id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
130,500
3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG Kies EEN vraag en skryf woorde oor die onderwerp. Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, bo-aan. Sjoe, dit was amper! 1.2. Jy wil aan n skryfkompetisie deelneem van Jakkaranda FM. Die tema van die opstel is: Die kontakte op my selfoon. Die Prysgeld is R5000. Dink aan die volgende: Wie se nommers op jou selfoon is. Nommers wat die belangrikste is. Nommers wat jy al lankal wou geskrap het. Hoekom jy so baie/min nommers het. Hoe jy die nommers stoor. Die kontakte op my selfoon Twitter Bladsy 3 van 7
130,501
Twee kleindorpse susters, Cobalize en Jacomien, klap graag die sokkietreffers. Hul gesprekke sluit gewoonlik in: die fyner punte van braai-etiket, naweek-alkoholisme en hoe moeilik dit is om ’n man te kry wie se naam nie ook ’n van is nie. Hulle is onwillig om toe te gee aan die reëls van kultuur, loopbane of goeie smaak. Met hul eiesoortige begrip van die moderne sosiale maalkolk probeer die Van der Volk-susters hul weg in die wêreld vind … solank dit nie te veel moeite verg aan hulle kant nie.
130,502
Infeksies opgedien. Ja. Ek was al in Milpark. Jy loop of word gehelp in n lang tou verby n buffet-styl infeksies dan dien hulle vir jou op. Wat is die kontlike joenalis of beter Redakteur wat die kak laat deurgaan op n "nuusblad" se webblad? Hy/Sy skop maklik die ou met die blou Polo van die Fokken Doos lys se eerste plek af. Poeskop, jy is ook van tyd tot tyd op jou snykant so jy kan jouself al laat geld met die analfabete van die groot gros online media (nee moet nou net nie dat die "anal" gedeelte jou aandag aftrek nie! Alhoewel ek dink dit pas goed – nevermaaind praat, hulle SPEL deur hulle holle…) Persoonlik dink ek as ek daar gewerk het sou ek na so 3 weke "postal" gegaan het met al hierdie lot; ek kry so 'n perverse visie waar ek in die redakteur se kantoor instorm met 'n Jannie-help-my-sterk-lyk hempie soos Rambo en 'n waterpistool gelaai met drukkers-ink , dan gooi ek die HAT voor hom neer en skreeu: "Preëksistensie! Soek dit op en spel dit vir my binne 10 sekondes of jou gat is roosterbrood, poes!!!" Drome, drome drome… @Prof…nee, nee, ek het die woord gelees as ANalfabete omdat ek in die regte luim was, anders……. ag vergeet DIT nou eers. Ek wil graag 'n vlieg teen die muur wees in daai droom van jou wanneer jy by daai kont se kantoor instap met die HAT……soos jy genoem het….drome, drome, drome
130,503
Vir Tyler is God ’n vriend, leermeester en sy grootste penmaat. Hy hanteer sy siekte deur sy gebede in die vorm van briewe aan God te skryf en dit daagliks te pos. Wanneer Tyler al dodelik siek is, begin die posman Brady McDaniels die briewe lees en ontdek die krag van die seun se gesprekke met God.
130,504
Hierdie twak moes aan die naaste boom op gehang gewees het. Al wat hier gebeur is dat sy advokaat geld maak. Nouja wat kan ek sê van Olckers se bevoegdheid, sy skree net heeltyd uit, die goed is nie geldig nie, maar sy kan dit nie met haar toetsing weerlê nie. Om egtheid van getuienis en voorlegging waarop sy hammer, sy is een oomblik besig met van Breda en dan weer met Rudi van der Walt? As jy wou twyfel saai oor die wetenskap het jy beslis die teendeel bewys, bewys jy weet nie waarvan jy praat. Met die hittegolf wat tans groot dele van die land in sy kake het, word mense aangeraai om nie vir lang tye buite te wees nie.
130,505
Plaas koekmeel in 'n sakkie. Gooi die gedreineerde slakke in sakkie by meel. Skud die sak met meel en sakke tot die meel lekker aan die slakke vassit. Haal slakke uit en skud die ergste meel af. Om 'n 'sout-botterbroodjie te maak voeg jy by die droë bestandele 1½ koppie kaas. Bedien met soutvulsel. 5. Knie die deeg af, vorm in handpalm grootte balle of 'n grootte van jou keuse en pak hulle in die room mengsel in die pan. Gooi die res van die room mengsel oor die deeg balle en sprinkel die kaas bo-oor. Meng die mielieblom met klein bietjie koue water en gebruik dit dan om die sous in die kastrol mee te verdik.
130,506
Sny die vis in porsie grootte en strooi visspeserye oor. Rol nou in die meel. Laat le die vis daarin totdat dit tyd is om te bak. 2. Vulsel: Los die geweekte gelatien op oor 'n pot warm water of in die mikrogolf. Gooi stadig in die maaskaas en roer gedurig tot goed gemeng. Voeg die strooisuiker en suurlemoensap by, maak seker dat dit goed gemeng. Vou nou die geklopte room by. 4. Skep die maaskaas al om die beurt in bo-op die korsielaag in die losboompan. Gebruik 'n toetspen om die maaskaas effens te meng om die marmer effek te verkry. Seel met plastiek en los in die yskas vir minstens ses ure.
130,507
найди букву О аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааоааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааоааааааааааааааааааааааааааааааааа
130,508
Moer maklik. Stuur vir ons 'n epic foto van 'n roadtrip saam met ‘n kort beskrywing waarop jy was na griffin@watkykjy.co.za, verkieslik ene van jou en jou pelle saam. Belangrik dat dit gees wys, so nie net 'n selfie van jou met 'n tas voor jou Tazz nie oppad V-Town toe nie. Blerrie nool. 'n Foto van jou (of jy en jou vriende) moet ingestuur word as inskrywing vir die kompetisie. Dit moet jy in die foto wees. Ons sal vra vir ID proof om te check as ons wonder. Die prysgeld sal deur BACARDI Oakheart of hulle agentskap aangewend word om jou vakansiekoste (vir die roadtrip) te help dek, nie jou huis te betaal of 'n blerrie Xbox te koop nie. Die prys is nie verhandelbaar vir 'n kontantuitebetaling nie. Vergeet dit. Moet die roadtrip heeltyd in SA se borders wees? Kan dit bv gebruik word vir n trip Mozam toe einde van die jaar? Aan Stekel: Yes, die BACARDI Oaks reken hulle sal 'n paar bottels Oakheart ingooi vir uitspantyd tydens die trippie.
130,509
Instagram sagteware is 'n sosiale netwerk waar die gebruikers die nuutste beelde en video's kan deel. Die Android-program is 1,000,000,000 keer geïnstalleer, wat die gewildheid van hierdie netwerk en sy Android-program aandui. sien.
130,510
Die hap van die appel deur Cindy Robertson. Kyk bietjie hier wat sê sy oor die boek. The book of [...]
130,511
Ek is die verskil “Ek verwys nie na die feit dat elke preek waarskynlik vir iemand in die gemeente iets [...]
130,512
In die skerpsinnige en verbeeldingryke woordkuns-produksie Fotostaatmasjien hier op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees word daar oor die aard van kreatiwiteit en kunstenaarskap besin. Slippers staan self voor die gehoor. Eers ongemaklik in hoëhakskoene – wat sy sê iemand anders se idee was – dan sommer net kaalvoet in swart jannas en met ’n reusestrik om die nek. Sy lê haarself as digter en skrywer bloot voor ’n eksterne eksaminator wat streng en akademies met die jong digter se kreatiewe uitset omgaan. Fotostaatmasjien mag wel sê daar is niks nuuts onder die son nie, maar dié feit word uitlokkend gekommunikeer met die gehoor. Jy is heeltyd denkend betrokke. Dit werk ook op ’n persoonlike vlak en wys dat ’n mens inderdaad durf moet hê om jouself te wees in ’n wêreld van bloudrukke en klone.
130,513
Naweke het sy by die skool gaan boeke merk omdat sy die reuk van bordkryt en voor die bord staan te veel gemis het. Sy was ongetroud. Dis nie omdat sy vreemd of onooglik was nie, nee. Sy was net bang. Bang vir mans. Haar ma het haar geleer dat mans net moeilikheid is en as jy te lank na een kyk of praat dan gaan jy swanger raak en hy sal jou los. Dis hoe sy in die wêreld gekom het. Haar ma het te lank met die posman gesels en toe sy haar kry was sy swanger. Dis wat sy geleer is en dis hoe dit is. Dis ook hoekom sy nie boeties of sussies het nie. Haar ma het gesê sy is net een keer gevang en nooit weer nie. Dis ook hoekom sy nooit haar pa geken het nie. Sy weet net hy was posman op die dorp en hy en haar ma het oor die hek gestaan en gesels en toe het haar ma swanger geword. Die posman het gesê hy praat met baie mense deur die loop van sy dag en hy kan nie verantwoordelikheid vat vir elke baba net omdat die vrouens geselskap by hom soek nie. Die begrafnis was baie klein. Regtig, baie klein. Dit was net sy, die dominee en die bure se kat. Die het per toeval rondgedwaal en langs die graf kom sit. Daar was ‘n ander man ook. Santie het hom nie geken nie. Hy het die hele diens deur en by die graf heeltyd net in sy kar gesit en rook. Na alles verby is het hy gery en “Hie kommie bokke” het by sy venster uitgeblêr. Sy het die man nog nooit vantevore en ook nog nooit weer na daardie dag gesien nie. Santie het nie baie geweet van tegnologie nie. Haar ma het net altyd gesê dat dit van die duiwel af is. Een pouse het sy gesien hoe een van die seuns vir ‘n ander een pornografie op sy foon wys en dit het die feit vir haar bevestig. Tog was sy nuuskierig. Santie het begin wonder. Sy het begin wonder oor tegnologie en oor mans. Die twee grootste euwels van ons tyd volgens haar ma. Maandag na skool is sy dorp toe. Sy parkeer haar bruin Ford voor die nuwe selfoonwinkel. Sy loer huiwerig rond. Moet sy nou of moet sy nie? ‘n Selfoon? Op haar ouderdom? Wat gaan sy nou eintlik daarmee doen? “Santie! Wat maak jy nou?” hoor sy haar ma in haar kop met haar praat. Sy maak of sy niks hoor nie en klim stadig uit.
130,514
Probeer die agterste wiele na voor te ruil om te sien of daar 'n verandering is. Wiel balansering wat uit is kan miskien die rede wees. Voel jy dit in die stuur?
130,515
Liewe fok! hy moenie net op uitstappies gaan nie, hy moet die fokken Power Walk doen as hy wil loop….en die stalletjies moet gesluit word vir vet fokkers soos hy….alhoewel…ek neem aan die stalletjies se turnovers gaan sky high wees as hy eers soos 'n vulkaan daar deur is…hahahahahaha….lay low on the snacks bro! Hy kan nie eens sy voel sien in die spieel nie!! arme vokken ou…..hoe jags moet jy nie nou al wees nie! LOL @poeskop ja ek is dik maar my hartjie maar klein, ek is ook nie voilent nie. Ek is jammer oor laas maar dit was stress tyd en dan soek mens mos altyd n uitlaat, jy ken die drill. Gestreep of ongestreep hierdie vet kak lyk sleg. Fok het hy geen trots nie. Slegte poes, Dit is sy eie skuld dat hy nooit sal kan naai nie. Fokken Dik Doos.
130,516
Ek is n persoon wat lief is vir familie en vriende. Ek geniet die buitelewe en is redelik spontaan. Glo daaraan om altyd positief te bly.
130,517
'n Plaasmeisie swem kaal in die rivier. Sy maak haarself bang vir wat daar tussen die donker riete skuil maar miskien is daar 'n groter gevaar wat buite wag. Sy maak haarself bang vir wat daar tussen die donker riete skuil maar miskien is daar 'n groter slang in die gras wat buite lê en wag. Sal die aantreklike voorman haar betyds kom red van die bedreiging of is hy dalk deel van die probleem.
130,518
Die Tygerberg-kinderkoor het van die 40ste plek na die vierde plek opgeskuif op Interkultur se wêreldranglys vir kore. Dit volg nadat die koor vanjaar die eerste keer in vier kategorieë deelgeneem het in die Wêreld­koorspele wat vroeër in Tshwane gehou is. Vanjaar se koorprogram lyk anders as gewoonlik. Die formaat weerspieël die koor se Wêreld­koorspeleprogram, kategorie vir kategorie. Dis ook ’n geskiedkundige jaar in die Tygerberg-kinderkoor se bestaan, want die laaste twee konserte onder die leierskap van Loock vind vanjaar plaas. Hy lê einde Maart 2019 die tuig neer ná 46 jaar as koorleier.
130,519
“En wat skiem jy gaan jou pa doen as hy jou so hierso sien nadat hy al die pad moes uitry plaas toe met jou sleutels?” vra hulle hom weer.
130,520
Vir elke waarnemer beteken elke skildery, ets, beeld en so meer sekerlik iets anders. Des te meer wanneer die onderwerp wat aangebied word, nie slegs doodgewone werklikheid is nie. Elkeen sal dus ’n eie vertolking van ’n werk hê. Daar is egter, soos by al die ander kunste, sekere maatstawwe wat geld ten einde die kuns van die kitsch en die kaf te onderskei.
130,521
Dit is nou nie meer ʼn geheim dat die regering nie sy verwagte belastinginkomstes oor die medium termyn sal haal nie. Die projeksies dui daarop dat die tekort tussen dit wat die regering invorder en dit wat hy beplan om te bestee nog verder sal vergroot. Die verwagte skuld-tot-BBP-verhouding nader nou 60% oor die medium termyn en is in die begrotingsdokument met ʼn reusesprong opwaarts aangepas. ʼn Mens kan kibbel oor “veiligheidsnette” en ek reken self nie dat dié summier weggeneem moet word nie, maar indien markgedrewe ontwikkeling die enigste manier is om Suid-Afrika uit sy penarie te lig, sal die Gigaba-begroting en die ANC-beleid wat dit bevestig nie daartoe lei nie. Gemeet aan die wêreld is Suid-Afrika is nie ʼn ryk land nie. Ons is armer in produktiewe kapitaal (in beleggings en fondse vir beleggings in produktiewe ondernemings, aanlegte en toerusting). Na jare se vergeefse pogings om direkte kontak met Levy (die man wat my verkrag het) in die Mangaung-gevangenis te maak, het ek begin wonder of ek ooit die lang verwagte aangesig-tot-aangesiggesprek sou beleef. Mangaung is ’n privaattronk en hoef nie al die riglyne van korrektiewe dienste te volg nie. Hul reaksie op my versoek was min of meer elke keer dieselfde: Tensy Levy uit sy eie jou naam op sy besoeklysie sit, sal jy hom nie sien nie. Maar toe beskik die Here dit so dat ek in Januarie vanjaar by ’n vriendin se 50ste verjaarsdagviering ’n kamer deel met Connie Wehrmann – die uitvoerende direkteur van Prison Fellowship in Suid-Afrika! Sy het dadelik geweet wie my kon help: me. Nonosi Mokoena van korrektiewe dienste se program vir slagoffer-/oortrederdialoog in Pretoria. Me. Mokoena het my eerste SMS binne minute beantwoord en dadelik aangedring op ’n gesprek. My maag het gedraai toe ek Vrydag by daardie tronkhek inry, nadat ek eers ’n uur lange gesprek met die tronksielkundige by Grootvlei moes voer. Die sekuriteit by Mangaung word deur G4S bestuur. Wagte is nie in die bruin uniforms waaraan ek gewoond is nie. Hulle lyk soos taakmaglede en dra swart, koeëlvaste klere en deursigtige skilde wat ek nog net in videomateriaal oor betogings gesien het. Die veiligheidsprotokol was ook strenger as wat ek by C Max in Pretoria beleef het. Ons was agt mense (en darem twee verwarmers) in die yskoue kamertjie, en ons kon deur die gepantserde venster sien hoe ’n span wagte vir Levy van sy eenheid af deur die groot vierkant na ons gebou toe bring. By my was my notaboekie met amper vyf bladsye notas en vrae, maar ek het begin rondtas na die eerste woorde wat ek wou sê. Hy was baie maerder as wat hy in die hof was, en my indruk was ook dat hy gebuig is in liggaam, siel en gees. Ek het presies dieselfde ervaar as die nag van die roof: Hier is ons twee sondaars in die teenwoordigheid van die Here wat alle sondaars liefhet. En ons altwee het Hom nou weer baie nodig. Die oomblik wat ek nooit sal vergeet nie, was Levy se dringende aangee van ’n opgevoude lyntjiespapiertjie sodat ek vir hom Bybelversies daarop kon skryf wat hy die aand in sy sel kon lees. En toe die ander helfte van die papiertjie met sy posadres sodat ek asseblief nog kan stuur. Nou glo ek nog minder in hartseer eindes. Maar ek glo in die soort wraak wat God neem – nie op mense nie, maar op die vyand wat duur betaal wanneer die kwaad wat hy wou saai met rente boemerang. Hy wat in ons is en leef, is groter as hy wat in die wêreld vrees en haat aan harte probeer vasknoop. Of ons binne of buite die tronktralies staan, is nie ter sake nie. Ken ons die Deur en die Een wat die sleutels vashou? Dan is ons losgeknoop. As ‘n oorlewende van verkragting, nou 20 jaar gelede, dankie vir jou wysheid en geloof in die hantering van hierdie sensitiewe saak sewe jaar gelede en ook nou. Dit is goed om ook te weet daar is herstel vir die slagoffer en die skuldige. Ek voel nie nou meer of daardie daad met MY gebeur het nie. Dis asof ek ‘n fliek kan kyk daarvan en niks voel nie. Ek besef ek het nog ‘n paar dinge om deur te werk, maar die Here het my ook genees van die seer. Alle sterke en liefde vir jou vorentoe. Sonder vergifnis kan heling by niemand plaasvind nie. Wow Hettie mag jy seën ontvang in alles wat jy aanpak en mag jul God se Alomteenwoordigheid in al sy Volheid ervaar. Die “Levy’s” van SA se ware weergawe van sulke gesprekke na vrylating sal ongelukkig nooit bekend wees nie. Terwyl dit dus waardevolle materiaal vir motiveringssprekers bied, is die positiewe of negatiewe gevolge vir die res van Suid-Afrika se weerlose vrouegeslag in hierdie stadium onseker. Hettie jy is ongelooflike mens. Dis al wat ek kan se. Jy is baie sterk vrou. Emosioneel baie sterk soos min. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Thailand het Maandag gesê hoewel hulle die familie van die vermoorde Oswald Heinrich Duvel bystaan, hulle nie gevra is om na sy vermiste kind te help soek nie. Die DA en die FW de Klerk Stigting het Donderdag hul kommer uitgespreek oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se weglating van wit mans vir sy kadetprogram. “Ons ekonomie maak staat op die lugvaartbedryf, veral vir die skep en behoud van werksgeleenthede. Ons moet om die rede geleenthede vir alle Suid-Afrikaners gee ongeag hul ras om deel te wees van die lugvaartbedryf,” het Natasha Michael, DA-LP, gesê. Sy sê dit is baie belangrik dat Suid-Afrikaners hul verlede eer maar net so belangrik dat hul toegelaat word om hul eie toekoms te besit. Die SAL het Maandag aangekondig dat hy 40 kandidate aangewys het vir sy kadetprogram. Geen wit mans is in die program opgeneem nie. Die FW de Klerk Stigting sê aanleg en nie net ras nie moet deur die SAL in ag geneem word wanneer hy kandidate vir sy kadetprogram kies. wat worrie die ou donnerse verraaier nou? mus geworrie het toe hy ons land aan die vyand verkoop het. Die Britse maatskappy vir wie veteraan-kameraman Dudley Saunders gewerk het, ondersoek die omstandighede van sy afsterwe. Aanvanklike berigte het aangedui dat Saunders ten tyde van sy afsterwe kamerawerk vir die BBC gedoen het. Arrow Media het egter Dinsdag bevestig dat Saunders, wat in Johannesburg gebaseer was, besig was met kamerawerk vir dié maatskappy. Hulle is Maandagoggend van sy afsterwe ingelig. Saunders het ʼn groot gedeelte van die onrus voor die verkiesing in 1994 afgeneem en het onlangs vir Special Assignment vir die SAUK en Carte Blanche vir M-Net gewerk. Hoe lekker lag ek vir die opskrif wat misleidend is, hy is nie dood agv die SAPD se optrede nie, die SAPD het bloot op sy optrede geriageer, sy optrede is die oorsaak van sy dood…..lol Die eendag-reeks is iets van die verlede en nou kyk ons vooruit na die T20-reeks. Die eerste wedstryd word Sondag op die Wanderers gespeel. Indië is tans derde beste op die T20-wêreldranglys en Suid-Afrika net sesde. Die wedstryd begin Sondag om 14:30 en word voorafgegaan deur die Suid-Afrikaanse Vrouespan wat teen Indië speel. Jurie Roux, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het baie groot drome vir Suid-Afrikaanse rugby.
130,522
Hy het gesê dat as daar nog twee Suid-Afrikaanse spanne in die Noordelike Halfrond speel, kan dit ‘n werklikheid kan word. Kom ons wees eerlik, die kans dat baie van die Suid-Afrikaners wat nou hul heil oorsee soek, gaan terugkeer, is baie skraal, want ons kan nie kers vashou met die euro en Japanse jen nie. Ja, vir die Noordelike Halfrond is dit soos manna uit die hemel om Suid-Afrikaanse spanne by hul kwynende reekse te betrek. Flip de Kock, Northam se afrigter, het aan Pale Toe! gesê die Rhinos se aanval het gewys dat hulle met die beste kan saampraat as `n mens in ag neem dat die Limpopospan negende (uit 20) is op die lys van die getal drieë gedruk.
130,523
Die verhaal laat jou byna met ʼn knop in die keel, en dis moontlik dat jy jou eie troeteldier sommer ʼn stywe druk gaan gee nadat jy dié advertensie gekyk het. Wat n stunning video… en laat n knop in my keel… n Hond… n mens se beste vriend, die blydskap om net sy baas weer te sien is onvervangbaar.. my hond is dieselfde, sal n mens altyd so verwelkom as hy jou sien, en sal dan as ek sit en TV kyk met sy kop op my skouer kom rus , net om my te laat weet… ek is hier vir jou.. dit is sy manier van Liefde toon. Dit gee n mens iets om oor te dink… waardeer die wat vir jou lief is…gee om vir jou diere, want hul gee om vir jou.
130,524
WAARSKUWING: Die foto’s aan die onderkant van die bladsy is baie gewelddadig en ontstellend. Dit mag sensitiewe kykers ontstel. Want sowaar, ná bykans ’n dekade van Zuma-slopingsbewind moet oorweeg word of Trump se klip in die bos nie, ten minste wat Suid-Afrika betref,’n “longdrop” getref het nie. Maar daar is ’n ander kant van die saak, en dit word goed gedemonstreer deur die ontleder, Tony Weaver. In diepe nostalgie roep hy hartsgeleenthede op van besoeke aan besondere plekke in Afrika en sy mense. Ook hy tref die kol – ’n mooi kol. Buitendien word Suid-Afrika tans deur ’n soort euforie gery ná adj.pres. Cyril Ramaphosa die pyp as volgende ANC-president gerook het, al laat van sy radikale uitsprake gereeld die wenkbroue lig. Blote voetwerk? Die markte reageer intussen oor die algemeen baie positief. Weaver is lank nie die enigste woordkunstenaar wat die mooie en nostalgiese in die lewe raaksien nie. Rubriekskrywers soos Blouwillem Theron en Petru Hansen sorg dat daar ’n stukkie silwer randjie ook in die kern van elke donker wolk verskuil is. Dit is soms harde, baie harde werk om daardie silwer raak te delf, want ook die grootste satirikus verloor nie sy voetwerk in die werklikheid nie. Die muse wil ook nie aldag praat nie, dikwels juis ook weens die harde werklikheid waarin die skrywer hom of haar bevind. Maar die volk het hulle so broodnodig, nie om ’n naïewe skynwêreld te skep nie, maar om die vragte slegte nuus elke dag in perspektief te stel. Die lewe bestaan ook uit seisoene, elk met geleenthede. Gryp die geleenthede aan, skryf die Prediker. Of dit ’n bevordering was, of nuus dat die persoon kanker het, daar is gewoonlik nuwe geleenthede, al moet hulle geskep word. Dit dien dikwels as beskamende voorbeeld aan die suurgesig met die witbrood onder die arm. Maar dit kan ook so uitgeleef word dat dit ander bemoedig. Baie van ons het eerstehandse ervaring van twee oumas – die een wat geestelik verlam reageer op ’n wêreld wat volgens haar, ontsettend boos geword het, die ander wat die familie gedaan maak deur stoksielalleen op haar plaas te woon, en kliphard werk om droëvrugte en vrugterolletjies te maak, en dan wyd en syd te soek vir saamgerygeleenthede vir die pakkies liefde na alle uithoeke van die land. So is dit dikwels ons eie keuse om te besluit of ons in ’n “sh*thole”-land woon, of in ’n land waar ons met vreugde aan die kultuur van ons eie mense gebonde is – waar ons sal saamstaan teen owerhede wat daardie kultuur mee probeer wegdoen … terwyl ons die werklikheid vierkant in die oë kyk. Trump is die enigste persoon wat bereid is om die waarheid te uiter… en dan word hy in die spervuur geplaas oor die waarheid of as ‘n geestes sieke beskou. ons ou wereld is net ‘n klug. Niemand wil die werklikheid in die gesig staar nie. Trump is ‘n reguit man en se dinge soos dit is, of mense dit so wil sien of nie. Jy kan nie die res van jou lewe met skille op jou oe loop nie. Pres. Trump is die beste president wat die wereld nog gesien het! Maak hom wêreld president. Hy’t net die waarheid gesê. Goeie ontleding van die klip in die bos wat die kol tref. Soos die gesegde lui, “as die skoen jou pas trek hom aan”. Dit geld vir almal wat hulself aan iets skuldig gemaak het. Dit volg jou en het die nare gewoonte om jou te dwing om jou ware kleure te wys. Jy moet ligloop vir daardie klip in die bos, Flip. Ek wag dat Trump Suid Afrika se mense ook die deur sal wys. Na dese sal ek graag wil hoor wat hy oor SA te se het. Smallberger het egter berigte ontken dat die departement ʼn aansoek deur Shaik se regsverteenwoordigers toegestaan het dat hy oorsee kan reis vir mediese behandeling. “Daar moes ’n verkeerde interpretasie of vals aanname ontstaan het uit vrae wat in die portefeuljekomitee gevra is,” het hy gesê, met verwysing na ’n inligtingsessie Dinsdag deur die departement aan LP’s. Wonder watse “cut” Zuma, ou Maharasj en van die ander kaders uit die oorspronklike ooreenkoms gekry het want hulle het gelieg soos net die ANC kan. Wat wil hy in die buiteland maak? Ons dokters staan vir niks terug. Hy hoort hier in ‘n staatshospitaal sodat die buitelandse dokters (Kubane ens.) hom onder hande kan kry. Hy verdien nie beter ! Hierdie knape sal hom iets gee om oor na te dink. Janse van Rensburg het aan Maroela Media gesê verskeie bekommerde mense het vir hom boodskappe gestuur dat die perd in die vloedwater staan. “Dit is egter geen vreemde ding vir Pronk om te doen nie,” het Van Rensburg gesê. “Pronk het in die afgekampte gebied van die landgoed grootgeword, so hy is baie vertroud met die omgewing.” “Hy was nooit regtig in onmiddellike gevaar nie, maar hy is egter na die stalle geneem sodat hy nie weer in die vloedwater gaan speel nie, sou dit erger raak. Sodra die rivier weer gesak het, sal hy uitgelaat word,” het Van Rensburg gesê. Ek het so 35 Perce gehad end elkeen her sy die karakter gehad.Hulls gaan partymaal so diep in die water dat net hul koppe uitsteek. Ek het so 35 Perde gehad end elkeen her sy die karakter gehad.Hulls gaan partymaal so diep in die water dat net hul koppe uitsteek.
130,525
Ons wil nie meer Pikitup in ons woonbuurt hê nie. Ons sal ‘n privaat kontrakteur wat in ons woonbuurt bly aanstel om ons vullisdromme te hanteer. Hy kan dit doen vir minder as die helfte van wat die munisipaliteit ons vra, ons wheelie-bins sal langer hou, en die diens sal netjies en gereeld wees. Selfs Ramaphosa het na die onderhandelings in ’94 gesê dat hy nie kon glo hoe min weerstand FW en sy “onderhandelaars” gebied het nie. Om sy woorde te gebruik: “It was a walk in the park.” Ons is uitverkoop vir 30 silwer stukkies. Ons volk het duur betaal vir die dade van ons eertydse leiers. Die tuislande wat Verwoerd vir hulle gegee het moet nou vir die afrikaners gaan, dan kan ons ook se …..Dankie!!!! Wil hulle nou ʼn Afrikanervolk (Cape Dutch) tuisland of Boerevolk tuisland stug want dit is nie dieselfde nie. Ek sien nie die punt om selfbeskikking te eis as hulle nog nie eers die grond gebied beheer nie. Hulle sal eers soos Orania of Kleinfontein moet begin en dan uitbrei om die grond gebied te beset wat hulle wil hê vir selfbeskikking en dan dit eis, nie eis en dan die grond beset nie. Ag asseblief tog. Word wakker daae gaan NOOIT selfbeskikking vir die boere nasie wees nie. Wie is in elk geval hierdie boerenasie waarna julle verwyz. Afrikaans zprekende mense iz nie almal verkramp en onnosel genoeg om nog te glo dat ons verhewe oa bo die res van die land nie. Patetiese partytjie net vir LOSERS Sjoe maar jy se die meerderheid van die Afrikaners sleg ne. Dit is duidelik jy is nie op datum wat met die res van die wereld gebeur nie. Selfs nie wat in SA aangaan nie. So ek dink die “verkramptes ” is nie so verkramp soos jy dink nie. Die boere nasie is die Engelse wat saam met die boere geveg het vir die land. En die selfbeskikking hang nie van jou SACP/ANC af nie. Dit hang van jou en die verkramptes af. Die Internationale arena is gedek daarvoor met regte wat die “verkramptes” toekom volgens Internationale regte. Nou wie is hierdie verkrampte om nee dankie te se daarvoor nie. As ek gaan vir selbeskikking is ek n “verkrampte” en ek is trots daarop Hoor hoor en hul wil toon en die minderheid het dit nie ek weet ek prober maar die wil is net nie daar nie dit lyk my die mense het toegelaat dat die ANC hulle van hul respek en moed gestroop het. Die ANC is te magtig vir hulle Ek sê baie dankie aan Front Nasionaal en al die persone wat nie gekant is teen selfbeskikking vir ons boere nasie nie. Die leiers van FN asook die van die ander partye wat deel uitmaak van FN beskik oor die nodige intelligensie skranderheid om hierdie voorlegging aan die regering te laat bewerkstellig. Die ideale gedeelte grond vir afstigting volgens vorige voorstelle is van die grens van Namibië af tot onder aan die Suid kaapse kus. Ek verskil van jou dit hang nie af van die SACP/ANC nie. VF het die reg gehad en hulle het dit mandaat laat stof op gaar. Gaan na Front Nationaal se fb blad gewis jou van die waarheid
130,526
Dit is lande waar 'n president die hoof is van die uitvoerende mag en onafhanklik is van die wetgewende mag.
130,527
So dankbaar sy is (hopelik) ongedeerd gevind! Anchen, jou hele lewe lê voor. Praat met iemand as iets jou pla en jy hulp nodig het. Baie sterkte, meisie en vir jou ouers ook. Wilma ek stem saam met jou. Vat die kind en kyk wat haar pla ai dalk loop sy met baie seer in haar. Ek is so bly sy is veilig.. Bid jou seeninge toe . PJ Schoeman het in sy Fanie boeke destyds gesê:*As ‘n kind huil in die nag van die lewe gaan jy nie met’ n lat nie, maar met ‘n lamp… ” So baie wil haar nou reg slaan. Ek hoop iemand luister na haar hart…
130,528
Boeke is ’n baie belangrike faktor in mens se lewe – jy kan belangrike lewenslesse daaruit leer. Van 18 tot 25 Maart is dit nasionale Biblioteekweek en indien jy boeke wat laat is terugbring na Vredendal se biblioteek in Biblioteekweek, hoef jy nie ’n boete te betaal nie. Maak gebruik van hierdie week en bring die boeke terug sonder jy ’n boete hoef te betaal. Kaartjies vir die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad is amptelik uitverkoop! “Ons kan net die publiek bedank vir hul...
130,529
Ek opsoek na n opregte eerlike mense wat my aanvaar wat ek is wat lief is vir buitelewe wat my mt respek kan behandel
130,530
“Ek verwys nie na die feit dat elke preek waarskynlik vir iemand in die gemeente iets beteken nie. Ek verwys na prediking wat ʼn geloofsgemeenskap aanraak en hulle in beweging bring.”
130,531
Ek is die verskil bring ʼn nuwe dimensie by die prediking in Afrikaans – ʼn dimensie wat verreikende gevolge het vir die persone (en die persoonlikhede) wat die prediking as roeping en gawe ervaar. Vrygemaak vir hierdie lewe: Pieter van der Walt Die lewe se ander kant Ons het dit in hierdie lewe nie altyd... read more
130,532
’n Jong man het Vrydagaand verdrink toe hy ’n ander man, wat glo onwettig kreef geduik het, by Houtbaai uit die see op die rotse wou help en ’n brander hom afgeslaan het. Silva en ’n groep jong mans het Vrydagmiddag saam met ’n groep duikers na die rotse gegaan, het me. Esther Braaf (43), sy niggie, Saterdagaand gesê. Dié wat nie duikers is nie, dra glo die sakke kreef en die duikpakke. “Barno het probeer om een van die duikers uit die water op die rotse te help toe ’n brander hom afslaan. Die duiker kon Barno egter nie help nie, want die see was te rof,” het sy gesê. Een van die ander jong mans het dadelik Barno se familielede gaan roep. “Hy was nie ’n goeie swemmer nie. Ons het geweet hy sou dit nie maak nie.” Die polisie sal ’n lykskouing laat uitvoer, het ao. Tanya Lesch, polisiewoordvoerder van die Houtbaai-polisie, gesê.
130,533
Ons speelgrond maak voorsiening vir ouderdomsgepaste aktiwiteite en het speelapparaat vir kleuters van alle ouderdomme. Ons kleuterdepartement is groot genoeg om skool opwindend te hou, maar klein genoeg om seker te maak dat ons onderwysers te alle tye jou kind in oog kan hou. Die jaarlikse konsert is ’n spoggeleentheid en ’n hoogtepunt vir almal wat daarby betrokke is – veral wanneer ons kleuters vir die laerskool konsert hou!
130,534
Toe ek vir my dogtertjie, Luca, vra of sy bly is om by die huis te wees, toe se sy ja, maar sy mis net die gastehuis. Dankie vir wat jy vir die kunste beteken. Sonder jou ondersteuning, sou ons glad nie Liewe Heksie:Flower Power na Gauteng toe kon bring nie.
130,535
As jy bang is dat jy gewig sal optel, eet met gereelde tussenposes gedurende die dag; eet vrugte tussen maaltye; en maak tyd vir oefening. Nie alle voormalige rokers tel gewig op nie. ’n Mens sal normaalweg niemand aanraai om hul drank te meng nie, maar met mengeldrankies is daar dus ’n... Kakkerlakke kan dikwels ’n kopseer wees om uit jou huis te verwyder. Daar is verskeie maniere om kakkerlakke uit...
130,536
Jy gaan die river trip baie geniet en so ook die mense wat op hierdie trip gaan. Dis almal lekker mense met n passie vir Patrols en die buite lewe.
130,537
Welkom hier en mag jy die trip en die vele ander gebeure op die forum genoet! dalk moet jy sommer die NSRI se stasie 17 (ek dink) se 4x4 dag bywoon in Koeberg natuur reservaat die 17 de Oktober! dan sien jy weer Patrols!
130,538
Найти о. Аааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааоаааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааа
130,539
Die onderstaande skoot is geneem met 'n onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin. Seekoeie bak graag (nee, nie beskuit of skons nie!) in die son tydens koeler seisoene. Anders as wat mens sou dink, swem hul nie in die ware sin van die woord nie. Seekoeie loop eerder op die bodem van riviere of damme deur uit te asem voordat hulle duik. Hulle kan asem ophou vir tot 6 minute, wat ook 'n goeie riglyn bied vir 'n seekoeifotograaf wie se seekoei nou-net onder die water verdwyn het..
130,540
Jy sal 'n dokter vir 'n ondersoek moet konsulteer. Jy kan begin deur jou spiere te versterk met oefening. Indien dit 'n daadwerklike probleem is, kan jou dokter jou na 'n ortopeet verwys om dit sjirurgies te herstel.
130,541
Ek is n Christen. Lief ve die buite lewe. My honde is soos my kinders. Ek is n vriendelike mens. Ek weet wat ek uit die lewe wil he.
130,542
Ons skoolhoof is Liz van Tonder. Sy is ’n dimaniese leier met haar vinger op die pols van elke aspek van die skool. Haar positiewe ingesteldheid en ware geloof dat elke kind uniek, spesiaal en talentvol is, gee Orban se personeel vlerke om ’n meetbare verskil in ons gemeenskap te maak. Liz doen moeite om persoonlike bemoeienis met elke kind in die skool te maak – van die kleinste peuter tot die grootste laerskoolkind. Sy deel graag komplimente uit en het altyd tyd vir ’n glimlag.
130,543
Jeremy Hunt, die Britse minister van buitelandse sake, het homself verspreek en per ongeluk na sy Chinese vrou as ’n Japannese vrou verwys. “Ek en my vrou is baie lief vir soesji. Ons sal dalk hierheen kom vir middagete as niemand anders hier is nie,” het hy gesê. Hy het ook ’n grap gemaak en gesê solank mense wat by die kultuursentrum eet net nie vir ’n hamburger vra nie.
130,544
Die video is in ‘n moderne eksklusiewe huis in Ebotse Country & Golf Estate in Benoni verfilm en deur die bekende span van Fathom Media vervaardig. Samantha het self die konsep uitgewerk. Sy noem dat dit was vir haar belangrik was om die enkelsnit, wat die fondasie is van die album, van die begin af eerlik te hou wanneer dit kom by die skryf van die liedjie, asook die visuele kant van die musiekvideo daarvoor. Sy wou seker maak dat dit kom uit ‘n ware plek en haar storie vertel deur haar eie oë as kunstenaar, van waar sy op hierdie punt van haar lewe en loopbaan staan.
130,545
Ek weet sy is gisteraand as HK-lid aangewys, want sy het ’n plakkaat om haar nek, kersversierings op haar kop en HK + haar koshuisnaam in swart geskryf op haar wange
130,546
Maar nee, die praktyk is goed en reg. En sy koop nie die gedagte om dit dalk in die toekoms (volgende jaar as sy die nuwe HK-lede sou gelukwens) effens anderste te doen nie.
130,547
_______________, jou Vader se plan is dat jy in vrede in Hom sal rus terwyl Hy met jou vyande afreken. Ek seën jou met ’n onverskrokke hart wat jou innerlike vrede sal gee omdat God vir jou veg en jy nie self ’n wapen hoef te lig nie. Jy sal kyk en sien hoe God jou vyande voor jou verwilder en jou verlos. Somtyds sal jy vasstaan en soms sal jy nuwe grond verower terwyl jy die dinge doen waarvoor God jou geroep het, maar te alle tye sal Hy jou stryd vir jou stry. Ek seën jou om elke dag gehoorsaam te wees, in klein dingetjies maar ook in radikale, amper ondenkbare dinge, want dit posisioneer jou waar God namens jou kan veg. Voordat Hy hulle vyande vernietig het, wou jou Vader gehad het dat sy volk volheid van vrede moes hê. Ek seën jou met ’n openbaring van die vrede wat God vir jou wil hê. Ek seën jou dat jou omstandighede wat kundig deur God uitgewerk is jou vyande van kant sal maak. Ek seën jou met situasies deur God bewerkstellig waar jy niks doen nie; waar jy nie hoef te baklei nie; waar jy staan en aanskou hoe God ’n probleem voor jou oë oplos, sodat jou vyande sal verdwyn en nie na jou toe terugkom nie. Ek seën jou met situasies wat deur jou Vader georkestreer is, en met geloof om te sien hoe Hy voorsien en jy nie hoef te vrees wanneer probleme jou bedreig nie. Luister weer met jou gees na die Woord van die Here vir jou. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Heb. 11:6 OV). Jou Vader beplan dat jy Hom met groot geloof behaag. Ek seën jou met die vreugde om vir mense te sê hoe om verankerd en seker in Hom te wandel sodat hulle versterk kan word. Ek seën jou met getuienisse van God se ingryping in jou lewe – geloofstories wat so diep in jou gees ingeweef is dat wanneer jy dit met ander deel, dit hulle sal oplig. Dit sal hulle uit die greep van vrees bevry en geloof in hulle aanblaas, sodat hulle vorentoe sal kyk en na God sal uitroep om ook in húlle lewens in te gryp. Ek seën jou om deur die Gees gelei te word sodat jy op probleme sal reageer met geloof en nie met die slagoffermentaliteit van vermyding, beskuldiging of rasionalisering wat by ’n slaaf hoort nie. Ek seën jou met ’n uithouergees in plaas van ’n gees wat uitsak en tou opgooi. Ek seën jou om probleme te pak en dit te sien as uitdagings, as geleenthede om jou geloof te beoefen en as nuwe maniere om die verskeie fasette van God te sien en om te sien hoe Hy in en deur daardie probleme dinge sal uitwerk om in sy plan te pas. Ek seën jou om God se teenwoordigheid te sien in daardie dinge wat die wêreld problematies en pynlik noem. Ek seën jou met so ‘n geloof dat jy jou kan verbly en kan vasstaan wanneer gevaar dreig en dat jy kan sien hoe God namens jou op ’n bonatuurlike manier ingryp om jou vry te maak en om jou vyande te verjaag sodat hulle nie weer sal indring in jou lewe nie. Ek seën jou met die geloof om verby die onmiddellike prys te kyk en die skat te sien wat aan die ander kant wag. Ek seën jou met ’n ontvanklike gees sodat jy die beloning kan ontvang wat bestem is vir hulle wat God soek. _______________, luister weer met jou gees na die Woord van God. “As die Here tevrede is met ’n mens se lewe, laat Hy selfs so ’n mens se vyande in vrede met hom lewe” (Spr. 16:7 NV). Jou Vader beplan dat selfs jou vyande sal sien dat Hy tevrede is met jou. Die hoogste vlak van God se beskerming is waar jou vyande in vrede met jou wil saamleef. Ek seën jou met daardie vlak van die guns van die Here op jou lewe dat dit vir ander maklik sal wees om te sien dat jy ’n intieme verhouding met God het en dat Hy met jou is. Ek seën jou dat mense sal erken dat die guns van God op jou lewe rus, sonder om jaloers te wees op sy seëninge in jou lewe. Ek bid dat wanneer hulle sy guns raaksien, die vrees van die Here op hulle sal kom en dat hulle ’n heilige eerbied sal hê op grond van jou intieme verhouding met God. Ek seën jou met so ’n stralende Godsguns oor jou lewe dat mense sal erken dat daar iets anders in jou gees is en dat hulle guns by jou sal soek omdat hulle nie dié God wil beledig met wie jy in verhouding is nie. Ek seën jou met mense wat sal bevestig en getuig dat die guns van God op jou rus. Ek seën jou dat jou weë die Here sal behaag op so ’n besondere manier dat jou vyande in vrede met jou sal leef en jou God sal soek. Ek seën jou om ’n vredesbaken te wees in ’n wêreld vol onrus en verwarring. Ek seën jou om mense nader te trek wat smag na veiligheid en na ’n verhouding met die God met wie jy ’n verhouding het. Hulle sal honger na die God wat jou soveel guns gee. Ek seën jou, _______________, met die uiterste beskerming van vrede wat God gee aan diegene wat saam met Hom in sy guns wandel. Ek seën jou dat jou vyande in vrede met jou sal leef omdat hulle God se hand op jou sien. Ek seën jou met hierdie seëninge in die naam van Jesus Christus van Nasaret.
130,548
Die Dameskring het gegroei oor die afgelope paar jaar tot ‘n dinamiese organisasie vir vroue. Foto: Facebook. Maroela Media het vroeër berig oor die gewapende roof wat Vrydagaand omstreeks 18:50 by die tak in Duncanweg plaasgevind het. Dit is moeilik om te voorspel wie uiteindelik die vier halfeind-spanne sal wees. Soos Johan Ackermann, afrigter van die Leeus, vroeër die week gesê het: dit is nou uitkloprugby waar jy móét wen.
130,549
Jesus is die Lewe en die Lig vir die wêreld en sonder Hom is ons sonder lig en sonder lewe. As gevolg van wat Jesus gedoen het is dit vir ons moontlik om te kan lewe in die Lig.
130,550
Vandag se kuberkinders word in ‘n kitswêreld groot waar daar baie meer kennis tot hul beskikking is as dertig jaar terug. Ek verstom my altyd aan die manier waarop kinders, […]
130,551
“Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en […]
130,552
Die Mach 4-span van die Laerskool Witpoort naby Bapsfontein het vroeër vandeesmaand die eerste plek behaal in die distrik se F1-resies vir skole. “Behalwe vir die ontwerp van die motor en die resies wat hulle jaag, moet hulle self die bemarking doen en die borge werf. Terwyl boere in sekere dele van die land ’n sug van verligting kan slaak oor verligting wat die reën gebring het, gaan die boere in veral die Suid-Kaap nog steeds onder erge droogtetoestande en watertekorte gebuk. Tisha Steyn gee ’n oorsig van die omstandig-hede van die boere in die Klein-Karoo. Dit is die versugting van die meeste boere in die Klein-Karoo – boere wat die afgelope vier jaar in die wurggreep van die ergste droogte in dekades is en wat met ’n oog op die hemel probeer oorleef. Volgens De Jager help die bank elke boer op sy eie meriete. “Die boer moet saam met sy finansierder bepaal hoe die situasie binne sy boerderyonderneming bestuur kan word.” De Jager sê daar is verskeie opsies soos om die skuld te herstruktureer en betalings te kapitaliseer. Die boer kan ook sy finansieringstermyn verleng ten einde die druk op sy kontantvloei te verlig. Hulle het Danie Erasmus, ’n vragmotorbestuurder van Labucon, Saterdagoggend in die snerpende koue saam met hul vroue en kinders ingewag by die skuur waar die mielie-skenking afgelewer is. Daar was nie ’n enkele droë oog die oggend toe Elise Lerm, ’n plaaslike inwoner, in ’n gebed vir die skenking dankie gesê het nie. “Dit is swaar om swaar te kry. Ons is dankbaar dat mense hul harte oopgemaak het – ons weet die voer kom van die Here af,” het sy gebid. Laubscher Coetzee, ’n volstruisboer van Volmoed buite Oudtshoorn, sê die droogte vererger die druk waaronder volstruisboere daar reeds verkeer as gevolg van ’n verbod op die uitvoer van rou en gaar vleis na die Europese Unie. Dit is alles omstandighede buite ’n boer se beheer, sê hy. Volgens Johan Fourie, ’n raadslid van die Oudtshoorn-munisipaliteit, sal werkers wat plase moet verlaat waar die boerdery noodgedwonge tot stilstand gekom het, ’n heenkome op die dorp kom probeer vind.
130,553
Ek is 'n rustige persoon op my plek en is mal oor die natuur en nou en dan 'n glasie wyn ek kyk meer na innerlik as uiterlik.Ek is 'n fun loving persoon
130,554
Die skare het om die motor saamgedrom en gejil en hande geklap toe die man uiteindelik wou ry. Dis duidelik in die video dat hy net so gou as moontlik van die skare wou wegkom, en sy bande skree toe hy uiteindelik wegjaag.
130,555
Ek het ‘n plakker gehad met die kenmerklike rystoel op en dit het vir my meer hartseer gegee as plesier. Ek het al meer tyd in die hof spandeer oor boetes wat vir my gegee word deur beamptes wat nie die moeite doen om te kyk vir die plakker nie want ek loop mos met ‘n loopraam en daar is geen teken van ‘n rolstoel huiser aan my motor nie. Ek het vir een so ‘n dame gesê: “Die parkeerplek is vir liggaamlik gestremdes, nie vir verstandelik gestremdes nie”. Sy het nie geantwoord nie.
130,556
Hier by ons sentrum is nie so n probleem nie. As jy daar parkeer en jy vertoon nie jou rystoelskyfie nie, word jou wiele geklamp en dit word nie verwyder voordat jy nie n R500 boete betaal het nie. Glo my, dit werk!!!!
130,557
Ja ons hier in die Kaap doen alles in ons vremoe om water te bespaar maar die realiteit is daar is diegene wat hulle nie regtig daaraan steur nie. Wat ń puik skrywe, Abrie! Meeste van ons se harte kry bitter swaar oor die water krises, en die stuk raak diep. Ek verstaan heeltemal jou emosies. En ja jy is heeltemal reg ons hoop is op die almagtige voorsiende God
130,558
Lugredery is 'n organisasie of maatskappy (lugvaartmaatskappy, lugdiens) wat passasiers of goedere (vrag) per vliegtuig vervoer. 'n Lugredery kan so min as slegs een vliegtuig besit of 'n vloot van honderde vliegtuie.
130,559
Voordat ons met ons dramaklasse gaan begin, moet jy eers ontspanne en opgewarm wees. Is jy gereed? Kom ons begin. Jou opvoeder sal jou deur die volgende oefeninge lei en verduidelik waarom jy dit doen. Met hierdie oefening moet jy streef om jou borskasholte te vergroot om sy funksie van resonansie vir die stem te verbeter.
130,560
Wel, wel, wat kan ek sê? Dis die wonderlike ding van kennis: wanneer jy dit het, kan niemand dit van jou af wegneem nie. En Babette, dames en here, het dit in oorvloed... Nee, ek is nie op ’n estrogeen oordosis nie, net all oor die dose. Ek verdien my ponde hedendaags, of te wel snags, deur sekspraatjies oor die foon met bleeksiel rooinek mans te praat. Yup, foonseks. Teenstrydig met die algemene siening hou hierdie mannetjies tog soo van die Suid-Afrikaanse aksent. Hulle hang as’t ware aan my lippe. Of wil graag. Ahem. Behalwe dat die betaling goed is, is die nuwe posisie ook baie insiggewend.
130,561
dra dit aan die Breë Moderatuur op om die stukke van die NG Sendingkerk te bestudeer en onverwyld met die NG sendingkerk hieroor in gesprek te tree.” “1.3.2 die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake en die Algemene Regskommissie ontvang die opdrag om in die lig van die” Antwoord van die Breë Moderatuur aan die NGSK oor die Konsepbelydenis” (Agenda 1 986 pt 2.1.3.1.6 op bl 22) asook ander tersaaklike stukke soos bv die studiestuk van die Sinodale Kommissie van die NG Kerk in SA, Agenda beskrywingspunt B4.5 (op bl 452) die nuwe “Kerk en Samelewing” en alle besluite van die NGSK Sinode, asook die Acta van die Algemene Sinode 1982, wat ons verhoudinge raak die Belharbelydenis te beoordeel en ‘n verslag aan die Breë Moderatuur voor te lê. Daar is baie mooi goed hierin (soos die deel oor belydenis wat soos hoes is), en ook goed waarmee van ons dalk vandag sal verskil (soos die evaluasie van Kairos), maar hier is die punt wat belangrik is: “Sonder vrees vir teenspraak kan gese word dat die positiewe uitsprake van die BB in ooreenstemming met die Skrif en die gereformeerde belydenis is en daarom deur die NGK onderskryf kan word.” * Daar was ‘n fout in die oorspronklike weergawe van hierdie blogpost. Die eerste besluit wat nou korrek as ‘n besluit van 1982 se Algemene Sinode aangedui was, was oorspronklik verkeerdelik as ‘n besluit van 1986 se Algemene Sinode beskryf. Vir deursigtigheid kan die oorspronklike weergawe hier gelees word. Dit verander egter niks aan die argument nie.
130,562
[…] gesprek is hierdie twee opsies is nie teenoorstaandes nie. 2.2 van die voorstel is egter in lyn met alles wat die Algemene Sinode voorheen gesê het. Die voorstel aanvaar dat beide groepe aanvaar dat hierdie dokumente wat deur die destydse NGSK as […]
130,563
[2] Petrus Casier het in Augustus 1663 met die skip Meerman aan die Kaap gekom. Op 3 Januarie 1664 het hy met 'n ander skip na Indië vertrek.
130,564
Sadou het Vrydagmiddag gesê hy is nog besig om die brief te verifieer aangesien briewe van Cosas gewoonlik deur die sekretaris-generaal uitgereik word en nie deur die president, soos in dié geval nie.
130,565
Een van die temas van die gemeente se luisterseisoen was die uitnodiging om 'n familie te wees. Op die 26ste September het die gemeente se medewerkers saam geeët aan 'n lang S-vorm tafel. Ons het saam gekuier en dankie gesê vir die voorreg om die Here ook in die... Dialoog is vir ons belangrik. As jy hierdie skakel volg kan jy luister na audio en kyk na videos wat ons help om as dissipels van Jesus te groei. Dit sluit on preke in.
130,566
Na jare van versoeningswerk in Ierland wil Wilhelm Verwoerd vrede maak met sy eie omstrede familie. In sy soektog na begrip kom hy af op sy ouma, Betsie Verwoerd, se dagboeke, en voer hy openhartige gesprekke met swart vriende en met sy ma. 'n Intieme, openhartige blik op wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika met integriteit te leef.
130,567
Die enjin is maar net 375 cc, maar moenie dat dit jou flous nie. Die Husqvarna is baie lig en klein, wat hom rats maak in die verkeer. Hy kan ook maklik 160 km/h handhaaf op die snelweg. Omdat daar nie windbeskerming is nie, raak dit egter onaangenaam om hierdie spoed vol te hou, maar die Sweed kan as dit moet. Die Vitpilen was werklik ʼn fees om te ry. Net soos die KTM 390 waarop hy gegrond is, borrel die enjintjie van entoesiasme, en jy kan die 401 maar gooi om ʼn draai. Daar is genoeg woema, mits jy die enjintjie aan die kook hou. Die fiets is amper belaglik klein, so as ʼn pendelfiets is hy ook ideaal.
130,568
Moenie agterstevoor na iemand toe aankom nie: hy sal dink jy lyk rondom so. Dít is die eerste aanhaling van Langenhoven wat ek as kind geleer het – en van toe af is ek verslinger op ons eie weergawe van die 17de eeuse spreukemaker, François de la Rochefoucauld (1613 – 1680). Dié het roem verwerf met sy spitsvondigheid, sy skerp insig in en sy afsku van 'n wêreld waar die beste gedrag en optrede geïnspireer is deur selfbelang en agterbaksheid. Langenhoven is milder en ook – meestal – minder venynig van geaardheid as die Franse hertog, maar bly sy gelyke in die klaarheid van sy blik en die briljantheid van sy humor. Om by voorbaat saam te vat waarop ek my vandag wil probeer toespits, sou ek sê dat hoewel daar by Langenhoven telkens 'n versugting bestaan na stille waters, na waters waar rus is, as uitgangspunt vir sy ontdekkingstogte in die skryfmedium, daar byna altyd 'n duiwel onderkant die stille waters ronddraai. Dit mag by hom selfs 'n mediese, fisiologiese herkoms gehad het, gedagtig aan sy verwysings na die "blou duiwels" wat hom lewenslank bly teister het: dit wil sê alkohol en 'n psigiese toestand wat daardeur vererger is. Maar selfs ás dit so was, dan is dit net 'n klein beginpuntjie vir iets oneindig meer verwikkeld en indrukwerkkend. Daarvandaan kring dit ver uit na die vorm wat vir ons vandag ter sake is, naamlik die verskyning van 'n onverwagte element in 'n andersins gewone, bekende of voorspelbare konteks. In vandag se gesprek gaan dit vir my om sy virtuose verruiming van Afrikaans deur die wonderlike verskeidenheid taalvorme en genres in sy spreuke en sy kinderverhale, spookstories, samesprake, ernstige diskoerse, komiese (of soms kosmiese) sketse, sy realistiese of fantastiese vertellings, waarin hy eksperimenteer met vertellers en vertelsituasies, om iets totaal ongerymds in reliëf te stel teenoor die gewone of die ernstige. Hy wil met ander woorde die leser tot nadenke skok deur die verrassende te omraam met die alledaagse, of – omgekeerd – die gewone met die heeltemal onverwagte. Veel van sy unieke humor en sy houvas op die leser word hierdeur bepaal en onvergeetlik gemaak. Dit spreek vanself dat mens binne die bestek van één lesing nie naasteby na die hele omvattende oeuvre kan kyk nie: daarom stel ek voor dat ons, afgesien van 'n paar algemene opmerkings, net enkele tekste uitsonder vir nadere beskouing. Ten eerste is daar die spreuke uit Aan stille waters I, en uit Deel II van Ons weg deur die wêreld, maar ook ingebed in talle verhale en artikels in Langenhoven se epigrammatiese manier van dink en skryf. Elke spreuk wat hy opteken, berus op 'n teenstelling, soms selfs 'n teenspráák. In dié uit Aan stille waters lê dit dikwels (maar lank nie altyd nie) sigbaar op die oppervlak, maar natuurlik met die deels versweë of verborge betekenis wat in die betreklik onlangse opkoms van die eg-Afrikaanse verwysing na die oortjies van die seekoei geïllustreer word: "Aan elke silwerrandjie hang 'n wolk" – waar die betekenis op papier volledig berus op 'n bekende – maar afwesige ­– verwysing. Soos ook in: "Alle paaie lei na Rome – en weg daarvandaan". Of: "Elke einde is 'n begin". Daarvandaan is dit maar 'n hanetreetjie na: "Al ons groot manne is in die graf", of: "Moenie buite soek wat binne makeer nie". Hier bestaan daar nie 'n bekende gesegde wat afwesig is nie, maar is daar 'n afwesigheid bínne die gebruikte sin self: dus 'n afwesigheid nie in die woorde nie, maar in die logika van hulle vermoedelike of verwagte betekenis. In Ons weg deur die wêreld raak dit veral opwindend waar 'n spreuk (en verkieslik 'n spreuk wat reeds op 'n dubbeldoor-inhoud gebaseer is), dadelik gerelativeer of uitgebrei of selfs teengespreek word deur 'n kommentaar wat in hakies daarop volg. In die literatuurteorie van die twintigste eeu neem Bakhtin steeds 'n sentrale plek in met sy onthullende navorsing in die dialogiese aard van taal. Maar laat ons nie vergeet nie hoedat Langenhoven, min of meer sy tydgenoot, op talle openbarende maniere die dialogiese 'n uitgangspunt van sóveel van sy geskrifte gemaak het: die gereelde "dialoog" tussen Sagmoedige Neelsie en sy versondigende bure; die "dialoog" tussen regeerders en regeerdes; tussen doppers en filistyne; tussen Nat en Sap; tussen Engels en Afrikaans. Dit raak besonder spitsvondig – én dikwels verrassend diepsinnig – in situasies tussen Neelsie en Oom Stoffel in die reeks sketse waarin eerste- en derdepersoonsprekers as 't ware op 'n postmodernistiese manier omgeruil word sodat oom Sarel, die fiktiewe of narratiewe karakter, die verteller is wat praat óór sy jong vriend Neelsie, dit wil sê die eintlike "skrywer" van die teks – 'n tegniek wat heelwat later ontwikkel word deur, byvoorbeeld, Etienne van Heerden in Die stoetmeester. Maar daar is ook nog die dialoog tussen Loeloeraai en aardbewoners, dus nie net tussen twee ruimtes nie, maar tussen twee soorte ruimte, twee maniere van dink oor ruimte. En uiteindelik is daar die belangrikste soort dialoog, soos wat mens dit by 'n hoogtepunt van die Argentynse skrywer Jorge Luis Borges aantref in "Borges y Yo": "Borges en ek", waar ego en alter ego mekaar die gesprek aansê. In dié verband voer Langenhoven byvoorbeeld 'n onderhoud met homself, soos in "Interview oor 'n lugreis". Anders is daar verruklik onthullende komiek, soos in "Neelsie en Vroutjie veg 'n duel". Soms word dit aangebied as 'n "Samespraak" en soms, in dieselfde afdeling van Ons weg deur die wêreld I, selfs as 'n "Alleenspraak". Maar die mees spesifieke demonstrasie van die dialogiese spreuk is sekerlik die "Duisend spreuke" (eintlik – en nie verniet nie! - is daar glad nie 'n duisend nie, maar 1034) in Ons weg deur die wêreld II. Mens sou 'n hele lesing kon wy aan die tegnieke en die denkwêreld wat in dié spreuke ontgin word, maar selfs 'n klein en lukraak keuse kan al die reikwydte van hierdie wêreld demonstreer. In die proses wil ek nie te veel – en veral nie te hoog-akademies - analiseer en interpreteer nie, gedagtig aan Langenhoven se eie waarskuwing in 'n ander konteks (in Donker spore): "Geen kommentaar kan van meer gewig wees as die feite self nie. En om hiervandaan, en op hierdie stadium, met teorieë voor 'n dag te kom, sou niks meer beteken nie as dom-astrantheid." "Die verstandigste mense wat ek nog in my lewe raakgeloop het was dié wat my vir 'n verstandige man aangesien het." Hier is die spreuk nie net gebou op die "dialoog" tussen die spreker se opinie oor die "verstandigste mense" wat hy al teëgekom het en hulle opinie oor hóm nie, maar natuurlik tussen hul uitgesproke en versweë opinies – dus ook tussen die gesproke en geskrewe woord wat vir Derrida so 'n uitgangspunt van die taalteorie geword het, en vir Italo Calvino die grondslag van die spanning binne die taal self, tussen dit wat gesê word en dit wat nie gesê kan of mag word nie: of dan eerder dit wat alleen gesê kan word danksy, of deur die genade, van dit wat altyd ongesê moet bly. Of: "Pasop vir die man wat sy oë half toe hou. Dis nie dat hy nie wil uitkyk nie – dis om te keer dat jy nie inkyk nie. (Ons woon almal maar in 'n donker kamer met 'n baie noue skeurtjie.)" Die "liggaam" van hierdie spreuk bied alreeds 'n "dialoog" aan tussen die verwagte en die ónverwagte, met tussen die hakies 'n gevolgtrekking wat albei sowel verlê as aanvul. Hier beweeg Langenhoven eintlik – gewis onbewus – in die wêreld van Zen in, waar 'n koei, soos ons uit die werk van Breyten weet, 'n blom kan eet en dan verander in 'n blom wat 'n koei eet. Of in die wêreld van Berkeley waar, volgens Lewis Carroll, Tweedledee en Tweedledum baie saggies moet praat sodat die Rooi Koning wat besig is om hulle te droom, nie dalk wakker word en hulle verdwyn nie. Of ons kan gewoon terugkeer na Langenhoven wat in "Die swerwende Jood" (steeds in Uit stille waters) 'n stukkie dialoog – weer daardie sinryke woord! – aanhaal, dié keer uit 'n gesprek tussen hom en Vroutjie wanneer sy hom een oggend kom wakker maak en hom vra om haar te vertel wat hy haar die vorige aand belowe het. Hy antwoord: "Vroutjie, daar is niks om te vertel nie. Ek het 'n snaakse droom gehad, 'n baie óú droom,'n oorgedroomde droom van my kinderjare."
130,569
"'n Vrou sien deur 'n man soos deur 'n ruit; hy sien maar sy beeld aan haar soos in 'n spieël. (As hy dan maar meer in die spieël wou kyk en sy meer deur die venster.)" (En verniet te was nie. Want hy het hulle tog nie skoon gekry nie – hy wat met die was daarop uit was om te wys dat dit 'n onnodige was was.)" Wat hier by 'n Bybelse verwysing begin, loop deur diep metafisiese skaduwees (van Nasaret en elders?), maak 'n draai by Dostojewski se Skuld en boete, en kom anderkant uit (as hy hoegenaamd weer uitkom?) by 'n suiwer taalspel, waar was en was ten minste twee betekenisse het. Want Langenhoven weet intuïtief wat moderniste en postmoderniste eers weer agterna met moeite moes herontdek: dat in die literatuur, soos in die lewe, alles uiteindelik teregkom in taal, in die woord; en dat, soos Derrida dit gepostuleer het, daar niks bestaan buite die teks nie. "Ondervinding is die beste leermeester, maar die skoolgeld is meestal te duur. Hy verdrink jou om jou te leer om vir die diep water op te pas. Dié een is duidelik meer prakties ingestel: Langenhoven ken óók, en goed, 'n boerewêreld van feite, en werk, en waarhede soos koeie (en nie noodwendig Zen-koeie nie). Maar daarby verkry dit, byna onvermydelik, 'n morele, of etiese, bestanddeel: omdat skryf as sodanig altyd vir hom 'n morele dimensie gedra het – dikwels (vir sy tyd en situasie volkome begryplik, vir ons tyd dikwels alte prekerig) ingestel op onderrig, die oordra van 'n lewensles. (Maar dit bly 'n merkwaardige deug dat hy dit meestal so sjarmant, of selfs virtuoos, regkry.) En kyk wat nie alles in die volgende spreuk gebêre is nie! – oorlog en vrede; Israeli en Palestyn; man en vrou; 'n seksualiteit gebaseer op geweld, teenoor 'n verhouding gebaseer op denke en emosie (of sommer net, sou Neelsie wonder, op lis?):
130,570
Wat op so'n pittige manier in die kort tekste oorgedra word, word op 'n groot verskeidenheid maniere in langer tekste uitgewerk. Was daar maar tyd om uitvoeriger in te gaan op die verrassende en vir sy tyd gewaagde voorstelling van Jesus deur 'n verskeidenheid van vertellers in Skaduwees van Nasaret; of die manier waarop 'n besoeker van Venus geïntegreer word in die dorpslewe van die Karoo in Loeloeraai om groot en globale gegewens deel te maak van 'n oer-Afrikaanse wêreld; of die geskakeerde teenstellinge wat uitgewerk word tussen die ek-verteller Oom Gieljam en die "hy" wat die eintlike ek-bewussyn agter Doppers en Filistyne en 'n menigte ander tekste, kort en lank, dra; die verstommende mosaïek van lig en donker in Aan stille waters, of die donker ondergrond wat uitgewerk word agter en onder "kinderverhale" soos Die Krismiskinders, om van Brolloks en Bittergal nie te praat nie, soos ook in Mof en sy mense en dies meer. Oral en altyd is daar oënskynlik stille waters – en oral en altyd derwisje en derduiwels wat ronddraai en stof opskop of water in jou oë spat. Maar waarby ek tog 'n wyle wil versuim, is die immergroen tweeluik, Sonde met die bure (1921) en Herrie op die óú tremspóór (1925). Albei steun op die buitenissige gegewe van Langenhoven wat 'n sirkusolifant aanskaf en met sy familie op reis gaan na en deur Meiringspoort om te ontkom aan nimmereindigende sonde met die bure en dan, voorspelbaar, sy sonde met hom saamdra. Die kielierigheid van Sonde begin net oënskynlik met die olifant as die buitensporige teenwoordigheid op 'n tipiese klein Afrikaanse dorp; maar die leser kom gou agter dat die diskrepansie eintlik in 'n ánder spanning lê, naamlik dat "hulle almal eners is en ek is nie eners nie. Ek is anders" (Versamelde werke II, 21). Buitensporige komiek en klein-realisme skep hier saam-saam aan 'n genoeglike avontuur waarin elk 'n prikkel vir die ander word, en waarin daar tog geslaag word om agter die "bont bedryf van aardse dinge" (as ek W. E. G. Louw nou reg onthou) verrassende dieper insigte in menslikheid oor te dra. In Herrie wil die ongewone manier van skryf in die titel (nie Herrie op die ou tremspoor nie, maar Herrie op die óú tremspóór) die leser al voorberei op 'n ontsporing van die gewone. Hierdie tweede teks is veral gebou rondom 'n reeks "ontmoetings" – met 'n dominee, 'n konstabel, 'n magistraat, 'n suinigaard, 'n tevrede vrou, 'n boer, 'n aspirant-skoonseun en 'n professor. Maar Langenhoven vermy 'n indruk van oormatige planmatigheid en voorspelbaarheid danksy heelwat variasie in die aard van die ontmoetings, en slaag só daarin om die onverwagsheid van draaiende derduiwels onder die oënskynlik eenselwige oppervlak deurentyd te bly stook. In plaas van sedig en swaarwigtig te bly, word die dominee 'n man wat kan skaterlag; die konstabel kan hoegenaamd niks opspoor nie; die magistraat is die teenoorgestelde van wat Sagmoedige Neelsie van hom verwag; die suinigaard is eintlik goedgeaard en vrygewig; die tevrede vrou blyk hoogs óntevrede te wees; in die boer is daar niks van die korrelkop nie: hy is eerder redelik, hoflik en saggeaard. Net die aspirant-skoonseun is presies wat hy is, soos ook die professor – maar omdat die leser teen daardie tyd ingestel is op 'n binneste-buitenste omkeer van verwagtinge, word juis dít verrassend en ongewoon. En nes die leser dít begin aanvaar het, word al die verwagtinge omgekeer: nou stel die professor nie meer ongehoorde eise aan Neelsie nie, maar bied hom 'n eregraad aan. Die wêreld is eenvoudig nie wat hy was, of wat hy veronderstel was om te wees nie. Dít is wat gebeur as jy 'n olifant op 'n kleindorp loslaat. 'n Sleutelstrategie wat in dié verhale gebruik word, het ek (soos verskeie ander kommentators) destyds al aangedui, is dat hier nêrens 'n een- of enkelvoudige vertelsituasie voorkom nie, maar dat daar altyd verskeie vertellers binne-in en buite-om elke verhaal gebruik word – in so 'n mate dat mens kan sê dat die verhale as 't ware ­–vóórtkom­ uit die spanning tussen vertellers. 'n Byderhandse voorbeeld is die titelverhaal uit Die wandelende geraamte. Die primêre verteller word vereenselwig met die skrywer C. J. Langenhoven: hy heet Kerneels, verwys na sy eggenote as "Vroutjie", wat reeds aan die leser bekend sal wees uit talle ander geskrifte van Langenhoven, en verskaf uit die staanspoor aan die leser 'n ooggetuieverslag van die plasie in die Kouveld, in die koppe tussen die Klein-Karoo en die Groot Karoo, waar die verhaal hom afspeel. Die uiterste realisme waarmee die verhaal gesitueer word, moet dus uit die staanspoor die indruk van 'n "opgemaakte" verhaal – en die bonatuurlike gegewens daarin – teenwerk: Die leser moet dadelik weet dat sy of hy hom tussen vertroude en betroubare metgeselle bevind. En die (oënskynlike) eerlikheid waarmee Langenhoven vertel van die meisie met wie hy vanslewe 'n verhouding gehad het voordat hy later met Vroutjie getroud is, moet dan dien as waarborg vir die outentisiteit van wat daarop volg. Dat hy dan die ware naam verswyg van Carolina se pa wat op die betrokke plasie woon en oorspronklik die ontmoeting met die wandelende geraamte beleef het, beïndruk die leser nié as 'n verswyging en 'n rede tot wantroue nie, maar juis as bewys van die feit dat hy hier 'n vertroulike, ware verhaal vertel waarmee hy nie die werklike, lewende betrokkenes in 'n verleentheid wil stel nie: "Ek sal hom maar 'oom Dirk' noem en sy van verswyg (maar die Kouveldse mense sal almal baie goed weet wie ek bedoel) – ek sê die ou was byna my skoonvader. Maar op die end het Carolina my afgesê, soveel as daar dan was om af te sê. En daarin (soos Vroutjie sal instem) het Carolina wyslik gehandel want sy is met 'n beter man getroud as ek. So een, sal my bure sê, sal ook nie te skaars gewees het om te kry nie." (124) Die volgehoue selfspot hier, so fyn en kenmerkend van Langenhoven, versterk die werklikheidsillusie net verder. Die storie loop vlot: hoe oom Dirk as jong getroude man kom plaas soek het en toe deur 'n wandelende geraamte die pad aangewys is na 'n klipskeur en 'n begraafplek tussen die ghwarries, waar 'n volgehoue soektog weldra blootlê dat die tweelingbroer van die man wat mettertyd die plaas gekoop het, daar verongeluk het en nie weer tot rus kon kom voordat die twee broers weer kon saamlê nie. Telkens word die loop van die "bonatuurlike" verhaal onderbreek wanneer die verteller, oom Dirk, sy toehoorder, neef Kerneels, met vers en voornaam en kapittel aanspreek om die sfeer van die realistiese – en die reële – in die leser se gemoed lewend te hou: trouens, neef Kerneels, wat eintlik maar die passiewe toehoorder behoort te wees, word selfs as 'n aktiewe getuie bygeroep ("neef Kerneels, jy weet ook iets van die Kouveld se wind"). Ten slotte word alles bevredigend afgerond: "Die rustelose was tot rus gekom; die tweeling was weer bymekaar." Wat skering en inslag in dié kort spookverhale is, word tot die omvang van 'n roman uitgebrei in wat dikwels as die "eerste speurverhaal in Afrikaans" aangeprys word. Donker spore, oorspronklik in 1926 gepubliseer, het nie minder nie as ses-en-dertig uitgawes belewe totdat dit in 1974 in die Versamelde werke opgeneem is. 'n Jong verslaggewer, Sarel van Duine, met 'n "kinderlik eenvoudige glimlag" (dus: hoogs betroubaar!) begin by Die Burger werk (destyds, miskien ietwat meer as vandag, opnuut 'n aanbeveling van betroubaarheid) en word deur sy redakteur, Rompel, Ladismith toe gestuur om 'n "spookmoord" te ondersoek: "Man opgehang, doodverwurg, rooi streep om die nek, strop weg, geen ander spoor in die nabyheid nie, natgereënde safte grond, óú bekende spookplek." Op die eerste uiteensetting van die situasie, gesteun deur 'n berig van 'n hoogs betroubare bron soos Reuters, volg 'n verslag van die hofverrigtinge wat sowel die raaisel verdiep as die spanning opwek deur die gebeure uitdruklik te koppel aan die vermoede van 'n bonatuurlike ingryping – des te sterker omdat die hele opset so uiters realisties bly. Op kenmerkend Langenhoveniaanse maniere word die spanning volgehou en ook verbreed – onder meer deur spanninge teweeg te bring tussen weergawes van die gebeure in die Afrikaanse en die Engelse pers, tussen natuurlike en bonatuurlike verklarings, tussen getuies in die hof, en tussen boer- en ander mense uit die geweste. Die gegewe word ietwat verwikkel deur – natuurlik – 'n ontplooiende en struktureel nodige maar onoortuigende sentimentele verhouding tussen die jong Sarel en oom Koos se dogter Liena, die mins bevredigende aspek van die verhaal. (Maar dan: het selfs die grote Molière nie moeite gehad met die uitbeelding van die verhouding tusen 'n jong man en 'n jong vrou nie?) Deurentyd is daar realistiese trekkies wat die leser oortuig hou van 'n kenmerkende (Suid-)Afrikaanse landskap en sy mense; maar meermale verdiep dit ook tot die oortuigende oproep van groter en donkerder magte wat op die spel staan: wanneer Sarel en Liena na die waterkloof toe stap, raak die sfeer wat eers taamlik oorbekend-romanties voorgestel is, meer intens: "Alles maak maar die stilte stiller, die plegtigheid plegtiger…" Dit is juis die bewussyn van 'n stilte wat alles omgeef wat daaraan reliëf en die moontlikheid van verdere betekenisse verleen. En hiervandaan durf 'n mens dit dan waag om by Langenhoven se tyd en sy situasie verby te dink na die denkwêreld van latere skrywers en teoretici soos – selfs – Derrida. Sonder om te diep te grawe tot waar mens by inlegkunde uitkom, sou ek net wil suggereer dat selfs die titel, Donker spore gelees sou kon word as 'n (natuurlik onbewuste!) voorafskaduwing van Derrida, met sy voorliefde vir "spore" (traces), waarby 'n subtiele en ingewikkelde stel leesmoontlikhede geaktiveer word om in die letterlike speur-verhaal die veel groter soektog na betekenis te betrek. Daarom durf mens dalk ook versweë moontlikhede vermoed in 'n oënskynlik eenvoudige opmerking van Sarel: "Ek begin hartseer voel dat julle aanhou om met my te spot nes een wat op blinde paaie dool. Ek wil die oom gaan spore wys". (Is dít nie waarom die hele teks wentel nie?!) En dalk is dit tog nie so vergesog nie, omdat Langenhoven hom juis voortdurend bemoei – op soveel maniere en in soveel vorme – bemoei met die vraag na die vorm en aard van betekenis: hoe dit gevorm word, waar dit vandaan kom, waarheen dit dalk beweeg. Hy soek immers, selfs in die speurtog rondom 'n moord, nie maar net na die presisie en direktheid van 'n kaart nie, maar na die verwikkeldheid van 'n skildery, soos duidelik blyk uit 'n gesprek tussen Sarel en Liena: "Nee, Sarel; dis nie net die inhoud nie. Dis die uitsoek en die rangskik en die aanmekaar sit; die nadruk en versagting; die ligte, die skaduwees…" (150) Daarom word die soektog na 'n moordenaar ook 'n veel subtieler soektog na die self: "Oom, ek wil nie woorde ruil nie. Maar ken ons ooit mekaar? Ons ken onsselwe nie." (159) Meermale kom Langenhoven nie veel verder op dié pad op soek na waarhede en moontlikhede wat ánderkant sy storie lê nie: tog is daar deurgaans – in Donker spore, soos in soveel van sy ander werk, aangrypende aanduidings van 'n bewussyn van soveel méér wat daar, soos Van Wyk Louw sou sê, "om die grense/flikker van my duister woorde". Duister woorde; donker spore. En om dan weer 'n oomblik met Opperman te praat: "maar 'n duister land/ bedreig my alkant." Met die opspoor van die moordenaar – die afgetrede ou Professor Mierdyk wat nou as die boemelaar en kluisenaar Windskut saam met sy dogter hom aan die samelewing onttrek het – sê Sarel die betekenisvolle woord: "Ek het mos gesê ek sou jou die duisternis wys, Liena" (186). Daar word dus ten slotte op die wyse van 'n speurverhaal 'n "oplossing" gevind, maar op die keper beskou, is dit nié 'n finale afronding nie: nie soseer 'n antwoord nie as 'n wederwoord. Om te sê dat ou Windskut (wie se naam reeds 'n sleutel mag wees – nóg 'n spieël waardeur ons in die raaisel kan kyk) "iemand met 'n meervoudige persoonlikheid" is, gee 'n naam aan die raaiselagtige gebeure, maar laat die raaisel van die ander steeds onopgelos. Weer in Derrida se terminologie, staan ons hier voor 'n besef van différance, die term (in Derrida se spelling) waarin "verskil" en "uitstel" ("difference" en "deferral") mekaar ontmoet: die antwoord bly immers nie beslote in die hier-en-nou nie, maar verwys die leser na 'n ánder tyd, in hierdie geval 'n verre verlede. Uiteindelik bly dit dan tog maar by "donkerte" en "spore" – die spore gelaat deur die voete van iemand wat klaar weg is; maar ook die spore van 'n varing waarin nog onvoorsiene toekomste gebêre lê. In hierdie duisternis word die raaisel van die hede verbind met 'n lang geskiedenis ver daarágter – 'n sameloop van tye en tydperke. Soos dit in Aan stille waters I lui: Hiermee is die twee groot kondisies van ons menslike bestaan – om te wees en om te hê – tesame by die stille waters van gesamentlike begrip uitgebring en is dit vir bure nie meer nodig om in sonde of onbegrip saam te lewe nie.
130,571
Lees alles wat binnekort moet gebeur. Lees wat God die Vader deur Jesus Christus aan Sy diensknegte toon! Wie die dier is en wat die beeld van die dier beteken!
130,572
Die Israelse geskiedkundige Yuval Noah Harari hoop om mense met sy nuwe boek ’n bietjie anders oor die wêreld te laat dink. Foto: Gallo Images/Getty Images. Kunsmatige intelligensie, klimaatsverandering, tegnologiese ontwrigting en die 21 lesse wat ons almal moet leer . . . Sal die nuwe boek deur die wêreldbekende geskiedkundige Yuval Noah Harari ons met ander oë na die wêreld laat kyk? Die uitdrukking op sy gesig is effens verbouereerd. Yuval Noah Harari is heel gaaf, maar terwyl hy agter sy bril uitloer, lyk dit of hy dink: “Ek is nie seker wat ek saam met jou hier maak nie.” Dit word bemark as een van die belangrikste boeke wat vanjaar verskyn. Dit beteken die kollig sal oor die volgende paar maande fel op die bekendste geskiedkundige ter wêreld val – of hy nou daarvan hou of nie. Sy Engels is byna volmaak en hy het ’n welluidende stem. En hy beantwoord al jou vrae asof dit werklik saak maak. Om die ys te breek, vra ek hom eers oor sy familiegeskiedenis. “Hulle was volkome Pools. Maar sy sê steeds: ‘Weet jy, ek is Duits.’ Sy woon in ’n aftreehuis vir “Yekkes” – die Hebreeuse woord vir Duitse Jode – en om Duits te wees is skynbaar steeds die belangrikste ding in die wêreld vir haar. Jare lank was ek oortuig sy is Duits.” Albei sy ouers is gebore in wat toe nog Palestina onder Britse mandaat was. Sy pa, Shlomo, het op ’n kibboets in die Jordaanvallei grootgeword waar hy aanvanklik “die Israeliese mite ten volle uitgeleef het”. “Ek dink dit was oor die mikrobestuur van die plaas; oor of jy ’n keuse het of jy op die suiwelplaas wil werk of nie, en wie veronderstel is om die wasgoed te was – sulke dingetjies. En aan die ander kant oor die wêreldpolitiek – Wat dink jy van Stalin en die Koreaanse Oorlog? – en dit is alles saamgegooi.” Die gevolg was dat Shlomo by die kibboets weg is en op die dorpie Kirjat Ata, naby Haifa, beland het. Hy het glad nie in gesag van enige soort geglo nie. Maar hy het baie van geskiedenis gehou, en ons het baie besprekings daaroor en oor die wêreld gehad. Yuval se drie boeke wat hom in ’n uitgewersensasie – en waarskynlik die bekendste geskiedkundige ter wêreld – omskep het. Hy het in die Sesdaagse Oorlog van 1967 en ook in die Jom Kippoer-oorlog van 1973 geveg. “En hy het nooit ’n enkele woord gesê oor enigiets wat daar gebeur het nie.” Kirjat Ata, vertel Yuval, is naby ’n groot petrochemiese aanleg in Haifa-baai geleë en is bekend as die plek met die meeste besoedeling in Israel. Yuval was altyd ’n slimkop. Hy het op ses begin skoolgaan. Op sewe het hy ’n graad oorgeslaan. Op nege is hy van Kirjat Ata gestuur na ’n skool op die berg Karmel, wat ’n spesiale afdeling vir begaafde kinders gehad het. Dit was, sê hy, “een van die ergste, dalk die vormendste ervarings van my lewe. By daardie skool het dit oor die oorlewing van die slimstes gegaan. “Daar was net seuns. Elke jaar het hulle ’n paar meisies probeer inskryf, en elke jaar het die meisies baie vinnig gevlug. Want hulle het verstaan wat daar aangaan.” Die begaafde afdeling was deel van ’n groter skool, maar hulle het nie met die ander leerders gemeng nie. “Ons het onsself oortuig die ander kinders is gevaarlik; dat hulle ons sou tart en sulke goed,” sê Yuval. Hy gebruik ’n Hebreeuse woord wat klink soos iemand wat sy keel hard skoonmaak: “khnonim”, of so iets. “Dis letterlik die goed wat uit jou neus kom,” verduidelik hy. Hy was ’n swaarmoedige kind, sê hy. En ’n swaarmoediger tiener. Van jongs af het hy gevoel die wêreld het nie sin nie. Terwyl hy praat, is hy terug by die volwassenes wat nie begryp het nie. Hy het selfs die skoolberader oor sy gevoelens gespreek. En daarom is dit aan hom, die seun op die bergtop, oorgelaat om die wêreld van die dreigende vloed te red. Hy het sy toevlug tot die verlede geneem. Daarna is hy na Engeland, waar hy ’n doktorsgraad oor die militêre geskiedenis in die Middeleeue aan Oxford verwerf het. Hy het sy navorsing gepubliseer en ’n lektor geword. Toe hy gevra word om ’n kursus oor die evolusie van die menslike geskiedenis aan te bied, waarvoor die res van die akademici hul neus opgetrek het (vermoedelik wou hulle eerder oor die Nazi’s of die Koue Oorlog klas gee), het die idees ontwikkel waaroor hy in Sapiens skryf. Hy het op 21 uit die kas gekom, en terwyl hy steeds probeer sin maak het van die wêreld en sy plek daarin, het hy op 24 begin mediteer. Sy nuwe boek bestaan uit skryfwerk wat geredigeer is saam met verskeie lesings en artikels wat hy sedert Homo Deus gepubliseer het. “Binne ’n eeu of twee kan die kombinasie van biotegnologie en kunsmatige intelligensie (KI) lei tot liggaamlike, fisieke en geestelike kenmerke wat heeltemal van die huidige menslike vorm afwyk,” skryf hy. “Maar in 2018 is ons reeds in ’n baie ernstige wapenwedloop gewikkel. Die Chinese het dit drie of vier jaar gelede besef, dink ek; die Europeërs besef dit nou eers. Dit is verskriklike nuus, want jy kan nie hierdie plofbare tegnologie reguleer wanneer jy in ’n wapenwedloop betrokke is nie. Niemand kan enigiemand vertrou nie; niemand wil agterraak nie, en jy maak ál meer seker daarvan dat die ergste moontlikhede waar sal word.” In die veld van biotegnologie kan ons byvoorbeeld nie aanvaar almal stem saam oor die etiek van ’n algemene en gemeenskaplike menslikheid nie. “Die eerste stap om KI te reguleer is om ’n sterk wêreldgemeenskap te hê. Ek sê nie ’n wêreldregering of -ryk nie. Jy hoef dit nie so ver te voer nie. Maar jy het baie samewerking wêreldwyd nodig.” Die probleem van die afgelope paar jaar is, soos hy in die boek skryf, dat terwyl ons nou ’n wêreldekologie, -ekonomie en -wetenskap het ons met net nasionale politiek sit. Hy is nie teen afsonderlike nasies gekant nie, beklemtoon hy. Hy skryf dit is ’n illusie om te dink ons sal almal in ’n liberale paradys leef sonder nasionalisme. “Ons sal waarskynlik stamme wees wat in ’n chaos leef.” “En ek dink nie Brexit op sigself is ’n slegte idee nie. Ek bedoel, vir Brittanje om volkome onafhanklik van die EU te wees? Hoekom nie? “Elke minuut wat die Britse regering Brexit probeer bestuur, is ’n minuut minder wat hulle aan kwessies soos klimaatsverandering, KI en genetiese ingenieurswese bestee. “As jy voor ’n groot, skrikwekkende probleem te staan kom, wil jy hê iets bekends moet afleiding bied. Jy verstaan onafhanklikheid en nasionale soewereiniteit, en jy hou nie van immigrasie nie, maar dit is ou kwessies van die 20ste eeu. Van die 19de eeu. “Dis soos wanneer jy by ’n groot vergadering in die een of ander maatskappy ’n multimiljoendollarbesluit oor iets baie ingewikkelds moet neem en ’n $5-besluit oor die koffiemasjien. Julle sal twee uur lank oor die koffiemasjien praat en twee minute vat om oor die multimiljoendollarhervorming te stem, wat niemand buiten die tesourier in elk geval verstaan nie.” Hoe optimisties is hy oor ons hantering van die groter kwessies terwyl hy in ’n land woon wat sukkel om sy eie plaaslike probleme baas te raak? Is om oor die groter prentjie te dink nie dalk sy eie manier om sy aandag van die ingewikkelde probleme hier en nou af te lei nie? Hy erken Israeli’s verstaan die kuns baie goed om dinge bloot mis te kyk. “My kampus is op die berg Skopus in Jerusalem. En net onder die berg is Isawija, ’n Palestynse buurt. Niks keer jou om na Isawija te gaan nie. Daar is geen kennisgewing of versperring en geen soldate wat jou bewaak nie, maar sedert 1993 kom ek by die kruising en draai ek regs na Skopus. En ek was nog nooit in Isawija nie. Ek kyk baiekeer van bo-op die berg daarna, maar jy laat nie jou gedagtes daarheen gaan nie. Soos jy nie dink oor wat dit werklik beteken om ’n kind in Gaza te wees nie.” Toe hy 13 was, het die Berlynse Muur geval – dit was ’n wonderwerk, en daar was nie enige lewensverlies nie. En ek dink na oor ons gesprek. Yuval is nou wel ’n multimiljoenêr en ’n uitgewersensasie, maar dis moeilik om hom nie steeds as ’n seun op ’n bergtop te sien wat probeer om ’n afgetrokke wêreld na die dinge te laat kyk wat regtig saak maak nie.
130,573
Hou weer so baie van hierdie reël oor wat ‘n gedig is: en die gedig agterlaat soos versaakte vel? Met die slot: vervelde betekenis. Hierdie gedig gaan nie maklik koud raak nie. Die katolieke (d.w.s. alles-insluitende)proses in die gedig word so aangebied dat mens nie die identifikasie met ‘n afgegooide vel kan vertrou nie. Ek hoop jy sal nog in die toekoms soek in jou gedigte; dan is ons bevoorreg. Dankie dat ons só kan soek.
130,574
Die beamptes is sedertdien ná ’n interne verhoor tydelik geskors totdat die uiteinde van die saak bekend is. Mokoena het glo in Mei die boer genader en gedreig dat hy ’n saak van verkragting gaan oopmaak as die boer nie vir hom én Mofokeng betaal nie. Hulle is by ’n plaaslike vulstasie in hegtenis geneem waar die boer glo R4?000 se omkoopgeld aan hulle oorhandig het.
130,575
Kanarie handel oor ‘n 18-jarige Suid-Afrikaanse man, Johan, wat opgeroep word vir sy destydse militere-diensplig. Hy is angsbevange in sy uitkyk aangaande die grensoorlog in Angola maar vind nietemin sy niche in die Suid-Afrikaanse Weermag-koor, genaamd ‘Kanaries’. In hierdie milieu beleef hy reise, militere opleiding en smee terselfdetyd bande met sy mede troep-maters. In een geval egter, bou Johan ‘n hegte kameraadskap en soos hy verlief raak, begin hy stelselmatig alles in sy eie wereld bevraagteken.
130,576
Psalm 117 is tegelykertyd 'n bekende en onbekende psalm. Hierdie psalm is bekend as die kortste in die boek van die Psalms, maar daar is min teologiese refleksie op die psalm. Om die vraag na die teologiese boodskap van die psalm te beantwoord, is die psalm aan 'n eksegetiese ondersoek onderwerp waarin aandag gegee word aan sake soos die omvang van die psalm, tekskritiese kwessies, strukturele kenmerke, die literêre genre, "Sitz im Leben", datering, die gebruik van tradisiemateriaal, ensovoorts. Die eksegetiese detail het tot 'n teologiese gevolgtrekking gelei dat die (verbonds)liefde en trou van Jahwe wat die volk in die verlede ervaar het, die rede is waarom vreemde volke en nasies tot lof aan Jahwe opgeroep word. Die psalm het waarskynlik in die ballingskap ontstaan, reflekteer op die verlede en dien as motivering vir die toekoms wanneer die (verbonds)liefde en trou van Jahwe weer ervaar sal word.
130,577
‘n Paadjie in Ierland. Foto: Verskaf. Skarrelkind van Ireland skryf: Ek het die skrywe in verband met die groener weivelde van ander lande, “Die gras is toe nie groener elders nie”, interessant gevind. Ek verstaan egter nie die doel van die skrywe nie. Ek gaan aannames maak en vra: Is dit een of meer van […]
130,578
1899 – Die twee Boererepublieke – die Oranje Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek – sê die Verenigde Koninkryk die stryd aan; daarmee breek die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika uit.
130,579
Die beste 21 verhale uit die inskrywings vir Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. In hierdie bundel kan jy die pols van ’n nuwe generasie Afrikaanse skrywers voel. Die verhale dek die hele spektrum: die alledaagse tot die bonatuurlike; drama, humor en tragedie; liefde, seks, familiesake en natuurlik die lewe en die dood.
130,580
Hierdie bladsy is nié 'n ensiklopediese artikel nie. As jy hierdie bladsy op enige webwerf anders as Wikipedia aantref, besigtig jy 'n ou spieëlwebruimte. Wees versigtig, aangesien die bladsy verouderd kan wees en die gebruiker geen persoonlike belang in enige ander webwerf, benewens Wikipedia self het nie. Die oorspronklike bladsy is hier geleë: http://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Anas1712.
130,581
Molautsi het tydens die slotbetoë in die borgtogaansoek gesê die wreedheid van die oorledenes se moord moet in ag geneem word, asook dat, sou die beskuldigdes borgtog toegestaan word, hulle ʼn gevaar vir die gemeenskap en ander getuies kan inhou. “Die oorledenes se dood het die gemeenskap geskok.”
130,582
Kan ons nie maar uitsluitsel kry oor die benaming van poesaaklige Afrikaanse popmusiek nie? Vergun my om Afri-Poes voor te stel. Ter illustrasie kan jy gerus hierdie videos kyk wat ek tussendeur die artikel soos onkruid gestrooi het om saam met ons al die bedorwe elemente te identifiseer. Kyk of jy dit deur al die videos kan maak en dan trek jy jou stoel bietjie nader sodat ons so bietjie kan gesels. “Nee fok dit! Ek het ‘n nuwe styl ontdek. Dis die Bobbie Kallis hairstyle. Ek Jacques Kallis die kak uit my scalp uit, en dan Bobbie ek ‘n handvol slaksemen oor die ylerige outjies. Gooses smaak van pappegaainaai.” Terug by die song structure – daar is so tienton lorrie wat daar agter die bult staan. Dis vrot van die brommers, vlieë en aasvoëls maar Afrikaanse popsterre staan tou by hom. Hulle mind nie die stank nie, want hulle weet die fans smaak van kak. Die lorrie se naam is EuroVision en hy is belaai met kakbaie kak oorsee tunes teen ‘n bargain. Dis soos die Montana vlooimark van kak musiek. Hulle koop die regte vir daai songs en “verwerk” dit tot Afri-Poes treffers. Hulle sal binnensmonds erken dat dit nie hulle eie tunes is nie, sou iemand hulle uitvra daaroor maar min mense vra hulle uit daaroor. Daar is gewoonlik werk nodig om die songs te modifaai nie – 99% van die songs bevat reeds die kardinale key change. Daar waar hulle dieselfde repetitive chorus agter die Magaliesberg gaan haal en hom hierso by die vierde keer hoër sing. As daar ‘n video is wat die aakligheid op hierdie stadium vergesel, sal die sanger so wydsbeen as moontlik staan, asof hy sy ballas in ‘n beesdip laat probeer dangle. Die drummer gaan aapkak, maar dis OK want niemand in die gehoor het ‘n oor vir musiek nie. Hulle weet nie dat jy ‘n basic 4/4 beat met met iets soos Fruity Loops kan maak en kan las soos ‘n tweedehandse hosepipe nie. Jy kan vir die drummer ‘n paar Ricoffee blikke en liniale gee om die goed mee te bliksem asof daar Sondag geen kerkdiens is nie en niemand sal dit ‘n fok agterkom nie. Ons het al bietjie oor location gepraat, maar ‘n meerderheid van hierdie videos word ook iewers in kuierplekke geskiet, vermoedelik in Pretoria-Noord. Die “kunstenaar” ken gewoonlik die hoof van die hool of het ‘n tjommie wat die oggendskof by die bar doen. Hy gee hom in elk geval ‘n lift soontoe op pad na sy dayjob toe. Dis baie belangrik dat die bar segments van die video in die oggend geskiet word waneer die “band” nie gepla kan word nie. Die sanger wil actually in die aand gepla word wanneer hy van Woensdae tot Vrydae by die bar counter rondhang met dieselfde klere wat hy in die video gedra het in die hoop dat een of ander flossie hom gaan eye: “God, is jy nie Gertjie nie! Jy het mos daai song ‘Jou Hartjie Ssshaped Vagina laat my Lendes Klop’ gemaak! LOL!” Indien die aand met die skêr suksesvol was, sal treffers soos: “Voorbehoedmiddels is vir die Voëls” en “Enkelouer in Ermelo” moontlik die lig sien. Soms wens ek dat die website wat die kern van die roman “Draalnoot Vir ‘n Janfiskaal” vorm, regtig bestaan vir mense wat Afri-Poes musiek maak…
130,583
Ek het by die event aangekom net na een uur en was gegroet deur vriendelike gesigte, nie net deur die mense wat daar gewerk het nie, maar selfs die mense wat die event kom bywoon het. Almal het opwinding en ‘n soort verwagting gedra op hulle gesigte en in hulle oë.
130,584
Die bussie van die Wes-Kaap se span het laasjaar aanhoudend gebreek en ons geweldig baie geld gekos. Ons wou so graag die bus vervang, maar die geldsake het nie goed gelyk nie. In Desember het die bussie vir die soveelste keer gebreek en ons moes ’n besluit neem. Die bussie was gedaan. Ons neem toe ’n geloofstree … Toe kom die eerste deurbraak. Die Here stuur mense wat belowe om ons maandelikse paaiement te help betaal en ek besef dat ek iets kan soek wat nie heeltemal so oud is nie. Die volgende wonderwerk was toe die handelaar vir ons ’n ou bussie teen ’n baie goeie prys aanbied! Ek was in ekstase: ons sal ’n baie netjiese bussie met slegs 92 000 km op die klok kry. Ek besluit om dit te koop. Ons doen aansoek vir finansiering en ek verwag ’n oproep met die ja-woord … En toe val my wêreld inmekaar, ’n week en ’n half voordat ek die bussie moet hê. Die bank vra ’n groter deposito, en ek vind uit die paaiement is ook baie meer as waarvoor ons gehoop het. Die rentekoers was prima plus 4%. Ons kon dit eenvoudig nie bekostig nie.
130,585
Meeste persone was ook van mening dat dié omstrede jeugleier nie naastenby genoeg gestraf is vir sy verskeie oortredings die afgelope tyd nie.
130,586
Ek doen ‘n ernstige beroep op U om verantwoordelikheid te neem vir u toekoms en nie net vir u toekoms maar vir die toekoms van hierdie wonderlike land ons ons. Ons, die jeug is dit aan ons voorouers en almal wat hul lewens neergele het om die Vryheid van ons almal te verseker, verskuldig. Ons nasionale krises vandag is die wrede aanslag op ons jeug deur dwelmhandelaars en ander negatiewe invloede van die samelewing.
130,587
Jaco Losgelaat is reeds 'n bekende kunstenaar van die Kaap en is al goed gevestig in die musiekbedryf. Met sy energieke jong voorkoms gee hy kleur aan enige funksie of partytjie vir die laaste 6 jaar! Jaco het alreeds gehore vermaak regoor die Wes Kaap, wat vertonings insluit by die ABSA KKNK, Hermanus Walvisfees, Winter WonderLand, om maar 'n paar op te noem, en het al skouers geskuur met 'n paar van ons land se groot kunstenaars! “Gee my ’n kans. Ek is LOSGELAAT in die musiek wêreld om 'n verskil te maak. Gee my net een gleuf by jou geleentheid. Jy sal nie spyt wees nie!" Bookings: 0813577543 Email: info@losgelaat.co.za
130,588
Hy gaan na ’n webwerf toe (kom ons noem dit UmhlabaWethu.co.za) en maak ’n kaart oop wat hom elke eiendom in Suid-Afrika laat sien, gewaardeer deur die eienaar van die eiendom. Hy kan enige eiendom koop deur net op die eiendom te klik, teen die prys wat die eienaar vra. Die reg om uit te sluit, ’n belangrike deel van private eiendomsbesit, word geskrap in die nuwe stelsel. “ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n faktor wat noodsaaklik is vir die bedryf van die markekonomie.” Kragtens ’n Cost word ’n gedeelte van die gebruikswaarde openbaar en oorgedra aan die publiek deur die belasting; hoe hoër die belasting, hoe hoër die gedeelte van gebruikswaarde wat oorgedra word.” Daarom sal alle eiendom in ’n permanente veiling wees, waar die eienaar die prys bepaal (maar vir dié prys in belasting betaal). Gestel ’n private belegger wil ’n hoëspoed-enkelspoor in Kaapstad bou. In dié stadium sal dit amper onmoontlik wees, omdat die eienaars van eiendomme op die voorgestelde roete hul eiendom sal terughou om ’n hoër prys te kry, met die wete dat hulle monopolistiese onderhandelingsmag het. ’n Cost sal ’n belegger in staat stel om al die eiendomme aanlyn teen die gelyste prys te koop, hulle te kombineer en die enkelspoor te begin bou. (Hy moet natuurlik ook die eiendom waardeer en belasting betaal. As ’n ander belegger meen hy kan ’n winsgewender enkelspoor bou, mag hy slegs die oorsponklike belegger se gebruiksreg uitkoop). Dit verminder nie net ongelykheid nie (met 4 Gini-punte volgens hulle berekeninge), maar is ook ’n subsidie vir die armstes. In Suid-Afrika, sal Cost gekoppel aan ’n Big ver meer doen om armoede te verminder en ongelykheid te takel as ’n beleid soos onteiening. Onproduktiewe grond sal ’n regstreekse koste vir die hele gemeenskap wees; hoër eiendomswaardes beteken meer belasting en beteken dat meer aan almal verdeel kan word. Soos die outeurs dit stel: “ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n noodsaaklik faktor vir die werking van die markekonomie.” “Die verdeling van rykdom sal verder ooreenstem met die algemene siening oor geregtigheid. Rykdom word selde uitsluitlik geskep deur die optrede van die mense wat onder kapitalisme daarvoor betaal word. Hulle trek gewoonlik voordeel uit die hulp van vriende, kollegas, bure, onderwysers en baie ander mense wat nie ten volle vergoed word vir hulle bydraes nie.
130,589
Ek is n plat op die aarde mens, eerlik, lojaal, liefdevol, prettig en vol lewe. Ek is n buitelug mens wat graag kamp, visvang, swem, dans, lees, lief vir musiek en mal oor die see
130,590
Die boukontrakteur wat betrokke was by die aanbouings aan die huis in Alberton wat Maandag ineengestort het, gaan help om vir die sewe werkers wat dood is se begrafnisse te betaal. Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê daar is nie planne ingedien vir die aanbouings aan die huis in die Meyersdal Eco-landgoed nie. “Enige bouer wat ‘n struktuur wil oprig, moet eers planne vir goedkeuring indien, soos wat deur die wet vereis word.” Net geweet daar is weer iets onwettigs aan die gang so MNR ek sal so dink jy moet betaal vir die mense se begrafnisse jy moes mos kennis dra dat daar planne moes wees weereens probeer skelm wees vir geld geld geld!
130,591
Is die Bouer ‘n goedgekeurde bouer, seker nie, want dan sou die struktuur nie ingeval het en hy nie gebou het sonder planne…… Die persoon het nou groot waardeskuld en ek twyfel of hy dit in sy lewe sal kan terugbetaal.
130,592
Jy weet ek wens die godsdienstiges wil besef dat hulle nie die enigstes is met ‘waardes’ nie. En dat die afwesigheid van godsdiens nie die onmiddellike ineenstorting van die samelewing in `n Babiloniese orgie impliseer nie. Ek vrees die klomp goed begin nou besef dat hul argumente vol gate is en dat die sekulêre wêreld hulle gaan bekamp omdat staats geld nie links en regs geblaas kan word op hulle persoonlike voorkere nie.
130,593
Drie boe­ke is in die nu­we kin­der­boek-ka­te­go­rie vir Sa­la-pry­se ver­eer waar­van die kin­der­rym­pies Moe­nie hier­die boek eet nie! en die pren­te­boek Daar’s nie ’n kro­ko­dil in hier­die boek nie deur Ja­cobs ge­skryf en deur La­pa uit­ge­gee is.
130,594
Dit is ‘n stresvolle gedoente om vir ‘n sang-oudisie te gaan! Des te meer as jy niks van gehoortoetse af weet nie. Hulle aanvaar dat almal hard werk en probeer om die werkslas so billik as moontlik oor die personeel te versprei.
130,595
Hou van alles wat "lekker" is - sal jou soos 'n dame laat voel en al die regte "knoppies" druk. Kom ons probeer...
130,596
1 Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 5 Groepstudie 3 4 Maart 2. Die wat treur i. Wat is vir jou lekker van ons gemeente? ii. Hoe voel jy oor waar jy tans in jou lewe is? (As jy wil deel.) ii. Bid dat die Gees julle sal seën met insig en n openbaring van God. iii. Lees Matt. 5:4. Lees dit self deur en dan iemand uit die groep. iv. Hoe verstaan jy dat iemand geseënd is as hy huil? v. Bedoel die gedeelte dat as jy n Christen is, jy baie gaan huil, anders is jou geloof nie opreg nie? vi. Treur is deel van die sondige lewe, hoe beleef jy die seën? Kyk na Jes. 43:1-5, Joh. 11:33-38 en 2 Kor. 4:16-5:2 vii. Waarin lê die troos vir ons wat huil? viii. Kyk ook na Joh.14:12-17 en 16:19-24,33. ix. Die Gees troos natuurlik deur Woord, gebed en ander gelowiges. Wat is ons verantwoordelikheid? x. Wat het jy gehoor? Treur jy of ken jy iemand wat treur? Is ons as gelowiges n troos vir die wat treur?
130,597
Hier is ‘n recording van die stuk deur Gomgat Bloukaas. Ek het my gat af gelag, die kak kombuistaal is toe nou nie so maklik om te verstaan nie! LOL
130,598
En Jack Parow gaan groot word hier aan die ander kant van die wêreld. Hy is in Julie in Amsterdam, saam met Die Heuwels Fantasties. En ek het my kaartjie gekoop 😛 Die Hollanders moet maar hulle klompe vat en gaan kaas maak 'n stompie of twee gaan rook in Amsterdam!
130,599
Crown is 'n industriële gebied van Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is in Johannesburg se B-streek geleë en word grootliks deur Swartes bewoon.