkomste waarmee hy in die behoeftes van sy gesin kon voorsien. Hy was nie net liggaamlik siek nie, maar het ook in 'n diep depressie verval wat erger geword het ná die geboorte van sy sesde kind in 1830, terwyl sy digbundels maar swak verkoop het. In 1832 het Clare se vriende en Londense beskermhere saamgespan om die Clare-gesin in 'n nuwe en groter plaashuis op 'n kleinhoewe in Northborough, 'n dorp naby Helpston, te vestig. Clare het egter steeds meer vervreemd geraak.
235
Jou foto’s is regtig besonders! Ek “blaai” gedurig deur jou albums! Jy is ‘n fotograaf wat ‘n mens nie aldag kry nie! Jy HET TALENT!!!
236
“Vrees Fokol” is Watkykjy se nuwe weeklikse interweb vervolgverhaal, geskryf deur Vent Venter – ‘n Epiese soeke na die hart van die Suid-Afrikaanse droom, waarskynlik ten koste van die lewer en longe van die Suid-Afrikaanse droom..
237
Spoggerig voeg hy by: “Ons was trotse Bellevuers! Ons manne het rêrig geglo ons was so ’n treetjie in alle opsigte voor die kêrels van Monte Bello.” Bellevue is trots om vir die afgelope honderd en twaalf jaar deel te kon wees van HJS se vooruitgang en streef daarna om te alle tye ’n koshuis vol liefde en respek te wees, waar die seuns waardes leer wat hulle nie net in die hede nie, maar ook in die toekoms ná skool kan toepas. Die feit dat ons ware here die buitewêreld wil instuur wat respek vir hul medemens het en deur ‘n voorbeeld lei, maak van Bellevue die perfekte koshuis.
238
duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm duim cm
239
Spoegwolf het in 2012 ontstaan toe die lede; Danie, Chris, Albert en Moskou saam in die Paarl op skool was. Danie en Moskou is ook broers. Danie skryf die liedjies en doen die stemwerk. Chris sorg vir die kitare, klawers en die produksie. Albert is op baskitaar, terwyl Moskou die dromme en perkussie behartig. Hul jongste album, Die Donker Toring, is akoesties goed versorg en die liedjies bevat temas wat allerdaags is, maar wat min oor sing. Snitte met titels soos Geel, Hartaanval en Seer maak jou so nuuskierig dat jy wil spring deur die snitte en weer terugkom na waar jy was. Hierdie album is nie net vir die jeug nie, maar beslis vir enigeen wat van rou, eerlike musiek hou. Die album het ontwikkel in ’n ateljee in Stellenbosch waarna die grootste gedeelte opgeneem is by Sunset Recording Studios deur Gurgen von Wechmar. Wanneer die laaste snit uitdoof, verstaan jy hoekom hulle ook tans benoem is vir ’n Ghoema-toekenning! Spoegwolf gaan nostalgie skep vir ’n nuwe generasie.
240
'n Sonskoorsteen is 'n toestel vir die omsetting van sonenergie deur die konveksie van verhitte lug. Die eenvoudigste vorm daarvan bestaan uit 'n swartgeverfde skoorsteen. In daglig verhit die sonenergie die skoorsteen wat die lug daarbinne verhit en 'n opwaartse stroom lug daarin bewerkstellig. Die suigkrag wat deur die lugstroom by die skoorsteen se basis veroorsaak word kan gebruik word om ventilasie en verkoeling van die gebou daaronder te bewerkstellig. In die meeste wêrelddele is dit gewoonlik makliker om windkrag vir sulke ventilasie doeleindes te benut, maar nie op warm windlose dae wanneer so 'n toring ventilasie kan verskaf waar daar andersins geen ventilasie sou wees. Hierdie beginsel is al voorgestel vir die opwekking van elektriese krag, wat 'n groot kweekhuis by die basis gebruik eerder as om op die verhitting van die skoorsteen self staat te maak. In 1903 het 'n Spaanse Kolonel Isidoro Cabanyes die eerste sonskoorsteen in die tydskrif "La energia eléctrica" [1] beskryf. Een van die vroegste beskrywings van 'n sonskoorsteen kragstasie is in 1931 deur die Duitse skrywer, Hanns Günther gedoen. Vroeg in 1975 het Robert E. Lucier aansoek om patente gedoen vir 'n sonskoorsteen toestel; hierdie patente wat sedertdien al verstryk het is tussen 1978 en 1981 toegestaan in die VSA[2], Kanada[3], Australiëē[4] en Israel[5]. Schlaich, Bergerman en Partner het meer onlangs onder leiding van die Duitse Ingenieur Prof. Dr. Ing. Jörg Schlaich 'n kleinskaalse werkende model van 'n sonskoorsteen in 1982 in Manzanares in Spanje, sowat 150 km suid van Madrid met bevondsing van die Duitse regering gebou. Hierdie kragstasie is vir 8 jaar lank suksesvol bedryf en is in 1989 uit bedryf gestel. Die skoorsteen het 'n deursnee van 10 meter gehad met 'n hoogte van 195 meter, met 'n kweekhuis van 46 000 m2 (deursnee van 244 m) gehad en 'n maksimum kraguitset van 50 kW gehad. Daar word tans studies gedoen by 'n ligging in Nieu-Suid-Wallis, Australië, waar beoog word om 'n werkende Sonskoorsteen kragstasie teen 2008 voltooi te hê. Die maksimum kraguitset van die voorgestelde projek kan so hoog as 200 MW wees.
241
Lives change forever when Tau, the young lion, kills two corrupt policemen in a South African shanty town.
242
Liam Neeson is the driving force that helped bring down the White House on this biographical film. A FBI agent, who under the name "Deep Throat" risks everything to help a pair of journalists uncover the Watergate scandal in 1972.
243
net 'n mekka vir mense wat nie die Islamitiese kalender susah.Best beskikbaar in die spel winkel verstaan, we..
244
Is Dit Net Ek Of Is Als Tos ? | Die coolste boek in Afrikaans ooit, geskryf deur griffin en chopper charlie, die damduikers agter Watkykjy.co.za
245
Die (Loof)huttefees was aan die fees van die insameling van die oes (vrugte soos olywe en druiwe) gekoppel en op die vyftiende dag van die sewende maand in die herfs gehou – Lev. 23:33-26 (vgl. Num. 29:12). Met dié fees sou hulle die tyd in die woestyn herdenk deur in hutte te bly vir ‘n week. Dit was die ander pelgrimsfees saam met die Paasfees. Vergelyk die vyftien Pelgrimspsalms wat mettertyd vir hierdie reis geskryf is: Psalm 120-134. Twee dae is dus as feeste bygevoeg. Die Groot Versoendag omdat dit met die hele offerkultus saamgehang het wat in Levitikus 16 beskryf is. Die Nuwejaarsfees wat hier as die dag vir die blaas van die trompet bekendgestel word. Boodskap: Jesus vervul met sy lewe en bediening die vyf feeste en sluit hulle betekenis vir ons op ‘n nuwe manier oop Hy vier getrou die Sabbatdag en gebruik dit om sy boodskap van genesing en genade aan die hele Joodse gemeenskap te bring. Hy verruim ook die Jode se gedagtes oor die betekenis van dié dag. Hy reinig die tempel op die Paasfees (Joh. 2:13-22) waartydens baie mense tot geloof in Hom gekom het. Trouens, Johannes beskryf eintlik Jesus se hele openbare Joodse bediening in Johannes 1:19-12:50 binne die raamwerk wat die twee pelgrimsfeeste van die Paasfees en die (Loof)huttefees bied. Daarmee bevestig Hy sy ware identiteit as die Seun van God met nie net die talle wondertekens nie, maar ook binne die konteks van die Joodse feeste. Johannes doen dieselfde met die laaste deel van sy boek waar hy die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels – wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding – as publieke getuienis aan die wêreld binne die konteks van Jesus se laaste Paasfees beskryf – Johannes 13:1-20:31. Maar nog dieper as dit. Elkeen van hierdie vyf feeste kan met die betekenis wat die Here Jesus Christus vir die kerk tot aan die einde van die tyd gaan hê, verbind word. Ek gee net ‘n kort opsomming daarvan. Die eerste drie feeste het ‘n direkte verband. Die laaste twee ‘n indirekte verband: 3. Lukas skryf sy boeke waarskynlik vóór die val van Jerusalem in 70 nC. Dit lei ons af uit die feit dat hy van die val van Jerusalem in die toekomstige tyd skryf (Lukas 21:20), en selfs aan die einde van Handelinge nog van Paulus se wedervaringe in Jerusalem skryf (Hand 28:17). Hy gebruik dele van Markus wat beteken dat sy boeke waarskynlik in die voorafgaande dekade geskryf is, tussen 60-70 nC. 4.1 Soos ‘n herder vir sy verlore skaap gaan soek, só is Jesus besig om die verlorenes onder die sondaars en tollenaars te soek. Die Fariseërs behoort dit te kan insien, omdat dit is hoe God altyd werk (Luk 15:3-7). Die gelykenis beklemtoon dat dit God se werk is. Die skaap word deur Hom gevind. 4.3 Soos ‘n vader bly is oor sy verlore seun wat sy pad terugvind in berou en bekering na die vaderhuis, só moet die Fariseërs en skrifgeleerdes dit ook raaksien, en saam met God juig oor verlorenes wat gevind word. Met die implisiete waarskuwing van die ouer broer se onaanvaarbare reaksie op sy verlore broer, waarsku Jesus hulle dat hulle onbehae in God se genade vir verlorenes hulle die genade kan laat verloor (Luk 15:11-32 – uniek aan Lukas). net ‘n kort verwysings-tabel om die 10 Gebooie in die Ou en die Nuwe Testamente te illustreer – die Gebooie bly vir ewig staan – daar is nie met dit weggedoen nie soos sommige beweer. Hi Giel – jy kan lees wat ek by my bydrae oor Deuteronomium 24 skryf. Ek raak daar die onderwerp aan en behandel ook van die NT perspektiewe daarop. Dankie, vir jou getroue en reguit praat metode. Laat die een sonder sonde die eerste klip optel. Ons almal is net vlees en bloed. Ek glo dat dit n baie groot verantwoordelikhied is om die “Skrif” uitle. Dankie vir die konteks en dat jy nie doekies om draai wanneer dit oor ons almal gaan wat sonde pleeg nie. Dankie Chris vir die pragtige stukkie oor die koninklike bladmusik – dit is die eerste keer dat ek dit so sien – ons moet die “note” reg lees en “speel” in ons lewens en onder leiding van Sy gees dan sal ons saam pragtige musiek maak wat die Koning graag sal will hoor – prys die Here.
246
Die plaasseun Buks gaan woon by sy oupa en ouma nadat hy sy ouers verloor het. Hy is nie gelukkig daar nie en loop weg na die plaas, waar die werkers . A...
247
In die Mbombela-stadion het die Leeus glad nie oortuig met die oorwinning oor die Pumas nie. Hulle wen 33-21 maar sal weliswaar hul spelpeil met die spoed van weerlig moet lig – anders gaan die semi-finaal teen die Haaie in Durban ‘n lang agtermiddag wees. Die Johannesburgers is duidelik nie op die standaard wat ‘n Leeus ondersteuner van hulle helde sal verwag nie. Die kopdokter in Brakpan het sekerlik sy sussie in Brits genader vir ‘n plan ou grote! Die game word toe afgelas maar die Bulle dring tog deur na die tweede semi-finaal en moet op Nuweland weer teen die WP gaan uitdraf. Wat Pote Human en broers na die veld gaan bring sal hopelik nie weer die duiksakke wees nie...
248
In die tydperk van die #MeToo- en #Time’sUp-beweging, raak dinge interessant met Vrouemaand, want wat duisende vroue oor die wêreld heen vra, is geregtigheid, regverdigheid en dat die aanslag op vroue se liggaam sal end kry. Ons probeer nie ondankbaar klink nie, maar iets soos ’n pienk drankie gaan nie die omstandighede van duisende vroue verander nie, so waar begin ’n mens? Oprah Winfrey het in 2018 met die ontvangs van die Cecil B. de Mille-toekenning op die Golden Globes gepraat van ’n nuwe dag wat op die horison wag. Sy het gesê dat wanneer die nuwe dag uiteindelik aanbreek, dit te danke sal wees aan besonderse vroue, sowel as mans, wat daartoe werk om te verseker dat niemand in die toekoms ooit weer “Me Too” hoef te sê nie. Oprah se toespraak, wat staande toegejuig is, het gesorg vir ’n vlam wat in duisende vroue sterker gebrand het (asook vir baie wat gewens het dat Oprah die president van Amerika moet word!). So wat hy bedoel, is dat mans op die skouer geklop moet word net omdat hulle gewone mense is. Jammer, Matt en almal wat soos jy dink, maar dit kan nie gebeur terwyl soveel vroue nog daagliks onder geweld gebuk gaan nie. Frankryk het onlangs boetes ingestel teen mense wat hulself aan catcalling skuldig maak en dit is ’n groot stap in die rigting van die aftakeling van ’n verkragtingskultuur. Baie mense sou dit moontlik as ’n onskuldige flirtasie beskou, maar die objektivisering van die vroue se liggaam wat daarmee gepaardgaan, is skadelik en plaas mense in kwesbare posisies. Ek sou graag ’n stuk oor Vrouemaand wou skryf waarin ek my helde, soos Antjie Krog, vereer en praat oor hoe vroue my inspireer, maar in die huidige atmosfeer voel dit net nie reg nie. Wat ek wel van Krog saam met my kan dra, is die woorde uit een van haar gedigte wat sê: Ons voel in die huidige tye dalk nie heeltemal vry nie, maar hopelik kan ons eendag op ’n rots staan en ’n nuwe dag met gelykheid gevul, inwag. Mercy Kannemeyer (23) is tans besig met 'n meestersgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit. Sy het in Port Elizabeth skoolgegaan en kom oorspronklik van Mosselbaai. "Ek woon egter nou al so lank in Stellenbosch, ek sien myself as 'n Stellenbosser," voeg sy by. Ek ken Pedro al lank. Ons kom van dieselfde dorp en hy is so ’n warm mens. Dit het regtig vir my gevoel asof ek bloot by ’n vriend kuier. Hy het ’n vreeslike mooi omgee-persoonlikheid en ’n warmte wat nie vals is nie. Hy is so opreg en wonderlik. Vandat ek ’n baba het, is dit vir my in dié stadium lekker om net by die huis te bly. Sommige aande het ek optredes, maar niks is vir my lekkerder as om oor ’n naweek tuis te bly nie.
249
En die dalende pryse is eintlik goed vir almal in die wildbedryf, sê mnr. Hennie Barnard, bekende en bekroonde wildboer van Skietfontein in die distrik Aberdeen. Met meer deelnemers in die bedryf het veilings deursigtiger geraak en is die geleentheid vir ’n hand vol groter manne om die mark te manipuleer, minder. “Die meer realistiese pryse sal dit makliker maak vir boere om deel te word van die bedryf. Wildboerdery moenie net vir superrykes wees nie. ’n Beginnerboer behoort ’n mooi springbokram vir R6 000 te kan bekom. Só sal meer boere waarde tot hul troppe kan voeg.” Danksy die goedkoper pryse stel jagters nou ook meer belang in kleurvariante.
250
Die ge­heim is om dáár te wees in el­ke oom­blik. Deel jou ge­voe­lens met die ster­wen­de; eer­lik­heid skep na­by­heid. Maar ver­dui­de­lik ook dat sy nie die pro­bleem is nie. Die pro­bleem is die leem­te wat sy gaan laat. Ver­se­ker haar dat jy ou­kei gaan wees. om te loop, te sit of selfs ons oë oop te hou. Teen die ein­de voel ons mis­kien ver­lo­re en wil ons nie lank al­leen ge­laat word nie. Ons kan ’n vrees vir die stil­te of die don­ker ont­wik­kel.
251
Marcus Chirombo het saam met sy oom gaan swem toe hy in die branders vermis geraak het, berig EWN. Bernadine Steyn van die polisie het gesê verskeie spanne neem aan die soektog deel. “Die polisie se duik-eenheid patrolleer die kuslyn saam met polisielede van Mosselbaai,” het sy gesê.
252
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die gehalte van goedere of dienste wat geadverteer word nie. Landbou.com is slegs ’n middel om kopers en verkopers met mekaar in aanraking te bring. Ons is nie verantwoordelik vir enige nagevolge wat spruit uit transaksies wat deur middel van advertensies plaasvind nie. Suid-Afrikaanse wetgewing sal van toepassing wees op enige wetlike dispuut wat vir arbitrasie verwys word.
253
Helen se fantasiewêreld is nie die wêreld van Walt Disney nie. Ten spyte van al die kleur en eksotiese beelde, is die atmosfeer neerdrukkend. In plaas daarvan dat jy meegevoer word na vrolike sprokies van lig en lag, in plaas daarvan dat die lig en kleur jou verlig, gebeur die teenoorgestelde. Jy word bewus van ‘n intense donkerte, die donkerte van Helen se siel. Met ‘n oordaad van lig het sy desperaat probeer kompenseer vir die donkerte binne-in haar. Haar vrees vir die donker wou sy deur haar kuns transformeer, maar dit gebeur slegs uiterlik: die lig bly altyd buite, dit kom nooit binne-in haar wese nie. Sy het haar huis verlig, nie haarself nie. Haar skadukant begroet jou genadeloos met die intrapslag in The Lion’s Den. En namate jy deur die ‘Uilehuis’ en ‘Kameeltuin’ beweeg, loop jy jou vas in die vrese van die onderbewuste, van onklaar drome, en ‘n verwronge realiteitsbelewenis. Maar, of jy daarvan hou of nie, Helen Martins se nalatenskap laat niemand onaangeraak nie. Want in die huis en tuin met vreemde beelde en verwronge konsepte, hoor jy ‘n diepe sug, op soek na die sin van die lewe.
254
Nie meer belemmer deur lastige en moeilike kabels in stand te hou nie, grootskaalse projekte kan voltooi word in 'n breuk van die tyd wat vroeër benodig is. Instandhoudingskoste word alles behalwe uitgeskakel weens die afwesigheid van kabels en konneksies, en die produkte se buigsaamheid maak die deur oop vir 'n groot aantal toepassings in gevaarlike gebiede soos boorplatforms, silo's en swaar hefprojekte wat onbruikbare en onakkurate hidrouliese lading-selle wat voorheen gebruik is, vervang. Soortgelyke toepassings. Sodra u hierdie vorm gestuur het, sal dit direk 'n SP-verteenwoordiger bereik, wat direk op u navraag sal reageer per e-pos. Of as jy 'n terugbespreking verkies, laat weet ons asseblief in die boodskap.
255
Henriette Lamprecht – In ’n hospitaal in Namibië is ’n robot met die naam Eva wat binne sekondes sorg dat elke pasiënt met sy of... Neem asseblief kennis: Om die artikel te lees, registreer asseblief by My.na. Bevestig jou subskripsie en jy sal die inhoud kan oopmaak. Vir toekomstige besoeke sal jy nie weer hoef te registreer nie.
256
Indien jy in hierdie diens belngstel kontak André deur ‘n epos te stuur deur op die volgende skakel te kliek.
257
Jy het reeds jou Grond jou Adres en jou Huis soos bo gemeld, dink nou aan jou eie Posbus buite in jou tuin waar jy al daai pos kry van die Poskatoor, omdat hulle jou adres ken. In die geval kan jy vir elke person in die Huis ‘n *Posbus* buite in die tuin sit waar hulle al hulle e-pos sal ontvang. Huisvesting of Hosting of jou Grond soos bo beskryf bepaal nie net die grootte wat jou huis kan wees nie maar hoeveel epos adresse jy sal kan hê en ook hoeveel epos jy sal kan stoor.
258
My ma en pa het probleme. Hy vloek haar en sê sy is ’n vark. As sy met my oor die foon praat, wil hy weet met wie sy praat. Wanneer sy na haar vriendin toe gaan, wil hy ook weet waarheen sy gaan. My ma sê sy kan nie meer in so ’n huwelik bly nie. Ons is drie kinders, almal in ons 30’s. Twee van ons is getroud en ’n kleinkind is op pad. My ma het gesê sy wag net vir die baba se koms. My pa het al hoeveel keer vir haar gesê sy moet die skeidokumente gereed kry. Geen vrou hoef verbale misbruik deur ’n bullebak van ’n man te verduur wat haar niks gun en buitengewoon jaloers is nie. Sy neem julle in ag met haar besluit om nie die skadu van ’n egskeiding oor ’n groot gebeurtenis soos die geboorte van ’n kleinkind te laat val nie. Ek hou van jou gesindheid dat jy haar wil help. As sy al die jare finansieel van jou pa afhanklik was, sal julle nou moet inspring en haar help om uit te trek, ’n skeisaak aanhangig te maak en op die been te kom. Ek en my kêrel is al vier jaar in ’n verhouding en werk die afgelope twee jaar saam. Hy is die eienaar van die onderneming. Hy ignoreer my dikwels by die werk of kyk nie vir my wanneer ons saam met ander by die werk in ’n gesprek betrokke is nie. Ek voel verneder daardeur. Ek wil soos die ander kollegas behandel word. Mans dink dikwels anders oor hul rolle by die werk en by die huis as vroue, meestal omdat hulle verkies om hul lewe in kompartemente te verdeel. By die huis is jy sy verhoudingsmaat. By die werk beskou hy jou rol anders. Hy wil nie die indruk wek dat hy jou gaan bevoordeel of anders gaan behandel as die ander werknemers nie. Wat kan help, is ’n openhartige en kon­struktiewe gesprek oor hoe en waar julle by die werk kan kommunikeer. Jy het dieselfde houding dat jy by die werk bloot sy kollega wil wees. Tog blyk dit dat jul verwagtings verskil. ’n Moontlike rede daarvoor kan wees dat wanneer mense nie ongemaklike of moeilike situasies kan hanteer nie, hulle eerder afskakel as om die kwessie te probeer oplos. Wat kan help, is ’n openhartige en kon­struktiewe gesprek oor hoe en waar julle by die werk kan kommunikeer. Besluit ook of julle werksake by die huis gaan bespreek of nie en hou daarby. Soms is ’n mens hipersensitief vir iemand se optrede omdat jy hom ken en sy buie kan lees. Dit kan help om nie alles wat hy by die werk sê of doen persoonlik op te neem nie. Fokus eerder op die taak wat jy moet verrig as op hom of jou kollegas. Dan sal jy jou gevoelens beter kan beheer. Kan jy ’n plek vir die behandeling van depressie aanbeveel? My kind is ’n depressielyer en voel sy moet haar kop en hart skoon kry voor sy voltyds begin werk. Die werknemer het in die hof aangevoer sy wangedrag is deur depressie veroorsaak. Dit is deur twee dokters by hom ge­diagnoseer en sy werkgewer was daarvan bewus. Die hof het toe bevind depressie is ’n psigiese siekte en dat sy optrede daaruit gespruit het. Dit was daarom billik om van die werkgewer te verwag om hom tegemoet te kom. Die hof het die werkgewer aangesê om hom weer in sy pos aan te stel.
259
Die praktiese steun wat jy jou dogter nou bied, is presies wat depressielyers nodig het. Dit help selde om sulke mense te vra wat hulle makeer omdat hulle dikwels nie self kan verduidelik of verstaan wat nou eintlik met hulle gebeur nie. Ek is 26 en my kêrel is 32. Ons is al twee jaar saam. Hy is onlangs Kaap toe verplaas en is min by die huis. Toe hy vir 14 dae huis toe kom, het sy ouers sak en pak opgedaag vir die hele tyd dat hy hier was. Dit was ons verhouding se tweede herdenking, maar al ons vierings het platgeval. As jy ’n vaste verbintenis met dié man oorweeg, sal jy vooraf perke moet stel oor die rol wat sy ouers in jul lewe saam sal speel. Moenie ’n gesprek hieroor met hom op ’n aanvallende manier aanknoop nie.
260
Nou is die Storie van Moses pragtig tot lewe gebring in hierdie animasie wat die hele familie van sal hou. Soos die storie begin, leer ons dat die Israeliete - God se volk - slawe gemaak was deur die regeerder van Egipte. Vir baie jare het hulle gewerk sonder beloning, maar God het finaal besluit dat Hy 'n einde aan hulle oppressie gaan bring. Hy roep een man op - Moses - om Sy volk na vryheid te lei. Eers weier Moses omdat hy homself nie as 'n leier sien nie, maar hy het vertroue in die Here. Op die einde gehoorsaam hy die Here se bevel en lei Moses die Israeliete uit Egipte uit. Hulle ondervind baie harde tye, maar Moses gee nie op nie. Eers toe Moses twee kliptafels van God ontvang met die tien gebooie daarop uitgegrafeer, het die mense agtergekom dat Moses God se wil uitoefen.
261
Of dit nou regte outydse kerriesosaties is wat jy op ’n stokkie ryg of iets meer byderwets: ’n Sosatie bly maar die klassieke met-die-hand-eet-happie. Die groot ding by ’n braai is gewoonlik daai perfek gebraaide tjoppie of sappige stukkie wors. Maar sit enige van dié maklike bykosse voor as jy regtig jou mense wil beïndruk. Weg winkel In ons aanlynwinkel kan jy kom soek vir alles van vorige uitgawes tot vellies of ’n kamerasak.
262
Dié kort tussenpose kom nadat die groep al vir meer as twee jaar aan 'n sitbetoging by die Rooivlag-kommandosaal in Katutura deelneem. Dít in 'n poging om druk op die regering te plaas om hulle as oorlogsveterane te erken. Die besluit om tot September te wag, is tydens 'n vergadering Saterdag bekend gemaak waar lede van oraloor die land byeengekom het om die toekoms te bespreek. Die verwagte regeringsverslag word deur die parlement se staande komitee vir grondwetlike en wetlike aangeleent­hede onderneem.
263
Ndeunyema was ook gebelg oor die polisiehoof, insp.genl. ­Sebastian Ndeitunga, wat verlede week die sitbetogings deur die voormalige lede as “anargie” en “'n onhigiëniese oorlas vir publiek” beskryf het. “Dit sal nie vir ons nodig wees om in Windhoek te wees as ­Ndeitunga en Swapo nie ons N$36 miljoen gesteel het nie. Ons sou uit eie reg sakelui gewees het. Ons is nie hier omdat ons 'n keuse het nie, maar weens die lyding wat deur die Swapo-­administrasie veroorsaak word. As die administrasie ons al die voordele gee waarop ons geregtig is en ons pensioen van N$36 miljoen, sal hulle ons nie meer hier sien nie,” het Ndeunyema gesê. Volgens 'n bron van die Sunday Times kan die poste wat in die slag bly, tot 300 kajuitpersoneel insluit. Die SAA het in die afgelope boekjaar 'n verlies van R5,7 miljard gely. Jarana en die nuwe direksie het 'n omdraaiplan waarmee hulle mik om die lugdiens teen 2022 weer winsgewend te kry. Op grond van die SAA se totale personeelgetalle en sy vloot van 64 vliegtuie is sy werknemer-tot-vliegtuig-verhouding tans rondom 157 werkers per vliegtuig. Dit word soms in die bedryf gebruik as 'n maatstaf vir produktiwiteit.
264
Tanja Bause 'n Sesjarige meisie is in die ­Oshitosi-nedersetting by Okatope verkrag deur 'n 17-jarige seun wat in graad 5 is. Hy het die jong...
265
Wag asseblief 'n paar oomblikke terwyl ons die gewildheidstabel weer uitwerk. Die uitslag sal binnekort hier verskyn.
266
Dis amper asof ons die laaste paar dae op eiers loop … versigtig, afwagtend, opgewonde, maar ook onseker. Ons weet nie wanneer ons seun sy verskyning gaan maak nie, maar ons is paraat en ontvanklik vir wat kom. • ‘n vrywillige geloofsaksie wat ondersteun word deur individue, groepe, gemeentes en wyer kerkverbande regoor die wêreld.
267
Mees populêre voorstede in Australië onder Suid Afrikaners gebaseer op 2011 sensus - Goeiedag (Skakel na hierdie bladsy) Ek het dit goedgedink om weereens 'n bladsy te maak wat die nuutste Australiese sensus-data van 2011 gebruik om 'n paa...
268
Die 2014 FIFA Wêreldbeker: ‘n Sokkerfees in die land van Samba - Vier jaar terug was dit Suid-Afrika se beurt om die wêreld se grootste sokkerskouspel aan te bied en die gedreun van vuvuzelas, die klanke van Shakira en d...
269
Verlies van 'n ouer - Een van die moeilike dinge wat ons expats moet deur maak hier alleen in die verte is om die verlies van 'n ouer te verwerk. Die verlies is veral moeilik o...
270
Olifant dans - Ek moes hierdie Video deel. Jammer hy is skeef, maar ekt nou nie daaraan gedink toe ek dit met die ipad afgeneem het nie. Dit is so kosbaar, lyk asof hulle...
271
Die Einde - Ek wou nog vertel het van die nuwe brug wat klaar is, Japie se afskeidsgeskenke, van Inge wat so goed swem (sommer 30X25m lengtes op 'n slag!), van die ys ... 'n Vinnige woestyn trippie - Ons woon in 'n land wat sy eie tipe skoonheid het. Hoe die Israeliete dit reg gekry het om vir 40 jaar te trek in die woestyn weet ek nie. Dit moes maar on... Catching up on Blog - Sjoe ek het lanklaas bietjie op my Blog geskryf. Dinge het die laaste tyd maar dol gegaan hierso. Ek gaan nou nie lang stories maak nie, ek sit sommer so k...
272
Vers 1 van Genesis 18 vertel vir ons dat die Here “aan Abraham verskyn” het daar by die groot bome van Mamre. In Afrikaans klink hierdie woord “verskyn” vir my asof die Here soort van uit die bloute en totaal onverwags daar sy opwagting gemaak het. Dit was miskien onverwags, maar as ons die vorige hoofstukke lees dan besef ons dat dit nie uit die bloute was nie. Wanneer die Here vra waarom Sara lag, maak hy weereens ‘n belofte dat Hy volgende jaar dieselfde tyd sal terugkom en dat Sara dan ‘n seun sal hê. Wanneer Sara lieg oor haar laggery raak die Here nie kwaad nie en hy trek ook nie sy belofte terug nie. Miskien lag Hy ook in sy mou.
273
Internasionale aandele verhandel hoofsaaklik onveranderd oor die afgelope week namate deelnemers die lopie in die olieprys verwerk en ’n oog op die gebeure by die grootste bank in Duitsland hou. OPEC-lede het tot ’n produksiekwota ingestem in ’n poging om die globale ruolie surplus te verminder. Daar word verwag dat […]
274
Dit is in wêreldrugby ’n standaard-praktyk dat afrigters hulle teenstanders in die aanloop tot ’n toets aanprys en dit was geen uitsondering nie toe Gregor Townsend, Skotland se hoofbreier, Woensdag die Springbokke opgehemel het. Hogan Lovells het nie onprofessioneel opgetree in die ondersoek wat die firma vir die SAID oor Jonas Makwakwa gedoen het nie, is pas bevind.
275
Vandag het jy nog 'n dag vol genade beleef. Die vraag is of jy dit raakgesien het. Of het jy jou blind gestaar teen die swaarkry, pyn of dalk ander ongerief wat jy moes verduur? Onthou dat ons binne hierdie gebroke wêreld al hierdie dinge sal beleef, maar dat ons met God se genade binne hierdie belewenis beskerm en gedra word, suiwer deur Genade! Radio Rosestad is ’n Afrikaanse gemeenskapsradiostasie wat in 1994 gestig is en wat gebou is op ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Die stasie, wat op 100.6 FM in Bloemfontein en omgewing uitsaai, fokus op die uitbouing van die Afrikaanse taal sowel as die kultuur, tradisies, belange en gemeenskapsbehoeftes van die Christen-Afrikaner. Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word. Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan. Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn. Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry. 'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote. Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms. In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei. Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.
276
Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA, Engels: United States of America of USA), in die omgangstaal ook net Amerika[n 1] genoem,[9] is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan. Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) en 'n bevolking van sowat 325,7 miljoen is die VSA die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Sy grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as 20 412 miljard VSA-$ in 2018 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter wêreld.[6] Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.[10] Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem.[11] Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.[12] As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap: gematigde woudland aan die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rotsgebergte en reënwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter. Die naaste lande buite die Noord-Amerikaanse vasteland is die Britse oorsese gebied Bermuda in die ooste asook die onafhanklike eilandnasies Bahamas en Kuba in die suidooste. Die huidige terrein van die noordelike Verenigde State is deur gletsers gevorm, wat die noorde van die vasteland in die laaste Ystydperk bedek het. Die vroeëre suidelike kant van die yslaag word nog steeds deur 'n reeks eindmorenes gekenmerk, wat vanaf die eiland Long Island aan die Atlantiese ooskus in westelike rigting tot by die Rotsgebergte loop. Die gebiede noord van hierdie lyn is bedek met ou gletserafsettings. In die berggebiede van die noordweste en in Alaska het die berggletsers duidelike spore van erosie gelaat. Uitgestrekte gletsermere het groot gebiede in die weste bedek, waarvan die Groot Soutmeer in Utah net 'n oorblyfsel is. Wes van die Atlantiese kusvlakte verrys die heuwelagtige Piedmontstreek met sy talle watervalle as 'n soort oorgangsgebied tussen die kusstreek en die Appalache-gebergte. Hierdie bergreeks was miljoene jare gelede nog 'n magtige gebergte, wat intussen deur erosie geslyp is. Die Appalagge loop vanuit die suidooste van Kanada in westelike rigting tot by die Golfkusvlaktes van Alabama. Slegs langs Nieu-Engeland se rotsige kuslyn strek die bergreeks plek-plek tot by die Atlantiese Oseaan. Die gebied van die Appalache en die Adirondack-gebergte van New York maak in geologiese opsig deel uit van die Kanadese Skild en behels die grootste hooglande van die oostelike Verenigde State. Die hoogste bergspits in die ooste is Mount Mitchell in die Swart Berge (Black Mountains) van Noord-Carolina met 'n hoogte van 2 037 meter (6 684 voet) bo seevlak. Die Binnelandse Vlaktes strek oor 'n lengte van sowat 1 600 kilometer (1 000 myl) van die Appalache tot by die Rotsgebergte in die weste en van Kanada in die noorde tot by die kusvlaktes van die Golf van Meksiko. Hulle geologiese onderlaag van sedimentêre gesteentes verwys na die feit dat die vlaktes vroeër 'n groot binnelandse see was; die gesteentes se ryk olie- en gasvoorkomste het van die deelstate Texas en Oklahoma (en die Kanadese prairie-provinsies) die belangrikste olieprodusente in Noord-Amerika gemaak. Die gebied word deur die Mississippi-Missouri-rivierstelsel gedreineer – een van die grootstes ter wêreld. In geografiese opsig word die vlaktes in drie hoofstreke verdeel – die vrugbare sentrale vlaktes – wat tot die belangrikste landbougebied van die VSA ontwikkel het – met die Mississippivallei, die gebied van die Groot Mere en die Groot Vlaktes, 'n boomlose plato van uitgestrekte grasvelde, wat geleidelik van die laer vlaktes tot by die voorgebergtes van die Rotsgebergte verrys. In die randgebied van die Rotsgebergte bereik hierdie gebied reeds 'n hoogte van sowat 1 600 meter, en sy ekonomiese sentrum en hoofstad van die deelstaat Colorado, Denver, word weens sy ligging soms ook die Milehigh City genoem. Die Swart Berge of Black Hills in Suid-Dakota is die enigste hoër geleë gebied, wat midde-in die vlaktes verrys. Die Intermontane Streek, 'n droë gebied met platos, bekkens en kleiner bergreekse, lê tussen die Rotsgebergte en die westelike bergreekse. Die Columbia-plato in die noorde is deur vulkaniese lava gevorm, en die Columbiarivier, wat die gebied saam met sy takriviere dreineer, het diep canyons in die plato gesny. Die uitgestrekte Colorado-plato, wat deur die Coloradorivier en sy takriviere gedreineer word, pronk met die beroemde Grand Canyon, wat deur die rivierwater in die sedimentêre gesteente gesny is en as een van die grootste natuurwonders ter wêreld beskou word. Die gebied wes van die platos is feitlik 'n halfwoestyn en word deur bekkens en kleiner bergreekse gekenmerk. Hier lê ook die laagste punt van Noord-Amerika, die Death Valley ("Doodsvallei"), sowat 86 meter (282 voet) benede seevlak. Die Groot Bekken is die grootste van sy soort in die gebied, met die Humboldt as sy belangrikste rivier en 'n groot aantal soutmere, waaronder ook die Groot Soutmeer van die deelstaat Utah. Die riviere in hierdie bekken mond nie in die oseane uit nie, maar binnelands. Die Groot Soutmeer is net 'n oorblyfsel van 'n magtige soetwatermeer uit die Ystydperk. Net soos byvoorbeeld Sentraal-Europa word groot dele van die Noord-Amerikaanse vasteland oorheers deur westelike winde en 'n opeenvolging van laagdrukgebiede (siklone), wat in die gebied van die Aleüte-eilandgroep ontstaan en afwissel met hoëdrukgebiede. Net soos ander gebiede in die gemiddelde breedtegrade, word ook die Verenigde State deur onbestendige weer en 'n opeenvolging van koue en warmfronte gekenmerk. Die siklone of koue fronte, wat gewoonlik in westelike rigting oor die vasteland beweeg, verskil van sy Europese eweknieë soms deur hulle tregtervormige werwels of tornados – atmosferiese versteurings, wat dikwels groot skade berokken. 'n Tweede belangrike verskil is die ligging van die grootste gebergtes. Terwyl die Europese Alpe in wes-oostelike rigting loop en die suide van Europa teen koue fronte uit die noorde beskerm, loop Noord-Amerika se grootste bergreekse, die Kusgebergte en die Rotsgebergte, in noord-suidelike rigting en verhinder dus dat vogtige en gematigde lugmassas vanuit die Stille Oseaan na die binneland kan beweeg. Die hooglande tussen die Sierra Nevada en die Rotsgebergte lê gevolglik net soos die Groot Vlaktes in die reënskadu van hierdie bergreekse. Hierdie besonderse reliëf verklaar ook die feit dat groot woestyngebiede soos die Mojave- en Gilawoestyn net enkele honderd kilometer van die kus af lê. Die weskus van die VSA is 'n tipiese winterreënstreek, waarvan 'n klein gedelte in Kalifornië deur 'n Mediterreense klimaat gekenmerk word. Die koeler klimaatstreke van die noordelike deelstate Oregon en Washington is die natste in die land met 'n jaarlikse reën- en sneeuvalle van soms meer as 2 500 millimeter. Die Verenigde State bestaan dus rofweg uit 'n droë gedeelte in die weste en 'n humiede gedeelte in die ooste. Die oostelike landsdele het hulle vogtige klimaat aan die invloed van die Golf van Meksiko en die Atlantiese Oseaan te danke. Die suidelike deelstate is baie vogtig en het hulle swaar reënvalle op tussen sewentig en tagtig dae per jaar aan donderstorms en 'n aantal orkane in die najaar te danke. Die weer in die suide is dikwels baie warm en bedompig. Die hitte en verstikkende bedompigheid van die somermaande was 'n belangrike rede vir die gebruik van slawearbeid op die plantasies van die suide. Die mees digbevolkte gebiede van die sogenaamde manufacturing belt, die groot historiese nywerheidsgebiede, lê in die vogtige en gematigde klimaatstreke tussen die Mississippirivier in die ooste en die Atlantiese Oseaan in die weste. Die oostelike gedeelte was oorspronklik 'n gebied van uitgestrekte bosse, terwyl die Groot Vlaktes, die hartland van Amerika, deur grasvelde gekenmerk word. Hierdie vlaktes maak reeds deel uit van die droër westelike gebiede, maar is feitlik 'n soort oorgangsgebied met periodes van hoër en laer reënvalle. Die eerste verkennings van die gebied teen die middel van die 19de eeu het gedurende 'n vogtige periode plaasgevind en die oortuiging laat posvat dat die vlaktes 'n uiters geskikte gebied vir akkerbou en veeteelt sou wees. Die eerste setlaars het later egter besef dat reënvalle in die vlaktes wisselvallig is en die gebied deur periodieke droogtes geteister word. Die bergreekse van die weste kry baie reën en spog met uitgestrekte bosgebiede. Danksy besproeiing is daar 'n florerende landbousektor in 'n aantal valleie. Die gebrek aan 'n soort kontinentale versperring in die vorm van 'n bergreeks, wat dwarsoor die vasteland in oos-westelike rigting loop, lei daartoe dat koue fronte uit die poolgebiede en warm fronte met tropiese lugmassas uit die suide ongehinderd oor die Groot Vlaktes kan beweeg. Vogtige, warm lugmassas bereik soms selfs die suide van Kanada en bevorder die groot aantal donderstorms en bedompige weer in die Amerikaanse Midweste. Weerstoestande verander skielik, en met die sogenaamde Northers beweeg uitgestrekte koue fronte soms na die uiterste suide, waar hulle byvoorbeeld sitrusplantasies in Florida bedreig. Florida en ander deelstate in die suide lê daarnaas in 'n gebied, wat dikwels deur orkane getref word. Die geskiedenis van die Indiaanse kolonisasie van die Amerikaanse vasteland bly nog steeds die onderwerp van navorsing. Aangesien daar geen oorblyfsels van hoogs ontwikkelde mensape gevind is nie en die Eerste Nasies (Indiane) tipiese mongoloïede kenmerke het, woord daar vermoed dat die eerste menslike bewoners vanuit Asië gekom en vir hulle immigrasie 'n landbrug gebruik het, wat in die Ystydperke met hulle laer seespieël tussen die Asiatiese en Amerikaanse vastelande bestaan het. Frankryk se koloniale aktiwiteite is steeds deur sy politieke betrokkenhede op die Europese vasteland belemmer, en die godsdienstige verdeeldheid in die 16de eeuse Frankryk is weerspieël deur die stigting van afsonderlike Protestantse en Rooms-Katolieke nedersettings in Noord-Amerika. Die Italiaanse seevaarder Giovanni da Verrazano het in 1524 in Franse opdrag onder meer die skiereiland Manhattan verken, terwyl Jacques Cartier in 1534 die huidige Quebec bereik het. Die erste Franse nedersettings het egter eers in die tydperk tussen 1562 en 1564 ontstaan, toe Hugenote 'n kolonie noord van die skiereiland Florida gestig het. Hierdie nedersetting is deur die Spanjaarde as 'n bedreiging vir hulle eie gebiede beskou en gevolglik vernietig. Seevaarders op soek na die Noordwestelike Deurvaart soos Martin Frobisher en Henry Hudson was die eerstes, wat die Noord-Amerikaanse vasteland teen die laat 16de en vroeë 17de eeu begin verken het. Sir Walter Raleigh se pogings om 'n Engelse nedersetting in die huidige deelstaat Virginië te stig, het in die 1580's misluk. Die Londense Kompanjie, wat 'n oktrooi vir die gebiede tussen die 34ste en 38ste noordelike breedtegraad ontvang het, was in 1607 meer suksesvol en het onder die leiding van kaptein John Smith 'n fort in die Chesapeakebaai van Virginië laat oprig. Die klein aantal oorspronklike koloniste is deur hongersnood, malaria en aanvalle van Indiane geteister, en alhoewel nuwe setlaars hulle in 1607 en 1608 in die kolonie gevestig het, het van die geskatte bevolking van sewehonderd mense minder as tien persent oorleef. Die oorblywende koloniste was in 1610 reeds van plan om die kolonisasie van die gebied vir goed te staak. Dit het die vasberadenheid, moed en uithouvermoë van 'n leier soos Lord Delaware geverg, wat teen hierdie tydperk met 'n nuwe groep immigrante voet aan wal gesit het, om met die kolonisering voort te gaan. Aanvanklik is Jamestown as nuwe hoofstad van die kolonie gestig en in 1699 deur Williamsburg vervang. Die bekendste landing van setlaars was egter dié van die Puriteinse Pelgrimvaders, wat in 1620 op hulle skip Mayflower Bostonbaai in die huidige Massachusetts bereik het – 'n gebied, wat aan die destydse Plymouth-Kompanjie behoort het. Die eerste nedersetting, New Plymouth, was suid van die huidige Boston geleë en die beginpunt van 'n grootskaalse volksplanting in die gebied. In die volgende twintig jaar het die kolonies sowat 25 000 Engelse immigrante gelok, en weens die godsdienstige en politieke verdeeldheid van die setlaars het voortdurend nuwe kolonies ontstaan. In die tyd van die Amerikaanse Rewolusie was daar reeds dertien kolonies. Die meeste van hulle was kroonkolonies, wat deur 'n koninklike goewerneur bestuur is. 'n Aantal kolonies het op die basis van 'n oktrooi ontstaan, en hierdie groep het naas Massachusetts ook Rhode Island en Connecticut ingesluit. 'n Derde groep was privaatbesittings, met Maryland, wat aan Lord Baltimore geskenk is, as 'n Rooms-Katolieke nedersetting, en Pennsilvanië, wat aan die Quaker-leier William Penn geskenk is. Naas die Quakers het ook ander godsdienstige groepe soos die Morawiërs en Mennoniete (of Pennsilvanië-Duitsers) kolonies in Pennsilvanië gestig. Laasgenoemde het in 1683 Germantown, 'n voorstad van Philadelphia, gestig. Weens die groot aantal Duitse setlaars het Duits selfs 'n mededinger van Engels as omgangstaal in die streek geword. Teen die laat 17de eeu is klein plase in die suidelike kusgebiede toenemend verdring deur groot plantasies, wat danksy die invoer van negerslawe vinnig gegroei en hulle oorwegend op die verbouing van tabak, rys en later ook die kleurstof indigo toegespits het. Aanvanklik het ook pelshandel en houtproduksie 'n belangrike rol gespeel. Die suide was in die koloniale tydperk die mees landelike streek in Amerika, en net 'n klein aantal groter dorpe het hier ontwikkel. In politieke opsig het die kolonies hul eie verteenwoordigende instelings ontwikkel, waaronder die koloniale vergaderings. Nogtans was deelname van die politieke lewe min of meer gekoppel aan 'n burger se rykdom. Veral in die kolonies, wat as persoonlike besittings gestig is, het setlaars in opstand teen die uitvoerende gesag gekom. Die belangrikste griewe was die ongelyke verdeling van land – die meeste landgoedere was die eiendom van 'n klein aantal welvarendes, wat oor die algemeen in Engeland woonagtig was-, en militêre en religieuse vraagstukke. Dikwels was die verskillende Christelike denominasies in 'n magstryd teen mekaar gewikkel, waarin kwessies soos oorheersing en konformiteit 'n groot rol gespeel het. Die Britse handelsregulasies, wat veral op die bevordering van die koloniale landbousektor gemik was, het die groei van die kolonies se handel en nywerhede in die 18de eeu beperk. Nogtans was daar ekonomiese en maatskaplike vooruitgang, wat geleidelik 'n soort nasionale bewussyn laat ontstaan het. Daarnaas het die Verligting en die vroeë tersiêre instellings – waaronder universiteite soos Harvard en King's College (tans die Columbia-universiteit) 'n groot invloed op die intellektuele lewe van die kolonies uitgeoefen. In 1776 het verteenwoordigers van die dertien kolonies ten gunste van die Onafhanklikheidsverklaring gestem en sodoende die Verenigde State van Amerika gestig. Danksy 'n politieke en militêre verbond met Frankryk, wat in 1778 gesluit is, het die VSA uiteindelik hulle militêre slaankrag aansienlik verhoog. Groot Amerikaanse oorwinnings soos in die Slagte van Saratoga (1777) en Yorktown (1781), waarin twee groot Britse leërs gevange geneem is, het Groot-Brittanje gedwing om in 1783 die Vrede van Parys te onderteken, waardeur hulle die VSA amptelik as 'n onafhanklike staat erken het. Dit was Groot-Brittanje se eerste nederlaag sedert die Honderdjarige Oorlog met Frankryk wat tegelykertyd ook die ondergang van Groot-Brittanje se Atlantiese ryk bestempel het. Die weswaartse verskuiwing van die bewoonde gebiede se grense, die frontiers, die Amerikaanse mite van 'n "land van onbeperkte moontlikhede" vir almal en 'n smeltkroes (melting pot) vir alle immigrante oefen 'n sterk invloed op die lewensbeskouing, kultuur en selfbeeld van die Amerikaanse bevolking uit. Die wette, wat op die gelykberegtiging van Swartmense gemik was, is deur klousules omseil – die stemreg was byvoorbeeld aan intelligensietoetse gekoppel, en in die openbare lewe is 'n verpligte rasseskeiding ingevoer wat van Swartes weer 'n onderdrukte minderheid gemaak het. Die Amerikaanse buitelandse beleid is sedert die middel van die 19de eeu dikwels sterk deur ekonomiese en finansiële krisisse beïnvloed. Die internasionale optrede as 'n nuwe grootmoondheid is vanweë die negatiewe gesindheid van die openbare mening as 'n morele verpligting teenoor ander nasies omskryf en was dikwels op ekonomiese invloed en druk gebaseer. Dit het gevolglik ook as "dollar-imperialisme" bekend gestaan.[13] Die Amerikaanse betrekkinge met Groot-Brittanje het daarenteen verbeter. Die Britte het in 1901 ingestem om die omstrede bou van die Panamakanaal aan die Amerikaners oor te dra en in 1903 'n oplossing vir die Alaskaanse grensgeskil tussen die VSA en Kanada onderteken. In 1910 het die VSA 'n rewolusie in Panama aangewakker om die land se onafhanklikheid van Colombia te bevorder. Vier jaar later is die Panamakanaal ingewy. Die bewaring van die wêreldvrede het 'n sentrale rol in die Amerikaanse buitelandse beleid gespeel, soos byvoorbeeld uit die land se deelname aan die Haagse Konferensies geblyk het. Toe die Eerste Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, het president Woodrow Wilson (1913–1921) aanvanklik sy neutrale houding volgehou en sy herverkiesing in 1916 met 'n politieke program verseker waarin sy vredesbeleid bevestig is. In die praktyk was die Amerikaners nogtans simpatiek teenoor die geallieerde magte, veral die Verenigde Koninkryk en Frankryk, en alhoewel die Britte net soos die Duitse Ryk die Amerikaanse neutraliteit op see nie eerbiedig het nie, is aanvalle deur Duitse duikbote as 'n ernstiger bedreiging beskou. In reaksie op die Duitse aankondiging van 'n "totale duikbootoorlog" het die VSA in Februarie 1917 hul diplomatieke bande met Berlyn verbreek. Die politieke spanning tussen die twee lande het verder toegeneem nadat die Britse regering 'n Duitse telegram van 19 Januarie 1917 gepubliseer het waarin Berlyn probeer het om Meksiko tot 'n toetreding tot die oorlog te oorreed. Op 6 April 1917 het die VSA openlik die geallieerdes se kant gekies en tot die oorlog toegetree. Hierdie besluit het danksy die VSA se groot mannekrag en sy vermoë om vir enorme hoeveelhede oorlogsmateriaal te sorg 'n beslissende wending in die oorlog veroorsaak. Die Verenigde State het wél 'n beduidende rol by die konferensies oor ontwapening op see en die totstandkoming van die Kellogg-Briand-ooreenkoms gespeel wat oorlogvoering verdoem het, maar oor die algemeen het isolasionistiese gevoelens die buitelandse beleid oorheers. Die land het min belang gestel in internasionale belange, 'n neiging wat in sy nasionalistiese ekonomiese beleid – soos die geforseerde terugbetaling van oorlogskuldlaste deur Europese lande en wetgewing ten gunste van diskriminerende invoertariewe soos dié van Hawley-Smoot – weerspieël is. Die Neutrality Act van 1935 het die VSA se neutraliteit verder beklemtoon en die verkoop en lewering van wapens aan oorlogvoerende lande verbied, tog het nuwe wetgewing in 1937 die verkoop van wapentuig teen kontant ook aan state moontlik gemaak wat by militêre konflikte betrokke was. Roosevelt het daarop gewys dat die demokratiese wêreld in 'n bestaanstryd met diktatoriese state gewikkel sou wees. Diktature sou die wêreld volgens hom met 'n "bewind van terreur en regteloosheid" bedreig. In sy sogenaamde "Kwarantyn-toespraak" in Chicago op 5 Oktober 1937 het Roosevelt beklemtoon dat neutraliteit teen die "epidemie van regteloosheid" nie meer moontlik sou wees nie. Die Verenigde State het sy groot hulpbronne met sukses begin mobiliseer en 'n groot aantal nywerhede in fabrieke vir wapentuig omskep, terwyl sy menslike hulpbronne – miljoene jong mans en vroue – die vorming van 'n groot weermag moontlik gemaak het. Die stigting van talle regeringsagentskappe, wat die vervaardiging en vervoer van militêre goedere en die beheer oor die land se gewapende magte gekoördineer het, het 'n ongekende vlak van regeringsinmenging in Amerika se alledaagse lewe saamgebring. Om inflasie en ander versteurings in die nasionale ekonomie te keer, is rantsoenering, prysbeheer en ander maatreëls toegepas. Die oorlog het die belangrikheid van Amerika se hulpbronne en sy status as 'n grootmoondheid op wêreldvlak bevestig. Saam met die leiers van die Verenigde Koninkryk en die Sowjetunie, Winston Churchill en Josef Stalin, het Roosevelt in 'n reeks spitsberade in Moskou, Casablanca, Kaïro, Teheran en Jalta die geallieerde oorlogsbeleid en programme vir die tyd ná die oorwining oor die Spilmoondhede vasgelê. Die Amerikaanse president was daarnaas een van die sleutelfigure by die beplanning van die Verenigde Nasies as die nuwe wêreldorganisasie. Ná die einde van die oorlog was die Verenigde State 'n ekonomiese supermoondheid wat 50 persent tot die wêreld se brutoproduk bygedra het.[17] Miljoene van oorlogsveterane het voordeel getrek uit 'n nuwe wet wat hulle toegang tot 'n tersiêre kollege-opleiding verleen het. Belastingverlagings, hoë korporatiewe winste en omvangryke beleggings het die basis gevorm vir die ontstaan van 'n welvarende samelewing. Vir die meeste waarnemers – en die breë publiek – het hierdie affluent society regstreeks voortgespruit uit die Amerikaanse model van 'n kapitalistiese ekonomie waarin vrye burgers hul lot selfs kan bepaal. Amerika se ekonomiese suksesverhaal is in die openbare debatvoering daarnaas ook as bewys vir die superioriteit van 'n vrye markekonomie bo die Sowjetunie se sentraal beplande stelsel aangehaal. Die aanvanklike monopolie op kernwapens het van die Verenigde State ook 'n eersterangse militêre supermoondheid gemaak. Die Amerikaanse buitelandse beleid was nou daarop gemik om 'n nuwe wêreldorde met die Verenigde Nasies (VN) se Atlantiese Verdrag as grondbeginsel in te lui. Tegelykertyd het die vreedsame samewerking met die Sowjetunie tot 'n einde gekom – vanweë die toenemende geskille met Moskou het die VSA-regering hom daarop toegespits om die kommunistiese invloed in die wêreld te beperk. Met die Truman-doktrine van 1947 het die VSA aan alle lande, wat op militêre of ekonomiese gebied deur ander moondhede bedreig sou word, Amerikaanse steun toegesê – 'n bewuste wegkeer van die voor-oorlogse Amerikaanse isolasionisme en die 19de eeuse Monroe-doktrine. So het die besluit om Amerikaanse hulp aan lande soos Griekeland en Turkye te verleen net soos die Marshall-plan vir die heropbou van Europa, die Berlynse Lugbrug, die stigting van 'n Nasionale Veiligheidsraad en die Noord-Amerikaanse Verdragsorganisasie (NAVO) uit hierdie nuwe buitelandse beleid voortgespruit. Om die kommunistiese invloed in Asië te beperk, is in 1946 onafhanklikheid aan die Filippyne verleen en in 1949 'n ekonomiese program vir die stabilisering van Japan in werking gestel. Ná sy verkiesing het president Truman met sy sogenaamde Punt-vier-program die VSA se wêreldwye verantwoordelikheid aanvaar. So het die VSA 'n leidende rol gespeel by die VN se militêre optrede teen Noord-Korea tydens die Korea-krisis (1950–1953), alhoewel Washington sy politieke en militêre doelwitte in Korea in die "Agt-punt-program" van 1950 doelbewus beperk het. In 'n radiotoespraak het generaal Eisenhower daarop gewys dat die VSA besig was om 'n "kruistog vir vryheid" te voer. Op militêre gebied het Washington 'n "nasionale noodtoestand" afgekondig, siende dat die Amerikaanse ontwapening ná die oorlog in teenspraak met die nuwe beleid was. Die VSA-strydmagte is heropgebou en uitgebrei om te verseker dat hulle 'n doelmatige militêre opsie sou kon uitoefen, indien nodig. Die militêre ANZUS-verdrag met Australië en Nieu-Seeland en die vredesooreenkoms met Japan in 1951 het die VSA se leidende rol in Asië bevestig. Tydens die presidentskap van John F. Kennedy het die Koue Oorlog sy warmste oomblikke tydens die Kubaanse krisis beleef waarin 'n atoomoorlog rakelings vermy is toe die Sowjetunie onder swaar druk offensiewe kernmissiele uit Kuba teruggetrek het. Terwyl president Johnson die publiek verseker het dat 'n militêre oorwinning oor die korttermyn behaal sou kon word, het die werklike gebeure sy geloofwaardigheid ondermyn. Gedurende hul sogenaamde Tet-offensief het kommunistiese magte op 30 Januarie 1968 die Suid-Viëtnamese hoofstad Saigon binnegedring en net voor die Amerikaanse ambassade te staan gekom. In die sewentigerjare het die VSA gebuk gegaan onder moeilike ekonomiese omstandighede wat deur 'n ongewone kombinasie van ekonomiese stilstand en versnelde inflasie, 'n verskynsel waarna as "stagflasie" verwys is. Openbare vertroue in politiek is in 1974 deur die Watergate-skandaal en die bedanking van president Richard Nixon geknou – die eerste – en tot nou toe enigste – ampsneerlegging van 'n president in die geskiedenis van die Verenigde State, terwyl die internasionale politieke toneel deur die opkoms van internasionale terrorisme oorheers is. Nixon se opvolger Gerald Ford kon geen naam vir homself maak nie en in 1976 word Jimmy Carter tot president verkies. Die VSA het 'n toenemede gebrek aan selfvertroue ervaar tydens die Ford en Carter jare en die Misery-indeks, 'n aanduier van die ekonomiese toestand, het dié indruk beklemtoon. Kritici van die VSA het hierdie tydperk gesien as 'n teken dat die VSA tanend was, met haar belange en ideale verlore. In 1980 word daar 'n oud-Hollywoodakteur en Goewerneur van Kalifornië, Ronald Reagan tot president verkies. President Reagan het aan die Amerikaanse volk sy selfvertroue terugbesorg. Die president, deur sy teenstanders as 'n Cowboy voorgehou, het oor 'n ongetemperde optimisme en vertroue in die VSA beskik, wat hy as 'n helderskynende stad op 'n heuweltop voorgehou het. Na 'n stadige begin het die ekonomie sterk herstel danksy Reagan se belastingmaatreëls. Aan die negatiewe kant van sy beleid was wel die begrotingstekort wat tot rekordhoogtes gestyg het. In die buitelandse politiek was Reagan kragdadig en, volgens sy kritici, roekeloos. Hy was 'n stoere anti-kommunis en het nie teruggedeins om harde taal teenoor die Sowjetunie te gebruik nie. Ook het hy die wapenwedloop versnel om sodoende die Sowjetunie finansieel uit te put. Saam met sy geesgenoot en goeie vriendin Margaret Thatcher, die premier van die Verenigde Koninkryk, het hy in gesprek getree met die Sowjetleier Michail Gorbatsjof, wat in 1985 aan bewind gekom het. Toe die Sowjetunie uiteindelik val en die Oosblok bevry word, groei die welvaart van die Verenigde State tot ongekende hoogtes, net soos sy skuldlas en internasionale verpligtinge. Sosiale veranderinge volg hierop, alhoewel langsamer as in die sestigerjare, terwyl die baby boomers die rewolusie voltooi. 'n F-117 Nighthawk van die Amerikaanse Lugmag, soortgelyk aan dié tydens die Eerste Golf-oorlog ontplooi Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie se magsgreep was die Verenigde State van hul grootste vyand ontslae. Die nuwe tydperk wat aangebreek het, kan as 'n nuwe hoogtepunt in die Pax Americana gesien word. Reagan se opvolger, George H. W. Bush, word gekonfronteer met 'n inval in Koeweit deur Saddam Hussein uit Irak; die begin van die Golfoorlog van 1990–1991. In 1991 vind die Amerikaansgeleide Operasie Desert Storm plaas, wat Irak uit Koeweit verdryf. Irak hou Clinton dikwels besig, en die konflikte in die Balkan en Somalië vereis die ontplooiing van Amerikaanse troepe. Die betrokkenheid in die Balkan word veral buite die Verenigde Nasies gereël, by name deur NAVO. Die Dayton-vredesooreenkoms bring 'n einde aan die konflik in Bosnië-Herzegowina, maar spoedig is die VSA en NAVO in 'n konflik gewikkel teen Serwië oor Kosowo. In 1996 wen Clinton weer die verkiesing. Sy leiersposisie het morele terugslae ondervind weens verskeie skandale wat sy bewind geteister het. In 1999 word Clinton die tweede president ooit om aan 'n afsettingsprosedure (verdagmaking) onderhewig te wees, nadat hy meineed sou gepleeg het in 'n saak betreffende seksuele kontak met Monica Lewinsky, 'n leerlingpersoneellid in die Withuis. Clinton het egter 'n skuldigbevinding in die Senaat vrygespring. In 2000 wen George W. Bush die presidentskap met 'n klein kiesersmeerderheid. Vroeg in sy eerste termyn is die Verenigde State die skrik op die lyf gejaag deur die 11 September-terreuraanvalle, die ernstigste sedert die Japannese aanval op Pearl Harbor in 1941. Die twee torings van die Wêreldhandelsentrum in New York Stad, asook 'n deel van die Pentagon naby Washington, is verwoes deur Islamitiese terroriste in gekaapte passasierstralers. 'n Vierde straler verongeluk in Pennsilvanië kort nadat passasiers die kapers oorweldig. Die gevolg van hierdie aanval was Bush se sogenaamde "Oorlog teen terrorisme". Teen einde 2001 het die Amerikaanse leër die Talibanregering van Afghanistan met breë internasionale steun omvêrgewerp. Aan die einde van die Bush-era beleef die wêreldekonomie 'n skerp insinking, en diep resessie word 'n realiteit. In die Verenigde State is rekordhoeveelhede geld gespandeer om die ekonomie te stimuleer. In 2008, tydens hierdie ekonomies woelige tyd, word in die presidentsverkiesing vir die eerste maal 'n Afro-Amerikaner as president verkies, senator Barack Obama. By hierdie verkiesing behaal sy partygenote van die Demokratiese Party ook oorwinnings in die Kongres en in plaaslike verkiesings. Aanvanklik geniet Obama breë steun in beide die binne- as buiteland. Gaandeweg neem sy populariteit in 2009 egter radikaal af, deels weens die aanneem van 'n wet in die Kongres wat die Amerikaanse sorgstelsel hervorm, asook die steeds gedyende rekorduitgawes en nasionale skuldlas. Hierdie tanende gewildheid is onderstreep deur enkele verkiesingsnederlae van die Demokrate in distrikte waar hulle gewoonlik 'n groot meerderheid sou behaal. Daar ontstaan 'n konserwatiewe protesstroming wat as die tee-party beweging bekend geword het. Ook onder onafhanklike kiesers het sy populariteit afgeneem. Obama se presidentskap is internasionaal gekenmerk deur 'n meer gematigde beleid jeens tradisioneel onvriendskaplike lande soos Rusland en Iran, benewens 'n toenadering tot Islamitiese lande en groepe, terwyl daar egter 'n ongenaakbare houding teenoor bondgenote gehandhaaf word. Die Verenigde State van Amerika is 'n grondwetgebaseerde federale republiek met 'n sterk demokratiese tradisie. Elke vier jaar word daar 'n presidentsverkiesing gehou. Die president van die Verenigde State word nie direk nie, maar wel deur stapsgewyse verkiesings aangewys. Dit behels die volgende proses: By die eintlike verkiesings word die stemme per staat getel. Elke staat beskik oor 'n getal kiesers in die kieskollege wat op die inwonertal gebaseer is. Wie in 'n staat die meeste stemme verwerf, verkry in beginsel ook al die kiesers van die staat; die beginsel van die distriktestelsel. Wie oor die meeste kiesers beskik, wen die verkiesing en word president. Kiesers kan egter ook aanstellings newens die president bepaal. In 1988 het 'n Demokratiese kieser byvoorbeeld nie vir Michael Dukakis, die amptelike kandidaat, gestem nie, maar wel vir Lloyd Bentsen, die kandidaat vir vise-president. In 1876, 1888 en 2000 het die kandidaat met die meeste stemme wel nié oor die grootste getal kiesers beskik nie. 'n Verkose president kan tot twee termyne dien (agt jaar). Die Hollywood-kenteken op die Hollywood-heuwels word beskou as 'n simbool van die Amerikaanse rolprentbedryf, een van die oudste in die wêreld Die jaarlikse bevolkingsgroei van 0,8 persent is tans hoër as dié van die Europese Unie met 0,16 persent. In 2006 het 1,27 miljoen wettige immigrante (veral uit Meksiko, China, Indië en die Filippyne) 'n verblyfpermit gekry, en die VSA is tans die enigste nywerheidsland waar daar ook in die toekoms 'n aansienlike bevolkingsaanwas verwag word. Die Verenigde State se status as die magtigste ekonomie ter wêreld (wat 'n vyfde van die wêreldinkomste verteenwordig) is gegrond op die groot oppervlakte van die land, sy rykdom aan grondstowwe, die groot binnelandse mark met meer as 300 miljoen verbruikers en 'n ekonomiese stelsel wat op die beginsels van private besit en inisiatief asook vrye handel baseer. Die VSA se bruto geografiese produk (BGP) het in 2006 VSA-$ 13 195 miljard beloop.[19] Die tersiêre of dienstesektor se bydrae tot die BGP het in 2006 sowat 79 persent beloop, dié van die nywerheidsektor 20 persent en dié van die landbou 1 persent. Die ekonomie van die Verenigde State word oor die algemeen gekenmerk deur konstante groei, lae werkloosheid en inflasie, 'n groot begrotingstekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wêreld. Verskeie ander lande se geldeenhede is gekoppel aan die dollar, of gebruik dit as geldeenheid. Die V.S. effektebeurs word beskou as 'n aanduiding van die wêreldekonomie. Die Verenigde State is verreweg die grootste ekonomie en ook die grootste invoerder ter wêreld – 14 persent van alle produkte, wat wêreldwyd verhandel word, word na die VSA uitgevoer. Deskundiges verskil oor die land se rol in die huidige wêreldekonomie. Terwyl die land in die 1990's die langste ekonomiese groeifase in sy geskiedenis ervaar het en in die vroeë 21ste eeu steeds die tweede grootste binnemark na die Europese Unie vorm asook 'n kwart van die wêreld se totale produksie oplewer, verwys kritici na die groot handelstekort wat onder meer deur stygende loonkoste en die Amerikaanse nywerheidsektor se laer mededingendheid op internasionale markte veroorsaak word. In 2011 het die handelstekort met $558 miljard 'n nuwe rekordvlak bereik. Gaandeweg het die land ook sy rol as tegnologiese leier kwytgeraak en word hoëtegnologieprodukte soos rekenaars al lank in die buiteland vervaardig. Terwyl Amerikaanse politici veral die Volksrepubliek China daarvan beskuldig dat dit sy geldeenheid, die renminbi, onderwaardeer, word dit duidelik dat die VSA op baie terreine nie meer met ander nywerheidslande kan meeding nie. Die agteruitgang van die Amerikaanse motornywerheid is simptomaties van hierdie ontwikkeling. Deskundiges wys daarop dat die land meer in sy infrastruktuur en onderwysstelsel moet belê.[21] Laer energiepryse – in 2012 het gaspryse in die VSA net 'n vyfde van dié in Europa en 'n agtste van dié in Asië beloop – sal die land meer aantreklik vir energie-intensiewe bedrywe maak sodat die VSA moontlik op die drempel van 'n nuwe ekonomiese groeifase en herindustrialisering staan.[23] Krieket word sedert die Britse koloniale tydperk beoefen, maar dit is nie só 'n gewilde sportsoort soos dit in die meeste van die Britse Statebondlande is nie, veral weens die sterk konkurrensie deur bofbal. Die eerste internasionale krieketwedstryd ooit is op 24 September 1844 tussen die Kanadese nasionale krieketspan en die Verenigde State se nasionale krieketspan in New York Stad gehou.[33] Sedert die tweede helfte van die 20ste eeu toon krieket 'n toenemende gewildheid, veral weens die groeiende bevolking van immigrante uit krieketspelende lande.[34][35] Die Verenigde State se nasionale krieketspan kon tot dusver nog nie vir 'n Krieketwêreldbeker kwalifiseer nie en die Amerikaanse beheerliggaam vir krieket is weens bestuurlike en finansiële redes deur die Internasionale Krieketraad op 22 Junie 2017 opgeskort.[36] Op 24 September 2017 is die oprigting van 'n nuwe beheerliggaam vir Amerikaanse krieket, USA Cricket, wat sy werk in 2018 sal begin, aangekondig.[37]
277
↑ Die gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'Amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die Amerikas gesien as onakkuraat, maar is algemeen en word elders aanvaar.
278
Bekende Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid, Jak de Priester, het die temalied vir die nuwe Koos Roets film, Hoener Met Die Rooi Skoene, geskryf en opgeneem en die musiekvideo vir hierdie aansteeklike liedjie is pas hierdie naweek bekendgestel! Jak vertel: “Dit is vir my baie lekker en ’n groot eer om betrokke te wees by die skryf van die temaliedjie vir Koos Roets se film. Ek het lanklaas iets vir TV of ’n fliek geskryf, so ek was baie opgewonde toe Alishia my kontak om te hoor of ek betrokke wou wees. Dit was ’n uitdaging, omdat ek nog nie die film gesien het nie, en die liedjie moes skryf met slegs die mediavrystelling en rowwe weergawe van die lokprent tot my beskikking. Ek het wel dadelik besef dat dit so ’n bietjie van ’n vyftigs-gevoel moes hê. Die feit dat hierdie ’n riller-komedie is, het my dadelik laat voel dat dit meer lewendig moet wees en die titel van die fliek is ook dadelik ’n liriek wat lekker op die oor val. Ek hoop dit doen eer aan die fliek self en vertel ’n lekker storie wat mense opgewonde gaan maak om die fliek te gaan kyk.” “Dis ’n aweregse, slimsnaakse moordstorie met soveel fyn kinkels dat jy jou asem gaan ophou terwyl jy heerlik lag”, sê Lizz Meiring wat die rol van Bonnie van der Byl, vertolk.
279
Die van julle wat nie die Here dien nie of selfs nie glo in God nie, sal dalk dink ons is koekoes, dis ok, dink maar so. Hy sal julle seen, Hy's baie lief vir jou, jy sal dit dalk wil onthou as die pawpaw die fan strike. Vandat ek Hom aangeneem het ( iewers in 97/98) is my lewe gevul met liefde en vrede en alles wat mooi is. Gee jouself 'n kans, ek wil graag almal van julle in die hemel raakloop. Dankie vir die van julle wat sulke positiewe invloed op my lewe gehad het, ek dank God vir vriende soos julle. Die Here seen julle almal en mag julle Sy liefde ervaar soos nog nooit van te vore!
280
Kry jou lening tussen die besonder veilig Jy benodig geld leen tussen individue om te gaan met finansiële probleme om uiteindelik breek die dooiepunt wat veroorsaak banke, deur die verwerping van jou lening aansoek lêers Ek is 'n individu finansiële…
281
Ons het ons planne verander en het vandag gery tot by New Orleans (900km) om my visa aansoek vir Panama more in te handig. Het die embesade gebel en hule se dit vat 'n maand om goedgekeur te word! So nou sal ons so bietjie die ooskus van die VSA verken terwyl ons wag. Ons beplan om twee aande hier te bly
282
Tydens ons verblyf op Iron Mountain (Mena) het ons geweldig baie geleer van CMA, noem dit maar ons het nou die 'bigger picture' ervaar. Die grootste ding wat ek geleer het van die lede hier in die VSA is dat hulle 'n geweldige dienaars-hart het. Die hele kampterein met geboue word bedryf en instand gehou deur die lede se gratis harde werk. Vat Ann as 'n voorbeeld, dis 'n dame wat ons daar ontmoet het wat in die kombuis gewerk het tydens die internasionale Konferensie. Sy bly 1000myl (2 dae se ry) weg vanaf Mena, en het net gekom om te kom werk in die kombuis vir 5 dae! Sy kry geen vergoeding of erkenning hiervoor nie. Sy (en al die ander) doen die werk nie vir erkenning of vergoeding nie, sy doen dit vir die Here. Sy was nie die enigste een nie, ons het klomp sulke mense ontmoet wat geweldige groot opofferings maak vir die 'ministrie'.. Hulle harte is geweldig nederig en doen al die werk op die perseel vir die saak van die Here. Soos ek gese het, ons is daar weg heeltemal vernuwwe in ons harte, en bly om deel te wees van so 'n wonderlike wereld wye organisasie met sulke wonderlike lede as ons familie. Van Mena af is ons reguit oos in die rigting van Liitle Rock, die stad waar oud president Clinton van daan kom. Die plan was om die dag te ry tot by Memphis, en dan af na New Orleans om aansoek te doen vir ons Panama visas, en dan Texas en Mexico. Wel, soos dinge mos maar gaan met so toer, verander dit gedurig. Halfpad tussen Mena en Little Rock bel ons die embesade van Panama en vind toe uit dat dit 'n maand neem om goed gekeur te word! Dis toe dat ons besluit om reguit af te ry tot by New Orleans en die aansoek so vinnig moontlik in te handig, wat ons ook toe die volgende dag gedoen het. New Orleans is gelee in die staat van Louisiana, geboorteplek van so baie bekende Amerikaners, veral in die musiek bedryf. Soos ons ry en die groot Katoen velde sien langs die pad speel Tina Turner (en CCR) se 'Cotton fields back home' liedjie in my kop oor en oor. Man, dis darem lekker om te leef en die lewe te geniet met sulke ondervindings soos die! Ons het een dag so bietjie rondgery in New Orleans, wat 'n pragtige stad met vriendelike mense! Dit was net mooi die teenoorgestelde prentjie as wat ons verwag het om te sien. Ander Amerikaners praat glad nie goed van New Orleans nie, en baie het ons aanbeveel om nie hierheen te kom nie? Ek dink hulle mis uit, want net soos New York, is dit 'n stad met geweldig baie karakter. Die ou deel van die stad wat bekend staan as die 'French quater" is duidelik oud met nou straatjies soortgelyk aan die wat ons in York (Engeland) gesien het. Daar is baie pubs en clubs, so dis duidelik dat dit die uithangplek is vir die nag-ape. Ons het deur strate gery met verskriklike groot huise, net soos jy in van die films sien met sulke lang drive ways wat voor die huis draai. Ek stel myself voor as jy die voordeurklokkie lui dan kom maak die 'butler' die deur vir jou oop, en die baas sit seker agter langs die swembad en doen so sy besigheid van daar af Dis darem interesant watse indruk films op mens se gedagtes speel. So gepraat van films, ons het ook gaan fliek kyk, maar laat ek jou vertel dis 'n storie om 'n fliekplek te vind in die land. Eers ry ons na die naaste winkelsentrum, maar hulle het geen flieks, en so ook die volgende? Naderhand vra ons iemand, wat ons toe verduidelik na 'n gebou wat eintlik lyk soos 'n gewone gebou met geen film advertensies buite op nie? Baie anders as by die huis of selfs in Dubai. Ons het die film Fireproof gekyk, dis 'n nuwe Christen romance film, of ek noem dit sommer maar 'n romance film. Dis 'n film wat ek aanbeveel vir enigeiemand, veral christene. Van New Orleans af het ons wes gery deur die Swamp Area van Louisiana. Die natuur is soos geen ander wat ons al teegekom het nie, hoe beskryf mens 'n swamp? Dis pragtig en nat. Ons het ook aangedoen by die Tabasco fabriek in Louisiana. Alhoewel ek geen Tabasco fan is nie, was dit 'n besonderse ondervinding om die geboorteplek en fabriek van die wereld bekende peper sous te besoek. Ons het gisteraand in Memphis aangekom na 'n lang dag se ry al langs die Mississippi rivier met sy katoen en suikerriet plase. Memphis is bekend vir sy musiek legendes, veral in Blues & Rock 'n Roll, en ons hoop om so bietjie van die musiek- geskiedenis van Memphis te herleef, aangesien ek baie lief is vir daardie oudtydse Bues en Rock. Ons kamp ook nog stapafstand vanaf Graceland, Elvis Presley se wooning. . . . . . . . .
283
Nou is die plan om vanaand in Baton Rouge te slaap en 'n plaaslike CMA Christmas party by te woon. More sal ons die pad vat en ry tot by Huntsville in Texas, waar ons so 3 of 4 dae sal bly. Van daar af sal ons gaan na Austin, waar ons 2 CMA friende optel wat saam met ons Mexiko toe gaan. Aangeheg is 'n foto van ons by die vriende van Florida waar ons gebly het. Wel, ons dink aan julle en wens julle 'n lekker dag toe
284
'n Webwerf en hosting daarvan is bloot hulpmiddels om 'n doelwit te bereik, bemarking en die bou van 'n sterk internet teenwoordigheid en dit is ons hooffokus. In plaas van gewone website ontwerp wat uiters duur is weens die tyd, moeite en uniekheid vir elke individuele klient, was daar vir jare gefokus om 'n website
285
'n Kulturele oorlog word op 'n intellektuele wyse gevoer en gewen, en daarvoor is nodig wyse skrywers en sprekers, en geesdriftige, daadkragtige, regdenkende volkgenote. Alle kultuurgebiede van ons volk soos die ekonomie, kuns, taal, onderwys, godsdiens en geskiedenis, moet vanuit hierdie standpunt begryp word. Hier gaan dit uitdruklik om die weerlegging van bestaande links-liberale en gelykheidleerstellings gerig op die Afrikaner, en in die besonder die verdraaide lewens‒ en wêreldbeskouing van "demokrasie" en "kapitalisme". Samehangend daarmee moet gehou word by 'n lewens‒ en wêreldbeskouing en die geskepte kenmerkende waardes wat die eie identiteit van ons as Blankes en Afrikaners beklemtoon. Die verkeerde begrip van tyd het veroorsaak dat mense dink dat as 'n bepaalde stryd nie op 'n bepaalde tydstip gewen is nie, die stryd dan verlore is, vandaar die denkwyse van "dit is die einde". In terme van die beskouing wat hierdie webblad wil help vestig, word die verlede, hede en toekoms nie meer as afsluitpunte op 'n reguitlyn gesien nie, maar as gesigspunte wat op enige gegewe oomblik saamval. Kortom, 'n bepaalde stryd is nooit op 'n sekere tydstip gewen of verloor nie. Streng gesproke het stryd nooit 'n bepaalde begin of 'n bepaalde einde nie. Dit was nog altyd daar en dit sal ook altyd daar wees. In die bestaan van 'n volk sal daar altyd teleurstellings wees, maar ook geleenthede wat, as dit met die nodige wilskrag en vernuf hanteer word, hom weer tot groot hoogtes sal lei. Daar sal nooit in die lewe van 'n volk 'n volkome staat van bestendigheid bereik kan word nie, 'n staat van orde waar alles presies so daar uitsien soos wat ons dit graag wil hê, maar ons kan baie nader daaraan kom as waar ons volk nou staan. Indien 'n volk wil lewe moet hy dus bereid wees tot ewigdurende stryd, daarom is 'n lewende volk 'n vegtende volk - vir jou God, jou land, jou taal en wat daarmee gepaard gaan. So 'n lewenshouding is belangrik ten einde die geweldige magte teen ons te kan trotseer. Ons moet bereid wees tot stryd, nie net om onsself te kan handhaaf nie, maar bowenal omdat ons eer op die spel is. Die vestiging van 'n webwerf vir alle Afrikaners met 'n beginselhoudende volkseie inslag wat die verkryging van staatkundige vryheid vir die Afrikanervolk ondersteun en bevorder. Om die aard van die Afrikanervolk se Calvinisties Christelike lewens‒ en wêreldbeskouing te verkondig. Ondersteuning word gegee aan volkseie organisasies wat die kultuur‒ en vryheidstrewe van die Afrikanervolk opreg vooropstel en dit nie vir die skyn doen nie.
286
Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.. Toe 'n skraal, Jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry. Toe 'n skraal, stil mannetjie vir die pos aansoek doen wil die boer weet wat hy alles kan doen maar al antwoord wat hy gekry het was "Ek kan slaap as die winde waai". Tot sy verbasing vind hy dat al die hooimiedens stewig met seil toe gemaak is, die skape heel beskut in die skuur gejaag en die hoenders is veilig toegesluit is agter gegrendelde deure. Alles was vasgemaak en niks kon wegwaai nie. Mondelingse, persoon tot persoon, bemarking bly maar die beste maar soos te verstane is dit nie vir MY nogal 'n probleem. Die inligting op hierdie webblad is so bietjie deurmekaar want ek het na 10 jaar eers die afgelope week begin om hierdie Afrikaanse webwerf op te stel vir web berging. (Bied al As jy so paar artikels wat ek geskryf het gelees het, is dit moontlik dat jy sal dink dis interesant, leersaam en of motiverend en moontlik positief teenoor my voel.. Maar Wat is web berging? (Web Hosting). Die internet bestaan uit 'n netwerk van rekenaars wat deur netwerke aan aanmekaar verbind is soos 'n spinnekopweb vandaar die
287
In klein lande met 'n bevolking van, gewoonlik, om 20 miljoene, spesiale status het 'n geheime diens. Omdat hulle in die gesig staar niemand weet, ons magie, ongelooflike, ontwykende en altyd straffeloos. Omvattende straffeloos teel bedrog en verwring vorme van misdaad. Die slaaf vir hulle is dit nie 'n rede tot kommer, en 'n goeie bron van inkomste, wat “blomme en geure” selfs in tye van wêreldwye demokrasie. Die mees ongelooflike ding, dat die verslawing van die metodes is nie beperk deur die aantal van die bevolking. Terwyl passies loop hoog – jy kan die besigheid draai. Na alles,, wyfies “vashou aan die suksesvolle biznesyukam”. Wat is die, wat 'n paar van die staat das gesteel. In hierdie raaisel nie voed die land, en verryk die “besigheid”. Aantal beroof en bedrieg astronomies groeiende, as die staat “ryk”. Vir die staat en die belasting stelsel bestaan ​​net vir die swak-wou dwase. En terwyl die dwase “brand in die vuur” of “bewend in die donker” – “stelsel” lewens, en “besigheid” ryker. Wanneer iemand van hulle nodig het “skud uit” nuttige inligting wat hulle geskil te reël, omdat hulle dink, wat “'n dispuut gebore waarheid”. hoewel, niks, behalwe vir emosionele uitbarstings en steel inligting van iemand anders se tydens sulke afskuwelike, nie gebeur. Geskille hulle net nodig het om te, om inligting te kry, toegang tot wat beperk of onmoontlik. volgens die tegnologie, slinger modder by 'n teenstander, Ek moet as 'n verskoning om bruikbare inligting te verskaf, wat algemeen gebruik word vir die ontwikkeling van nuwe wapens. As gevolg van die komplekse werk van die voorheen beskryf gebrekkige strukture omliggende wêreld is gedompel in tydigheid, wat die nutteloosheid en hopeloosheid vermeerder. As gevolg van die globale aard van skade hang oor ontydige, sy inisieerders en toegewyde kunstenaars gevonnis tot “tipiese ballingskap”. Dit is vir hulle in die gesig staar. Dit is 'n verraad, wat skep in die duisternis “bruin” fragmente. Vuil nie die duisternis te versier. Skroei die aarde onder hul voete en “spoeg in die lug berg” – 'n goeie begin om die Nuwe Wêreld! ((( )))
288
48Maar daar is ook slawe wat nie goed weet wat hulle eienaar wil hê nie. As hulle doen wat verkeerd is, dan sal die eienaar hulle nie swaar straf nie. ’n Eienaar wat vir ’n slaaf baie gegee het, wil baie kry wanneer hy terugkom, en as die eienaar gesê het die slaaf moet iets doen, dan wil hy hê die slaaf moet baie meer doen. Dit wil God ook van julle hê.”
289
“Rentekoerse sal vir lank laag bly en hierdie is die ideale tyd om bates aan te koop en deur banke te finansier. Natuurlik op die voorwaarde dat die somme sin maak, dus verskans jy jouself in ’n mate deur die bank as “vennoot” in jou besigheid te kry,” sê Dawie Roodt, Hoof-ekonoom van die Efficient Groep.
290
Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel. Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede. Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse liedjies wat ons al vrygestel het, ons hoop die mense hou van hierdie een ook,” Die musiekvideo vir die snit is in die prentjiemooi Dullstroom geskiet, en oor die keuse vertel hulle: “Ons het ’n ou bussie gekry en in Dullstroom gaan skiet. Dit gaan maar net oor hoe ons toer en oor hoe mooi ons land is op sekere plekke. Ons wou baie natuur in die video insluit en Dullstroom was in die kol hiervoor. Daar is berge, klippe, gras, water en mooi bome, alles wat ons gesoek het.”
291
Oor die jare heen het prof. Cloete minstens 20 toekennings en pryse vir sy werk ontvang. Die eerste toekenning was in 1976 toe hy die Gustav Prellerprys vir die Wetenskap van Letterkunde en Literêre Kritiek ontvang het. Die mees onlangse eerbetoon was in 2008, toe hy erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Kultuur ontvang het. Hy het drie keer die Hofmeyrprys vir poësie ontvang, twee keer die Hertzogprys en ook die Ingrid Jonkerprys (1980) en die Louis Luytprys (1983).
292
Oom Lukas, ook bekend as die “mango-koning”, het onlangs met Republikein oor sy kleurvolle lewe gesels. Hy begin sy verhaal in 1927, toe hy saam met sy pa en twee susters met ’n stoomtrein na die destydse Suidwes-Afrika gekom het. “My ma het ’n gewas op die brein gehad wat haar sielkundig aangetas het. Sy is in ’n inrigting in Pretoria opgeneem en het nooit by ons in die nuwe land aangesluit nie,” het hy gesê. “Tydens die reis het ons deur die suide van die land gery en ek het vir die eerste keer in my lewe, deur die venster van die trein, springbokke gesien. Ek onthou dit soos gister; ek wou nie weg van die venster nie. Ons het ook volstruise en gemsbokke gesien.” Die Nel-familie het vervolgens op die plaas Oviroroa in die Kalkfeld-omgewing aangekom wat aan ouma en oupa Nel behoort het. Daar het hulle in ’n huis van houtpale met ’n misvloer en sinkplaatdak by die veepos gaan bly. Oom Lukas vertel die drie kinders het snags op een bed onder ’n velkombers gelê en na die jakkalse geluister. “Ouma het ons altyd bang gemaak met die jakkalse; sy het gesê dat hulle kinders kom vang wat nie hulle voete was nie.” Sy tante Heila Lafiena het hom daar op die plaas leer lees en skryf, en hy het sy skoolloopbaan op Kalkfeld, Outjo en Swakopmund voltooi. Hy vertel vlieëniers van die Suid-Afrikaanse eskader het destyds by ’n skoolvriend tuisgegaan. Die vriend het vir hulle die stories van die manne in uniform vertel. Weldra het die gedagte by hulle begin posvat om ná skool by die lugmag aan te sluit. In Durban is hulle op verskeie sendings ontplooi. “Ek het meestal in Noord-Afrika diens gedoen, maar was ook ’n paar keer in Europa. In die tyd wat ek in die lugmag was, het ek drie noodlandings gedoen,” sê hy asof dit die normaalste ding op aarde is. In die eerste van ander noue ontkomings was oom Lukas die vlugingenieur op 'n DC3 wat vroegoggend uit Tripoli na Italië vertrek het. Oom Lukas het vyf medaljes vir sy diens gedurende die oorlog wat van 1939 tot 1945 geduur het, van die weermag ontvang. Sy oom Willem het gedurende sy dienstyd in die lugmag vir hom beeste aangekoop om die boerdery mee te kan begin. Willem het twee plase naby Tsumeb besit wat vir oom Lukas die geleentheid gebied het om hom daar te vestig. Hy het sy beeste van Outjo af na die plaas Seringboom by Tsumeb getrek om met die nuwe hoofstuk in sy lewe te begin. “Ek het in 1946 die boerdery begin. Om die plaas op te bou en verbeteringe te kan doen, het ek by die myn op Tsumeb om werk aansoek gedoen. Ek het werk in die kragstasie as passer en operateur gekry.” ’n Bedford-lorrie is aangeskaf waarmee hy groente vir ’n boer van die Guinas-meer af tot in Tsumeb aangery het. Hy het ook beesmis, sand en pale vir die myn en ander boere vervoer. Die tambotiepale het hy self gekap. “Ek het dag en nag tot so ver as anderkant Otavi gery. Ek het ook later ’n boormasjien gekoop en 110 boorgate self geboor. Boorgate wat ek self aangewys het. Met die geld wat ek verdien het, het ek Malta uitgebrei en in 1973 in ’n wildsplaas omskep. Dit was een van die eerste wildplase in die noorde van die land. “Ek het Duitsland toe gegaan en na hulle pampoene gekyk. Daar het ek ’n rooierige een gevind waarin ek baie geïnteresseerd was. Ek het van die sade gekoop en vasgestel dat die soort pampoen baie goed in ons grond aard. Met trots kan ek sê ek is die skepper van die Lukas Nel-pampoen. Dit is ’n kruising tussen ’n botterskorsie en ’n gansnekpampoen.” Hy sluit die gesprek met Republikein af met dié raad: “Moet nooit ‘n belofte maak wat jy nie kan hou nie, en bedank die Hemelse Vader elke aand dat hy almal in die land ongeag kleur, taal of geloof beskerm.”
293
Die inbrekers het aanvanklik toegang tot die perseel probeer kry deur die hekke se drade af te knip. Toe dit nie werk nie het hulle aan die agterkant oor die pallisadeheining geklim. Daarna het hulle deur die dak tot in die kluis probeer kom, maar ‘n betondak het hulle gekeer. Uiteindelik het die skelms die deurslotte gebreek. Dít het die alarm laat afgaan en hulle het weggehardloop. Nadat die veiligheidsmaatskappy weer gery het, het hulle met ‘n hoeksnyer teruggekom en daarmee in die kluis gekom.
294
Ons is al vir meer as drie weke terug in Japan en deur God se genade gaan dit baie goed …. Ons wil graag vir julle baie meer vertel van die sinvolle tyd in Suid-Afrika (en Nieu-Seeland), en ons huidige bedrywighede. Jy kan gerus loer na ons jongste gebedsversoeke en ‘n onlangse foto (net hieronder in die gebedsflits van 22 Sept). Maar eers is dit belangrik om die jongste nuus vanuit die Missie Japan kantoor in Bloemfontein (Suid-Afrika) oor ons betrokkenheid by die rampgeteisterde gebiede met jou te deel. Daar is werklik baie waardering vir die werk wat Tobie en Annalie doen. Ons kan net die Here dank vir hulle toewyding, maar veral vir hulle sensitiewe en nederige houding teenoor die mense wat hulle bedien. Hulle is inderdaad geloofwaardige getuies van die reddende liefde van Jesus Christus. Die gemeentes en kollegas in die rampgebied pleit dat Tobie en Annalie toegelaat moet word om veel langer in die gebied te bly. Ons wil graag ook al die ondersteuners en gemeentes wat Stephan en Carina tydens die onlangse besoek aan Suid-Afrika so vriendelik ontvang het bedank. Hoewel die besoek vir hulle baie vermoeiend was, veral met hulle twee kleuters, was dit baie vrugbaar en geseënd. Hulle is bemoedig deur die gasvryheid en lojale ondersteuning en gebede van soveel individue en gemeentes. Ons waardeer julle ondersteuning. Stephan en Carina is nou besig om hulle voete te vind en berei hulle voor vir die volgende termyn van hulle bediening. Ons is baie opgewonde oor die nuwe uitdagings wat vir hulle voorlê ná hulle aanvanklike periode van taalstudie. Ons waardeer hulle. Ons het hulle tydens hulle besoek opnuut liefgekry en ons bid vir hulle.
295
Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie. (Jesaja 50:6 AFR53) Kom ons kyk in hierdie preek na die opstanding van die Here Jesus uit 'n ietwat ongewone hoek - Jesus Christus se hoek. Ons kyk deur sy oë na wat dit vir Hom beteken het om mens te word en te sterf . Die gedeelte wat ons saam gelees het, handel oor die Kneg van die Here. Wat Jesaja skryf oor die Kneg van die Here, is soos wat die profete die Here Jesus uit die verte van die Ou Testament gesien het. Wie is die Kneg van die Here? Hy is 'n profetiese Figuur wat ten tye van die profesie nog in die toekoms van Israel (die kerk!) sou optree. In die gedeelte wat ons saam gelees het, openbaar die Here iets besonders van die Here Jesus en sy werk hier op die aarde. Dit is inderdaad Hyself wat in ons teks aan die woord is. Profeties openbaar Hy dat Hy 'n geoefende tong het. (In die 1983-vertaling staan daar dat Hy geleer het om die regte woord te gebruik.) Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie (Johannes 14:6 AFR53). Daarom openbaar die Bybel verder dat die Kneg van die Here nie sy eie storietjies kom vertel het nie. Hy het verkondig wat Hy by die Here Here geleer het. Wat die Kneg van die Here alles hier sê, raak dus die volle verbintenis van die Here met sy volk. Hy dink aan hulle in alles wat lewe uitmaak. Om die genade van God by sy volk uit te bring, het die Kneg niks ontsien nie. Eerstens het Hy Homself vrywillig aan die eise van sy roeping onderwerp: Hy het nie teruggestaan van sy taak af nie. Die opofferinge wat dit vir Hom ingehou het, het Hy gewillig gebring. Hy het Homself met volle oorgawe aan sy roeping gewy: Hy het sy hele liggaam en siel gegee vir dit wat die Here in gedagte gehad het. In die profesie word voorspel dat Hy teenoor niemand verskrik of verleë sou wees nie, want Hy het geweet dat die Een wat Hom regverdig (onskuldig) verklaar, naby is. Hy het Kneg geword. Hy het sy ewige volmaakte blyplek in die hemel der hemele prysgegee en 'n mens geword. Natuurlik was die mense bly - selfs die engele het gejuig omdat daar vir die mense verlossing gekom het. Maar van Jesus se kant af is Hy gebore vir 'n lewe van pyn - 'n lewe waarin Hy moes Kneg wees onder die toorn van die Here oor mense se sondes. Sy hele lewe deur, maar veral die laaste drie jaar, het Hy die evangelie gebring terwyl mense Hom fel geopponeer het. Die Bybel maak deurentyd melding van die haat van die kerkleiers. Hulle het sy uitwissing gesoek en beplan. Ook hierin was Hy Kneg, want Hy sê self dat Hy net een bevel hoef te gee, dan sal 'n groot engelemag tot sy beskikking en bevryding wees, maar Hy het dit nie so laat gebeur nie. Hy het Hom die leuens van die verhore en die marteling wat Hom aangedoen is laat welgeval, want dit was alles deel van sy knegskap. God het Hom egter bo die veragting laat uitlewe, want Hy het Hom uit die dood laat opstaan. En daarmee saam het ons die volmaakte bevryding van die straf op ons sondes gekry. Jesaja kondig aan dat die betekenis daarvan is dat daar troos is vir die wat na die Kneg van die Here luister. Vir die wat sonder berou loop en moeilikheid maak, is daar die boodskap dat hulle deur die Kneg verwerp word. Ons mag nooit vergeet dat ons Koning Kneg van God geword het, en wat Hy moes prysgee en watter ontsettende geestelike marteling Hy moes deurmaak om vir ons volmaakte en ewige vreugde te kon gee nie. Hy moes selfs sy bloed en sy lewe gee om werklik Koning te wees om ons sy onderdane en kinders van sy Vader te maak. Ons onthou dat die Kneg van die Here se koms nie vir Hom dieselfde vreugde as vir ons ingehou het nie. Laat ons ook Jesus se pyn en vernedering onthou wat sy opstanding voorafgegaan het. Sy koms was 'n koms van smart, maar sy opstanding was een van goddelike majesteit sodat ons ook in sy krag kan opstaan en die ewige vrede kan hê.
296
Petrus rond sy brief af deur te fokus op die laaste twee aspekte van hulle gemeentelike lewe wat hulle standvastigheid in die geloofstryd in die wêreld sal gee. Die eerste het te make met die leierskap in die gemeente en die absolute belang van vrywillige, geesdriftige versorging wat gewortel is in die voorbeeld wat hulle stel. Die tweede het te make met die navolging van die leiers se toesig en voorbeeld, terwyl almal saam op die kragtige hand van God sal vertrou. Hoekom? “Want Hy gee vir julle om!” Hy fokus daarom in die volgende twee hoofstukke op vyf sake wat hulle staande kan hou en laat volhard: Dít is die dinge wat hulle standvastigheid in hulle geloofstryd in die wêreld sal gee. Ons lees vandag net hoofstuk 4 se drie dele en sal môre hoofstuk 5 se laaste twee lees. Petrus voltooi die vyfde sirkel van sy lering oor geestelike groei in hierdie hoofstuk waarin hy uitspel hoe dit in die huwelikslewe tot sy reg sal kom deur in eerbied en begrip vir mekaar te lewe – vers 1-7. Ten slotte gee hy aandag aan ‘n paar algemene riglyne – ‘n mens kan dit ook as ‘n sesde sirkel van geestelike groei formuleer – vir hulle gedrag waarin hy op sekere temas uit die vyf sirkels van geestelike groei uitbrei – vers 8-22.
297
In die tweede hoofstuk sit Wepener sy leesstrategie uiteen: ‘Oorgangsrituele, “dominees” en die dood: fiktiewe ritueel as leesstrategie’. Hier gaan dit om metodologie, dit wil sê, die bepaalde teorieë waarmee Schoeman se werke benader word. Wepener dui aan dat hy deur die lense van ‘n sosiaal-wetenskaplike bril lees, en dat hy ook gebruik maak van insigte uit die Sosiologie, Sosiale en Kulturele Antropologie, die Sielkunde en die Pastoraat. Hy poog om die verskillende teksture van die teks met mekaar in gesprek te laat tree, maar dis belangrik dat die leser ook hierby betrek word. Die drie romans wat hy gekies het, speel tydens ‘n bepaalde historiese tydperk in Suid Afrika af, en daar is inderdaad heelwat historiese inligting beskikbaar, maar die fiktiewe aard daarvan maak dit anders as geskiedskrywing, en dit is waar die leser aktief by die gebeure betrek word, en sy of haar eie interpretasie daaraan gee. Wepener sluit sy eie boek af met ‘n paar kort opmerkings oor die waarde van hierdie studie vir Suid Afrika vandag en veral binne die terrein van Praktiese Teologie.
298
- Voorstel dat CHASA administrasie gesentraliseer moet word en dat oorweging geskenk moet word vir die aanstelling van �n half-dag of alternatiewelik deeltydse amptenaar vir die doel.
299
Om oor die internet aan die veiling deel te neem moet jy 'n nie-terugbetaalbare donasie van R150 maak.