id
int64
0
131k
text
stringlengths
99
227k
130,400
Ons kleinkinders verskaf ons oneindig vreugde. Daarbenewens is daar soveel te leer in die dinge wat hulle doen en sê. Dit laat my dink aan ons eie onvermoë om ons geloofsvertroue te verwoord. Ons kruip ook dikwels weg agter die verskoning dat ons nie so gemaklik kan praat soos ander mense nie, nie al die teksverse en terminologie onder die knie het nie en nooit by ʼn Bybelskool was nie.
130,401
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog nie. ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
130,402
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.
130,403
Die pic op Melmoth geneem. Terwyl die drywer moes wag dat hulle sy "voertuig" vol diesel maak het hy doodluiters by Steers ingestap en vir hom 'n burger en Coke bestel. (Take away) natuurlik.
130,404
Dit is ’n skreiende skande dat die ANC nie gister in die wetgewer wou toegee aan versoeke dat politici soos Ace Magashule, oudpremier van die Vrystaat, Mosebenzi Zwane en Mamiki Qabathe, oud-LUR’e, moet kom verduidelik wat in die Vrede-suiwelprojek skeefgeloop het nie. Neels van Rooyen, voorsitter van die openbare rekeninge komitee, het dit as “ ’n mors van tyd” afgemaak. “Van Rooyen is veronderstel om die finansies van die provinsie in die wetgewer te beskerm, maar het sy plig versuim deur die ANC-politici te beskerm wat betrokke was by die besluitneming oor dié projek,” sê Jankielsohn. ’n Besluit is ook op die vergadering geneem dat die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie (VOK) wat die projek sedert 2014 namens die Vrystaatse departement van landbou bestuur, sy ooreenkoms met die maatskappy Open Waters moet uitbrei sodat ’n soektog kan begin na die honderde koeie wat vermis geraak het voor en ná die VOK se oorname. Jankielsohn wou weet hoe die koeie kan wegraak as ’n veiligheidsmaatskappy maandeliks R20 000 betaal word om hulle op te pas. ’n Besluit is ook geneem dat daar gesoek gaan word na die R50 miljoen wat nie verklaar kan word nie nadat altesame R70 miljoen in die 2016-’17-geldjaar van tesourie na die Vrystaatse departement van landbou vir die projek oorbetaal is. Die VOK sê hy het net R20 miljoen van die geld ontvang. Jankielsohn het gesê as daar nie begunstigdes is nie, moet oorweeg word om die projek te sluit en met ’n nuwe projek te begin nadat die oue verkoop is. Dit was nadat Estina later die titelakte vir die gastehuis gekry het, terwyl die Indiese maatskappy glo geen bydrae tot die projek gemaak het nie. Estina het in 2016 weer die gastehuis aan Chandrama Bhan Prasad vir R1,35 miljoen verkoop terwyl hy ook die Vrede-suiwelprojek vir Estina bestuur het.
130,405
Uitkyk in die lewe is n goeie man vir my gesin.Ek het tonne liefde om te gee,kom nog van die ou ou soort af romanse tye en pick nick op die gras !!
130,406
Die Hennie Steyn brug oor die Oranjerivier is die langste pad-spoor brug in Suid-Afrika. Dit is die ideale plek om na die sonsondergang te kyk en om 'n 'sundowner' te geniet, asook sterrekyk na donker. Voëls kyk, wildbesigtiging, rotsskilderye en sterrekyk is van die aktiwiteite beskikbaar in die onmiddellike omgewing. Dit was opgerig as die woning van hierdie sendeling. Nou huisves dit 'n uitstalling oor die sendelinge hier en ook oor die geskiedenis van die streek. Huishoudelike items, sowel as klere, voertuie, meubels, dokumente en 'n foto gallery word uitgestal. Die lewenstyl van die tydperk kan ook waardeer word deur besoekers. Die Ossewa Monument het 'n ossewa deur osse getrek daarop gehad. Dit was gemaak van gesmelte weggegooi patroondoppies uit die Anglo-Boereoorlog. Dit het in 1938 die Groot Trek herdenk. Na die osse deur diewe gesteel was in die negentigerjare, is die ossewa verwyder en na die nabygeleë Pellissierhuis Museum verskuif waar dit nou steeds besigtig kan word. Replikas van die osse is gemaak met die oorspronklike vorm en word nou uitgestal saam met die ossewa in die museum.. Aangesien daar 'n moontlikheid was dat die gebied waar die oorspronklike konsentrasiekamp-begraafplaas geleë was, oorstroom kon word as 'n gevolg van die bou van die Gariep Dam, is 'n besluit geneem om die 1 737 oorskotte op te grawe, te skuif en herbegrawe by die huidige begrafplaas terrein sowat 3 km buite Bethulie. Dit het die geleentheid gebied vir 'n verskeidenheid watersport asook verblyf vir besoekers aan te bied soos kampeer, Karavaan staanplekke, Rondawels en Chalets. Al is die oord tans oop vir die publiek, het die geriewe gedurende die afgelope paar jaar ongelukkig in onbruik verval. Dit is nog steeds die uitstappie werd om daarheen te gaan. Hier was 'n verskeidenheid wild aangetref. Ongelukkig, net soos die Bethulie Oord het dit ook in onbruik verval en daar word tans geen wild meer aangetref nie. Die DH Steyn Brug is 'n pragtige boog-brug wat oor die Oranjerivier strek en verbind die Vrystaat en die Oos-Kaap en is ook op die grens tussen die twee provinsies gelee.. Die Tussen Die Riviere Natuur reservaat is in 1972 gestig en begin in 'n dig beboste gebied waar die Caledon-rivier aansluit by die Oranjerivier in 'n noord-oostelike rigting van Bethulie. Vandaar die naam "Tussen-die-Riviere". Dit is 22.000 ha groot. Majestueuse diere, interessante rotsformasies, pragtige grasvlaktes en rivier klowe maak hierdie reservaat op die suidelike punt van die Vrystaat 'n bestemming wat nie misgeloop moet word nie. Dit is vierde grootste kunsmatige meer in Afrika, met 'n damwal van 90 m (300 ft) hoog en 'n maksimum kapasiteit van 5 958 000 000 kubieke meter (1 314 000 000 000 liter), is dit deel van die Oranjerivier-projek, 'n groot en komplekse besproeiing skema vir die verspreiding van die water uit die rivier. In 1975 is die 82.5 km (51 myl) Oranjerivier - Vis Tonnel amptelik geopen. Dit is die wêreld se langste water-tonnel, met 'n deursnee van 5.35 m (17.5 ft). Dit lei water uit die Gariepdam na die vallei van die Visrivier en verseker sodoende 'n voldoende watervoorraad vir Port Elizabeth. Aan die noordekant van die dam is die Gariep Natuur Reservaat geleë (area 36.500 ha/90, 000 AC). Hier is baie wildspesies soos wildebeeste en die grootste bevolking van springbokke in Suid Afrika. In die dorp aan die westelike kant van die park is 'n vakansie oord met verblyfgeriewe vir besoekers, ook sportgeriewe, 'n winkelsentrum en 'n restaurant. Hierdie reservaat, wat oor 'n gebied van sowat 12 000 hektaar strek, vanaf die Gariep-damwal al langs die Vrystaatse grens tot by Bethulie. Dit is 'n reservaat van kontraste, waar die oop vlaktes oorheers word deur gemengde Nama-Karoo plantegroei, skakel baie koppies en rante aanmekaar. Die pragtige Karoo-landskap langs die waters van die Gariepdam skep 'n rustige atmosfeer wat jou in 'n ontspannende bui sal kry. As jy jou bemoei oor 'groen aangeleenthede', dan het die Gariep Natuur Reservaat baie om by te dra. 'n Paar jaar gelede was daar minder as 'n honderd van die pragtige Kaapse Bergsebra oor in die wêreld. Gedurende die laat jare sewentig is 'n teelprogram begin met twaalf Kaapse Bergsebra wat van die Kaapse Bergsebra Park naby Cradock ontvang is. Tans is daar meer as sewentig van hierdie diere in die Gariep Natuur Reservaat. Sommige is reeds oorgeplaas na ander plekke. Dit is ook die noordelikste punt in die wêreld waar 'n mens die Kaapse Bergsebra sal aantref. Ander diere wat jy onder oë sal kry, sluit koedoes, gemsbokke, springbokke, blouwildebeeste, die tweede grootste trop swartwildebeeste in die wêreld, rooibokke, blesbokke, rooihartbeeste, steenbokke, elande, rooiribbokke en klipspringers in. Teen skemer kan jy gelukkig genoeg wees om 'n paar klein roofdiere soos aardwolwe en bakoorjakkalse te sien terwyl hulle soek na 'n sappige maaltyd van termiete en ander insekte. Tydens 'n wilduitstappie in die Gariep Natuur Reservaat kan jy troppe van meer as 'n honderd bokke op 'n slag teëkom. Dit is 'n gebeurtenis wat jy slegs op 'n paar plekke in Suid-Afrika kan ervaar.
130,407
Vergifnis was nog altyd ’n tameletjie. Ons sondige natuur hou veel eerder vas aan die Ou Testamentiese beginsel van [...]
130,408
Ek wonder hoekom jy hierdie pamflet lees? Miskien sit jy iewers en is dalk net verveeld? Jy het dit [...]
130,409
Mag ek vir jou namens baie Wellingtonners innig dankie sê vir jou huldigingsgedig wat ‘n treursang is? Jy het ‘n wysie gegee aan dit wat onthou moet word. Want die afgryse sal ons bybly.
130,410
Hy het op ’n inligtingsvergadering van die te stigte organisasie Mpumalanga-landbou gesê hy is veral ontevrede oor die departement landbou, bosbou en vissery se eis ná die onlangse plaaswerkerberaad in Somerset-Wes dat Agri SA vir sy optrede op dié kongres om verskoning vra. “Ons wil steeds saamwerk en help bou aan die nuwe Suid-Afrika en ’n volhoubare en mededingende landbou-sektor.” Hy het ook gewaarsku die land kan nie toelaat dat al die politieke mag in Suid-Afrika in die hande van politici is nie. “Dis die burgerlike samelewing se taak om die balans te hou. Hierin het landbou-organisasies ’n groot rol te speel.”
130,411
Reg, sal al die kindertjies wat elke weeksdag om 11:00 vir ’n hele halfuur lank na die kinderstorie op RSG luister asseblief hulle handjies opsteek? Sien ek enetjie daar doer ver? En die mammas en pappas? O wag, hulle is by die werk. Oumas en oupas? Ekskuus, harder? Toemaar, ek hoor ook nie so lekker nie. Inderdaad was die oorlog erger, en ek erken ’n mens behoort eerder te kla oor hoe die korrupsie op die Gupta-skaal meet en dies meer, maar dit gaan hier om radio. Sedert die Siembamba-dae is ek ’n luisteraar: vroegoggend voor die radiogram, ’n substansiële affêre op sulke regop 1970’s-pote, vir ’n storie so kort soos ’n asemteug. Dís my punt: G’n kind se aandagspan hou vir ’n halfuurlange tjommelrige radiostorie nie. Grootmense s’n ook nie. ’n Mens kan ook net ­soveel keer deur knersende tande neurie “draai sy nek om, gooi hom in die sloot . . .” voordat jy oorslaan na “sit dit af, sit dit af!”
130,412
Die onvermoë om die Guptas terug te kry in die land het ook kole op sy hoof laat neerkom, maar hy het gesê daar sal geen heilige koeie wees rondom die ondersoek nie. Hy het egter nie gemeld in watter jaar die saak afgehandel gaan wees nie.
130,413
’n Projek is ook geloods om nuwe teater-resensente te ontwikkel. “Kritiek is daarop gemik om kunsjoernalistiek in Suid-Afrika te bevorder en te ondersteun. Die doel is om aan individue met ’n belangstelling in kunsjoernalistiek ’n geleentheid om vaardighede in die skryf van analitiese en in diepte resensies te bied,” sê sy. Hugo Theart, kreatiewe hoof van die KKNK, sê die inhoud van die feesprogram was van hoogstaande gehalte. “Dit was wonderlik om die magdom jong talent te beleef en hul kreatiwiteit en entoesiasme was ’n inspirasie. Wat ’n vreugde om Suid-Afrikaanse kuns en kultuur in die Klein Karoo te vier,” sê hy. “Daniel Hugo se keurige hand en vaardigheid met die boekeprogram was ’n hoogtepunt en dit was ’n voorreg om dié week politici, digters, skrywers, akteurs, regisseurs, tegnici, kunstenaars en musikante in die Klein Karoo byeen te hê – om nie net gehore te vermaak nie – maar om te debatteer, argumenteer en sodoende konstruktief en deur middel van die kunste ons land en wêreld se kwessies te takel,” sluit hy af. Die Keldery op Vredendal bied ’n heerlike Valentynsdag-ete vir jou en die spesiale persoon in jou lewe. Die ete... Miljoene jare gelede was die Knersvlakte met water bedek, ’n groot delta wat deur die prehistoriese Garieprivier geskep is....
130,414
Ek praat nie van die misdaad en die politieke korrupsie en die aaklige Afrikaanse musiek op Radio Sonder Grense nie – wel, dit ook! – ek praat van al die nuwe openbare vakansiedae en spesiale herdenkingsdae wat deesdae op die Suid-Afrikaanse kalender pryk. Dis nie net van die Ou Suid-Afrikaanse vakansiedae (soos Geloftedag) wat skielik afgewater is tot vae konsepte (soos Erfenisdag) nie. Daarvan het die meeste van julle wel teen hierdie tyd al gehoor! Dis die totaal onverwagte mode-dae, soos Sekretaresse-dag, soos Baas-dag, ensovoorts. Hierdie dae is nie gewortel in die oeroue geskiedenis van ons beskawing soos byvoorbeeld Kersfees of Yom Kippur nie. Dis nie deur Moses op ‘n kliptablet oorhandig, of ontdek in ‘n grot naby die Rooi See nie. Dis triviaal. Ek vermoed dis alles net geldmaak-foefies.
130,415
Johan Diederik Ungerer Geldenhuys is op 6 Augustus 1947 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer met sewe onderskeidings aan die Hoër Seunskool Helpmekaar. Hierna verwerf hy in 1971 ’n M.A.-graad in Engels aan die Randse Afrikaanse Universiteit met ’n verhandeling oor “The development of W.B. Yeats towards 'intellectual synthesis: a study of his use of symbols and sources”. As onderwyser gee hy klas in Engels, Latyn en Afrikaans en sedert 1979 is hy Hoof van Taaldienste vir die Nedcor-Groep. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 1973 is hy met Sonnette Cecilia Briel getroud en hulle het twee kinders, ’n seun en ’n dogter. By geleentheid skryf hy Afrikaanse gedigte wat onder andere in Standpunte gepubliseer word. In Afrikaans vertaal en verwerk hy[1] “Sonnette van Shakespeare”[2] in Afrikaans. Hierdie uiters moeilike taak verrig hy met bedrewenheid, veral aangesien hy die gedigte in Afrikaans vertolk eerder as letterlik vertaal en daardeur ’n eie stempel en ’n plaaslike idioom en gees daarop afdruk. Vertalings van Shakespeare laat onvermydelik van die inhoud en seggingskrag van die oorspronklike verlore gaan, maar die verwerkings is nogtans ’n aanwins vir die Afrikaanse poësie en taal. “Taal en twak” is ’n digbundel met kwatryne waarin die draak gesteek word met taalteoretici. Sy kreatiewe werk is egter hoofsaaklik gedigte in Engels, wat aanvanklik in tydskrifte soos Standpunte en Contrast verskyn en daarna in talle digbundels gepubliseer word. Hierdie bundels sluit in “A Crossing of Gods”, “Pellucid Paradigm”, “Structured space”, “Son of the Sun” en “The Third Way”.[3] “Psyspy” is ’n spioenasieriller in versvorm, terwyl[4] “The Easter Visitor” [5]en “Gospel 2000” epiese gedigte is. In samewerking met H.B. Falkena skryf hy die satiriese roman “Fool’s enterprise”, waarin die draak gesteek word met die mediese professie en veral die perverse inisiatiewe wat deur hulle besigheidsmodel geskep word. Dit is finansieel veel voordeliger wanneer mense siek is en siek bly, as wat dit is om hulle te genees.Hy skryf ook verskeie taalkundige handleidings, onder andere “Finansiële Teksvertaling” saam met E.E. Viljoen en F.W. Wolff, en versorg verskeie woordeboeke, waaronder die “Finansiële Woordeboek”. As vertaler is hy verantwoordelik vir die vertaling van “Die apokriewe evangelies”.
130,416
Die polisie het ’n vroue-ondersoekbeampte van die eenheid vir seksuele misdrywe aangestel om die saak te ondersoek van die Pretoriase ma wat verkrag, met ’n tuinvurk aangerand en vir dood langs ’n pad gelaat is. Sy kan nie die voorval onthou nie, maar is langs die Mabopane-snelweg buite Pretoria gevind met ’n gebreekte regterarm en -been en ’n gebreekte kakebeen. Twee polisiemanne het die vrou se verklaring kom haal wat haar skoonsuster, ook ’n polisiebeampte, meer as ’n week gelede afgeneem het.
130,417
Die berig Sê jou sê: Reitz4 - is die UV skuldig? verwys. As die universiteit sy eie reëls oor die hantering van die saak toegepas het, het hy eerstens probeer uitvind wat die studente se kant is en die saak anders hanteer.
130,418
29.07.10 19:42: Kuzbass42 » MaSя, Жааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааааадинааа ааааааааааааааааааааааааааа!
130,419
Die rede hoekom ons ʼn lewe moet leef wat anders lyk en ʼn verduideliking eis is die koninkryk. Die verduideliking wat ons moet gee hoekom ons lewe anders lyk, is die koninkryk. In hierdie preek leer ons meer wat dit is en hoe ons moet leef om eers die koninkryk van God te soek.
130,420
Luister, so sê die Here wat jou geskep het: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jes 43:1) Hoe jy jouself sien, het ’n groot invloed op hoe jy God sien en hoe jou verhouding met Hom lyk. Die manier hoe jy leef, hoe jy oor Hom getuig, hoe jy die lewe sien en ervaar begin alles by jou identiteit. En ons weet waar ons identiteit lê: Ons is God se kinders. Hy is ons Vader. Ons kan liefhê, want Hy het ons lief. Ons kan vir mekaar omgee, want Hy gee vir ons om. En ons hoef nie bang te wees vir die wêreld nie, want Hy sorg vir ons. Ons is kosbaar en spesiaal en het ’n belangrike rol om in die lewe te vervul.
130,421
Ek gesels graag en het 'n goeie sin vir humor. Help graag ander en is lief vir die natuur. Die bosveld is my gunsteling. Wil iemand hê wat my kan laat lag en op beur wanneer ek nie te vrolik voel nie. Iemand wat my soos 'n man kan laat voel en vir wie ek op my hande kan dra. 'n man vir haar kan wees en wat ek kan lief hê sonder pretensie en sonder enige by bedoelings. Een wat ek kan bederf en een wat dankbaar is vir die klein asook die groot goed in die lewe.
130,422
ü Watter bybel gedeeltes is deurslaggewend in die onderrig oor die vrees van die Here? Let veral op die magtige dade van God wat beide Sy liefde en geregtigheid, vriendelikheid en strengheid wys.
130,423
Viewin die Barbie artikel. Die beste foto s van barbie poppe n groot versameling van die mode klere vir barbie Op ons werf sal jy 'n groot aantal van die beste versamelings van foto's in 'n uitstekende gehalte te vind. Jy kan maklik jou interessante en pragtige beelde en kan gratis aflaai.
130,424
WINS het vir Renier gevra om ‘n tikkie oor homself en sy inspirasie vir “Nader” met ons lesers te deel:
130,425
'n Voorbeeld van ons Hulpnavrae. Moenie op enige hulpnavraag hieronder reageer nie, want dit is 'n ou weergawe: [Hekmotor] (51455) Ek het 'n hekmotor (stukkend) wat ek gratis wil weggee, indien iemand dit dalk kan herstel of die onderdele kan gebruik. [Werk] (52457) Ek is op soek na werk by 'n kleuterskool in Krugersdorp omgewing. Laat weet my asseblief as poste beskikbaar is.
130,426
Die verskillende grondliggende vorms van sneeukristalle is afhanklik van die temperatuur: By laer temperature ontstaan sneeukristalle in die vorm van plaatjies of prismas, terwyl hoër temperature sesarmige dendriete (sterre) laat ontstaan. Ook die lugvogtigheid oefen 'n invloed op die kristalle se groei uit. Die vorming van sneeukristalle laat die temperatuur in 'n wolk styg aangesien die kristalle tydens die vriesproses warmte vrystel, terwyl hulle warmte opneem sodra hulle verdamp. In die geval van 'n hoë termiek beweeg die kristalle verskeie kere vertikaal deur die atmosfeer, word gedeeltelik opgesmelt en kan weer opnuut kristalliseer. Hierdie proses verander die oorspronklike reëlmatige struktuur en lei tot 'n groot aantal ingewikkelde mengvorme. Dikwels word daar beweer dat twee sneeuvlokke nooit dieselfde sou lyk nie. Die navorsers Bentley en Humphreys het in 1962 meer as 6 000 verskillende kristalvorme getel. Net soos met hulle groot antal vorme verbaas sneeukristalle ook met hulle simmetrie wat van hulle ook 'n gewilde voorbeeld van die fraktale geometrie gemaak het. Die verskillende vertakkinge groei in 'n sneeukristal steeds op dieselfde manier en blykbaar ook met min of meer dieselfde snelheid, selfs as hulle spitse, waar hulle verder groei, dikwels 'n paar millimeter uitmekaar lê. Moontlik is die groeitoestande aan die spitse van verskillende vergelykbare kernplekke op gelyke tydstippe ook min of meer dieselfdes.[2] 'n Gewone heksagoniese dendritiese sneeuvlokkie, vergroot met 'n lae-temperatuur skanderende elektronmikroskoop. Die beeld is kunsmatig gekleurd om die sentrale vlokkie te beklemtoon. Sneeu het sy wit kleur eweneens aan die yskristalle te danke, waarvan elkeen net soos ys deursigtig is. Die lig van alle siigbare golflengtes word op die oppervlaktes, wat die yskristalle teen die omgewingslug afgrens, geweerkaats en verstrooi. 'n Groot aantal yskristalle wat deurmekaar geposisioneer is lei tot 'n diffuse weerkaatsing, en die sneeu kry 'n wit voorkoms. 'n Soortgelyke verskynsel tree byvoorbeeld ook by sout op wanneer 'n mens poeier en groter kristalle met mekaar vergelyk. Die grootste sneeuvlok wat ooit raakgesien is het 'n deursnee van twaalf sentimeter bereik. Gewoonlik is die deursnee egter tot sowat vyf millimeter met 'n gewig van 0,004 gram beperk. Die sneeuvlokke begin groter word sodra die lugtemperatuur styg. By hoër temperature smelt die yskristalle en begin aan mekaar verkleef te raak sodat hulle groter vlokke vorm. Sodra 'n sneeuvlok op water val veroorsaak dit vanweë die lugborrels wat daarin ingesluit is 'n skril geluid met 'n hoë frekwensie van tussen 50 en 200 kilohertz (wat vir mense egter onhoorbaar is).[4] Die watergehalte (of waterekwivalent) van 'n sneeulaag en sy digtheid speel 'n belangrike rol in die klimatologie en hidrologie. Ook die sneeugrens, wat sneeubedekte en sneeuvrye gebiede van mekaar skei, is 'n belangrike klimatologiese kensyfer.
130,427
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingsvraag lui soos volg: Met spesifieke verwysing na die gekose dramas, op watter wyse word die Kleurling en sy gemeenskap in die post-apartheid-teater uitgebeeld? Ten einde hierdie vraag te kan beantwoord, moes daar na spesifieke punte gekyk word. Eerstens is daar, met behulp van die identiteitsteorieë van Erik Erikson en James Marcia asook die teorieë rakende rasse- en etniese identiteit, gekyk na wat persoonlike identiteitsvorming behels. Vanuit hierdie teorieë kom ek tot die slotsom dat die individuele identiteit ’n konstante proses is wat gedurig aan die vorm en hervorm is, veral tydens die adolessentejare. Tweedens is daar gekyk na wat groepsidentiteit behels. ’n Groep word gekenmerk deur die aard van die verhoudings tussen sy lede en speel ’n sterk rol in die strukturering van identiteite. Groepsidentifisering is ’n strategie vir die suksesvolle hantering van negatiewe effekte wat verband hou met etniese minderheidsgroepe. Etniese groepe word heel dikwels bevooroordeel as gevolg van die stigma wat saam met die groep gekenmerk word. Die Kaapse Kleurling en die Kaapse Maleier is die twee groepe wat gekies is vir bestudering en bespreking, aangesien dit die twee grootste groepe binne Kaapstad is. Daar is ook aandag gevestig op identiteit soos te sien binne die literatuur en teater. Teater dien as ’n eksterne doel in die bevordering van ’n kulturele identiteit binne ’n onbekende konteks. Dit is ’n transformasieritueel wat die mens in staat stel om betekenis te produseer en te help om ’n wyse van identifikasie te skep. Teater is dié platform waar die mensdom in elke vorm ten toon gestel kan word – ’n ruimte wat verskaf word om die onbekende te konfronteer en dit gevolglik te aanvaar of nie. Daar is verskeie faktore en onderafdelings wat gekies kan word vir die vorming van ’n Kleurling-identiteit. Hierdie faktore bestaan uit die volgende: geslag, godsdiens, taal, styl, klas, opvoeding en voorkoms. Na aanleiding van die navorsing en gekose dramas, word daar drie kategorieë gevorm wat elkeen sy eie tipe Kleurlingkarakter huisves. Kategorie een bestaan uit die uiterste stereotipe: die tipiese Kaapse Kleurling en Kaapse Maleier. Kategorie twee maak plek vir die middeweg: die “lewende” Kaapse Kleurling en Maleise Indiër. Die laaste kategorie is die tuiste vir die ander uiterste, die Wit-Kleurling en die Publieke Maleier. Kategorie een en twee is waaruit die meeste Kleurlinge gekies en verteenwoordig word. Kategorie drie Kleurlinge word uiters selde verteenwoordig. Daar is ook geen melding van ’n Kleurling wat buite die Kaapse Vlakte gebore is en hoe sy lewe ontvou nie. Dramaturge, regisseurs en akteurs skep dikwels Kleurlingkarakters van wie daar vooropgestelde idees bestaan. Hierdie karaktereienskappe blyk ’n reduksie van identiteit te wees wat die vooropgestelde idees bevorder. Die Apartheidswette wat gebruik is om die Kleurling te marginaliseer, se skadu’s word steeds in hierdie karaktereienskappe aangetref. Solank as wat hierdie aspekte nog in die samelewing en gemeenskappe teenwoordig is, sal dit op een of ander manier op die verhoog uitgespeel word. Ongelukkig word die Kleurling en sy gemeenskap nog hoofsaaklik volgens hierdie stereotipes in die post-apartheid-teater verteenwoordig.
130,428
In die toekoms, so lyk dit vir oom Herrie, hoef iemand wat ’n plekkie by die see soek nie sy kop te breek oor die vreeslike pryse nie. Nee, hy kan dalk ’n plekkie teen ’n winskoop iewers in die Karoo losslaan, mits hy natuurlik bereid is om ’n rukkie te wag voor die see oor ’n paar jaar daarnatoe opgestoot kom. Dié keer is dit wetenskaplikes wat waarsku oor die komende moeilikheid. Nasa, wat gewoonlik met sy kop in die ruimte staan, kyk egter ook van daar na die aarde terug en sien die gevare. Nasa self is in die knyp, met die helfte van sy geriewe wat laer as 5 meter bo seevlak is. Wetenskaplikes meen die seevlak kan met 20 meter styg as die ys op Groenland smelt. Maar maak nie saak hoe oom Herrie sommetjies maak nie, die kanse lyk skraal dat sy eie huis in Bloemfontein ’n strandhuis sal kan word. Behalwe natuurlik as die strand ’n paar honderd kilometer wyd is. Om ’n scoop (vuurwarm nuusdeurbraak) te kry is ’n gelukskoot vir die verslaggewer (nie die slagoffers nie). Maar hoe harder ’n mens werk vir ’n scoop, hoe meer gereeld is die geluk aan ’n mens se kant.
130,429
Abilene is 'n dorp in die Amerikaanse staat Kansas, sowat 225 km wes van Kansas City. Dit het in die 19de eeu ontwikkel as 'n sentrum vir die beesboerderybedryf en spoorweë. Dit het 'n bevolking van sowat 6 800.
130,430
Só het Die Burger gister verneem toe daar ondersoek ingestel is na die kommerwekkende werkloosheidsituasie in die Suid-Kaap. “Ons sukkel om werk vir die werkloses te kry en bekostigbare verblyf vir diegene wat wel ’n salaris verdien. Volgens Yalezo word hulle oorval deur mense wat desperaat is vir werk. “Baie mans het aan die begin van die jaar hul werk verloor. Die prentjie lyk regtig donker.” ’n Armoedeberaad het verlede jaar aan die lig gebring dat Eden, wat ’n groot deel van die Suid-Kaap beslaan, een van die armste streke in die Wes-Kaap is. In die Eden-streek is daar tans meer as 87 000 mense wat maatskaplike toelaes ontvang.
130,431
Gratis toegang. Mimi, Piet Botha, Roof, Kabous: kom ons kyk wat maak jy met so 'n vervlegting van stemme.
130,432
“Hy was my hoërskoolliefde en ons was op ’n avontuur op pad Engeland toe. Dit was in 2002. Ons aanvanklike beplanning was om vir ’n jaar te gaan, maar ons het dit só geniet dat ons uiteindelik vir sewe jaar gebly het. Ons het verloof geraak en getrou, en in 2008 was ek swanger met ons dogtertjie, Gizelle (nou sewe). Sy is in Junie 2009 gebore.” Vervloë gevoelens word opgediep soos wat Jo die spore van die verlede volg. Dit klink byna asof sy die opsomming van ’n fiktiewe boek of film vertel, asof haar eie verhaal byna ’n hersenskim van iemand anders se herinneringe uitmaak. Maar dit hét gebeur. En sy dra tog die letsels van die hartwonde met haar saam. “Kort ná Gizelle se geboorte het my (nou) eksman, Jim*, ’n restaurant-franchise in Engeland oopmaak. Uit die aard van die bedryf was hy selde by die huis, en hy het ook baie laat saans tuisgekom. Ek het niks vreemds daarvan gedink of onraad vermoed nie.” Jim het aanbeveel dat sy by haar ouers gaan kuier oor die Kerstyd omdat, volgens hom, die restaurant hom baie besig sou hou met jaareindfunksies en Kerspartytjies. “Hy het voorgestel dat ek sommer vir twee maande gaan.” Sy het die wegbreek en praktiese hulp met haar baba nodig gehad en na Suid-Afrika vertrek vir ’n vakansie by haar ma-hulle. Terwyl sy haar ruskansie geniet het, het haar buurvrou uit Engeland gebel. “Sy het vir my gesê dat daar ’n blonde vrou in my huis woon saam met my man, en dat sy reeds daar oorgeslaap het op dieselfde aand wat ek op die vliegtuig geklim het.” Die buurvrou het die ander vrou se voorkoms beskryf, en Jo het besef dat die beskrywing met dié van ’n kelnerin wat in Jim se restaurant werk, ooreenstem. Kort daarna het Jo ’n oproep van Jim ontvang om haar te laat weet dat sy eerder nie moet terugkom Engeland toe nie. Hy het ook haar vermoedens oor die kelnerin bevestig. ’n Paar maande daarna is hulle geskei. Die ergste, vertel Jo, is dat sy en Jim die kelnerin saam aangestel het (Jo was ook ’n vennoot in die restaurant-franchise). Dus was die kelnerin baie bewus van haar status as Jim se vrou en die ma van sy kind. Die eerste jaar van Gizelle se lewe was ’n blur, onthou Jo. “Dit was ’n baie traumatiese tyd.” Haar ma en familie het haar prakties baie gehelp en haar emosioneel bygestaan. Sy was ook die een wat vir Jo aangemoedig het om vir Gary te ontmoet en vir hom ’n kans te gee. Terwyl hulle uitgegaan het, was Jo doodbang. Nie oor iets wat Gary verkeerd gedoen het nie, maar om weer seer te kry. Hy het haar egter onophoudelik gerusgestel oor sy liefde. “Hy sou deur die dag vir my teksboodskappe stuur en my gereeld bel as hy by die werk was. Uiteindelik het ek besef ek sal die vrees moet laat gaan om weer gelukkig te wees.” “Nadat ek die verskriklikste seer moes oorleef, het ek die mees ongelooflike man ontmoet! Hy is ook ’n wonderlike, hands-on pa,” vertel Jo. “Hy is amper perfek . . . maar hy is steeds ’n man!” lag sy hardop. “Glo in God, want daar is iets beters wat vir jou wag. Alles in die lewe het werklik ’n doel, alles is ineengevleg. Soms moet ’n mens net eers deur die donker dieptes gaan om as ’n sterker persoon anderkant uit te stap. Die hemel wag aan die ander kant.”
130,433
Baie dankie vir die wonderlike wyse waarop u my oor’n baie lang tydperk behandel het en al die geduld wat daarmee saamgegaan het! Ek waardeer regtig wat u vir my gedoen het en natuurlilk is die baie beter sig wat ek nou het, ‘n ekstra groot bonus!
130,434
Ek kan nie my ideale pasmaat beskryf nie want die regte een sal op die regte tyd op my pad gestuur word
130,435
Dr. W.M Nicol het tydens die een-en twintigste verjaarsdagvieringe van die destydse Hoërskool Helpmekaar na dié skool as die “Strydende Skool” verwys. Niemand anders as juis dr. William Nicol sou so ‘n raak en veelseggende titel kon kies nie. Dit was nie dat hy sommer maar net na ‘n gepaste opskrif vir ‘n gevraagde bydrae tot die jaarblad van daardie jaar (1942) gesoek het nie. Hy was immers die “vader” van die skool en hy het geweet wat dit geverg het om owerhede tot stigting van dié skool te oorreed, maar ook wat dit in die toekoms sou verg om die skool staande te laat bly. Die koshuis is juis gebou om sy bydrae tot hierdie tradisieryke skool te vereer. Ons verwag dus van elke koshuisleerder en voornemende koshuisleerder om ‘n positiewe bydrae ten opsigte van die koshuislewe en tradisies te lewer.
130,436
Property Address:47 MidasElarduspark, PretoriaGemoedsrus! Dit is wat jy kry wanneer jy hierdie splinternuwe aftreehuis in die gewilde Bronberg Aftreelandgoed in Pretoria-Oos koop. Dié netjiese 3-slaapkamerhuis bied jou die geleentheid om die onafhanklike aktiewe leefwyse waaraan jy gewoond is, in die veilige omgewing van ‘n aftreeoord met volledige ondersteuningsfasiliteite en puik sekuriteit, v ...
130,437
6 As 'n mens in ag neem dat die Franse rewolusie in werklikheid vanaf 1789 tot 1848 geduur het voordat dit behoorlik verwerk was en die samelewing weer rustig geword het, is dit duidelik dat rewolusies - selfs die vreedsame een wat in 1994 in Suid-Afrika begin het - tot 'n halfeeu lank kan duur. Die feit dat leiers van lande in Afrika wat reeds in 1960 onafhanklik geword het nog telkens na die koloniale verlede verwys (en in Suid-Afrika telkens na apartheid, soos pres. Thabo Mbeki op 22 Maart 2006 tydens sy staatsbesoek aan Italie), bevestig hierdie waarneming. 7 Bentham het 'n soort tronk ontwikkel waarin die bewaarder in die middel sit met die selle in 'n halfmaan rondom hom. Op dié manier kon een bewaarder 'n hele aantal gevangenes en/in hulle selle dophou. Hy kon hulle ook dag en nag dophou. 11 Vanuit 'n tradisionele benadering tot dissipline sou 'n mens hierdie "sogenaamd" kon weglaat. Dit geld ook vir die ander plekke waar die uitdrukking "sogenaamd ongedissiplineerd" verder aan gebruik word. 12 Beskrywings van ontwikkelinge in hierdie tydsgewrig vind 'n mens in die bekende werke van Rand (1971) en Brezinka (1976). 16 Verskillende (tegniese) universiteite stel relatief goedkoop pakkette beskikbaar met behulp waarvan onderwysers in die mees afgeleë en agtergeblewe dele van die land die basiese beginsels van die natuurwetenskap en die tegnologie vir die leerders kan demonstreer. In hierdie pakkette word doelbewus aangesluit by apparaat wat die leerders in hulle ouerhuise se kombuise sal kan aantref. 17 Hoewel hierdie siening aansluit by die redenasie in hierdie artikel, kan 'n mens nie saamstem met die gedagte dat die kind outonoom - die eie wetgewer - is nie. Kinders bly steeds onvolwasse persone wat leiding en begeleiding nodig het ten einde hulle weg deur die lewe te kan baan. Kinders kan nie self-wetgewers (outonoom) wees nie omdat dit hulle sal verhinder om deur middel van enkulturasie en sosialisering in te pas by die beginsels, norme en waardes van die samelewing waarin hulle leef. Iemand wat 'n self-wetgewer is, sal neig om die eie kop te volg, en dus moeilik aan- en inpas in die sosiale en kulturele omgewing en by die reëls daarvan (vgl. Helsper 2006:19-20). 18 Die uitdrukking "outonome regte" skep 'n probleem. Enersyds beteken dit dat die kind vir hom/haarself regte bepaal. In voetnota 17 is al 'n beswaar hierteen gelug. Andersyds is hierdie uitdrukking kontradiktories in 'n menseregtebedeling. In 'n regstaat soos Suid-Afrika bestaan daar 'n statutêre Handves van Menseregte waaraan alle burgers onderworpe is. Niemand kan dus outonoom (=selfwetgewend) regte vir hom of haarself in so 'n menseregte-omgewing bepaal nie.
130,438
Op die plaas Jachtkop naby Vrede in die Vrystaat het ek diè sonsondergang teëgekom. Ons was daar as gaste vir ‘n baie mooi troue, met die seremonie buite onder die bloekombome en die onthaal in ‘n ou skuur. Hulle sê mos nie verniet dat die goue uur van fotografie is wanneer die son of sy verskyning of sy verdwyning maak nie.
130,439
Inligting oor soen speletjies - wat kan meer romanties wees? Elke meisie droom van soen onder die maan, romanse, passie en liefde. En nou al hierdie wonderlike emosies op die skerm vervoer. Wil jy in die maalstroom van romantiese avontuur te voel? Toe het die spel oor die soen - dit is presies wat jy nodig het!Vir die spel, "soen" beteken nie noodwendig die minnaar, want jou doel is om te help liefhebbers alle struikelblokke oorkom en verenig hulle harte en lippe. Mees dikwels, hierdie speletjies vir meisies - soen en romantiese bui - dit is hulle prerogatief. Dit beteken egter nie beteken dat die spel "Kisses" moet jy 'n meisie te wees. Statistiek toon dat selfs die ouens geniet speel in hierdie "stok", want hulle kan afgesien van romanse en aksie!Wat is die spel "Kisses"? Jy moet die twee minnaars om saam te help. Hulle egter altyd iemand inmeng! Dan 'n skurk, dan honger vir skinder werknemer, en selfs jou beste vriend, wat nie genoeg aandag. Maar die pyle van Cupid ken nie die struikelblokke en dus jou taak sal wees om om te gaan met al die siek-wishers. Sommige speletjies soen soos 'n legkaart - om uiteindelik die liefde sy lippe aangeraak, jy het 'n fassinerende raaisel op te los. Is jy gereed? Dan voort te gaan - ons bied die besoekers van ons webwerf games vir gratis, "soen" - ook beskikbaar vir gratis.Op ons webwerf wat jy kan vind allerhande speletjies vir meisies: "Kisses", avontuur speletjies, aantrek speletjies en vele ander. Maar, natuurlik, "soen" - die mees romantiese van alles. Hier is die atmosfeer is versadig met teerheid en passie, liefde is letterlik in elke wedstryd! As jy nog altyd die romanse, en selfs 'n paar van jou poppe liefgehad het, dan is dit spel is net vir jou geskep. By the way, het ons uit te brei al ons speletjies gratis - "Kisses" is geen uitsondering nie. Speel met geen geld, reg nou speel, en laat jou weg te voer 'n stormwind liefdesverhouding wat spel. Dus, as jy op soek is na vir speletjies vir meisies, "soen" - is presies wat jy nodig. Hier sal jy 'n groot lading romantiese bui en pret tyd met ons. As jy wil om te speel gratis, "soen" - weer presies op die teiken val. Na alles, in die spel, soos die meeste van die ander op ons webwerf, nie absoluut geen bydraes. Kom ons duik in die atmosfeer van romanse en liefde right now!
130,440
Ek is n vriendelike mens, wat hou van mense om my en wat hou van die buitelug. Ek is n energieke persoon wat maklik aanpasbaar is... Rustige persoon wat hou daarvan om ander mense te ontmoet. Geniet eerder 'n fliek as 'n dans klub. Ek vat elke dag soos dit kom, probeer om eerder te lag as om te huil. Ek soek op die staduim net iemand om mee te gesels en grappies te maak, wie weet, dit kan selfs na 'n ernstiger verhouding lei.
130,441
Hi Jolene Wil net vir jou baie dankie sê dat ons van jul verblyf kon gebruik maak. Dit was baie lekker rustig en alles is so mooi, ons het die kaggel die natuur op jou... fortgesetzt
130,442
Let betaal 'n visite om Nick teen 'n hoek van aanval vir jou vlieg skoolopleiding op Simulator met ook ander
130,443
Jakob het nou die seën gekry. Inderdaad. Maar hoe? Langs ‘n sondige weg: deur bedrog. So kán hy die HERE se seën nie ontvang word nie. So gaan die HERE se verbondsbeloftes vir geen mens in vervulling nie. Die sonde blokkeer die weg. Vir Israel sê Jesaja (59:2): …julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. Dit wil die Here aan ons toon. Hy leer ons in hierdie geskiedenis: Die vervulling van die beloftes hang nie af van die uitverkore mens nie, maar van die uitverkiesende God. Dit hang nie af van die werke van die mens nie, maar dit is die werk van God in Christus. Hierdie openbaring is van besondere betekenis vir Jakob se verdere lewe: sy verblyf in Haran, sy huwelike en die uitbreiding van sy gesin. Jakob moet vlug vir sy lewe. Hy het met menslike middele, met die sondige gryparm van bedrog, probeer om die HERE sy beloftes te bekom. Nou het hy niks nie. Nou het hy alles verloor. Al verder en verder vlug hy weg – weg van die belofteland, in ballingskap. Die leer of trap wat Jakob aanskou, is op die aarde opgerig. Die bopunt daarvan reik tot aan die hemel. Bo-aan die leer sien Jakob die HERE staan. Ons het geen beter kommentaar op hierdie droom as die Bybel self nie. Die Nuwe Testament laat ons sien wat – of beter gesê Wie – die leer is: Christus is daardie Jakobsleer! Dit sê Hy self in Johannes (1:52) aan Natánael: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens. Hy is die Middelaar, die bemiddelende leer wat die verbinding tussen hemel en aarde bewerkstellig. Deur Christus kan ons weer na God toe gaan en deur Hom ontvang ons die weelde van God se beloftes. Hy is die weg en die waarheid en die lewe. In Hebreërs 1 vers 14 word van die engele gesê: Hulle is almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe. Die HERE staan die bo-aan die leer en Hy belowe aan Jakob: Hy sal die land Kanaän ontvang. Ook sal hy ‘n groot volk word. En dan eindig die HERE sy woorde met die heerlike Immanuel-belofte: En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land ….“ Ek – dit staan daar met nadruk: Ek, Ek is met jou…. En dan is dit verder ook net Ek, Ek, Ek. Die beloftes is gewaarborg deur God self, deur dit wat Hy doen: “….Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land…”. En dan eindig die HERE met die versekering: “….Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het”. Dit is van heel besondere betekenis wanneer Jakob hierdie droom te siene kry: Dit gebeur voordat hy in Haran, by Laban, aankom. Hy ontvang die droom dus voor sy huwelike en die uitbreiding van sy gesin. Dit is geweldig veelseggend: Eers is daar die droom en dan die uitbreiding van sy gesin. Ons kan ook maar sê: Eers is daar die leer en dan die ontstaan, die geboorte van die kerk. Die leer maak dit moontlik. Die droom laat ons die geheim van die groei en die uitbreiding van die kerk sien. Die wandelaar moet verder gaan op sy moeisame tog. Maar hy is nie alleen nie. Die HERE is by hom. En sy engele:
130,444
Ek sou graag wou hoor wat presies hulle doen met die "pressure plate" en ook wat die ander knaldemper doen. Ek het hom nog net in die verkeer gery vanmore, maar dit voel of hy meer responsive is. Hy haal beslis beter asem.. En hy raas nie, wel, nie onnodig baie nie..
130,445
Ek weet nie watter ander mods behalwe die exhaust jy gedoen het nie, maar die Q4 alleen het n massiewe impak! LA sport se hilux het die Q4 met n freeflow en n front-mount intercooler, bygese hy het ook n meneer clutch mos opsit. Jy moet laatweet watse syfers jy kry as hy op die dyno was
130,446
Zuma laat hom nie afsit deur ‘n spul lawaaimakers nie. Hy word deur die ANC se uitvoerende raad beskerm so die spulletjie se manewales skeel hom maar min. Hy is óf dikvellig óf besef regtig nie die erns van sy situasie nie. As ek in sy skoene was, het ek vinnig plan gemaak en ‘n uittredingsooreenkoms met die ANC aangegaan. JONGSTE: Maroela Media verneem die polisie wou die vrou ná die voorval in hegtenis neem. Klik hier om meer te lees. ʼn Pa en sy dogter is geskiet nadat drie gewapende mans hulle Woensdagaand in hul plaashuis in die Ugie-omgewing in die Oos-Kaap oorval het. Henk Pieterse, ʼn voormalige polisiebeampte en sakeman van Ugie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 21:00 plaasgevind. “Die man, sy vrou en hul dogter was by die huis toe die aanval plaasgevind het,” het Pieterse gesê. Hy sê die aanvallers het aan die deur geklop en dit oopforseer.
130,447
Die mans het, toe hulle by die huis instorm, op die dogter geskiet en haar in die bors gewond. Die boer het intussen sy vuurwapen gegryp waarna die aanvallers hom in die been gewond het. Dit is in die stadium nie bekend of die drie verdagtes in hegtenis geneem is nie. Maroela Media wag vir kommentaar van die Maclear-polisiestasie oor die aangeleentheid. Só het pastoor Canon Mpho Tutu, die aartsbiskop se dogter, Donderdag tydens ʼn mediageleentheid by die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting in Kaapstad gesê waar sy joernaliste oor haar pa se gesondheid ingelig het. Tutu het gesê haar pa sterk goed aan en is halfpad deur sy binne-aarse behandeling. “Dokters is tevrede met sy vordering en die effektiwiteit van die medikasie. Hy is nie bedlêend nie en loop op en af in die hospitaalgang,” het sy gesê. Tutu is verlede weer in ʼn Kaapstadse hospitaal opgeneem waar hy vir ʼn hardnekkige infeksie behandel word. Tutu het Donderdag beklemtoon dat haar pa 83 “en nie 38 is nie” en dat hy nie meer die energievlakke het wat hy jare gelede gehad het nie. “Hy is op ʼn manier die ideale pasiënt want hy kla nooit nie. Terselfdertyd is hy ook ʼn slegte pasiënt want hy sê nie wanneer hy ongemaklik is nie, wat ʼn uitdaging vir die verpleegsters is,” het sy gesê. Sy het egter gesê sy gemoed is positief en hy lag lekker vir die grappies wat aan hom gestuur word. Sy het gesê indien die aartsbiskop sou sterf, sal die familie hou by ʼn gedetailleerde begrafnisplan wat hy alreeds vir 20 jaar gereed het. “Hy hersien die predikers van tyd tot tyd, soos wat hy hulle oorleef. Hy kies ook soms musiek vir dié plan,” het sy gesê.
130,448
Ja nee ek stem saam te vining gery en mens ry nie so met mense in die voertuig nie jy hom wil toets vir spoed wees dapper alleen. Nou vat jy ander mense se lewens ook. Ek is kwaad… hoeveel nog my man 3 maande terug ook geskied in n gewapende huisroof en oorlede , jou man dalk more.. !! Wanneer gaan dit stop. Ek bid vir die gesin en veral die kinders dit is nie maklik. !! Wray het gesê die FBI se veldtog is egter nog ver van klaar aangesien dié speurdiens nog net die oortjies van die seekoei gesien het.
130,449
Die span word deur die afriger en die kaptein saam gestel. Ek het dit al in die verlede gemeld dat daar in SA Krieket ‘n “click” is. Stem saam. Kyk liewer die driehoekige reeks “down under” en terwyl die ODI’s gespeel word, haal jy al die lekker verlore slaap in.
130,450
My kinders het net so gesukkel met sinus, ek het by die apteek "Health Tones se Sinus & Allergies" gekoop, dit is 'n homeopatiese druppel, ±R100, jy gooi net vier tot ses druppeltjies in 'n bietjie water, dit is nou nie baie lekker nie, maar my seuntjie hou altyd 'n botteltjie koeldrank byderhand sodra hy klaar die slegte medisyne gedrink het vat hy 'n sluk koeldrank, en ek moet sê dit werk, probeer dit gerus. Chloorwater in swembaddens is gewoonlik ook 'n groot vyand. Die twee en 'n halwe jaar wat ons in Kaapstad gewoon het was my kinders nooit siek nie. Hulle is baie lief vir swem en die see. As hulle net begin snuif het, het ons (somer of winter) die see getakel en die seewater kans gegee om die sinusholtes weer goed uit te spoel! Ons was drie weke terug in die ou destydse Transvaal toe het die jongste weer longontsteking. Hoop jy kom reg. Hou moed - weet net na so om en by die twaalfde of dertiende jaar gaan dit gewoonlik beter. My eie dogtertjie word ook hierdie jaar sewe en ek het lank gesukkel met haar sinusse (altyd 'n toe of snotneusie, eet met oop mond ens. seker jy ken al die simptome) en elke ander week se ander medisyne is ook nie altyd goed nie. My dokter het my aanbeveel om haar op 'n spesiale dieet te sit en dit het klaar wondere verrig. Die basiese beginsel van die dieet is om alle kleur-, geur- en preserveermiddels uit te skakel: m.a.w. in plaas van aanmaakkoeldrank gebruik suiwer vrugtesap effens verdun met water of Ceres junior juice wat 'n vermenging van vrugtesap en rooibostee is of goeie ou Clifton. In plaas van lekkergoed gee iets soos gedroogte vrugte of vars vrugte en joghurt. En so aan. Aan die begin is dit nie so lekker nie, maar hulle raak dit gou-gou gewoond. Suiker is 'n groot euwel - dit veroorsaak baie slym - rooibostee of kafeien vrye koffie met 'n bietjie heuning - melk moet ook beperk word - gebruik lae vet melk dit is nie heeltemal nodig vir vet vry nie. Dan kan jy ook natuurlike hulpmiddels by 'n homeopaat kry. Basies gaan jy terug na die vootrekkerdae toe alles natuurlik was met geen kleurmiddels, geurmiddels of preserveermiddels nie. Dit is dan ook die rede waarom gewone medisyne nie altyd werk nie, omdat dit ook vol van die bogenoemde is. Ek weet dit is bykans onmoontlik om al hierdie dinge uit te skakel, veral lekkergoed. Probeer maar net - jy sal verbaas wees as jy eers sien hoe maklik dit eintlik is. Diabetiese of tuisgemaakte lekkergoed is baie goeie plaasvervangers en as ons dan moet koop hou dit by malvalekkers. Blou, groen, pers en rooi is veral baie "slegte" kleurmiddels. 'n Mens kan nog rondom die ander eksperimenteer. Baie sterkte, jy kan my gerus skakel as jy enige verdere navrae het, ek verstaan hoe raad-op mens kan raak! Ek het weer ondervinding van 'n dogter wat baie hooikoors kry in die Kaap maar hier in die droë Noord-Kaap gaan dit baie beter, maar nou trek ons weer terug na die Wes-Kaap. Ons het regtig alles probeer toe sy klein was (nou 17 jaar oud) en het van Dokters en Pediaters gegaan. Ons kom toe by Dr Roy Gordon in die Kaap. Hy sê toe die eerste ding wat ons van haar moet weghou is kosse met preserveermiddels in. Veral Swael Dioksied. Sy mag toe geen ander koeldrank drink as helder appelsap en Sprite nie. Gaan lees gerus op kosse wat dit bevat en jy sal verstom wees watter kosse bevat alles preserveermiddels wat nadelig is vir hooikoorslyers. Vermy ook alle suiwelprodukte soos melk, kaas en roomys want dit veroorsaak slym. Vermy lemoen- en koejawelsappe, want dit maak ook slym en irriteer die keel. Jong, ek het regtig enige iets probeer om haar te help om die hooikoors te verlig maar sy is baie allergies vir huismyte en muf. Nou dit is die moeilikste om te beheer. Maar probeer regtig eers om die preserveermiddels en suiwel te vermy. Op die oomblik gee ek maar vir haar "Sinfrontal" for Sinusitis, Sneezing and postnasal drip. Dit word gemaak deur Natura en is te koop by enige apteek. Ek is teen hierdie ander hooikoors-middels wat die kinders lomerig maak want hulle moet skool gaan . As jy enige ander raad ontvang laat weet my gerus, ek sal regtig enige iets doen om hulle te help om beter te voel. My dogterjie is nou ook 7 en hoes en proes al vandat sy twee jaar oud was......ek het haar by al wat dokter is gehad en hulle het elke liewe keer antibiotika voorgeskryf en niks het gebeur nie..... Nou ja, toe vat ek haar maar einde ten laaste na die Homeopaat en net daar het my kind die eerste keer verligting gekry van al haar probleme....hy het vir haar Sinusan, Hepatine en Allergin voorgekryf en jy kan dit by die meeste gesondheidswinkels kry en dit kos so ongeveer R60 vir elke houertjie pilletjies....hulle suig net so vier 'n dag en na 'n week of so het jy 'n ander kind...geen maagpyn, geen hoofpyn en die loopneus en hoes het voor die voet verdwyn. Ek is so bly want my kind het al sulke donker kringe onder die ogies gehad en dit het gelyk of dit so diep in haar oogkaste sit...sy is nou heeltemal beter en as ek sien dat sy na 'n ruk weer begin hoes gee ek maar net weer die pille. Dit is alles natuurlik en kan haar hoegenaamd geen skade berokken nie. Laat haar ook toets by die H/P vir enige alergie....My kind is onder meer allergies vir suiwel, druiwe en koring maar ek gee dit in elk geval vir haar, net nie in baie groot hoeveelhede nie. Jy kan rêrig baat vind by die medisyne wat ek genoem het...die Hepatine maak die lewer skoon en help om van al die gifstowwe ontslae te raak. Ek sou voorstel dat jy na 'n gesondheidswinkel gaan en vra vir TEA TREE OIL of LAVENDER OIL (vra hulle sommer bietjie uit oor "NATURAL REMEDIES) - dan laat jy jou kind stoom - bakkie warm water (versigtig wees veral met kinders) met 3 druppels van of tea tree OF lavender oil - paar keer 'n dag. jy kan ook 'n brander (met tee kersies) kry om te brand wanneer kind in omtes is, met die olies. Hoop dit help. Gee vir haar Vital se produk "Echinacea".....dit help tot vir Longontsteking. Daar is ook 'n ander tipe homeopatiese produk op die mark met die naam van Sambucus Nasal Drip. Dit werk soos 'n bom. Lees gerus Dr Arien vd Merwe se boeke oor natuurlike hulpmiddels - dit werk regtig en is spotgoedkoop by Clicks. Gaan apteek toe en vra vir die apteker vir Alerjex pilletjies. Dit kos omtrent R15 vir 20 of 30 pilletjies, is heeltemal natuurlik en kan haar geen skade doen nie. My seun het dieselfde probleem gehad en is vandag al 25 jaar oud. Hy sluk elke oggend sy twee pilletjies al vandat hy in die laerskool was. Die simptome verdwyn binne sowat 10 tot 15 minute en sy sal sommer lekker voel vir die res van die dag. Ook waarna julle moet kyk, is daar diere in die huis ? - of rook iemand in dieselfde vertrek as sy ? Dit is alles wat dit vererger. Ek weet, ons is daardeur. Probeer dit gerus.... ek weet dat jy my gaan terug e-mail en dankie se vir die hulp. Ek het al vir baie mense dieselfde raad gegee en dit werk !!!! Maak vir haar uietee, soos volg: Maak vier of vyf middelslag uie skoon, sny dit grof op. Gooi dan vyf koppies kookwater daaroor en laat 15 minute (met deksel op) kook. Laat dit oornag staan en plaas dit in die yskas of vrieskas. Ek vries 'n koppie uietee in 'n botteltjie en haal dit die vorige aand uit vir die volgende dag. Gee haar elke oggend en elke aand 'n halwe koppie uietee. Hou aan daarmee. Dis heelwat goedkoper as enige van die sinusgoed wat 'n mens te koop kry. Indien jy liewer iets wil koop, werk Natura se Nasosinus ook goed. Ek is 'n sinus "sukkelaar" myself maar na ek Weleda se Sinus en Post Nasal Drip begin gebruik het is ek 'n ander mens. Jy kry dit by enige apteek asook by Clicks. In die begin 'overdose' sommer daarop en dan kan jy verminder, die goed werk fantasties en jy drink dit net met bietjie water, ek het gemiddeld so 3 sinus pille 'n dag gedrink, elke dag van die maand, en sedertdien, het ek nog nie weer pille gedrink nie!! Hoop dit help vir julle ook. My seuntjie het ook baie siek geword, toe het 'n pediater vir my die raad gegee. Gee elke dag vir haar 'n lepeltjie Scotch Emulsion, en tien druppeltjies Echinaforce druppels in bietjie water. Dit bou hulle weerstand, en help met die sinusse en wat ookal daarmee gepaard gaan. Jy kry dit sommer in apteke. Hoop dit help ook vir julle. Ons bly in Vereeniging en hier is ongelooflik besoedeling. Ons gebruik nou 4 jaar Herbalife, en die produkte werk. Ons het 'n tee by name Natural Raw Guruana, wat veral op die asemhalingsorgane en brein funksioneer. My gesin van vyf weet nie van sinus, hooikoors of asma nie. Persone met migraine verkry ook baie goeie resultate. Ek hoop dit gee jou moed. Ek is gediagnoseer met chroniese bronchitis en rhinitis vir ongeveer 8 jaar. Alles was toegeskryf an die slegte lug ens.......... Ek ontdek toe 'n manier van eet naamlik 'The natural way'. Die skryfster van die boek is Mary-Ann Shearer. Dit is oral beskikbaar in die boekwinkels of sekerlik selfs in die biblioteek . Vandat ek my kombinasie van kosse verander het, het ek 'n dramatiese verandering ondergaan. Ek was nog nie siek met longverwante of sinus kwale vir 3 jaar nie. Dit is te langdradig om oor die e-pos te verduidelik, maar dit is die moeite werd om die boek te lees. Dit vra nie vir drastiese verandering in jou eetgewoontes nie, maar net die kombinasie van kosse. Die maagpyn kom van die loopneus. Dit loop agter in die keel af en krap die maag om. Die hoofpyn is van die sinusse wat vol is. Jy sal jou dogter baie vloeistof moet ingee elke dag. Dit sal help. As 'n allergiese aanval baie erg is, gee haar koffie (die kaffeine is goed vir allergieë - so gebruik dit net as sy dit nodig het.). 'n Daaglikse behandeling is om haar Zyrtec druppels / pilletjies te gee. Dit werk nogal goed en is veilig vir kinders. Celestamien is ook 'n baie goeie antihistamien. As dit ooit vir julle moontlik is, moet julle probeer om na 'n ander omgewing te trek. Ek ly nogal erg in die Kaap en is beter in die Transvaal. Probeer om nie enige drastiese behandelings te neem nie. Alle voorspoed. Ek gebruik tans 'n natuurlike produk en ek moet eerlik sê ek is verbaas oor die resultate wat ek kry. Ek het pille tot 4 x per dag gedrink - sinumax, clarityne, polarimine, maar al wat dit gedoen het was om my aan die slaap te maak en die kopseer te vererger. Ek is 'n Bolandgeborene wat later in Namibië kom bly het en wat al die jare sinusprobleme gehad - tot 9 maal per jaar siek gewees. Ons praat van hospitaal en selfs suurstof en hope duur pille. As predikant moes ek naweek vir naweek verleë met 'n heesstem ploeter, deur erge koors sukkel of aflos kry. Dit het net erger en erger geword. Ek is toe na 'n oor/neus en keelspesialis in Windhoek en ons is deur alle allergie toetse, die werke. Ons het toe saam 'n teorie uitgewerk. Die neus droog uit van die lug. Soek klammigheid en sit die sinus aan die werk. Die sinus drup egter postnasaal - agter in die keel af en al jou ellende begin: mangels, stembande en keel raak septies, naar, koors ens. Ons begin toe my neus kunsmatig natmaak en onmiddellik was die probleem opgelos. Ek is nou jare gesond en kry net af en toe gewone verkoues wat aangesteek word van meng met ander mense. Ons het gebruik gemaak van 'liquidparafien' met 5% mentol wat die apteek ingooi net om dit 'n bietjie aangenaam te maak. Dit word met 'n oordrupper ingesit. Lekker gemors vir 'n ou met 'n snor hoor. My ander huisvriend - ook 'n oor/neus/keel spesialis was nie baie 'happy' met my en my dokter se behandeling nie. Hy is bang dat die ragfyn neushaartjies wat die skoonmaak en temperatuur van inkomende lug reël, ens op die lang duur beskadig kan word. Ek het maar altyd geleer om na raad/kritiek te luister en te hoor. Ons het dit dus gekontroleerd gedoen. Aanvanklik elke dag, veral in die aande en as jy 'n waaier in jou kamer het vir koelte en muskiete raak dit nag vir die sinuslyer. Maar later het jy 'n aanvoeling - my neus is droog. Dan wag ek net tot niemand kyk nie, dan steel ek uit my vrou - 'n skoonheidskonsultant -se olies en smeer sommer met die vinger. Ek smeer darem net een keer hoor! Ek hoop dit help! Vir my het dit want sinus het my totale persoonlikheid amper 'n knak gegee - jy's nooit gesond nie en voel permanent goor. Ek loof die Here ek's gesond. Dit is mos rooipeper waarvan jy praat, né? Dink jy nie dit sal haar mond brand nie. Sy het nogal 'n sensitiewe tong (soos Marmite brand haar tong). Ja dit is so, jy moet net die regte hoeveelheid gebruik. Mens raak dit gou gewoond. Ekself gebruik dit al die afgelope 2 jaar. Die is 'n homeopatiese raat wat werklik werk en koste is minimaal in vergelyking met medikasies wat duur is en moontlike nagevolge het. Die oosterse nasies eet baie skerper geregte hul lewe lank. 1) Smeer drie druppels OLBAS olie (verkrygbaar by enige apteek deesdae) bokant elke wenkbrou met slapenstyd. Bind dan toe met 'n sakdoek of bedek met 'n sweetband. Rede is dat die walms so sterk is dat dit 'n mens se oë brand. Sorg ook dat die olie nie met die oë in aanraking kom nie. Een van die olies in OLBAS tree ook op as 'n lokale verdower en sal dan 'n hoofpyn agter die oë wegstreel met tyd (werk selfs vir Migraine). 'n Mens kan ook 'n bietjie binne-in die neusvleuels invryf vir gemakliker asemhaling. Kos 'n bietjie duur (deesdae so R36 vir 'n botteltjie, maar dit hou 'n minimum van 6 maande). 3) Moet nie iets soos Sinutab (wit en pienk tablet) drink nie, want dit droog die sinusse op. Die sinusse moet juis soos 'n hond se neus klam en nat bly. Sinutab droog die sinus op, en dan begin die sinus later weer loop en dan loop dit oor die droë 'kors' en dan drink 'n mens weer 'n Sinutab en dan droog dit weer op en so pak die lae saam totdat die enigste uitweg 'n sinus operasie is wat ook net hou vir 'n rukkie (Sien Langer termyn opskrif hiervoor). Probeer dus wegbly van enige iets wat die sinusse opdroog (mmmm, weet dis nie altyd maklik nie). 4) Drink 'n Phenergan 10 mg pilletjie saans voor slapenstyd - goedkoop blou-groen antihistamien tabletjie vir die allergiese reaksie (so-iets soos R 22 vir 50). 6) Die maagpyn (en daar behoort naarheid ook te wees) is a.g.v die slym wat ingesluk word en dan in die maag beland. Sy moet so veel as moontlik uitspoeg en nie sluk nie. Die neus, keel en oorkanale is juis so gemaak dat 'n mens slym agter in die keel intrek (wanneer 'n mens snuif of sluk) en dis daardie 'gagga' wat 'n mens heel diplomaties in 'n wasbak of êrens moet gaan uitspoeg (Reader's Digest artikel van 2001 iewers). 4) Sambucus Compound (Post Nasal remedy - Weleda) : 12 druppels in 'n bietjie water elke uur op die uur gedurende die dag. (Sowat R 65 vir 'n groot bottel, die klein bottel hou my nie lank nie :-), dus 'n effe aan die duur kant.) Ek het jou navraag gelees oor jou dogter se probleme met sinus. Ek het 'n wonderlike kuur gekry wat werk, maar dit moet gereeld gebruik word en help vir hooikoors, allergieë, sinus, ensovoorts. Afhangende van hoe erg die toestand is, beveel ek aan dat sy dit vir die eerste week of wat 4 maal per dag drink en dan afskaal na so twee maal 'n dag. Dit is nie verskriklik sleg nie maar werk regtig goed en is natuurlik. Geen meer sinustablette of medikasie is dan nodig nie. Dis ook nie baie duur om vol te hou daarmee nie. Ek het self 'n seun wat baie allergies is vir Gauteng. Sy sinus sit gereeld om in asmatiese brongitis, so ek weet nie of my raad vir jou kind sal help nie.. Wat sover die beste vir hom werk is Flexi Tide Inhaler. Hy kry elke oggend en elke aand 'n spuit. Dis nie maklik om kinders van die goed weg te hou nie, maar dit het wonders verrig in ons huis. Dit raak naderhand 'n lewenswyse wat hulle met hulle saamvat tot hulle volwassenes is. Sterkte en innige simpatie met die sinus!! Ek kry sinus vandat ek in 1984 in Pretoria kom woon het ... Iets wat baie help, al genees dit nie, is 'n Sjinese middel, genaamd White Flower Oil. In Pretoria het ons baie Sjinese snuistery-winkels en straatsmouse en hulle hou dit aan. Die olie ruik baie skerp, dit word NOOIT gedrink nie, net aan die vel gesmeer. Dit help vir daardie drukking en toe gevoel, ook vir die pyn. Ek smeer dit onder my neus en agter my ore en die laaste vier jaar gaan dit veel beter. Ek het teen 1998 so pyn gehad dat ek opgegooi het van die seer en dit het nog nie weer gebeur nie. Ek hou ook nie daarvan om pille te drink nie en hier is dit nie nodig nie. As die pyn nog erg raak, drink ek maar 'n pil of twee, maar dis minder as een keer in twee maande! Hi Magda, ek het ook 'n redelike sinusprobleem in Gauteng, by die see is alles reg. Daar's so baie stories, een is die lug is vogtiger by die see, so kry 'n 'Humidifier' in jou kamer - dan slaap jy lekker. Ek gebruik Drixine sproei slegs saans voor ek gaan slaap dan bly my neus 12 ure oop. As jy dit bedags ook gebruik, werk dit later nie meer so effektief nie. NB net saans so 7pm dan kan jy ten minste slaap. Dit mag vir jou miskien na nonsens klink maar glo my vir my het dit soos 'n bom gewerk. Ek het altyd 'n toe neus gehad en moes deur my mond asemhaal, in die nag kon ek skaars slaap so geblok was ek, my oorlede skoonmoeder het gesê ek moet "Brewer's Yeast" pille drink en ek het by myself gedink dit sal nooit werk nie. Een middag was ek behoorlik moedeloos en ek het my seun gestuur om die pille te gaan koop, ek het dadelik drie pille gedrink en na omtrent 'n uur kon ek die verskil voel en vir die eerste keer in 'n baie lank tyd het ek die nag deur geslaap sonder daardie benoudheid. Ek het vir omtrent twee weke drie pille elke oggend, middag en aand gedrink en daarna vir omtrent 'n week drie pille per dag en tot nou toe is my neus oop en dit is nou omtrent twee jaar. Sodra ek bietjie begin nies en ek voel toe, drink ek drie pille en ek is weer reg vir 'n baie lang tyd.
130,451
’n Lyk, vermoedelik dié van ’n Johannesburgse tandarts, is gistermiddag gevind nadat sy seun die plek waar hy sy pa na bewering begrawe het aan die polisie uitgewys het. Dr. Russell van der Merwe (78) word die afgelope vyf maande vermis, maar ’n familielid het dit eers die afgelope week aangemeld. Die polisie het mnr. Wessel van der Merwe Donderdag in hegtenis geneem weens sy pa se verdwyning, maar hy is dieselfde dag weer vrygelaat in die sorg van ’n verteenwoordiger van sy prokureur se firma. Van der Merwe jr. het die volgende dag ’n plek by sy huis in die spogbuurt Houghton aan die polisie gaan wys waar hy glo gesê het hy sy pa begrawe het. Die pa en seun het op dieselfde perseel gebly. Kweza sê die identiteit van die lyk is nog nie bevestig nie. Sy het gesê die nadoodse ondersoek behoort môre of oormôre gedoen te word. “Ons moet die identiteit vasstel deur DNS-toetse. Dan sal ons bepaal wat die oorsaak van die dood was.” Volgens Kweza is dit steeds ’n misdaad om nie ’n sterfte aan te meld nie en die lyk self te begrawe. Geen klagte is egter nog ingedien nie.
130,452
Kaapstad - Cosatu dreig nou met ’n totale aanslag indien die regering nie teen môre met ’n beter aanbod vir staatsamptenare na die onderhandelingstafel toe kom nie. Vavi het boonop ’n hou na pres. Jacob Zuma gemik toe hy die president se salaris as ’n voorbeeld voorgehou het. “Hy het bloed soos ons. Hy het ’n familie, ’n groot familie. Hy het kinders soos ons wat moet eet. Ons sóék geld. Onderwys is egter kwaai geraak. Sowat 8 300 Wes-Kaapse onderwysers het aan die staking deelgeneem en duisende kinders het nie vir skool opgedaag nie. Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê 102 skole – sowat 7% – van reg oor die provinsie moes hul deure sluit nadat 26% van die provinsie se 31 808 onderwysers ook gestaak het.
130,453
Buthane het ook gesê dat die EFF hierdie saak wil gebruik as voorbeeld vir ander dat die EFF nie misdaad sal toelaat en dat niemand bo die wet verhewe is nie.
130,454
Johan en sy beste vriend, Tom, ontdek 'n geheime grot met versteende voetspore in Dinobaai. Toe hulle op die voetspore loop, beland hulle in 'n wêreld vol regte, lewende dinosourusse. Saam met hul dino-maat, Wanna, beleef die twee seuns allerlei asemrowende - maar ook gevaarlike - oertyd-avonture! Die stories is in 2009 vir die eerste maal as individuele boeke uitgegee. Hierdie omnibus bevat die eerste vier stories uit dié gewilde reeks:
130,455
· Op watter manier kan ‘n mens vir die duiwel plek gee wanneer jy kwaad word (vers 27, sien ook Jak 3:14-16))? Dawid stuur 10 manne om vir Nabal (ryk man) te sê dat hulle sy wagters goed behandel het, en te vra kos. Nabal sê hy weet nie wie Dawid is nie, en gaan niks vir hulle gee nie.
130,456
Goeie riglyn: Ons moet kwaad word oor dit waaroor God kwaad word. Dit waaroor ons toornig word, wys wie ons heer is. Gaan alles oor myself of oor die eer van God? Ons toorn mag nooit gegrond wees op ons eie selfsug nie. Goeie toorn is om op ‘n emosionele wyse op te staan vir dit waarin jy glo. Ons is geskape om ‘n afkeur te hê in sekere dinge. Jy moet teen dit wees wat jy glo verkeerd is. Ook in jou huwelik. Wanneer iets wat belangrik is vir jou bedreig word. Deur kwaad te word voel jy of jy in beheer is. Die probleem is dat dit voel of jy mag kry, maar eintlik is jy swak. (Soos die man wie se toespraak weg was).
130,457
U word betrek by elke stap van die konstruksie en prosessering van u kunsgebit. Met die hulp en leiding van die tandarts en tegnikus kies u die skakering, vorm en gehalte van die tande wat gebruik moet word. U persoonlike voorkeur rakende die estetiese voorkoms van u kusgebit gee die deurslag. Verbeter u voorkoms deur u kunsgebit te laat uitbou om sodoende plooie te verwyder en 'n meer geronde, jonger gelaat te verkry.
130,458
Suid-Afrikaners kan nie hul onderliggende taal- en kultuurverskille ontken nie. Daarom glo hy aan ’n Suid-Afrikaanse slaai eerder as een pot sop, skryf Danny Titus. Ons verlede was so toegehou. Dit is met opwinding dat ’n mens sien hoe dit nou oopgaan. Geskiedenisse, tale, taalvariante, erfenisse en gebruike wat weggemoffel is, opsygestoot is, is nou besig om tot die sentrum van die Suid-Afrikaanse agenda toe te tree. Dit lyk vir my dat met die oopgaan van ons verlede, gaan ons hede ook oop en daarmee saam natuurlik ons Suid-Afrikaanse toekoms. Almal sal sekerlik nie hiermee saamstem nie. Ons Grondwet praat van ’n Suid-Afrika wat aan ons almal behoort, verenig in ons verskeidenheid. ’n Mens is nie altyd seker van die verenig nie, maar dat ons ’n uiteenlopende verskeidenheid is, staan vas. Op die oomblik is ons behoorlik verdeeld, maar nou en dan vind ons oomblikke waar hierdie verskeidenheid stewig gestalte kry. Tog kan ons nie ons onderliggende taal- en kultuurverskille ontken nie. Dit is waar ek van nierassigheid verskil. Dit kan nooit van ’n Zoeloe gevra word om op te hou om ’n Zoeloe te wees nie, nog minder kan jy vir ’n Jood of ’n Griek vra om op te hou om Joods of Grieks te wees. Ons kan nie ons taal, kultuur en herkoms opgee om deel te word van ’n eensoortige pot Suid-Afrikaanse sop nie. Ons het hierdie fasilitering broodnodig, op verskeie vlakke van ons samelewing. In 2005 aanvaar die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies die Konvensie vir die Beskerming en Bevordering van die Diversiteit van Kulturele Uitdrukkinge. Dit bly vir my altyd waardevol om te sien hoe die wêreldgemeenskap dink oor sake wat ons glo net hier van toepassing is. Die ironie is dat Suid-Afrika ’n kernrol gespeel het in die totstandkoming van die konvensie. Die konvensie bied heelwat stukrag aan die erkenning en hantering van diversiteit in lande. Ek het al verwys na die slaaibak teenoor die pot sop. Ons kan nie ons taal, kultuur en herkoms opgee om deel te word van ’n eensoortige pot Suid-Afrikaanse sop nie. Ons is eerder die slaaibak waar jy jouself kan wees, jou taal, kultuur en herkoms behou as ’n tamatie of ’n slaaiblaar of ’n slaaisous, maar jy is deel van die groter Suid-Afrikaanse slaai. Bere is alleenloperdiere. Die mannetjie en wyfie is net in die paartyd saam. Hulle hiber­neer nie saam nie. Wyfies skenk in die winter die lewe aan hul welpies en versorg hulle twee jaar lank. Stel jou voor jy slaap sewe maande lank – dis meer as die helfte van die jaar! Hierdie lang, aaneenlopende rustyd in die winter word hibernasie genoem. Baie diere maak dié proses deur om aan die yskoue winters in die Noordelike Halfrond te ontsnap. Bere tel onder hulle. Die geheim van ’n lang, suksesvolle winterslaap is deeglike voorbereiding. Bere ooreet hulle byvoorbeeld in die maande net voor die winter. Hulle het die ekstra kos nodig, want hulle eet nie terwyl hulle slaap nie. Wanneer hulle in die diep slaap van hibernasie verval, werk hul metabolisme veel stadiger as gewoonlik – teen net ’n kwart van die gewone koers. Die vet wat hulle met hul ooretery opgegaar het, word baie stadig opgebruik. Dit gee hulle langer tyd om te slaap. Die kussings aan ’n beer se pote dop tydens hibernasie af om vir groei en nuwe weefsel plek te maak. Wanneer ’n beer ’n knus plek kry om nes te maak, keer hy elke jaar daarheen terug. Sy uitgeholde lêplek kan in ’n boomholte, onder boomstompe, in ’n rivierwal, grot of vlak holte wees. Pandas hiberneer nie. In die winter beweeg hulle net na ’n warmer klimaat met volop kos. Bamboes is heeljaar beskikbaar en hulle moet dit die hele tyd eet. Wanneer die weer matig en kos volop is, volg bere hul gewone roetine. Dié tydperk duur van die lente tot die middel van die somer – April tot Julie in die noordelike dele van die wêreld. ’n Mens voel mos deurmekaar wanneer jy ontwaak. Dink net hoe jy sal voel nadat jy sewe maande geslaap het! Nadat hulle wakker geword het, voel bere eers ná 20 dae normaal.
130,459
Kyk na die CFG-lêer in die afdeling Autopilot. As jy geen probleem daar kan kry nie, probeer om 'n ander vliegtuig se autopilot CFG in te voeg, of voeg 'n Nav / GPS-skakelaar van 'n ander vliegtuig by as 'n 2D-opspring en voeg dit by jou paneel vouer
130,460
Ek is mal oor reis en nuwe plekke of lande te kuier. Reis gereeld vir besigheid en soek maatskappy . Hou van die eenvoudig ervaring en ook somtyds die sewe ster ervaring dot hang af aan die geleentheid.
130,461
‘n Gedeelte van Toskane wat minder bekend is as die poskaart-skouspelagtige landskappe in die omgewings van Pienza, Siena, Grosetto en dies meer, is die Casentino. (‘n Teorie vir die oorsprong van die streeknaam ‘Toskane’ is dat hierdie ryk en vrugbare streek die vroeëre hartland van die Etruskers was, en indien jy diep sou grawe kry jy nog steeds tekens van hulle aanbiddingsplekke en grafte. Maar dit nou tersyde.) (Sywaarts: ek het nie geweet Petrarca, bekend vir sy sonnette in die Toskaanse dialek, het in 1341 ook ‘n lang epiese gedig in Latyn geskryf met die titel Africa nie!) Die Florentynse stadsowerhede het nie op hulle laat wag nie. “In die naam van God, amen,” word Dante Alighieri en sy seuns en saam met hulle al sy bondgenote tussen die ouderdomme van 15 tot 70 jaar in hulle afwesigheid vir minagting gevonnis: sou hulle ooit weer ‘n voet in die stad sit moet hulle “na die plek van teregstelling geneem word om daar onthoof te word sodat hulle mag sterwe.” Belangriker nog: daar word beslag gelê op al hulle besittings. Die aptekerin agter die toonbank is blond, mollig en Italiaans mooi. Sy sê sy is toevallig ook 25 jaar oud. Mens sou jou verhaal so lank kon maak soos Dante Alighieri se omswerwings, so kompleks soos sy illusies en sy politieke skuiwe, sy vrugtelose soeke na bondgenote teen die vooruitgangers en kapitaliste wat van hom ‘n bedelsanger gemaak het, so uitgesponne soos sy metafore, so klokhelder soos sy metafisika en dalk so donker soos sy mistiek. Mens wens jy kon dit so silwerig en presies maak soos sy poësie (nie sy briewe nie), meestal in terza rima neergepen en in alle opsigte so vloeiend aktueel soos die gedigte van ‘n Raymond Carver, en met net soveel ruimte vir die insidentele detail en dit wat op die wieke waargeneem en vasgeskryf word. (Die gedig as voëlent vir nagsangers.) Die vaevuurberg. Purgatorio is hier geskryf, sekerlik die eerste vier-en-twintig ‘canti’ of gesangeverse, in die tyd toe die Conti Guidi broers vir Dante onderdak gegee het. Wanneer jy die Romena besigtig vanaf Porciano of Pratovecchio, of as jy daarna sou kyk van Poppi se kasteel se kant, dan moet jy jou die neëntien torings en drie sirkels van buitense skanse probeer indink, en die klipmure wat bietjie laer af die terrasse afgemerk en bestendig het en nog net bespeur kan word onder braambosse en ander onkruid. Dink verder en verbeel jou jy sien vir Dante agter een van die kasteelvensters staan, met ‘n uitsig noordwaarts na Pratovecchio, en dat hy besig is om die berg te skets. Jy weet hy het hier gebly. Jy kan jou voorstel dat die sirkel van drie skutmure en dan die dalende terrasse helling-af na waar die Arno en die Fiumicello vloei vir hom ‘n inspirasie was vir Purgatorio. Jy stel jou voor dat hy daardie stroom sterre gesien het wat nou nog daar is en dat sy hart donker was van onbeloonde liefde. Dieselfde sterre sal weer opduik in Paradiso Canto XXII as voorlied tot die Fiumana di Luce (“Die Rivier van Lig”.) Ook in ander gedigte. En wanneer hy in sy Inferno XXX verwys na die spruite wat van die groen heuwels van die Casentino na benede by die Arno aansluit, dan weet jy hoe belangrik Romena in die skrywe van sy Divina Commedia was.
130,462
Baie dankie vir wonderlike diens en vriendelikheid. Dit was 'n plesier om in hierdie saal te wees. Die personeel is baie behulpsaam en baie vriendelik.
130,463
Viewin die Graffiti artikel. Cool graffiti en muurskilderye op die mure groot foto s van graffiti in die beste gehalte Op ons werf sal jy 'n groot aantal van die beste versamelings van foto's in 'n uitstekende gehalte te vind. Jy kan maklik jou interessante en pragtige beelde en kan gratis aflaai.
130,464
Vir diegene wat belangstel in sokker hier 'n persoonlike bladsy met al die aantrekkingskrag sokker – Holms SK, GIF Sundsvall en die Sweedse nasionale span. Via die pyl af ” ” jy kan ook in en uit van die uit die agenda wat jy wil sien. Verder af kan jy ook sien die kalender as 'n lys of maandelikse oorsig.
130,465
'n Jongman gee aan die Here verslag oor sy insigte in die wet. Soos die gesprek aangaan kom die oppervlakkigheid van sy geloof al hoe meer na vore. Dit is maar net 'n ander manier waarop die Here hom aangesê het om die tweede tafel van die wet na te kom. ...as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, die is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in die spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het (Jakobus 1: 23, 24). Daar is net Een Persoon wat die reg het om so 'n wet/spieël te kan gee, en die is die Persoon waar die enigste ware reg te kry is - God self. Die bedoeling van die Here was nie dat Hy hierdie spieël van die sonde vir ons gegee het sodat ons daarmee vernietig moet word nie. Hy het die wet gegee sodat ons daarin kan sien wat die heilige en volmaakte wil van God is. As ons kyk na Deuteronomium het die Here inderdaad drie stelle wette gegee: Hy het die reinigingswette gegee wat almal gaan oor die reinheid van ons liggame. Mense wat die wil van die Here doen, moet kan sien hoe netjies die Here is, en dan moet hulle ook op hulle persoon so netjies soos hulle Here wees. Die heidene loop vuil en slordig. Die Here Jesus het die spieël voor hierdie ryk jong man gehou, sodat hy homself moet sien soos wat hy werklik is - m.a.w. soos wat die Here hom sien. In die Ou Testament het die mense net die wet gesien, maar hulle het hulle nie self daarin gesien nie. Hy leer in hierdie gedeelte dat jy nie deel het in sy versoening as jy net aan die uitwendige van die wet bly hang nie. Met hierdie twee aanhalings uit die Ou Testament vat die Here in die Nuwe Testament die hele wet saam. Die eerste gebooie openbaar die wese van die Here, die krag van sy verbond en daarom die eis om alles wat vir Hom heilig is, heilig te hou en na te kom. Dit is waarom Jesus vir die jong man gesê het dat hy homself in die wet moet spieël en as hy reg is, sal hy al sy besittings vir die armes gaan gee. En saam met die lig van die kruis die verligting wat deur die Heilige Gees in ons gewerk word, sodat ons die versoening van Jesus Christus kan verstaan en vir ons kan toe-eien. As ons nie die wet in die lig van die kruis kan lees en onsself daarin kan spieël nie, sit ons presies waar die ryk jong man was: in die donker ellendes van ons sondes. Om dit te kan doen, moet ons ons hele lewe, d.i. ons gedagtes en die dinge wat ons doen, sommer alles, met die wet vergelyk. Die ding waaroor ons dink is nie of ons die gebooie in die verlede onderhou het nie. Ons weet ons het nie.
130,466
Dit is maar 'n taamlike veragtelike beeld van onsself wat die eerlike wetsleser in die wet van die Here sien. Maar solank as wat ons net onthou dat die wet 'n middel is wat Hy gebruik om ons te bring tot op die punt waar ons ons sondes kan sien en bely.
130,467
Hy wys dit nie asof dit iets vers is wat buite ons bereik is nie. Hy wys dit juis as deel van ons eie heiligheid wat deur Jesus Christus vir ons verwerf is. 'n Gewone spieël teen die muur verander niks aan ons nie, ons draai weg daarvan af en ons is nog wat ons is.
130,468
3. Ek dink nie ek is besonders warm nie en ek “soek” definitief nie “daarvoor” nie. Moenie so verkrampte chauvinistiese poephol wees nie. Ek trek ordentlik aan en kam my hare want arme jy moet elke dag in my gesig vaskyk en ek wil dit darem nie vir jou ondraaglik maak nie. Ek lyk oukei maar voel nog lank nie na ‘n super-model nie. • Moenie net aanneem dat ek genoë is daarmee dat jy vir my vertel ek het die een of ander effek op jou nie. Dink wat jy wil, maar hê minstens genoeg respek vir my moeite om jou klas interessant te maak en my werk te doen om nie alles vir my te sê nie. Contrary tot wat baie mense dink, is dit nie lekker om al die op- en aanmerkings te moet aanhoor nie. • Moenie vir my vertel jy sal my aand maak met ‘n knip-oog nie. Seun, jy is veels te dun en te min vir my, okei? Ek stem saam met juffrou, maar sy het net een punt onaangeraak gelos, en dit is waar hoor hy die kak, by sy pappie natuurlik want sy pappie het ook fokkol respek vir sy mammie want dis hoe met haar praat, want hy verwar sy vrou en die ma van sy kinders met die stripper/ hoer waarmee hy vrydae na werk gaan rinkink. Watkykjy is die perfekte site om die stoomafblaas berig opteplaas, want ek is seker met die “content” op die site deesdae is dit in elk geval net skool laaities wat baie draties kap wat nog moeite doen…Jirre ek weet nie hoekom ek eers bodder en hoekom ek myself nog straf deur na die site toe tekom nie.
130,469
Hy volg 'n nagraadse kursus in staatsleer aan die Himachal universiteit in Shimla, Himachal Pradesh, Indië van 1979 to 1983, waarna hy terugkeer as 'n fondsinsamelaar ter ondersteuning van die anti-Sowjet opstand in Afghanistan gedurende die res van die 1980's. Nadat die Sowjetmagte uit Afghanistan verdryf is, het hy as 'n minister in die regering van Burhanuddin Rabbani gedien. Nadat die Taliban op die politieke toneel in die 1990's verskyn het, was Karzai aanvanklik 'n ondersteuner. Later het hy van hulle weggebreek, volgens hom oor sy wantroue oor hul noue bande met Pakistan. Nadat die Taliban vir Rabbani in 1996 omvergewerp het, het Karzai geweier om as Afghanistan se VN-ambassadeur te dien. In 1997, het Karzai by verskeie van sy familielede in die Verenigde State aangesluit. In die Verenigde State het hy hom beywer ten gunste van die herinstelling van die monargie in Afghanistan. Sy vader is op 14 Julie 1999 gedood in 'n sluipmoordaanval, vermoedelik uitgevoer deur Talibanagente. Karzai het wraak gesweer teen die Taliban en aktief daarna gewerk om die beweging omver te werp. Nadat hy 'n demokratiese mandaat verkry het en verskeie van die voormalige krygshere van die Noordelike Alliansie uit sy kabinet gelaat het, was verskeie waarnemers van mening dat Karzai 'n meer aggressiewe hervormingsagenda sou volg in 2005. Karzai was egter meer versigtig as verwag en het selfs van 'n Minister van Finansies ontslae geraak, wat bekend gestaan het as die mees sigbare hervormer in sy regering. Op 5 September 2002, is 'n aanslag op Karzai se lewe in Kandahar gedoen. 'n Gewapende man in 'n uniform van die nuwe Afghaanse nasionale leër het op hom gevuur en in die proses die Goewerneur van Kandahar en 'n operasionele offisier van die VSA se spesiale magte verwond. 'n Tweede aanslag op Karzai se lewe vind plaas op 16 September 2004 toe 'n vuurpyl sy helikopter gemis het op pad na Gardez, waar hy 'n skool sou geopen het.
130,470
Johann gaan praat met Ciske by Gomad4x4. Hulle het in die laaste tyd baie kappies vir Revo's gebou, hy sal jou gou kan se.. Ek dink amper die verskil is nie so groot soos almal dink nie.
130,471
Huma wou nie aan Maroela Media of aan die DA meer inligting bekend maak oor die ondersoek nie, aangesien sy vir terugvoer van die ondersoekbeampte wag. Ek is bie lief vir my taal, en vra die vraag net uit nuuskierigheid: Is daar ‘n langer woord in ons Taal as die titel wat hier gebruik is?
130,472
Dankie Ilse! Ek waardeur dit. Ja die flapjacks is amazing. Ek het ‘n resep van my ouma wat sy dit ook met karringmelk gemaak het, te heerlik!
130,473
Ek glo dis nou die tyd om te begin doen wat die Here eintlik al lank al van ons gevra het om te doen. Terwyl ons vuiste en argumente rondgooi en swaai, is God aan die werk in Suid-Afrika, besig met die vuil werk – dit wat vir ons so onbenullig, gering en min lyk. Nou is die tyd om ons voorneme en intensie om nog eendag by Hom aan te sluit te laat oorgaan tot aksie deur te doen wat vandag gedoen moet word en tree vir tree saam met Hom GROOT te gaan juis in die klein, die min en die gering… Ware, ware woorde! So baie kennis en so min toepassing. Ander moet altyd verander, nooit ek self nie. Lindie jy laat ‘n mens altyd weer herbesin oor mens se eie rol in hierdie lewe. Seën vir jou! … die Christendom van die dag dwaal van die Woord van God, wat met elke vertaling afgewater word, en menige gruwels volgens die Woord, is vandag aan die orde van die dag. Ons kan slegs tot ons Vader terugkeer indien ons tot die waarheid van die Woord terugkeer en ons nie wend tot die kerklike en menslike dogma en voorskrifte nie. Daar is ‘n wet wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood (Spr. 14:12). Die weg na die ewigheid is smal … so smal soos die paal waaraan ons Verlosser gehang het … en min vind dit (Matt 7:14). Klink dit soos die Christendom van ons tyd? Volgens die Woord sal slegs ‘n oorblyfsel gered word (o.a. Rom. 9:27). Lindie,ek hoor wat jy se,maar ek dink dis eintlik n klap in die gesig as jy se die boere moet terug keer na die wil van die Here toe!Moenie die boere verwar met die res van die volk nie!Ons lewe baie na aan die Here en lewe net op sy genade! Ons matrieks is besig met hul eindeksamen. Dit is vir baie die laaste en belangrikste een van hul skoolloopbaan. “Die motor het verskeie kere gerol en weer op sy wiele tot stilstand gekom. Die voetganger was na bewering besig om die snelweg oor te steek toe die voorval plaasgevind het,” het Lennox gesê. En leer asb die voetgangers (gebruik prentjies vir die wat nie kan lees nie) om NIE oor paaie te hardloop as daar ‘n kar aankom nie!!!
130,474
“Diale was ʼn dapper vryheidsvegter wat ʼn groot deel van sy lewe opgeoffer het in die stryd vir vryheid. Hy het ook geveg vir die vryheid van die onderdruktes en gelyke geleenthede vir almal,” het Maharaj gesê.
130,475
Pierre, sy't haar gate uit geniet, maar wat maak jy met 'n dekselse gebore Canuck wat weier om warm klere aan te trek? Die klein blikskottel dink sy lyk snaaks in haar mud buddies. Ons het pal met gevriesde handjies en 'n sopnat boskasie gesukkel.
130,476
Dit is vandag vir my n besonderse voorreg om saam met hierdie gemeenskap Vryheidsdag te vier op hierdie geskiedkundige dag. Hierdie is vir my die dag in ons demokratiese regering wat die grootste betekenis dra omdat dit gelei het tot die vry, nie rassige, nie seksistiese demokrasie wat ons vandag het.As ons na die definisie van Vryheid sou kyk dan is dit die mag of reg om op te tree, te praat, of te dink soos jy wil sonder hindernis of selfbeheersing. Vryheid het mag. Dit is 'n geskenk. 'N skat wat moet bewaar word. Die belangrikste, merkwaardigste geskenke in die lewe is altyd die moeite werd om te veg. En dikwels kom dit met 'n goeie prys. Dit is soos ek alreeds gesê het, nie gratis nie. Iewers moes iemand baie duur betaal het vir die vryhede wat ons vandag so vrylik geniet. Maar dikwels vergeet ons. Dit is maklik om dit as vanselfsprekend te aanvaar. Ons is dalk nie eens bewus van hoeveel mans en vroue duur betaal het vir die geskenke wat ons vandag geniet nie maar wat ons altyd moet onthou dat die prys vir ons vryheid deur baie lang jare betaal. In ons land is die 27ste April die jaarlikse viering van Suid-Afrika se eerste nie-rassige demokratiese verkiesings in 1994 wat die vestiging van 'n nuwe demokratiese regering onder leiding van Nelson Mandela en 'n nuwe staat onderworpe aan 'n nuwe Grondwet bepaal het.
130,477
Dit is juis om hierdie rede dat ons Staatspresident, Mnr Jacob Zuma, hierdie jaar tydens sy Staatsrede die regering weereens verbind het om die tempo van ekonomiese transformasie te versnel sodat meer Suid-Afrikaners sal baat vind by die vrugte van ons vryheid. Hierdie jaar moet ons ons ook opnuut verbind aan ons land se Grondwet wat die fundament van ons demokrasie is en die en die kern van wat vryheid beteken. Die “preamble” van die Grondwet verwys na 'n demokratiese en oop samelewing waarin die regering gegrond is op die wil van die mense en elke burger word gelyk deur die wet beskerm. Die Handves van Regte bevestig dat almal igebore is met waardigheid en die reg moet geniet dat hul waardigheid respekteer en beskerm word. Ons het uit die as van apartheid opgestaan en staan vandag trots op die wêreld verhoog, ons stem en teenwoordigheid dra ook die nodige gesag by instellings soos die Verenigde Nasies en die Afrika Unie. Ons het nie toegelaat dat ons verdeelde verlede ons toekoms vorm nie. Saam het ons 'n nuwe samelewing gebou wat basseer is op die waardes van 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika gebou is. Hierdie Regering het ‘n plan en hierdie ANC Regering is die enigste een wat ‘n visie en ‘n oortuiging het om die lewens van ons mense te verbeter. Die Nasionale Ontwikkelingsplan, ons lang termyn padkaart vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping sal dit moontlik maak vir ons om te strewe om 'n samelewing te bou soos die Grondwet en die Vryheidsmanifes voorskryf. Elkeen van ons het ‘n rol om te speel om seker te maak dat ons Vryheid en demokrasie bewaar word. Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om voort te bou 'n sterk welvarende nasie. Die 27ste April sal altyd 'n dag wees om te onthou. Dit is 'n dag om voor dankbaar te wees. Dit is 'n dag om dankie te sê vir diegene wat voor ons gegaan het. Vir diegene wat ons volk vandag beskerm en dien.
130,478
“Vir my is standup-komedie ’n ernstige saak. Dit is nie iets wat ek ligtelik opneem nie. Baie mense beskou standup-komedie as s****t praat op die verhoog.” Só sê die komediant Schalk Bezuidenhout, wat saam met die reisskrywer Erns Grundling deelgeneem het aan die gesprek “Afrikaanse komedie: Lag-Lag die toekoms in”. “Daarom is dit ook vir my belangrik dat standup-komedie op ’n verhoog gehou word. Om dit op ’n stuk gras in die biertuin te doen, werk nie. “Daar moet ’n verhoog wees en daar moet rye stoele wees, die gehoor moet in die donker sit en jy in die lig op die verhoog. Die klank moet ook goed wees,” sê Bezuidenhout. “As dit nie die regte omgewing is nie, maak dit nie saak hoe goed jou materiaal is of hoe ’n goeie komediant jy is nie, jy gaan sleg lyk.” Grundling sê Suid-Afrikaanse komediante het die laaste paar jaar baie hard gewerk om skerpskertsery in ’n teater-konteks te ontwikkel. “Ek streef ook om soos hy te wees. Jy kan wondere verrig as dit net jy en die mikrofoon is,” sê Bezuidenhout. Hy het al verskeie kere in die voorprogram vir vertonings van Noah, die wêreldbekende Suid-Afrikaanse komediant, opgetree. “Jy moet verstaan ’n komediant is nie net daar om op die verhoog die een of ander stelling te maak nie.” “Ek dink nie daar is ’n ander genre in teater of ’n ander kunsvorm waar jy so onmiddellik terugvoer kry oor of iets werk of nie soos in standup-komedie nie.
130,479
“Een aand is dit asof die dak lig, die ander aand moet Schalk baie harder werk om reaksie uit die gehoor te kry.” “Wanneer jy ’n eenman-vertoning hou en die verhouding tussen jou en die gehoor is nie wat dit moet wees nie, kan jy dit korter maak, want daar is geen nut daarin om jouself en die gehoor verder te straf nie.
130,480
Die akteur Arno Greeff is nie regtig spyt dat hy die gewilde kykNET-sepie Getroud met Rugby sowat ’n jaar gelede verlaat het nie.
130,481
Ettienne le Roux, hoofekonoom van RMB, sê die daaltendens is baie kommerwekkend, gegewe die noue verhouding tussen die indeks en ekonomiese groei. As die geskiedenis hom herhaal, beteken dit ekonomiese groei het dalk in die derde kwartaal verder verlangsaam, op ’n jaargrondslag gemeet.
130,482
Die peiling waarop die indeks gegrond is, is in die maand tot 6 September gedoen. Nagenoeg 1 700 sakelui in die verskillende sektore wat die indeks meet, is ondervra oor hul verwagtinge vir hul maatskappy oor die volgende paar maande. Volgens RMB is die grootste redes vir die daling in sakevertroue die verswakking van die rand, ’n verswakking wat begin het toe Turkye in ’n handelsoorlog met die VSA betrokke geraak het en daarna deur die BBP-syfers afgedruk is. Dit het die vrees dat inflasie en daarna die rentekoers weer gaan styg, laat opvlam.
130,483
Ek wou dit eers the Magicians house genoem het. Ek het ook gewonder hoe die illusie so geskep kan word. Ek het nou vir Toortsie ‘n plan gegee om by daardie huis ‘n crime te beplan aangesien sy nie vingerafdrukke het nie. 😀😀😀 Sien wat hierdie magic huis van jou aan my doen? Jy moet my asb hier help Abrie… jy en jou huis het my nou in ‘n strik laat trap. Ek moet ‘n crime storie skryf waari julle bloggers deel het. As jy Toortsie se vingerafdruk stuk en kommentare lees sal jy verstaan. Ek soek idees!!! Pragtige foto’s. As ek sulke ou afgeleefde murasies sien dan dink en wonder ek altyd oor die mense wat daar gebly het en die memories wat daar gemaak is.
130,484
Abrie, ek weet nie of jy al hierdie blog van Toortsie gelees het nie https://toortsie.com/2018/01/30/die-vingerafdruk-in-die-verhaal/. As jy daar lees, kyk net na die kommentare – ons het lus vir ‘n speletjie. Laat weet asseblief of jy kan saamspeel; ons wil graag hê dat elke blogger net ‘n kort deeltjie van die vervolgverhaal skryf en ek het voorgestel dat jy die eerste persoon moet wees. Het jy tyd om saam te speel? En nou raak hierdie regtig ‘n crime scene, lyk dit vir my, met bloggers wat daarby betrokke is, en hulle laat vingerafdrukke of nie en DNA bewyse … Jy kan nie net kom en foto’tjies plaas en vorentoe kyk en aanstap asof niks gebeur agter jou nie! Jy moet bietjie omkyk ook. Jy is inderdaad reg. Die advokaat vir die verdediging het egter besluit om nie oor die boom te vra nie want as albei die boom binne in die huis gesien het sou dit teen sy taktiek in gewerk het. Maar ja dit is moeilik om te glo mens kannie die laning bome van onder af sien nie.
130,485
Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibië toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om ’n wit Kersfees in Frankryk te beleef, is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te sien: 2. Wanneer sy matriekeksamen verby is, vat hy die pad landuit op ’n 4×4-avontuur. Dit gaan ’n lang tyd wees voordat sy weer saam met Alex in die reën kan hardloop of lawwe dinge kan doen.
130,486
Dit is 'n beduidende voordeel vir professionele mense wat aktief is wat dikwels reis wat 'n stywe skedule het. Hierdie maatskappy die kliënt toelaat om die vliegtuig te hou 'n paar dae voor die tyd kies die dag en bestemming; Daarbenewens, een gelisensieer is om te kies tussen 'n vloot af op die vraag jets opspoor die vliegtuig mees geskikte vir jou vereistes. Afhangende persoonlike eise, die huur maatskappy kan verder op word persoonlike. Sommige mense verkies om spyseniering funksies het op hul eie diskresie. Die bykomende koste is meer as voldoende vergoed word deur die gerief wat dit bied en die tyd wat dit jou gee; tyd wat anders sou bestee wag in lyn en wonder wanneer die gekanselleer vlug sal geherskeduleer. Wanneer jy vlieg met ons, Ons belowe om gehalte diens te gee soos per jou spesifieke opdragte. Ons reël alles en enigiets wat jy wil: 'n bepaalde soort kos, drink, Fliek, of game console vir jou kinders in-vlug. Vir ons, kliëntediens kom eerste. Jy dalk geglo dat die reis deur private straler suiwer is voorbehou vir jou welvarende en gewild; dan moet jy sekerlik dink nietemin, dit is baie meer bekostigbaar. Op sommige webwerwe, jy kan 'n opsomming van featured leë been roetes wat dikwels gekoop as die standaard handves waarde by tot soek 75% minder. Die teorie is dat, Dit impliseer daar is 'n goeie handel setels wat vakant is daar buite op vinnig, luukse aangestel persoonlike vliegtuie wat net kan onder leiding van waar jy gaan. Persoonlike huurvlugte kliënte te voorsien van die bekostigbare leë been aanbod sodat jy kan geniet die totale ervaring. Die hele diens van die private-straler huur, insluitend die leë vlug terug na sy plek, reeds verantwoordelik vir binne die unieke tarief aangegaan om mense regoor die uitgaande vlug. Hulle sal die kapasiteit om die pryse te breek vir jou in die steek jouself hê om 'n prys wat jy sal help om na en van jou eie plek met geen moeite om jou te gee. In die meerderheid van die maatskappye, of dit nou selfs verbinding, gasvryheid, of die vervoer, met talle keuses om jou verbruikers te geniet is baie belangrik. As jy bereid is om 'n persoonlike vliegtuig veilig is, jy behoort te verseker dat jy die vermoë om te neem-saam jou troeteldier sal hê as een van die vrae wat gevra word.
130,487
Olieverf gee jou tyd om te dink – miskien meer as enige ander medium. Dit laat jou toe om te besin en die prentvlak op jou eie tyd te ontwikkel. Met sy diep, glinsterende oppervlak het olieverf hom deur die eeue heen as die mees gesogte medium bewys. Stillewes is 'n verdere ontwikkeling in die skeppingsproses, waardeur jy as kunstenaar die aanskouer kan nooi om te kom kyk na hoe jy dit ervaar en deel daarvan te word. Die warm kleure van landskappe en die vuurrooi wat die horison so onbeskroomd optower, is 'n kleurervaring wat ons hele wese en al ons sinne betrek.
130,488
Black het sewe pryse gewen. Hy is as die manlike kunstenaar van die jaar en nuweling van die jaar aangewys. Sy album Skepe het die prys vir beste album van die jaar en digitale album van die jaar gewen, terwyl die liedjie “Skepe” ook as digitale liedjie van die jaar en gewildste liedjie van die jaar aangewys is. Hy het ook die prys vir beste verkoper ontvang. Black sê hy is tans in die ateljee besig om aan sy nuwe album te werk en kan nie wag om dit met almal te deel nie. “Baie dankie aan Ghoemas en kykNET vir die geleenthede en die bydrae wat julle lewer tot die sukses van elke Afrikaanse kunstenaar in ons land,” sê hy. Die span van Inhoud Huis het Black en sy baard by ’n optrede by ’n restaurant in Pretoria raakgesien toe hy ná 16 jaar van musiekmaak besluit het om voltyds sy passie uit te leef. Black het ook ’n projek, Be That Guy, begin om kinders oor die land heen aan ’n positiewe ingesteldheid te help bou. Die sangers is Terry Goliath, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Sentraal, en Mirriam Bokala, ’n student in haar eerste jaar aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM). Petro Engelbrecht, die stigter van Rhapsody in Bloem, stort die kaartjiegeld van elke konsert in ’n fonds vir ’n beurs aan ’n musiekstudent of ’n leerling wat musiek gaan studeer. Die vorige twee wenners is die violis Paul Loeb van Zuilenburg, ’n student in sy derde jaar aan die Universiteit van Kaapstad se musiekkollege, en die fluitspeler Nina Cilliers, ’n derdejaarstudent aan die OSM.
130,489
Die polisie in die Wes-Kaap het Sondag meer inligting bekend gemaak oor die plaasaanval waarin ʼn geliefde Stellenbosse aarbeiboer dood is. “Zetler het met die werkers, waarvan sommige op die agterkant van die bakkie gesit het, na die plaashek toe gery. Toe hy uit die motor klim om die hek oop te maak, het hy opgemerk dat ʼn wit Toyota Quantum hom agtervolg,” sê Van Wyk. Die volgende wat jy hoor sit die werkers n grondeis op die grond in en word dit toegestaan. Nog ñ produktiewe plaas in sy…… Stem saam dat dit gereël was. Hoekom het die werkers nie die booswigte agterna gejaag nie. Te bang vir hul eie mense. Ek wonder ook oor die inside job…ons het so baie agterop die bakkie gery en dan gou afgespring om die hek vir die drywer oop te maak. Dit spaar hom die uitklim hek oopmaak, weer inklim, deurry en weer uitklim ens. Hoekom het die boer self uitgeklim en die werkers agterop bly sit? Weird…
130,490
Vir nuwe simmers het ek 'n paar oplossings saamgestel wat jou vlieg selfs meer op datum kan maak (grafies wys). Die eerste deel sal jou die belangrikste oplossings wat in FSX benodig word, gee. As jy FSX Steam Edition het, hoef jy nie hierdie eerste afdeling te doen nie. Eerstens moet ons toegang verkry tot die hoof FSX config lêer ( Maak seker dat jy vensters het om verborge lêers en dopgehou te vertoon ) Sodra jy die FSX-lêergids oopmaak, vind die fsx.cfg lêer en maak dit oop vir jou notepad. Dit moet so lyk: sodat jy kan sien hoe FSX jou stelselhulpbronne bestuur. Dit sal net gelys word as VS ( virtuele ruimte ) U sal ook die CPU en RAM gebruik sien. Ons almal moet gretig wees om 'n 64-bietjie weergawe van die vlugsimulator te sien, maar tot dusver is 4-optredes van VAS die beste. Standaard is FSX ingestel op 1024 as 'n standaard wat nie High Definition is nie. Jy kan nie regtig HD-grafika op jou widescreen-monitor op hierdie manier geniet nie. Sommige vliegtuie wat jy Bogenoemde is die algemene reël. U moet FSX begin nadat u die 3 hierbo verander het en 'n kort vlug oor 'n gebied vlieg wat u gewoonlik vlieg. Ek weet jy sal 'n Ek beveel aan dat jy na elke van die volgende veranderinge FSX hardloop. As jy probleme het met fps, kan jy net die program sluit en die lyn terugstel as verstek. Dit is regtig hang af van die stelsel waarop u FSX bestuur. Ek het 'n 8 kern verwerker met 2 hoë def grafiese kaarte wat in firewire en 16 optredes van hoëprestasie RAM gebruik word. Verskeie maniere om aan te pas hoeveel CPU-tyd FS bestee om natuurskoon en teksture te laai. Die maklikste manier is om die skyfievertoning vir die raamkoers te stel na 'n waarde wat jou masjien kan konsekwent bereik. Hoe laer jy die glyer instel, hoe meer CPU-tyd word afgelei van die lewering van data. Nog 'n ding wat jy kan doen is om die Deur hierdie lyn te verander, sal die fokus verder weg van die vliegtuig toeneem. (Let daarop dat dit ook jou VAS-gebruik 'n bietjie verhoog) Dit sal 'n onmiddellike voordeel vir foto-gebruikers wees. Jy sal 'n baie beter tekstuur op gras op grondvlak sien en 'n groot verbetering in die algehele oogkoekie in die lug kyk af. Die volgende video is van Flight Sim Addict en hy ken ook baie regstellings. Ek dink hy is ook 'n lid van die REX-span. Ek gebruik Megascenery en Blue Sky en baie daarvan. Daarom het ek 'n 2 TB HD toegewys aan FSX. Terwyl ek nie oor autogeen hoef te bekommer nie, kan foto-uitsig 'n uitdaging wees in lae vlakvlug wanneer dit by skerpte kom. Ek het die bogenoemde tweaks gebruik om skerpte by 500 te verbeter. Daarom maak my opstyg en landings meer realisties. Die grootste voordeel vir foto-uitsig sonder autogeen is dat VAS-gebruik beter bestuur word, tesame met 10-fps, verhoog nie 'n meer waarskynlike uitbeelding van waarheen jy vlieg nie. Daar sal altyd simmers wees wat net meer en meer nodig het, maar daar sal altyd 'n balansering wees om te voorkom dat die program ineenstort totdat 'n ware 64-bisplatform vrygestel word. Wyse bestuur, saam met 'n goeie begrip van jou masjien, sal 'n groot bydrae lewer om FSX 'n prettige en stabiele platform te maak.
130,491
Mense is gatvol en saps is useless. Dit is nog n understatement. So wie moet ons beskerm? die 1 of 2 bevoegte polisie beamptes wat hul werk doen kan nie die Hele SA beskerm nie. Druk n gewonde hond in n hoek en hy sal byt. En Dan jong klomp wat graag wil aansluit by SAPD word weg gewys oor hulle vel kleur. Die SAPD en ons land is op n helse afgrond af en sien nie n stop daarvoor nie.iewers gaan die af grond stop en daar gaan n groot ongeluk wees op daai einde. Maar ja wie gee om want verseker nie die klomp wat ons land moet regeer en moet beskerm nie. as die polisie hul werk doen sal dit nie vir die publiek nodig wees om reg in eie hande te neem nie !Die skelm het regte ……en die slagoffers bly in tronke !!!! Ons het nie n keuse nie. Die Bybel se n oog vir n oog. Dis pateties dat gemeenskappe dit moet doen want in hierdie land is nie behoorlike wetstoepassing nie. Ek wat van die vrees van die mense wat aan geval of beroof of verkrag word. Jy en jou tipe moet bykom Die skare was so omgekrap oor die ongeluk, dat hulle die motorfietsryer wou aanrand. Hy is net betyds van die toneel af verwyder. `n Mens kan nie die regstelsel oorgee aan ongeletterde persone wat nie eens die minimum vereiste van beskaafdheid onder die knie kan kry nie.
130,492
Ons “Wie maak ons stil?” song vir November is geskryf deur Neil Buchner vir die “In verwondering” projek saam met Louis Brittz, Retief Burger en Helmut Meijer. Hulle het twee jaar terug vir 3 dae gaan stil word in Sutherland en saam 12 nuwe worship songs geskryf.
130,493
“Ja Piet, my hart is by Wimpie. Hy sou ook vanaand saam met die atlete hier gewees het, maar het dit gekanselleer vir die plaaslike rugbywedstryd. My hart het in die weeshuis agtergebly saam met die briefie waarin Wimpie my afgesê het.” “Hoe werk die nuwe stoompot wat ek ingesit het Cynthia?” verneem meneer Stander, die terreinopsigter, skielik langs haar. Sy wip soos sy skrik as sy verbaas omswaai en hy alreeds langs haar staan. “Hoekom is die senuweedrade dan so dun dat jy so skrik as jy my sien?” Verneem hy vriendelik. Sy kyk stip en verbouereerd teen die oopgevoude briefie vas wat nog reg voor haar op die tafel lê. Sy wonder of sy dit moet gryp en weghardloop, of het hy dit dalk nie gesien nie? Onwillekeurig dink sy aan die ernstige gevolge van so ʼn ontoelaatbare weeshuis oortreding. Dit voel of sy reeds die doodstraf opgelê is as hy haar stip aankyk. In haar selfopgelegde spanning bars sy skielik, verbouereerd in trane uit.
130,494
Dirk is suf geskryf aan sy nuwe roman. Net toe hy sy lê in die bed kry, hoor hy dit — ’n haan wat kraai! Hy het dit laas op sy oupa se plaas gehoor, maar ’n mens verwag dit glad nie in die middel van Melville nie. Die St. Bernard Fred hoor verskrik vir die eerste keer in sy lewe ’n haan kraai en spring verskrik op die bed. Die gekraai kom beslis van Dirk se nuwe buurvrou se erf. Dirk het haar vandag skaamteloos deur die heining dopgehou toe sy, geklee in ’n kort denimbroekie, haar goed uit haar stokou Volksie dra. Hy wou gaan help; kon byna sy ouma sugtend in die hemel hoor sê: “Ai, dis nie hoe ek die kind geleer het nie.” Sorry, Ouma, het hy gedink, die uitgewer is op my case, ek sal haar later nooi vir ete. Die gekraai begin weer. Dit dring deur murg en been. Hy spring met ’n kragwoord op, loop net in sy rugbybroek deur die hekkie in die heining. Ons gaan beslis nie goeie bure wees nie, dink hy grimmig, en klop hard aan die rooi geverfde voordeur. Kwaai fluweelbruin oë kyk tussen lang, rooi lokke, wat ’n fyn gesiggie omraam, na hom. Sy dra ’n lang slaapjurk wat sweerlik aan haar ouma behoort het. “Is jy mal om twee-uur in die oggend so aan my deur te hamer?” “Is jy mal om twee-uur in die oggend jou deur oop te maak vir ’n vreemdeling . . . Lees jy nie koerant nie?” vra hy bruusk, onkant gevang deur haar bekoorlikheid. Sy skud die rooi krulkop woes heen en weer. “Nee, ek lees nie koerant nie en ek kyk ook nie TV-nuus nie.” ’n Fyn vinger swaai voor sy neus. “Ek weet wie jy is, ek het gesien hoe hou jy my dop waar jy op jou rekenaar sit en speel, sonder om ’n vinger te verroer om my te help!” Sy kyk hom met opgetrekte wenkbroue op en af. “Kan jy nie behoorlik aantrek voor jy aan vreemde meisies se deure hamer nie? Jy weet wat sê die spreekwoord van eerste indrukke.” Hy vee met sy hande deur sy dik bos hare wat reeds in alle rigtings staan. “Kyk, Juffrou, is dit jou haan wat sulke onaardse geluide maak?” Diep dimpels duik in haar sagte wange, en die soet glimlag slaan sy asem weg. “Jy moet ’n nuwe intrekker wees,” sê sy ysig, “my ouma het my altyd vertel watter oulike buurman sy het.” Hy skud sy kop. Haar ruggie trek penorent, die bruin oë skiet vuur. “My naam is Lienkie! Ek het nooit gedink Napoleon en Lady Di sou onwelkom hier wees nie. Hulle het die pragtigste kindertjies – William, Kate, Charles en . . .” Hy hou sy hand op. “Lienkie, ek gee jou vyf dae om van Napoleon en sy gebroedsel ontslae te raak, anders doen ek verdere stappe. Ek het my rus nodig.” Hy draai om, stap weg sonder om weer na haar te kyk, maar moet Fred roep om saam te stap. Hy is al deur die hekkie, toe skree sy: “Ek mag nie ’n ou kapokkie aanhou nie, maar jy kan daai mensvreter aanhou. As hy net een maal in die nag blaf, bel ek die polisie.” Hy hoor hoe sy die deur toeslaan. Dirk roep die volgende oggend tevergeefs na Fred. Hy hoor ’n stem langsaan, gaan loer deur die heining. Lienkie sit kaalvoet op die gras, haar hare in twee dik vlegsels. Fred lê langs haar en kyk met leepoë na die hoendertjies wat lustig in die gras skrop. “Toemaar, Napoleon,” hoor hy haar stem, “ek sal nie dat die draak hier langsaan julle wegvat nie! Ek weet nie wat ons gaan doen nie, maar ek sal aan ’n plan dink.” Ja, ’n man bly maar ’n man, dink sy, om my so deur die heining te sit en dophou. Tot Dirk se frustrasie loop Fred kort-kort weg na die buurvrou en lê en slaap op die stoep waar sy skilder. Klokslag halftwee soggens begin Napoleon kraai. Die gekraai dring deur sy oorfone todat dit voel asof die haantjie langs sy bed staan en kraai. Aan die einde van sy geduld, het hy weer met haar probeer praat. Sy het met groot oë stil na hom en staan en kyk, die deur blatant in sy gesig toegeslaan. Tot sy verdere ergernis kom die kapokhaantjie gereeld met sy gesin deur die heining om in sy tuin te kom skrop. Een oggend kom Lienkie uit die huis in ’n vrolike somersrokkie. “Ek weet nie hoekom die flippen vroumens nou so mooi moet wees nie,” dink hy gefrustreerd. Dit maak die hele saak net ingewikkelder. Voor sy in die Volksie klim, wys sy ’n fyn vinger na Fred. Drie dae later kyk Lienkie verslae na die prokureursbrief in haar hande. Sy het sewe dae om van die hoenders ontslae te raak! “Ek kan nie glo hy is so laag nie,” dink sy ontsteld. Sy gryp haar ouma se groot vleismes uit die laai en gaan hamer aan sy deur met Napoleon in haar arms. Hy ruk die deur ongeduldig oop. Sy gee hom nie kans om te praat nie, druk by hom verby tot in sy kombuis. “Toe, kap af sy kop, dat jy tot rus kan kom,” sê sy tussen die snikke deur. Hy neem die mes versigtig uit haar hand. “Kom sit, dan maak ek koffie sodat ons rustig oor die saak kan praat,” sê hy kalm en skakel die ketel aan. Daar is nie ’n greintjie vriendelikheid in die bruin kykers of in haar stem nie. “Hoe gaan ons die probleem oplos? Jy het die geleentheid gehad om Napoleon se kop af te kap, maar jy is nie mans genoeg nie!” Haar oë skiet vol trane. “My pa moes sy plaas aan die Regering afstaan . . . ’n plaas wat geslagte lank in ons familie was. Ek het die dag toe ons moes trek, die werker gevra om Napoleon en Lady Di skelm in my kar te sit. Toe ek weer sien, was die kindertjies daar. Ek het nie gedink dit sal so probleem wees met Ouma se huisie wat so half eenkant sit nie.” Sy sug skielik diep en staan soos ’n ou mens van die stoel op. “Moenie verder worry nie, ek sal van hulle ontslae raak. Ek het nie meer krag vir die bakleiery nie.” Voor hy nog kan reageer, is sy uit by die deur en hoor hy die tuinhekkie kraak. Minute later sien hy hoe sy drie yslike slotte aan die hekkie sit. Fred het ’n paar keer by die hekkie gestaan en tjank om langsaan te gaan kuier, maar Dirk het hom geïgnoreer. Wat hy nie kon ignoreer nie, was die skuldgevoel en die leemte in sy hart. Het hy haar nou heeltemal verwilder? Later die aand tel Dirk die foto van sy ouma op en praat met haar. “Skies, Ouma, ek weet Ouma is teleurgesteld. Ek sal die hoendertjies nou uitlos, al kan ek nie saans slaap nie. Ouma weet ek stel nie in vroue belang ná die fiasko met Rika nie. Maar nou het ek teen my sin op die cheecky meisiemens langsaan gaan staan en verlief raak. En sy haat my soos die pes.” Musiek kom op die aandwind na hom deur die oop venster aangewaai. Sy hart neem hom vanself heining toe. Lienkie dans op ’n stoep vol kerse, geklee in ’n lang, wit rok wat om haar uitbol soos sy draai en swaai. Hy spring oor die hekkie, is met ’n paar tree op die stoep. Sy hou aan dans, hou skielik haar hand na hom uit. Sy hart klop in sy keel toe hy haar hand neem, haar teen sy bors vastrek en met haar begin dans. “Ek is so jammer ek was so gemene vark,” praat hy gesmoord in haar hare. “Ek is mal oor jou, al kraai jou haan my snags wakker.” Hy lig haar ken op sodat hy in haar gesig kan kyk. Hy buk af, sy lippe raak vlindersag aan hare. Haar arms gaan om sy nek en sy soen hom met oorgawe terug. Dirk sug.
130,495
“Daar is sprake dat tot 50% meer witmielies as verlede jaar geplant is, wat die prys later vanjaar kan laat daal.” Die voordeel van ’n laer mielieprys kan primêre voedselvervaardigers, soos Pioneer en Tiger Brands, teen die tweede helfte van vanjaar help herstel van die hoë insetkoste wat hulle tot nou toe moes dra.” Maar wat is die kanse vir goeie reën in die najaar? Die Tomato Leafminer is al vir jare ’n probleem in die Matzikama-omgewing. Dit het al baie boere se oeste...
130,496
Chakhoma Machaba (28), die derde verdagte, was tydens die laaste hofverskyning op 26 Julie nog in Mosambiek waarheen hy ná die aanval gevlug het.
130,497
Staan ek hier met dié woorde, tone in die grond – skoorsoekend want ek weet die tribunaal gaan my teen ‘n muur laat staan.
130,498
Dit is Paasfees en ons het ’n oulike idee vir ma en dogter of selfs vriendinne vir Paas-kolwyntjies. Daar is niks so lekker soos ’n soetigheid ná ’n heerlike bord kos op Paasdag nie. ’n Bietjie meer moeite, maar die moeite werd as jy tyd het. Ouer kinders behoort dit te geniet om dit saam met jou te maak. Bak jou kolwyntjiedeeg in wafelkoppies, versier dit en strooi gekleurde klapper bo-oor vir die nessie. Voeg eiertjie-lekkers by en ’n smal, lang droplekker vir ’n handvatsel. (Creative Mammas) Suurlemoenwater is vir baie dinge gesond. Met suurlemoenwater sal jy heeldag gehidreer wees en dit verwyder ook gifstowwe uit...
130,499
Die skoolgeboue word deurlopend onderhou en restourasie vind gedurig plaas, omdat die geboue meer as 70 jaar oud is. Die skool het uitgebrei en ’n paar buurhuise is nou by die skool ingelyf.